‘Bybellees, bid en beraad in die veld … ek het nooit gedink dit sou my bediening word nie’ – Kapelaan vertel
Ds Nicolene Herbst skryf: Ek is op 21 November 1981 op Parys in die Vrystaat gebore. Het grootgeword op ’n plaas (Vrede) naby ’n klein dorp met die naam Koppies. Ek was die derde van vier kinders en het gematrikuleer aan Hoërskool Sarel Cilliers. Ek het aan die Universiteit van Pretoria Teologie studeer en my […]










