Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Le Roux Schoeman

NUUT: Nou kan jy ‘n huldeblyk skryf op Kerkbode.co.za

Ons sien meer en meer voeteverkeer op die In Memoriam-afdeling op ons webwerf. Dié afdeling bevat tans doodsberigte oor gewaardeerde rolspe­lers in die kerkverband, soos die mees onlangse huldeblyk aan prof Jannie du Preez. “Jannie is op 16 Augustus 1927 in die Suid-Kaap gebore – sy gedenkdiens en begrafnis op Vrydag 16 Augustus om 09:30 […]

NUUT: Nou kan jy ‘n huldeblyk skryf op Kerkbode.co.za Lees verder

Aktueel In Memoriam

‘Aan God al die eer vir die Bybel wat Afrikaans praat’

“Aan God al die eer vir die Bybel wat Afrikaans praat! Vir die ongelooflike rykdom wat in 1933 aan die Afrikaanssprekende gelowige uitgedeel is.” Só het dr Gustav Claassen die afgelope naweek in Pretoria gesê by ‘n geleentheid ter viering van die eerste Bybel wat in Afrikaans verskyn het. “Die Bybel is in die eerste plek

‘Aan God al die eer vir die Bybel wat Afrikaans praat’ Lees verder

Amptelik Verklarings

Boekbespreking: Om nie die Bybel ‘te laat buikspreek’ nie

Hoe leer ’n mens om uit die Bybel te leer? vra Le Roux Schoeman. Herinnering & verlange: Gesprekke oor mag, geskiedenis en die Bybel deur Louis C Jonker Uitgewer: AFRICAN SUN MeDIA Verkrygbaar by: www.sun-e-shop.co.za | e-pos: orders@africansunmedia.co.za Dinge gaan rof in 2 Samuel 13. Bloot op vertelvlak moet ’n mens net dadelik noem dat

Boekbespreking: Om nie die Bybel ‘te laat buikspreek’ nie Lees verder

Boeke

Gemeente sê: ‘Ons doen niks glamorous nie’

Die NG gemeente Wilgespruit wil volg waar Jesus lei – en ’n mens sien dit in die verskeie maniere waarop hulle uitreik na mense in nood. Neels Jackson berig.   Dis ’n koue wintersoggend aan die Wes-Rand. Kouefront op kouefront het die vorige dae oor die Kaap gespoel en hier word die rimpelings daarvan gevoel

Gemeente sê: ‘Ons doen niks glamorous nie’ Lees verder

Aktueel Artikels

Gemeente omgekrap oor getroude Dietmann se bevestiging

’n Week ná die NG gemeente Stellenberg ds Philipp Dietmann as tentmakerleraar bevestig het, het die Tafelberg-gemeente in Kaapstad ’n pleidooi gerig dat daar vir dié gemeente gebid word en ook die breër kerkverband “op te roep tot bekering”. “Dit is duidelik uit die Skrif dat daar deur die eeue heen, vanweë die gebrokenheid van

Gemeente omgekrap oor getroude Dietmann se bevestiging Lees verder

Nuus

’n Tuiskoms vir ‘gemeenteseun’ en leraar kry vrede ná worsteling

“Dit is die grootste geskenk dat ek met my héle storie welkom is. Julle is vir my ’n tuiskoms.” Met dié woorde het Philipp Dietmann sy eerste preek as tentmakerleraar by die NG gemeente Stellenberg begin. Ds Why Duvenhage, wat Dietmann se bevestiging tydens die gemeente se oggenddiens op 14 Julie gelei het, het uitgebrei

’n Tuiskoms vir ‘gemeenteseun’ en leraar kry vrede ná worsteling Lees verder

Nuus
Foto’s: Roxanne Ferreira

Dominee bied blik op Japan

Dit was g’n gewone huisbesoek toe Johann Symington en Erns Grund­ling onlangs vir ’n geselsie en ’n bordjie soesji gaan aansit het nie. Eerstens was Symington, bekende skrywer en oud-redakteur van Kerkbode, ’n paar duisend kilometer van Kaapstad waar hy in 2013 as NG predikant afgetree het om sy bediening in Japan te gaan voortsit.

Dominee bied blik op Japan Lees verder

Artikels
Die NG gemeente Clarens se kerkgebou. Foto: Dons Kritzinger

Kiek jou kerkgebou: In son en sneeu

Kerkbode het interessante “voor”- en “na”-fotos van twee gemeentes se kerkgeboue ontvang. Dons Kritzinger, afgetrede predikant en lidmaat van die NG gemeente Clarens, laat weet: “Ja, soms sneeu dit hier. Maar meestal skyn die son.” Hy vertel ook die kerkgebou is in 1936 ingewy. “Die gemeente het aanvanklik in ’n sinkgeboutjie bymekaargekom terwyl hulle eers

Kiek jou kerkgebou: In son en sneeu Lees verder

Hoopstories

Gesonde of sieklike selfliefde?

Deurgaans in my pastorale berading wanneer ek mense wys op hul gevoelens van  minderwaardigheid en innerlike afsku en aanbeveel dat hulle hulself behoort lief te hê, is die beswaar:  “Jy mag mos nie jouself liefhê nie, dis egoïsme.” Of: “’n Mens moet altyd die minste wees, jy moet jouself offer / opoffer.” Dié gedagterigting het

Gesonde of sieklike selfliefde? Lees verder

Artikels
HELDER is ‘n splinternuwe musiekblyspel gebaseer op die verhaal van Josef in die Bybel.

LUISTER: Gemeente skyn Helder … en deel met ander

Die NG gemeente Tygerpoort in Pretoria spog met ’n nuwe, unieke musiekblyspel waarin Anna Davel en Pierre Breytenbach rolle vertolk. Die blyspel, getiteld Helder, is losweg gebaseer op die Josef-verhaal in die Bybel. Dit het ’n hedendaagse gevoel wat afspeel in ‘n “nuwe wêreld” van straatbendes, weeskinders en weldoeners, luidens ’n verklaring op die gemeentewebwerf.

LUISTER: Gemeente skyn Helder … en deel met ander Lees verder

Hoopstories
Tanya van Wyk (links), een van die gereelde gesigte by Ladies Arise in Pretoria, groet vir ds Francois Smit van PEN, met Marie Eichstädt (ook van PEN), wat toekyk. Foto: Le Roux Schoeman

’n Plek om te leer moedhou

Van agter ’n welige pruik wat die linkerhelfte van haar gesig bedek, praat Neo Mtsamana oor kos, komberse en toiletries. Goed waartoe sy hier by Ladies Arise in Pretoria toegang het. Maar sy beskryf ook iets dieper wat sy hier kom vind het. “It’s a home when you don’t have a place,” vertel Mtsamana, wat

’n Plek om te leer moedhou Lees verder

Artikels
Prof Piet Naudé aan die woord op die tweede dag van die sinodesitting van Wes-Kaapland.

Teoloog oor grond, rykes en armes

“Sê maar net vir Moreleta(park gemeente), as jy te sterk raak, dan tree jy gewoonlik uit die (kerk)verband uit,” het die teoloog Piet Naudé Dinsdag gesê. “En as jy veertig dae gaan vas om die liggaam van Christus te skeur dan weet ek nie tot watter God jy gebid het en watter Bybeltekste jy gelees

Teoloog oor grond, rykes en armes Lees verder

@sinode Nuus
Foto's: Le Roux Schoeman

Geloofs­knegte in Hillbrow

Hier dien sypaadjies snags as eetplek, fuifplek, vegplek en slaapplek. Dis ’n wegsteekwêreld met oorrompelende armoede en afbrekende magte soos dwelms. Maar, dis nie ’n bedreiging vir sy geloof nie, sê Alan Childs. Dis trouens danksy geloof dat MES, die organisasie wat Childs hier in Hillbrow lei, ná 30 jaar steeds gedy. Daar is egter

Geloofs­knegte in Hillbrow Lees verder

Artikels

Hillbrow: Knegte in die middestad

In die jongste gedrukte uitgawe van Kerkbode, wat intekenaars volgende week bereik, berig ons oor Winterhoop – ‘n maklike manier vir elke leser om ‘n groot verskil in ander se lewens te maak. Hou www.kerkbode.co.za dop vir die storie of teken in (vir so min as R11 per Kerkbode) op die gedrukte koerant. Navrae oor subskripsies: Stuur ‘n e-pos na jeanne@tydskrifte.co.za of viona@tydskrifte.co.za

Hillbrow: Knegte in die middestad Lees verder

Artikels
Ds Nelis Janse van Rensburg

Getuienis wat grense oorsteek

Die kerk moet nie net voortgaan om “onwaarskynlike goed” te gaan doen nie, maar ook veilige ruimtes skep om daaroor te gesels. So meen ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen, ná die sukses van ’n onlangse volgende-generasie­ge­sprek oor die NG Kerk se rol in versoening. Janse van Rensburg het die

Getuienis wat grense oorsteek Lees verder

Nuus
Peter Storey, oud-biskop van die Metodistekerk, raak meegevoer tydens ’n staaltjie by die bekendestelling van sy outobiografie getiteld I beg to differ - ministry amid the teargas. Die boek is pas deur Tafelberg gepubliseer en onlangs by die Kweekskool op Stellenbosch bekendgestel. Dr Dion Forster van die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie (links) het Storey uitgevra oor die skryf van die boek, oor Storey se vier dekades in die bediening en ook gepols oor die verkiesing wat op 8 Mei plaasvind. Foto's: Le Roux Schoeman

‘Ons hande is vuil’

Sy kommer is nie by waar jy jou kruisie trek nie, maar eerder by hoe die kerk korrupte politici en korrupsie in eie midde duld. “Ons verdra politieke leiers wat ons kerke binnekom oor die naweek – Paasfees! – om te kom sê hoe ons vir hulle moet stem. Dis ’n skande,” meen Peter Storey,

‘Ons hande is vuil’ Lees verder

Nuus
Plaasboere luister aandagtig na een van die sprekers tydens die Williston-grondberaad. Foto's: Le Roux Schoeman

Kerk en boere dink saam oor grond

Boere, leraars, aka­de­mici en lidmate het twee dae lank na mekaar se hoop en vrese oor grond, klimaats­verandering en politiek geluister, berig LE ROUX SCHOEMAN uit Williston. Koos Louw ken kommer. Dit is drie jaar en twee maan­de sedert die Sakrivier genoeg water gehad het om die droë loop langs Williston te bereik, vertel dié

Kerk en boere dink saam oor grond Lees verder

Artikels
Mama Rute (in groen T-hemp) staan by ’n meisie wat haarself aan Oliver as Alzera voorstel. Foto’s verskaf deur Llewellyn Oliver

Idai: Meisie vertel sy moes in boom skuil

In ’n konvooi van vyf voertuie, gelaai met kettingsae, byle en basiese nood­lenigingsvoorrade het ’n do­mi­nee en twee pastore van die Igreja Re­formada em Moçambique (IRM) tien dae ná sikloon Idai Beira en om­ge­wing genadeloos gelooi het, einde Maart die pad gevat om die verslae Bandua-gemeente in die landelike sentraal- Mosambiek te ondersteun. “Dis moeilik

Idai: Meisie vertel sy moes in boom skuil Lees verder

Nuus
Dr Coenie Burger. Foto’s: Le Roux Schoeman

Koester daai ontdekkersvreugde – Coenie Burger

Op ’n bedompige dag in die Drakensberge spring ’n paar dominees onlangs in ’n swembad vir ’n bietjie lafenis teen die KwaZulu-Natalse son. Dis Dag Een van die jaarlikse predikante-konferensie in dié sinodale streek van die NG Kerk en vir personeel van die Drakensville-oord, sowat drie uur se ry buite Durban, is die predikante-groep al

Koester daai ontdekkersvreugde – Coenie Burger Lees verder

Artikels

Hof stel sinode-besluit ter syde

Die NG Kerk sal moet herbesin oor die rol van gay dominees ná ’n groep lidmate ’n hofsaak teen die kerk oor selfdegeslagverhoudings gewen het. Lees die volledige uitspraak hier. Die uitspraak is Vrydagoggend in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gelewer ná ’n dosyn lidmate waaronder proponent Laurie Gaum die NG Kerk se 2016-sinodebesluit oor

Hof stel sinode-besluit ter syde Lees verder

Nuus
Afgevaardigdes by die laaste vergadering van die Algemene Sinodale Moderamen voor die Algemene Sinode in Oktober sal plaasvind. Hier word onder meer finaal bepaal wat op die agenda vir die groter vergadering later in die jaar sal wees. Foto: Le Roux Schoeman

Kerk krap kop oor leraars wat nie wil aftree

’n Toenemende aantal NG leraars sou wou “nee dankie” sê vir aftrede wanneer hulle die kerk se amptelike aftree-ouderdom bereik. Byna helfte van leraars meen 65 is te jonk om die tuig neer te lê, volgens nuwe navorsing wat op ’n groot kopskuif sedert 2015 dui. Die tendens wys op ’n “ouer predikantekorps wat langer

Kerk krap kop oor leraars wat nie wil aftree Lees verder

Nuus
Scroll to Top