Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

Barkly-Oos op 150: ‘Hierdie boek is ’n reis in die verlede’ – Gerdrie van der Merwe

“Die kerk is ‘n plek vir sondaars, dis nie ‘n heldegalery van dominees wat heilig is nie … ons is almal maar net mense.” Só sê dr Gerdrie van der Merwe in die gespreksuittreksel hieronder geneem by die bekendstelling van Van der Merwe se jongste gemeenteboek, die verhaal van die NG Gemeente Barkley-Oos (1873-2023). Die […]

Barkly-Oos op 150: ‘Hierdie boek is ’n reis in die verlede’ – Gerdrie van der Merwe Lees verder

Nuus
Hulle eksperiment om kwartaalliks ’n diens in die kerksaal te hou waar oud en jonk saam om tafels sit word só goed bygewoon dat daar nie altyd vir almal plek is nie, só vertel ds Robert-John de Kock van die NG Gemeente Nooitgedacht in Gqeberha. Foto: Verskaf

Gqeberha se stadsgemeentes soek saam na oplossings vir krimpende kinderbedienings

Een Oos-Kaapse stadsgemeente het deesdae ’n goeie probleem … Hulle eksperiment om kwartaalliks ’n diens in die kerksaal te hou waar oud en jonk saam om tafels sit word só goed bygewoon dat daar nie altyd vir almal plek is nie. Só vertel ds Robert-John de Kock van die NG Gemeente Nooitgedacht in Gqeberha. Die

Gqeberha se stadsgemeentes soek saam na oplossings vir krimpende kinderbedienings Lees verder

Nuus
Ten spyte daarvan dat die Reformed Family Forum bestaan uit ’n groot groep gereformeerde kerke regoor Afrika, en dit ’n diverse groep mense bymekaar was, was daar ’n belewenis van onderlinge omgee en kameraadskap. Afrika bind ons saam, berig Hendrien van Vliet.

Te midde van kommer oor klimaatsverandering en ontnugtering onder jonger geslag bind Afrika ons saam

Hendrien van Vliet berig vanaf ’n saamtrek van die Reformed Family Forum (RFF) wat van 8-11 September in Benoni plaasgevind het.   Is ons kerk binne mure, of kerk in die strate? Dit is dalk een van die treffendste vrae wat tydens die afgelope jaarvergadering van die RFF gevra is. Die lede van die vergadering

Te midde van kommer oor klimaatsverandering en ontnugtering onder jonger geslag bind Afrika ons saam Lees verder

Nuus
Bun Booyens. Foto: Verskaf

Podsending: ‘Jy moes ’n testament opstel … op ouderdom 18’ – Bun Booyens oor diensplig en die uitwerking van ’n gebrek aan afsluiting | Kollig – Episode 29

“Ek dink daar is baie mense wat afsluiting soek,” sê Bun Booyens in ’n onderhoud vir dié Kollig-episode oor sy nuwe boek TROEP, wat eersdaags by Penguin verskyn. Booyens het uiteenlopende vertellings ná gesprekke met meer as 100 oud-dienspligtiges opgeteken en georden. Só klink enkele van die temas: INKLAAR – My ma was banger as

Podsending: ‘Jy moes ’n testament opstel … op ouderdom 18’ – Bun Booyens oor diensplig en die uitwerking van ’n gebrek aan afsluiting | Kollig – Episode 29 Lees verder

Nuus
Genl. Georg Meiring het verlede September met Kerkbode gesels oor geloof, kerk en sy militêre loopbaan. Foto's: Helene Meissenheimer

Elders gesien | Oud-generaal se dood met hartseer ontvang

Die nuus van die afsterwe op Dinsdagmiddag 3 September van oud-weermaghoof genl. Georg Meiring in sy huis in Pretoria is wyd met hartseer ontvang. Hy was 84.  Genl. Meiring was die laaste hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en ook die eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW). Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) is een

Elders gesien | Oud-generaal se dood met hartseer ontvang Lees verder

Nuus

Excelsus-hoof is Hoëveld Sinode se nuwe moderator

Dr Tom Smith is die nuwe voorsitter van die Sinodale Dienskommissie (SDK) van Sinode Hoëveld. Die besluit dat Smith die voorsitter is, is Vrydag 30 Augustus bekend gemaak. Die skuif volg na die vorige voorsitter, dr. Johan Botha, vroeër vanjaar die aanwysing as die Hoof Uitvoerende Amptenaar van die Oostelike Sinode aanvaar het en nie

Excelsus-hoof is Hoëveld Sinode se nuwe moderator Lees verder

Nuus

Elders gesien | Jan Lubbe skryf: Herderlike brief by die begin van die lente 2024 

“As Moderamen is ons verbind tot konstruktiewe gesprek waarin ons mekaar respekteer, in liefde by die waarheid bly oor wie ons is en wat besluit is, begrip vir mekaar se sieninge nastreef,” skryf ds Jan Lubbe, die voorsitter: Moderamen van die Algemene Sinode, in die skrywe hieronder wat vandeesweek aan leraars en lidmate van die

Elders gesien | Jan Lubbe skryf: Herderlike brief by die begin van die lente 2024  Lees verder

Nuus

Gereed om te dien | Twee gelegitimeer op Wellington

Dr Jana van den Munckhoff het op 24 Junie vir Le-Anke Coetzer gelegitimeer as NG predikant en Belinda Bothma as diensleraar tydens ’n aandkapeldiens by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit op Wellington. Le-Anke Antoinette Coetzer (de Lange) is gebore op 25 Januarie 1994 op Cradock. Vanaf 2003-2012 was sy woonagtig in Port Elizabeth en

Gereed om te dien | Twee gelegitimeer op Wellington Lees verder

Nuus
Kerklui van onder meer die NG Kerk en VG Kerk het op 25 Julie in Woodstock, Kaapstad met ’n simboliese gebaar onderneem om hulle stem te voeg by dié van plaaslike politici, ekonome en aktiviste wat hulle beywer vir die stelselmatige daarstel van ’n universele basiese-inkomste-toelae (Ubit) van minstens R760 per maand aan diegene tussen 18 en 59 in ’n poging om ekstreme armoede in Suid-Afrika te help verlig. Hier onderteken eerw Bertram Swartz van die VGK 'n onderneming van ondersteuning met dr Nioma Venter (regs) wat toekyk. Foto's: Le Roux Schoeman

Universele basiese-inkomste-toelae: Ook NG Kerk wys steun vir plan wat siklus van armoede wil breek

‘n Ekumeniese drukgroep geniet wye steun van kerkleiers vir die stelselmatige daarstel van ’n universele basiese-inkomste-toelae (Ubit) in Suid-Afrika, waarvolgens minstens R760 per maand aan diegene tussen 18 en 59 betaal sal word, in ’n poging om ekstreme armoede in Suid-Afrika te help verlig. Le Roux Schoeman doen verslag.    Tydens ’n winderige winter waarin

Universele basiese-inkomste-toelae: Ook NG Kerk wys steun vir plan wat siklus van armoede wil breek Lees verder

Nuus
Jaco Botha gesels oor geloofsdissiplines. Foto: verskaf

Raakgesien | Jaco Botha nou by Hugenote Kollege

Ds. Jaco Botha is vanaf 1 Augustus 2024 aangestel by die Hugenote Kollege in Wellington om nuwe kwalifikasies in teologiese opleiding vir lidmate te ontwikkel en as koördineerder van die sertifikaat-programme in Teologie, waaronder die Bedienaarskursusse, op te tree. Dit is luidens ‘n onlangse verklaring vanaf die kollege waarin ook genoem word dat hy tans

Raakgesien | Jaco Botha nou by Hugenote Kollege Lees verder

Nuus
Mense het hulle optelglas in boksies, rugsakke, kruiwaens, in plastieksakke op draadkarre en wat nog als aangery om dit in te ruil vir kos vertel ds Annatjie Marais van Fraserburg. Foto: Verskaf

Noord-Kaapse gemeente vra hulp met herwinprojek wat ‘kindergesiggies verbly’

Die NG Gemeente Fraserburg kon vir vier maande elke naweek honger mae help voed én hulle dorp help skoonhou met ’n glasherwinprojek, maar toe raak hulle fondse op. “Dit was ’n moeilike Vrydag toe ons vir die mense moes sê ons geld is nou op … maar ons bly hoopvol dat fondse weer beskikbaar sal

Noord-Kaapse gemeente vra hulp met herwinprojek wat ‘kindergesiggies verbly’ Lees verder

Nuus

Elders gesien: NG dominee se debuutroman haal gesogte literêre kortlys

Ds Elmarie Dercksen se debuutroman, Die gawe van groen, is op die kortlys vir die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- of tweede prosawerke.  Dit vorm deel van die kykNET-Rapport-boekpryse. Die mede-gemeenteleraar van NG Bloubergstrand sê by navraag sy voel dankbaar en bederf om ingesluit te word op hierdie lys saam met Pieter Fourie vir sy tweede

Elders gesien: NG dominee se debuutroman haal gesogte literêre kortlys Lees verder

Nuus
Prof. Pieter Duvenage is vanaf 1 Augustus 2024 aangestel by Hugenote Kollege in Wellington om nuwe kwalifikasies in die geesteswetenskappe en opvoedkunde te ontwikkel. Foto: Verskaf

Elders gesien: Pieter Duvenage nou by Hugenote Kollege

Prof. Pieter Duvenage is vanaf 1 Augustus 2024 aangestel by Hugenote Kollege in Wellington om nuwe kwalifikasies in die geesteswetenskappe en opvoedkunde te ontwikkel.  Hy was voorheen Dekaan Geesteswetenskappe by Akademia (2019-2024) en professor en hoof van die Departement Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) (2011-2018). Dit is luidens ‘n onlangse skrywe vanaf

Elders gesien: Pieter Duvenage nou by Hugenote Kollege Lees verder

Nuus
“Sy is die moeder van ons nasie,” het Danab Bradley van Sitters oor Krotoa gesê, ’n Khoekhoen-vrou, wat onder meer as tolk vir die Nederlandse koloniste opgetree het en in 1662 gedoop en as lidmaat bevestig is in dié gemeente (Groote Kerk in Kaapstad) wat haar lewe nou herdenk.

Krotoa word met kunswerk vereer by gemeente waar sy gedoop is

’n Oorspronklike kunswerk wat die tragiese maar ook merkwaardige lewe van Krotoa herdenk en ook op visuele wyse met die NG Kerk in verband bring, is Vrydagaand (26 Julie) by die Groote Kerk in Kaapstad bekendgestel. Tradisionele leiers, plaaslike politici, sowat 50 gaste, asook di Marietjie Steyn en Riaan de Villiers van dié historiese gemeente,

Krotoa word met kunswerk vereer by gemeente waar sy gedoop is Lees verder

Nuus

Elders gesien: Johan Botha skuif na Oostelike Sinode

Dr Johan Botha is benoem vir die pos van uitvoerende amptenaar by Oostelike Sinode. Dit sal beteken dat hy die verantwoordelikheid as administratiewe touleier oorneem by ds Francois Retief wat geëmeriteer het en tans die pos beklee.  Die sinodale diensraad het op 22 Julie die benoeming bekend gemaak waarna twee weke van approbasie, soos deur

Elders gesien: Johan Botha skuif na Oostelike Sinode Lees verder

Nuus
More than 3000 members from the Reformed Church in Zambia (RCZ) attended the 125th anniversary celebration held on 7 July in Lusaka.
More than 3000 members from the Reformed Church in Zambia (RCZ) attended the 125th anniversary celebration held on 7 July in Lusaka. Photos: Supplied

‘An unforgetable experience’ – Reformed Church in Zambia of 1 million + members celebrates 125 years

The Reformed Church in Zambia (RCZ) today consists of 19 presbyteries with 200 congregations that serve 2,000 preaching points with more than 1 million members. During the weekend of 6 to 8 July this year, the flames of joy burned brightly as our sister church in Zambia celebrated their 125th anniversary, writes Mariëtte Odendaal (MO).

‘An unforgetable experience’ – Reformed Church in Zambia of 1 million + members celebrates 125 years Lees verder

Nuus uit die buiteland
Dr Gerdrie van der Merwe in sy studeerkamer op Trompsburg in 2023. Foto: Le Roux Schoeman / Kerkbode-argief

Elders gesien: Gerdrie van der Merwe sterk aan ná groot hartoperasie

BETERSKAP: Dr. Gerdrie van der Merwe kan weer ‘n paar tree loop en regop sit na ‘n onlangse hartoperasie, sê sy vrou Suretha van der Merwe aan Kerkbode-medewerker Jens Friis. Van der Merwe, het ‘n vierdubbele hartomleiding ondergaan in die Mediclinic Hospitaal in Bloemfontein. Na verwagting sal hy vyf tot sewe dae in die hospitaal

Elders gesien: Gerdrie van der Merwe sterk aan ná groot hartoperasie Lees verder

Nuus

Elders gesien | 350-jarige viering beplan vir Krotoa/Eva van Meerhof

Op Vrydag 26 Julie beplan die Groote Kerk in Kaapstad ’n amptelike onthulling van ’n muurskildery van Krotoa/Eva van Meerhof op hulle historiese 1704-kerktoring. Dit vorm deel van die 350 jarige herdenking en viering van die lewe van hierdie “merkwaardige vrou” wat diplomaat, vertaler en die eerste Khoi-lidmaat van die eerste NG gemeente in die

Elders gesien | 350-jarige viering beplan vir Krotoa/Eva van Meerhof Lees verder

Nuus
Ds Ivor Swartz was by ’n jeugweek wat deur honderde tieners bygewoon is in die ouditorium van die NG Moederkerk op Riversdal. 
Ds Ivor Swartz was by ’n jeugweek wat deur honderde tieners bygewoon is in die ouditorium van die NG Moederkerk op Riversdal. Foto: Ivor Swartz Facebook

‘Kleindorpse’ jeugweek sonder ‘fanfare’ inspireer stadsleraar

“Kleindorpse leraar, dankie dat jy getrou bly aan God in jou kerk en gemeenskap. Moenie moedeloos word nie.” So skryf ds Ivor Swartz op 17 Julie op sy Facebookblad, ’n ‘post’ wat ook die nuutste Vrydagnuus van Kaapkerk gehaal het. Swartz was vandeesweek die spreker by drie aandbyeenkomste as deel van ’n jeugweek wat deur honderde

‘Kleindorpse’ jeugweek sonder ‘fanfare’ inspireer stadsleraar Lees verder

Nuus
Citrusdal se gemeenskap spring self in om hulle mense wat swaarkry te help na die dorp se toegangspaaie verspoel het.
Citrusdal se gemeenskap het self ingespring m hulle mense wat swaarkry te help na die dorp se toegangspaaie verspoel het. Foto: Cederberg Local Municipality Facebookblad

Gemeenskap staan mooi saam, sê dominee op ‘eilanddorp’ omring met vloedwaters

Dit is vir hom mooi om te ervaar hoe die gemeenskap saamwerk, maar hulle het ook uitdagings vertel ds Rudi Janse van Vuuren vanuit Citrusdal, die dorpie aan die voete van die Cederberge wat in Julie vir ‘n tweede keer vanjaar van die buitewêreld afgesny was na al die toegangspaaie verspoel het. Hy noem van

Gemeenskap staan mooi saam, sê dominee op ‘eilanddorp’ omring met vloedwaters Lees verder

Nuus
Die Be a Nelson-beweging wat werk met jong entrepreneurs in townships vra gemeentes se hulp. Dr Nico de Klerk vertel meer.
Die Be a Nelson-beweging werk met jong entrepreneurs in townships en vra gemeentes se hulp om jongmense vir hierdie program te nomineer. Foto: Verskaf

Gemeentes: Só kan jy jong entrepreneurs uit townships as ’n Nelson nomineer

Die Be a Nelson-beweging bied wéér ’n unieke geleentheid aan gemeentes om jongmense in townships te help om hulle eie toekoms te ontsluit en hulle gemeenskap te dien. Dr Nico de Klerk vertel meer. Dit is ’n deurbraak om weer ’n Suid-Afrikaanse townshipspan te kan inskryf (keerdatum: 5 Augustus 2024) vir die kursus in sosiale

Gemeentes: Só kan jy jong entrepreneurs uit townships as ’n Nelson nomineer Lees verder

Nuus
Scroll to Top