Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Briewe

Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuiging van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dit gaan oor ’n lidmaat in ’n gemeente

Ds Gerrit Engelbrecht van die Strand skryf: Na aanleiding van die brief van Chael TerBlanche net die volgende opmerkings in die konteks van meer breedvoerige gesprekke en studies elders: Ek het begrip vir hierdie netjiese uiteensetting, want dit is hoe dit nog al die jare oorgedra is in die kerk. Daar is egter ander hermeneutiese, […]

Dit gaan oor ’n lidmaat in ’n gemeente Lees verder

Briewe Die gay-debat

Kerkbode mag nie

Dr Chris van Wyk van Somerstrand skryf: Die berig van prof Helena van Coller (“Kerk en Hof”) mag nie geplaas word in Kerkbode nie. Die modera­tuur was duidelik daaroor dat die sub judice-reël geld in dié saak. Net die moderatuur mag hulle mening oor die saak uitspreek. Kerkbode moet dit dus respekteer en hierdie bydrae verwyder.

Kerkbode mag nie Lees verder

Briewe

Leiers moet hervorm

Jan Fielies van Bredasdorp skryf: Ek wil ook graag by die vier elemente van leierskap wat prof Piet Naudé uitlig (Kerkbode, 2 Junie) die volgende byvoeg: Hervorm. ’n Goeie leier hou aan om te hervorm en staan ­nooit by een sukses stil nie. Leiers mag nooit agteroor gaan sit en dink dinge sal vanself regkom

Leiers moet hervorm Lees verder

Briewe
Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Liewe Hancke

Frits Gaum van Glentana skryf ’n ope brief aan dr Hancke van Blerk van Piet Retief: Dankie vir jou ope brief aan my (Kerkbode, 23 Junie 2017). Ja, ek het jou brief van 2004 – waarin jy, soos jy dit stel, barmhartigheid aan my bewys het – baie waardeer. Ek het oor daardie geskiedenis ’n

Liewe Hancke Lees verder

Briewe Die gay-debat

Die gevaar van The Shack

Dr Chris van Wyk van Port Elizabeth skryf: Die gevaar van die boek van William Young, The Shack, is dat dit ’n prentjie van God teken wat heeltemal in stryd is met die Bybelse beeld van God. As die Here die moeite gedoen het om in die eerste drie gebooie van die Dekaloog te waarsku teen

Die gevaar van The Shack Lees verder

Briewe

Te maklik

Dr Kobus Anthonissen (emeritus) skryf: Ek verwys na die artikel van prof Piet Naudé oor “Die kerk se leiers.” Dis veral die onderafdeling oor selfleierskap wat konsentreer op goeie selfkennis wat my hinder. Deur na Calvyn te verwys wat beweer dat egte selfkennis nie die resultaat van psigo-analise is nie, is darem te ’n bolangse

Te maklik Lees verder

Briewe

Homo sapiens het korrupte verhouding met Skepping

Tiaan Boshoff van Grootbrakrivier skryf: Vuurstorms het in Knysna plaasgevind, soortgelyke brande met groot lewensverlies in Australië, Portugal, Amerika en in Rusland. Waarom? Pool-ys smelt en miljoene ton metaangas wat in die ys vasgevang was, word in die atmosfeer losgelaat, baie meer as wat die totale mensdom met sy grypsug tot dusver in sy bestaan

Homo sapiens het korrupte verhouding met Skepping Lees verder

Briewe

It’s Time Centurion

Johan du Toit van die NG gemeente Sesmylspruit skryf: ‘n Groepie gemeentelede wat die It’s Time-gebedsbyeenkoms op 22 April 2017 te Bloemfontein bygewoon het, voel geroepe om die gebedsaksie in Centurion voort te sit. Ons glo dat die Here Jesus ‘n verandering kan bring in die toestand waarin ons land verkeer. Ons wil die Here

It’s Time Centurion Lees verder

Briewe

Kerk en hof

Dr Chris van Wyk van Somerstrand skryf: Ek kan nie glo die artikel van dr Frits Gaum “Om met die kerk hof toe te gaan” verskyn in die jongste Kerkbode (19 Mei 2017) nie. Hy (en ander) dreig die afge­lope jaar al om die kerk hof toe te vat oor die hantering van die 2015-Algemene Sinode se besluite

Kerk en hof Lees verder

Briewe Die gay-debat

Ek distansieer my

Etienne Nolte van Ladismith skryf: Dit is met ’n mate van fatalisme dat ek die artikel in verband met die vestiging van die Gender-eenheid by die Teologiese Fakulteit aan die US gelees het. Met die teologies-liberale rigting waarin die teologiese fakul­teit die afgelope paar jaar beweeg het, was ek hierdie stap te wagte. Die totale

Ek distansieer my Lees verder

Briewe

Die Liefdesargument

Ds Marcel Vosloo van die Strand skryf: Die voorstaanders van gay verhoudinge se uitgangspunt is dat hulle standpunt liefde teenoor persone met dieselfdegeslag oriëntasie toon. Indien die Oorsprong van liefde (1 Johannes 4:8) homoseksuele dade verbied en  as “’n afstootlike sonde/’n afskuwelike sonde” aanwys, behoort ons sekerlik twee keer te dink voordat ons lynreg ‘n

Die Liefdesargument Lees verder

Briewe Die gay-debat

Wanneer is ons aan die kant van die verontregte?

Prop Hennie Pienaar skryf: Daar is heelwat gemeentes in die NG Kerk wat gekant is teen die onreg wat geseëvier het tydens die kerk se buitengewone vergadering in 2016 wat die bevryden­de besluit aangaande die kerk se homoseksuele lidmate van die 2015 herroep het. Daar is onder andere ’n facebook-blad geskep – “liefde is liefde

Wanneer is ons aan die kant van die verontregte? Lees verder

Briewe Die gay-debat

Die opstanding

Dr Chris van Wyk van Somerstrand skryf: Die rubriek “Opstanding en lewe na die dood” (Kerkbode, 21 April 2017) van Fanie Cronjé belig die konflik tussen OT-teoloë of daar ’n opstanding van die dooies in die Ou Testament verkondig word al dan nie. ’n Keu­se word gemaak dat: “ons ons kwalik voorstel dat dié opstan­dings­geloof

Die opstanding Lees verder

Briewe

Die kernverskil

Koot Bosman van Pretoria skryf: Neels Jackson se samevatting (“Twee maniere om die Bybel te hanteer”, Kerkbode 21 April 2017) van dr Chris van Wyk en dr James Kirkpatrick by die predikantekonferensie in KwaZulu-Natal beklemtoon net weer die groot verskil in Bybelinterpretasie wat van­dag oor die wêreld heen spanning in geloofsgemeenskappe skep.  In hierdie geval

Die kernverskil Lees verder

Briewe Die gay-debat

Verwysings na die Gnostiek

Dr Chris van Wyk van Somerstrand skryf: Die artikel “Sy aan sy met Jesus” (Kerkbode, 21 April 2017) van André Bartlett belig en motiveer die verhaal en betekenis van Maria Magdalena nie net vanuit die Bybel nie, maar vanuit die “newelyn van die kerklike tradisie”, die Gnostiek. Die herontdekking van die Gno­stiek word verheerlik en as

Verwysings na die Gnostiek Lees verder

Briewe
Scroll to Top