Brief: Hoe lyk balans in die kerk se spreke oor die politiek? Stilbly kan ons nie … maar gemaklik wees met die wêreld se gruwels nog minder
Jacques Nel van Toronto (Presbytery of Pickering, Presbyterian Church in Canada) skryf: Christenwees en kerkwees het ook te make met die politieke sfeer. Ook binne die gereformeerde tradisie was daar nog altyd weerstand teen ’n wêreldvermydende vroomheidsleer. Daar was by sommige selfs sprake van ’n geheiligde publieke sfeer. Of dit haalbaar is, bly ’n ope […]









