Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

Elise Bosch het destyds vertel: 'Dis die ultimate bevrediging om te kan getuig hoe God sorg in moedelose situasies. Dis 'n voorreg om daaroor te kan verslag lewer, van wonderwerk-oomblikke waar Jesus die armes van Hillbrow help.'

Elise Bosch, wat vir dekades swaarkrymense in Hillbrow se stories vertel, sterf aan kanker

Elise Bosch, ‘n geliefde LiG-rubrieskrywer, is op 10 Julie aan kanker oorlede. Haar stories het mense reeds vanaf 1998 aan die hart gegryp. Die egtheid, die hartseer en die wonderwerke wat in die swaarkrymense van Hillbrow se lewe gebeur – dáároor het Elise geskryf. “Ons sal Elise onthou vir haar aweregse sin vir humor, haar […]

Elise Bosch, wat vir dekades swaarkrymense in Hillbrow se stories vertel, sterf aan kanker Lees verder

Nuus
Die Apostoliese Geloofsbelydenis stel dus die fundamentele geloofsleer van die Christendom saam en beskryf die geloof in die Drie-eenheid (God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees), die verlossing van die mens deur Jesus Christus, die rol van die Heilige Gees, die kerk en die toekomstige opstanding en oordeel.

Elders gesien: Wat is die Apostoliese Geloofsbelydenis?

Die Apostoliese Geloofsbelydenis, ook bekend as die Twaalf Artikels, is die kerk se oudste geloofsbelydenis. Dit is genoem na die eerste twee oecumeniese konsilieë, wat in Nicaea (325 n.C.) en Konstantinopel (381 n.C.) gehou is. Die Apostoliese Geloofsbelydenis stel dus die fundamentele geloofsleer van die Christendom saam en beskryf die geloof in die Drie-eenheid (God

Elders gesien: Wat is die Apostoliese Geloofsbelydenis? Lees verder

Nuus

Elders gesien | Kaapse gemeente se Wintermark help ook entrepreneurs

Die NG Gemeente Proteahoogte in Brackenfell se jaarlikse Wintermark, vanjaar van 28 Junie tot 6 Julie 2024, bring nie net fondse in vir die gemeente nie maar bied ook vir plaaslike entrepreneurs die geleentheid om hul produkte bekend te stel. Bianca Louw van die gemeente vertel dat mense so ’n ekstra inkomste kan verdien na

Elders gesien | Kaapse gemeente se Wintermark help ook entrepreneurs Lees verder

Nuus
Ds Philip McLaren het swaar gekry met sy 24ste Comrades wat hy gehardloop het vir hulle Vrystaatse gemeente se bediening aan senior lidmate. Foto: Verskaf

Twee Vrystaters hardloop Comrades vir Bybels, seniors

Die laaste sowat 10 km van sy “swaarste” Comrades nog het sy rug vreeslik gepyn, maar die 62-jarige ds Philip McLaren vertel hy het die 12 ure en vier minute vasgebyt net om die eindpunt betyds te probeer haal. Ons gesprek volg nadat hy Sondag 9 Junie ’n TV-onderhoud na hierdie jaarlikse ultramaraton-instelling toegestaan het.

Twee Vrystaters hardloop Comrades vir Bybels, seniors Lees verder

Nuus

Elders gesien | In memoriam: Tot siens, oom David

Die NG sendeling en later VGK-leraar, kerkleier en skrywer, ds David Botha, is Sondag 26 Mei op 99 in Tulbagh oorlede. Sy begrafnisdiens was Saterdag 8 Junie by die VGK Cloetesville op Stellenbosch. “As oudste seun van die Nigeriese pioniersendelingspaar, Johan George Botha en sy vrou, Fransina, sou David Petrus Botha in sy 99 jare

Elders gesien | In memoriam: Tot siens, oom David Lees verder

Nuus

Streeksinode: Ekumeniese vennote loer in by KZN-sinode

Heelwat van die NG Kerk in KZN se vennote in ander kerke het by die sinodevergadering wat van 4 tot 6 Junie in Pietermaritzburg plaasvind, kom inloer en groeteboodskappe oorgedra, berig Lambert Jacobs. Twee van die Reformed Church in Africa (RCA) se leraars het aan die vergadering deelgeneem. Ds Akash Sirpal is leraar van die

Streeksinode: Ekumeniese vennote loer in by KZN-sinode Lees verder

@sinode
In sowel die kerkgebou van Hayfields as die kerksaal is ’n baie treffende kunswerk wat die opgestane Christus teen die agtergrond van die kruis uitbeeld. Dr Nico Simpson, wat namens Bybel-Media die sinode bywoon, het met sy fyn kunstenaarsoog soos volg gereageer: “Die kanselkuns is ’n volledige preek. Dit herinner ons tegelyk aan die gekruisigde en opgestane Christus.” Foto's: Lambert Jacobs

Streeksinode: Selfs die kerkargitektuur is preek op sy eie

By die 97ste sinodevergadering van die NG Kerk in KZN begin elke dag se werksaamhede met die dagopening in die kerkgebou van Hayfields, Pietermaritzburg voordat daar vir die agendasake na die kerksaal geskuif word. LEES OOK: Ervaring en jeug neem leisels in KZN Op die eerste dag is die opening deur die oudste leraar met

Streeksinode: Selfs die kerkargitektuur is preek op sy eie Lees verder

@sinode
By die moderatuurstafel is ds Pieter Grobler, prof Barry Tolmay, ds Lerisa Meyer en ds Pieter Swanepoel.

Streeksinode: Ervaring en jeug neem leisels in KZN + Groeteboodskap van Jan Lubbe uit Bloem

Toe stemtyd aanbreek het afgevaardigdes gekies vir ’n goeie dosis bewese ervaring gekombineer met genoeg nuwe bloed, berig Lambert Jacobs.  Die 97ste sinodevergadering van die NG Kerk in KwaZulu-Natal (KZN) het op 4 Junie in Pietermaritzburg gekonstitueer. Die vergadering vind by die sinodale sentrum plaas wat deel vorm van die NG Gemeente Hayfields se fasiliteite.

Streeksinode: Ervaring en jeug neem leisels in KZN + Groeteboodskap van Jan Lubbe uit Bloem Lees verder

@sinode

Streeksinode: Moeilike tyd agter die rug in KZN

Pas nadat die 97ste sinodevergadering van die NG Kerk in KwaZulu-Natal (KZN) op 4 Junie gekonstitueer het, het die uitgaande moderamen die vloer geneem om verslag te lewer oor hulle dienstermyn. Lambert Jacobs doen verslag uit Pietermaritzburg.   Dr Heinrich Theunissen van Newcastle-Bergsig was die vorige moderator en het die verslag aan die afgevaardigdes by

Streeksinode: Moeilike tyd agter die rug in KZN Lees verder

@sinode

Data wys Suid-Afrikaners se lonte is kort + Só verander NG Kerk sedert einde van apartheid-era

Suid-Afrikaners neig om alledaagse “sosiale wrywingspunte” as konflik te herdefinieer wat ons interaksies in wen-of-verloor situasies laat ontaard, volgens data deur die navorser en skrywer Pieter de Villiers van die Shadowmatch konsultasieplatform.  “Ons maak ’n gewoonte van konflik,” het De Villiers gesê in ’n uurlange voordrag by ’n onlangse aanlyn predikanteopleidingsessie, aangebied deur Excelsus en

Data wys Suid-Afrikaners se lonte is kort + Só verander NG Kerk sedert einde van apartheid-era Lees verder

Nuus
Ouer sussie Anke, Arina Zandberg en haar man Dirk met klein Jana. Foto: Verskaf

Ma kry gesonde baba ná chemo: ‘Ek het geveg vir my baba en vir myself’

“Haar naam is Jana wat in Hebreeus ‘God is genadig’ beteken.”  Daarom voel sy haar babadogtertjie se naam pas perfek by haar, vertel ds Arina Zandberg van Kimberley terwyl sy bly trane afvee.  Maar dit is trane van verligting en blydskap omdat sy op die ouderdom van 39 jaar in April vir ’n tweede keer

Ma kry gesonde baba ná chemo: ‘Ek het geveg vir my baba en vir myself’ Lees verder

Nuus

Politieke ekonoom aan gemeenteleiers: Dis tyd vir spaar eerder as uitgee met belastingbetaler wat dit meer en meer ontgeld

’n Disfunksionele regering aan die stuur van ’n land op ’n fiskale afgrond en met eise op die belastingbetaler wat net toeneem en toeneem. Dit is die beeld van Suid-Afrika wat prof Jannie Rossouw in ’n onlangse praatjie by ’n aanlyn toerustingsgeleentheid vir dominees en diensleraars voorgehou het. Die “fiskale afgrond” is die punt waar

Politieke ekonoom aan gemeenteleiers: Dis tyd vir spaar eerder as uitgee met belastingbetaler wat dit meer en meer ontgeld Lees verder

Nuus
Die Anglikaanse priester Rene August was saam met dr Munther Isaac, ’n besoekende Palestynse teoloog, van die hoofsprekers by ’n teologiese paneelbespreking op Stellenbosch met die tema “South African faith communities and justice in the context of Zionism today”. Foto’s: Heléne Meissenheimer

Palestynse teoloog getuig op Stellenbosch oor pyn wanneer hy hoor hoe konflik in Gasa regverdig word

Dit is vir hom pynlik wanneer hy hoor hoe sommige kerkleiers oor die Gasa-konflik praat en dit regverdig. Só het dr Munther Isaac, ’n besoekende Palestynse teoloog, gesê tydens ’n paneelbespreking op Stellenbosch met die tema “South African faith communities and justice in the context of Zionism today”. Die gekombineerde nadraai van kolonialisme, rassisme en

Palestynse teoloog getuig op Stellenbosch oor pyn wanneer hy hoor hoe konflik in Gasa regverdig word Lees verder

Nuus

Elders gesien: SARK herinner aan biddag vir vrede op 5 Mei

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het Sondag 5 Mei gekies vir ’n nasionale biddag vir vrede in aanloop tot die algemene verkiesing op 29 Mei 2024.  Die ekumeniese liggaam (waarvan die NG Kerk deel vorm) herhaal sy oproep aan landsburgers om te bid vir veilige verkiesingsprosesse wat vry sal wees van intimidasie en geweld

Elders gesien: SARK herinner aan biddag vir vrede op 5 Mei Lees verder

Nuus
Die gemeente het na die erediens by ’n massiewe houtkruis in die tuin hardop hul geloof bely. Hierna is agt ballonne, een vir elke dekade, die lug ingelaat. Foto's: Verskaf

Elders gesien: Gautengse gemeente wil 10 organisasies help om dankie te sê vir agt dekades

Die NG Lyttelton Moedergemeente se vroue-in-diens-aksie is tans besig met ’n 80 vir 80 gemeenskapsdiensprojek om hulle agt dekades van bestaan met dankbaarheid te vier.  Vir agt maande lank gaan hulle 80 items vir 10 projekte of organisasies insamel of vervaardig om sodoende nood in die gemeenskap te help verlig. Hierdie voorstedelike gemeente se geskiedenis

Elders gesien: Gautengse gemeente wil 10 organisasies help om dankie te sê vir agt dekades Lees verder

Nuus
"Daar is sekerlik niks fout daarmee of onchristelik daaraan om te praise en te worship nie, maar vir my voel dit net nie reg dat ’n kind nie meer weet van ’n kerkgebou met ’n preekstoel met ’n kanselkleed waarop staan: 'God is liefde' nie. Of: 'Die Here kom'," skryf Dana Snyman. Foto: Verskaf

Dana Snyman: Verandering, ook in die kerk, is nodig, maar verarm die verdwyning van sekere rituele uit die erediens ons nie geestelik nie?

Die kinders ken nie meer die kerk soos ons die kerk ken nie, sê Louis en skuif sy beker cappuccino in ’n kring voor hom op die tafeltjie in The Argentinian in Linden. Louis is ’n Afrikaans-onderwyser by ’n bekende skool in die stad. Wat bedoel jy? wil ek weet. LEES OOK: Kollig-podsending 11: ’n

Dana Snyman: Verandering, ook in die kerk, is nodig, maar verarm die verdwyning van sekere rituele uit die erediens ons nie geestelik nie? Lees verder

Dana Snyman Nuus
“Daar was ’n aanval deur Hamas, ’n slagting deur Hamas. En die reaksie van Israel was ’n oorlog. Maar nou is dit meer as ’n oorlog, dis vernietiging, uitwissing, dit is ’n volksmoord,” het patriarg-emeritus Michel Sabbah vandeesweek gesê. Foto: 'n Straattoneel in Gasa, Oktober 2023 / Wikimedia.

‘Dis nou méér as oorlog’ – SA kerkleiers luister na noodkreet van Christene in Midde-Ooste namate dodetal klim in Gasa

“Ons kort internasionale stem om vir Israel te sê, hou op moor, word weer menslik, julle het julle menslikheid verloor.” Só het die patriarg-emeritus Michel Sabbah vandeesweek tydens ’n virtuele gesprek tussen Palestynse kerkleiers en leiers uit die NG Kerk en VG Kerk gesê. “Daar was ’n aanval deur Hamas, ’n slagting deur Hamas. En

‘Dis nou méér as oorlog’ – SA kerkleiers luister na noodkreet van Christene in Midde-Ooste namate dodetal klim in Gasa Lees verder

Nuus
Ten spyte van beduidende mediese vooruitgang, insluitend medikasie en sorg wat MIV van 'n doodvonnis na 'n hanteerbare toestand omskep het, vergeet baie steeds die voortdurende impak daarvan op gemeenskappe, berig Mias van Jaarsveld vanaf die Algemene Jaarvergadering van die Christelike Vigsburo van Suid-Afrika. Foto's: Verskaf

Elders gesien: Só word gewerk om MIV se voortdurende impak op gemeenskappe te bekamp

Op 25 April het CABSA (die Christelike Vigsburo van Suid-Afrika) sy Algemene Jaarvergadering gehou. Verteenwoordigers van verskeie kerkgenootskappe, NWO’s en gesondheidspersoneel het die vergadering bygewoon. Aneleh Fourie, die direkteur van CABSA, het beklemtoon dat MIV nie verdwyn het nie. Mias van Jaarsveld doen verslag.    Die COVID-19-pandemie het gelei tot ‘n vergeet van die voortdurende

Elders gesien: Só word gewerk om MIV se voortdurende impak op gemeenskappe te bekamp Lees verder

Nuus
Mense kom stap ’n uitdagende veeldagstap soos Red ’n Plaas s’n om verskillende redes. Sommige stap om dankie te sê vir die hulp wat hulle gekry het, ander weer stap om binnewerk te kom doen. Foto’s: DJ Muller van Kaapkerk

‘Ek is nou genees van te gou opgee’ – Red ’n Plaas-caminostappers vertel

Vrydag 12 April was die laaste stapdag van 2024 se Red ’n Plaas Red ’n Gemeenskap Camino. Vanaf 6-12 April het 50 stappers van regoor die land in die Karooveld om Victoria-Wes reën, wind en son as deel van hierdie staptog trotseer. Heléne Meissenheimer, joernalis by Kerkbode en ds DJ Muller, ’n dominee* wat hou

‘Ek is nou genees van te gou opgee’ – Red ’n Plaas-caminostappers vertel Lees verder

Nuus
Eerw dr Elias Monhla het ná ds Jan Lubbe (links) opgetree tydens 'n sessie oor eenheid tussen die NG Kerk en die VGK. Foto's: Le Roux Schoeman

‘Goedkoop versoening rem eenheidsgesprek tussen VGK en NGK’

Sonder al vyf R’e is versoening “goedkoop”, het prof Leepo Modise van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGKSA) gesê by ’n ekumeniese konferensie in Durban waar onder meer die NG Kerk se toewyding tot ’n proses van eenwording tussen die twee kerke gepeil is. “Die vyfde R is restitusie,” het Modise gesê in ’n lesing getiteld

‘Goedkoop versoening rem eenheidsgesprek tussen VGK en NGK’ Lees verder

Nuus
Dit is die kerk se “voortdurende taak” om (die gebeure in Nazi-Duitsland) te onthou, teologies te reflekteer oor wat rondom om ons gebeur en duidelike teenstand te beid teen “ver-regse populistiese stellings”, het 'n Duitse kerkleier vandeesweek aan die gehoor by die VGK se ekumeniese konferensie in Durban gesê.

Oor regse ekstremisme: Kerke moet onthou, nadink en teensit, waarsku Duitse kerkleier by VGK-konferensie in KZN

Die bevrydende boodskap van die evangelie sluit alle vorme van diskriminasie uit en dit is kerke se werk om beide te konfronteer én te onthou, het ’n Duitse kerkleier vandeesweek in haar bespreking van die opbloei van regse ekstremisme in Europa gesê. “It is important that we do not let up on the culture of

Oor regse ekstremisme: Kerke moet onthou, nadink en teensit, waarsku Duitse kerkleier by VGK-konferensie in KZN Lees verder

Nuus
Scroll to Top