Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Jacobie M Helena

’n Gemaskerde di Heinrich Viljoen en Roné Vosloo, predikante by NG gemeente Kathu, bedien die lidmate met kolwyntjies en koffie tydens ’n deurrypartytjie om die gemeente se 45ste bestaansjaar te vier. Foto verskaf

NG Kathu vier 45 jaar met deurryparty

“Tydens hierdie verjaars­dagvieringe het dit net weer absoluut duidelik ge­word dat ons lidmate, ons geloofsfamilie, te midde van Covid-19 steeds ’n behoefte het om saam te wees en saam te staan. Dit was ’n ware oom­blik van hoop.” Só sê ds Roné Vosloo, predikant by NG gemeente Kathu, wat op 14 September die gemeente se […]

NG Kathu vier 45 jaar met deurryparty Lees verder

Nuus
Die NG predikantbroers, JR en Ruan Nieuwenhuizen, se ma, Adri Nieuwenhuizen, het op 27 September haar 22 jarelange stryd teen veelvuldige sklerose (MS) verloor. Foto verskaf

Domineebroers getuig: Elke dag bied tog rede vir smile

“Elke dag het ons ma Adri haar dagboekinskrywing af­gesluit met ’n rede waarom ons kan breed smile. Sy het die gesiggie wat ‘glimlag’ daarby geteken.” Só onthou die NG predikantbroers, JR en Ruan Nieuwenhuizen, hulle ma, Adri Nieuwenhuizen, wat op 27 September haar 22 jaarlange stryd teen veelvuldige sklerose (MS) verloor het. Sy was 52.

Domineebroers getuig: Elke dag bied tog rede vir smile Lees verder

Nuus
ʼn Skermgreep tydens die eerste sessie van vanjaar se Lentekonferensie wat van 14-18 September volledig aanlyn via Zoom plaasvind. Oud-politikus dr Leon Wessels, voor in die rooi trui en een van die hoofsprekers, en dr André Bartlett, hoof van Excelsus, tydens die vraag-en-antwoordsessie na afloop van Wessels se voorlegging waar hy weerloos oor die verleenthede en geleenthede van sy pad met die NG Kerk gepraat het.

DAG 1 | Lentekonferensie: ‘Verwondering ten spyte van omstandighede’

“Ons woon in vele opsigte in ’n verwonde wêreld,” het dr André Bartlett Maandagoggend ter inleiding van die 15de Lentekonferensie gesê aan ’n Zoom-gehoor wat by die 160 gaan draai het. “Ons sien die wonde oral rondom ons. Die wonde van onsekerheid en verlies, die wonde van ekonomiese swaarkry, die wonde van korrupsie, rassisme, plaasmoorde

DAG 1 | Lentekonferensie: ‘Verwondering ten spyte van omstandighede’ Lees verder

Nuus
Die leraarspan van NG gemeente Gansbaai vergader met die geregistreerde terapeute in die nuwe terapie- en observasiekamer wat op die gemeente se perseel ingerig is. Die gemeente, wat staatmaak op die hulp van vrywillige geregistreerde terapeute, wil hulle roeping uitleef deur ’n hawe van God se genade vir die breër gemeenskap van Gansbaai te wees. Op die foto vergader ds Willie Kotze (heel regs), dr Lisel Joubert (links van hom), Judith Booysen, maat­skaplike werker (in die middel), Riana van Vuuren, maatskaplike werker van Badisa (voor links) en Lishje Els, opvoedkundige sielkundige (regs van haar). Foto: Hanri Joubert

Impakstories uit gemeentes | Agter eenrigtingglas

“Die terapiekamer is wow! Dit is die ligpunt van my week.” Só sê Riana van Vuuren, maatskaplike werker van Badisa, oor die terapie- en observasiekamer wat die NG gemeente Gansbaai op hulle kerkterrein ontwikkel het. Die kamer word deur geregistreerde terapeute gebruik om hulle liefde vir kinders uit te leef. Ds Hanri Joubert, leraar by

Impakstories uit gemeentes | Agter eenrigtingglas Lees verder

Nuus
Chirurge en susters is reg vir aksie tydens een van die Daisy-projek se Daisy-dae waar dié nie-winsgewende organisasie dokters en hospitaalpersoneel fasiliteer om hulle tyd en vaardighede gratis te gee om operasies in die Karl Bremer-hospitaal in Bellville uit te voer. Die Daisy-projek het reeds 129 operasies op Saterdae moontlik gemaak. Foto's: Verskaf

Chirurg geroep om soos ’n daisy te dien – eenvoudig, maar besonders

“As die Here jou roep, moet jy nie ongeduldig raak nie.” Só verduidelik dr Lizann Victor, algemene chirurg by die Karl Bremer-staatshospitaal in Bellville, oor hoe die Here haar geroep het om die Daisy-projek, ’n organisasie sonder wins­bejag, saam met haar man en twee vriende in Junie 2018 te stig. Die organi­sasie dien die hospitaal

Chirurg geroep om soos ’n daisy te dien – eenvoudig, maar besonders Lees verder

Aktueel Artikels

Korrupsie: Kerk kan nie langer swyg, meen moderator

“Daar is nou geleenthede vir die kerk om leiding te neem en op te staan en te sê: ‘Ons is moeg vir integriteitsloosheid. Ons is moeg vir korrupsie.’” Só het ds Nelis Janse van Rensburg in ’n onderhoud met Lizelle de Bruin op Sondag 6 September tydens die Sondagjoernaalprogram op RSG gesê. LEES OOK: Die

Korrupsie: Kerk kan nie langer swyg, meen moderator Lees verder

Nuus
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) is op 23 Augustus 1820 in die destydse ‘Government House’, vandag Tuynhuys, as die “South African Bible Society” gestig. Die BSA het in die afgelope 200 jaar ongeveer 45 miljoen Bybels regoor Suid-Afrika versprei. Bybels word vandag nie meer net in gedrukte formaat versprei nie, maar ook in byvoorbeeld braille, oudioformaat, asook verskeie digitale formate wat op ’n selfoon, rekenaar en e-leser gelees kan word. Foto: Verskaf

Bybelgenootskap vier 200 jaar: Ook NGK vol lof

“Aan God al die eer vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA), en die Bybel wat Afrikaans praat!” Met hierdie woorde wens dr Gustav Claassen, namens die NG Kerk, die BSA geluk met hulle 200 ste verjaarsdag wat op 23 Augustus plaasgevind het. Dít byna 90 jaar na die BSA die eerste Bybelvertaling in Afrikaans op

Bybelgenootskap vier 200 jaar: Ook NGK vol lof Lees verder

Nuus

‘Geroep om te dien’

Hoe voel die maatskaplike werkers van môre oor die probleme van vandag? Wat motiveer hulle en speel geloof ’n rol in hulle loopbaankeuse? Kerkbode het met sewe studente aan Hugenote Kollege op Wellington gesels waar hulle besig is met ’n Baccalaureus in Maatskaplike werk. [aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2020/08/Maatskaplik_Zaneta-Erasmus_foto.jpg” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”] Zaneta Erasmus “Ek het ’n

‘Geroep om te dien’ Lees verder

Aktueel Artikels
Die model Katryn Kruger is by haar gewilde vrouekuiers, “Koffie met Katryn”, besig om haar lewensverhaal met haar gaste te deel. Kruger wil met dié platform ook haar gaste bemagtig en inspireer om die waardigheid van hulle eie stories te ontdek. Foto’s: Jean Rossouw

‘Ek moes reis met my eie verhaal’

Sy het as tiener reeds haar skoolskoene vir hoëhakskoene verruil om vir bekende handelsname soos Givenchy, Prada, Calvin Klein en Dior modelwerk te doen. In Parys, New York, Londen en Milaan … Nou, op 25, gebruik Katryn Kruger, van Welgemoed in Kaapstad, haar lewensverhaal om ander vroue te bemagtig en te inspireer. Sy skram weg

‘Ek moes reis met my eie verhaal’ Lees verder

Artikels

Verstaan, vertaal, vertrou?

Die derde amptelike vertaling van die Bybel in Afrikaans word vanjaar deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika vrygestel en dié organisasie vier boonop hulle 200ste bestaansjaar. G’n wonder 2020 word as die “Jaar van die Bybel” gedoop nie. Maar het jy al ooit gewonder deur watter proses die teks is voordat dit by jou in jou

Verstaan, vertaal, vertrou? Lees verder

Aktueel Artikels
Dr Kobus Gerber

Kobus Gerber onthou vir sy leiding, rol by ekumene

“Hy het die NG Kerk weer vastrapplek in die ekumene gegee.” Só onthou dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die Algemene Sinode, sy voorganger dr Kobus Gerber wat vanoggend na ’n kort siekbed oorlede is. Gerber (69), die eerste algemene sekretaris van die Algemene Sinode van die NG Kerk en voormalige moderator van die Noordelike

Kobus Gerber onthou vir sy leiding, rol by ekumene Lees verder

Nuus
Dr Almatine Leene, haar man, Frederik Bester, en hulle drie seuns, Sebastiaan, Gideon en die pasgebore Johanan, verhuis eersdaags na Nederland waar Leene as leraar in haar geboortekerk, die Gereformeerde Kerk Vrijgemaakt, in die stad Hattem bevestig gaan word. Leene, wat reeds 16 jaar lank in Suid-Afrika woon, sal die eerste vrou wees wat in dié denominasie as predikant bevestig word. Foto: Suané Lourens

Nederland wink vir ‘plaaslike’ dominee

Almatine Leene is die eerste vrou om ’n beroep te ontvang in die Gereformeerde Kerk Vrijgemaakt in Nederland. Dr Leene beskryf daardie denominasie as haar geboortekerk, so die afskeid is ook ’n terugkeer vir die leraar wat die afgelope paar jaar as dominee by NG gemeente Stellenbosch-Wes werk. Leene en haar gesin sal inval by

Nederland wink vir ‘plaaslike’ dominee Lees verder

Nuus

‘God het vroue dan hiermee vertrou’ – Heyns

“Dit was ’n emosionele debat.” Só onthou Neels Jackson, joernalis en voormalige redakteur van Kerkbode, die Algemene Sinode van 1990 in Bloemfontein waar vroue tot die amp van ouderling en predikant in die NG Kerk toegelaat is. Jackson vertel hoe dié sinode nog in ’n parlementêre styl plaasgevind het: “Dit is belangrik om te onthou

‘God het vroue dan hiermee vertrou’ – Heyns Lees verder

Nuus
Ds Franziska Andrag-Meyer het dié treffende prent op die rekenaarskerm hierbo ontwerp om hulde te bring aan vroue wat deur die jare in die NG Kerk gelegitimeer is. Sy het met Kerkbode gepraat oor die meer as 300 name en die silhoeët wat in die beeld sigbaar is. Foto: Hildegard Meyer

30 jaar van vroue in die amp

Name laat verhale herleef Die inspirasie het van ver af gekom – van die Evangelical Lu­the­ran Church in Amerika –maar as jy fyn kyk is die name in die “woordwolk” plááslike vroue, verduidelik ds Franziska Andrag-Meyer, leraar van NG Gemeente Suidpunt in Struisbaai, wat ook ’n knap grafiese ontwerper is. “Op die prent is al

30 jaar van vroue in die amp Lees verder

Nuus

Oor stereotipes en energie

Ter viering van dertig jaar van die vrou in die amp in die NG Kerk, het JACOBIE M HELENA hierdie ses dominees ’n paar vrae gevra. [aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2020/07/Liesel-Krause-Wiid.jpg” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”] Liesel Krause-Wiid, NG gem Kameeldrif Wat het Covid-19 jou geleer oor jou geloof en oor die kerk? Die aaklige koronavirus het ons huis

Oor stereotipes en energie Lees verder

Aktueel Nuus
Foto verskaf

Dominee preek “volle liturgie” uit sy motor

Die NG gemeente Cedarville-Matatiele in KwaZulu-Natal het op Sondag 28 Junie ’n inry-erediens gehou. Dié nuwe manier van kerk hou het gekom na die regering op 26 Mei streng regulasies vir eredienste ingestel het. Ds Sydney Saayman, emerituspredikant by die gemeente, het die diens vanuit sy motor waargeneem. Hy vertel: “Ek het die diens met

Dominee preek “volle liturgie” uit sy motor Lees verder

Koronavirus Nuus

Eredienste: Soet en suur van nuwe manier

Einde Mei het gemeentes die groenlig vir klein eredienste by die regering gekry. Ons hoor meer by gemeentes wat kerkdeure oop­gemaak het. In Port Elizabeth sê dr Willem Wiid, predikant by NG gemeente Parkheuwel, dat die gemeente uitgehonger was vir die saamwees van gelowiges. Hy vertel dat die virtuele kerkdienste nié die gevoel van saamwees

Eredienste: Soet en suur van nuwe manier Lees verder

Koronavirus Nuus
Themba Cindi help mieliemeelsakke in die stoor van die VKB Handelstak op Cornelia aandra. Ds Johann Kemp, predikant by NG gemeente Cornelia, sê dat die werkloosheidsyfer in die omgewing groot is en dat mense in uiterste armoede leef. Hy vertel dat die VKB op die dorp die mieliemeel geskenk het en dat hulle die meel deur ’n koeponstelsel versprei. Kemp verduidelik verder: “Die VKB het 200 koepons beskikbaar gestel en elke koepon is 5 kg mieliemeel werd. In samewerking met kerkgroepe in die omgewing is die armes van die armes geïdentifiseer en van koepons voorsien. Hulle kan die mieliemeel met die koepon by die VKB kom afhaal. Die mense is verskriklik dankbaar vir die meel,” vertel Kemp. Foto: Erna Beyers

Vrystaat-gemeentes: ‘Ons help uit dankbaarheid’

Die oorgrote meerderheid van gemeentes in die Vrystaat werk onverpoosd om hongeres te help voed, volgens navorsing deur ’n predikant in die Vrystaatse Sinodale kantoor vir Vennote in Getuienis. Dr Nico Mostert sê ’n onlangse opname kyk na 133 van die totale 152 gemeentes in die Vrystaat en skets ’n prentjie van gemeentes wat hulp

Vrystaat-gemeentes: ‘Ons help uit dankbaarheid’ Lees verder

Nuus
Dr André de la Porte, medestigter en stigter van nie-winsgewende organisasies, PEN en HospiVision, onderskeidelik, het op 30 Mei homself om die lewe gebring. Sy vrou Annette vertel dat hy vir 35 jaar met kroniese depressie geworstel het. “André was die een wat altyd na die sonskyn gesoek het en ek was die een wat die gordyn na die sonskyn probeer oopmaak het,” vertel Annette.

‘Treursang’ oor André de la Porte se selfdood

“André se hart is nou heel en hy is vry van die depressie wat hom gevange gehou het.” Só sê Annette de la Porte, weduwee van dr André de la Porte, op die voorafopgeneemde gedenkdiens van André, wat op 30 Mei 2020 homself by hulle huis in Bellville om die lewe gebring het. De la

‘Treursang’ oor André de la Porte se selfdood Lees verder

In Memoriam Nuus
Evelyn van Wyk en haar evangelisasiespan Ambassadors of Christ Ministries, probeer elke Saterdag soveel as moontlik mense op die plase in die Wellington-omgewing met brood vir die liggaam en vir die siel bedien. Hiér help William Ross, werknemer by Bybel-Media, die evangeliesasiespan om boeke, wat deur BM geskenk is, aan die plaaswerkers op die Mofoshala-plaas net buite Wellington, uit te deel. Foto's: Verskaf

Bybel-Media skenk 400 boeke aan plase in Wellington

“Bybel-Media help ons om nie net brood vir die lyf te gee nie, maar ook vir die siel.” Só sê Evelyn van Wyk, lid van die evangelisasiespan Ambassadors of Christ Ministries (ACM), oor Bybel-Media (BM) se skenking van sowat 400 boeke op 13 Junie aan plaasgemeenskappe in die Wellington-omgewing. Van Wyk, wat die nood op

Bybel-Media skenk 400 boeke aan plase in Wellington Lees verder

Bybel-Media Nuus
Cillié nooi alle boere in sy kontrei uit om deel van dié omgee-netwerk te word. Indien boere produkte wil skenk vir die kospakkies of ander belangstellendes donasies wil maak, kontak groente@cillie.co.za. Kerkbode stel belang in stories soos hierdie. Stuur gerus vir ons ’n wenk of voorstel uit jou gemeente na kerkbode@tydskrifte.co.za Foto: Anelia Cillié

Boer oor kospakkieprojek: ‘Dis ’n opdrag van God’

“Ek is baie bekommerd. Daar gaan meer mense aan honger­te as aan Covid-19 doodgaan.” Só sê Rossouw Cillié, groente- en vrugteboer en uitvoerende hoof van Laastedrif Boerdery in Ceres in die Wes-Kaap. Cillié het in die inperkingstyd byna 1 000 kospakkies met groente en vrugte per week aan honger mense voorsien. Hy is een van

Boer oor kospakkieprojek: ‘Dis ’n opdrag van God’ Lees verder

Nuus

#Blacklivesmatter … ook in SA

Die toenemende rassespanning in die VSA vra vir gebed en solidariteit – ook van Suid-Afrikaners, het ’n NG gemeente in Johannesburg vandeesweek gesê. “We can only respond prayerfully to these troubling events as South Africans, from our perspective, with our own history of racism and the struggle for the acknowledgement of all people’s God-given dignity

#Blacklivesmatter … ook in SA Lees verder

Nuus
Scroll to Top