Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

Dagboek dié: Insetsel oor Kerkbode-dokkie dié week op kykNET, Woensdag om 21:00

Die Prontuit-span berig dié week (Woensdag 6 November om 21:00 in op kykNET) onder meer oor die dokumentêr (sien lokprent onder) wat Kerkbode vervaardig het toe Kerkbode se 175ste jaar aangebreek het. “Prontuit ondersoek stories deur gesprek, ná dit nuus was. Aanbieder Kabous Meiring maak seker Prontuit vind aanklank by ’n wye spektrum Suid-Afrikaners,” luidens […]

Dagboek dié: Insetsel oor Kerkbode-dokkie dié week op kykNET, Woensdag om 21:00 Lees verder

Nuus
Hulle gesamentlike sportdag was vol opwindende wedstryde, maar die ware oorwinning was die eenheid en vriendskappe wat die dag gemaak is, skryf Cecile Murray-Louw. Foto's: Verskaf

Kaapse NG en VG gemeentes se ‘soccer friendly’ was viering van saamwees

NG en VGKSA gemeentes se onlangse ‘soccer friendly’ in Durbanville was ’n viering van saamwees en gemeenskapsgees, alles deur die Here se genade, skryf ds Cecile Murray-Louw. Ons “soccer friendly” van Saterdag, 12 Oktober, het nie net die grasvelde van Durbanville Gemeente aan die brand gespeel nie maar ook harte laat warm klop. Spanliedjies het

Kaapse NG en VG gemeentes se ‘soccer friendly’ was viering van saamwees Lees verder

Hoopstories
Van die begin af het die groep se umfundisi, Willie Bezuidenhout (met die I love Jesus-pet), hulle aangemoedig om enige kans te benut om Xhosa te praat. Foto's: Verskaf

‘Enkosi! Toe raak Xhosa-taallesse ’n hoogtepunt,’ vertel Baaise leraar

Eers was daar ‘n eerste gratis Xhosa-taalklas, toe ‘n Whatsapp-groep en nou het die NG Gemeente Kraggakamma van Gqeberha ‘n omgeegroep wat stories kan vertel oor nuwe verhoudings wat oor taalgrense gebou word. Dit was so maklik, hy hoop ander gemeentes wil dit ook probeer, skryf ds Toit Wessels. Hy vertel meer. As student was

‘Enkosi! Toe raak Xhosa-taallesse ’n hoogtepunt,’ vertel Baaise leraar Lees verder

Hoopstories
Eerw Mzwandile Molo, algemene sekretaris van die SA Raad van Kerke (SARK), by die afgelope week se vergadering van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen (ASM). Langs hom is dr Nioma Venter, algemene sekretaris van die NG Kerk.

Mzwandile Molo: Samewerking is ’n geskenk, hoor ASM

Samewerking tussen verskillende kerke is ’n geskenk vir die Suid-Afrikaanse nasie, het eerw Mzwandile Molo, algemene sekretaris van die SA Raad van Kerke (SARK), Woensdagoggend gesê op die tweede dag van die vergadering van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) wat op 29-31 Oktober in Benoni luister na terugvoer van taakspanne en besin oor die NG

Mzwandile Molo: Samewerking is ’n geskenk, hoor ASM Lees verder

Nuus
By die 80 mense uit diverse velde was van 23-25 Oktober by die Caribuntu Social Innovation-konferensie op Wellington om innoverende en kreatiewe idees te deel vir komplekse probleme. Foto's: Heléne Meissenheimer

‘Ons het gewerk met die gedagte wonderwerke is harde werk’

Wat het ’n 89-jarige wat truie vir arm skoolkinders brei, ’n gemeente op die Tuinroete se WhatsApp-veiling en ’n sonkraggedrewe ontsoutingsaanleg op Witsand met mekaar gemeen? Een antwoord sou kon wees dat hierdie almal stories is wat gehoor is tydens die Caribuntu Social Innovation-konferensie wat Vrydag 25 Oktober afgesluit het. By die 80 mense uit

‘Ons het gewerk met die gedagte wonderwerke is harde werk’ Lees verder

Nuus
Ds Heerden van Niekerk omhels pastoor Aaron Makili, stigter van die Great Commission Network/NG Vennootskap tydens die Kaapse inisiatief se jaarlikse samekoms onlangs. Foto's: Verskaf

Kaapse ‘tweeling-gemeentes’ versterk brûe oor grense

Op 16 Oktober vanjaar was NG Gemeente Brackenfell-Wes die gasheer vir die jaarlikse samekoms van die Great Commission Network/NG Vennootskap. Hulle gemeenteleraar, ds Jacques Strydom vertel meer. Elke jaar steek lidmate van ’n paar gemeentes van Khayelitsha die sogenaamde “boereworsgordyn” oor om saam met lidmate van gemeentes in die noordelike voorstede van Kaapstad te kuier.

Kaapse ‘tweeling-gemeentes’ versterk brûe oor grense Lees verder

Hoopstories

Afgevaardigdes by onlangse Oostelike Sinodesitting deel hulle verhale

Die illusie wat soms van sinodesittings geskep word, is dat dit bestaan uit dominees en ouderlinge wat dit infiltreer “van buite” … Amper soos die EFF wat met hulle rooi hoedjies kom toyi-toyi. Die feit is dat afgevaardigdes na ’n sinodesitting uit gewone mense bestaan. Mense wat afgevaardig word deur gemeentes. Mense met verwagtings en

Afgevaardigdes by onlangse Oostelike Sinodesitting deel hulle verhale Lees verder

@sinode
Dr Nioma Venter (tweede van links) van die NG Kerk tel onder die nuutverkose leierspan van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK). Saam met haar, van links, is eerw Mzwandile Molo (algemene sekretaris), Lulama Ntuta (eerste vise-president) en biskop Sithembele Sipuka, nuutverkose president van die SARK. Venter is verkies tot tweede vise-president. Foto’s: Verskaf

‘Genadige voorreg’ – Twee NG vroueleraars verkies op SARK-leierskap

“In die lig van die geskiedenis, bly dit vir my heilige grond wanneer die NG Kerk met soveel oorgawe en opregtheid in die ekumene verwelkom word,” sê dr Nioma Venter ná sy en nog ’n NG vroueleraar vandeesweek verkies is tot die leierskap van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK). Die SARK hou elke drie

‘Genadige voorreg’ – Twee NG vroueleraars verkies op SARK-leierskap Lees verder

Nuus

Só word 200 jaar van kerkwees herdenk: Feesdienste, boeke en konferensies

Op Hervormingsondag 27 Oktober gaan verskeie NG, Hervormde en ander gemeentes uit die gereformeerde familie saam feeseredienste hou. Dit vorm die eerste van ’n reeks feesgebeure wat in die noorde sowel as die suide beplan word rondom ’n betekenisvolle jaar vir gereformeerde kerke in Suider-Afrika. Dit is vanjaar 200 jaar sedert 2 November 1824 –

Só word 200 jaar van kerkwees herdenk: Feesdienste, boeke en konferensies Lees verder

Nuus

Vrystaat Sinode: Nabetragting van ’n afgevaardigde: ‘Kompromie skep ruimte terwyl ons verder leer,’ sê leraar oor Vrystaat se versoek rondom verbintenisse by afgelope sinodesitting

Ds Francois Lamprecht was een van die afgevaardigdes by die afgelope buitengewone sitting van die NG Kerk Vrystaat se sinode. Kerkbode het hom gevra …   Kerkbode (KB): Afgevaardigdes by die buitengewone sinode het gekies vir eenheid, maar ten koste van die bevestiging van selfdegeslagverbintenisse. Stem jy saam met so ’n vertolking en wat sou

Vrystaat Sinode: Nabetragting van ’n afgevaardigde: ‘Kompromie skep ruimte terwyl ons verder leer,’ sê leraar oor Vrystaat se versoek rondom verbintenisse by afgelope sinodesitting Lees verder

@sinode

Noord-Kaaplandse Sinode | Gemeentes wil kerk wees … met of sonder dominee: Só soek sinode saam na nuwe bedieningsmodel

Die helfte van hulle gemeentes het minder as 300 lidmate en 15 gemeentes het vakante predikantsposte. Maar ’n nuwe kerkmodel neem vorm aan in die NG Kerk in Noord-Kaapland, berig Helene Meissenheimer.   Toe die meer as 130 sinodegangers Woensdagmiddag (9 Oktober) vanuit ’n bewolkte Kimberley huiswaarts mik, was dit met die wete dat hulle

Noord-Kaaplandse Sinode | Gemeentes wil kerk wees … met of sonder dominee: Só soek sinode saam na nuwe bedieningsmodel Lees verder

@sinode Nuus

Oostelike Sinode kies vir roeping en eenheid eerder as twis en verskil

Kerkwees in die koninkryk en ’n besluit oor kerkverband op die voorfront tydens die laaste dae van die Oostelike sinodesitting, berig Hendrien van Vliet.   “Ek kan vanoggend hier staan, want iemand het my na Jesus gelei, so op die Romeinse pad. Ons het uit Romeine gelees.” So spreek Nico Swart, predikant by Skuilkrans-gemeente, die

Oostelike Sinode kies vir roeping en eenheid eerder as twis en verskil Lees verder

@sinode
Die ondervoorsitter van die VGKSA Phororo, ds Mario Ferris, is op Dinsdag ’n seënbede toegesing na sy groeteboodskap. Iets wat so ’n paar jaar terug nog ondenkbaar sou wees weens ’n sinodebesluit van 2015 wat luidens ’n verslag “enorme skade aangerig het aan die verhouding” tussen hierdie twee kerkgroepe. Die sinode het hierdie besluit herroep en gesê hulle is spyt daaroor en dat hulle verbind is tot ’n proses van “ontmoeting en genesing”. Foto's: Heléne Meissenheimer

Noord-Kaaplandse sinode: ‘Bevry ons van ons agendas,’ lei gebed teen sinodemuur

Te midde van koorsang, ’n versoeningsgebaar teenoor die VGK en leierskapskuiwe in die NG Kerk in Noord-Kaapland, vang iets agter in ’n kerksaal in Kimberley Heléne Meissenheimer se oog op Dinsdag 8 Oktober, voorlaaste dag van dié NG streeksinode se sinodesitting. ’n Klomp A4-blaaie skryfblokpapier op ’n groen aansteekbord trek met oggendtee ’n mens se aandag

Noord-Kaaplandse sinode: ‘Bevry ons van ons agendas,’ lei gebed teen sinodemuur Lees verder

@sinode Nuus

Oostelike Sinode: Kenner bied raad teen omgee-vermoeidheid (compassion fatigue) en stres onder dominees

Van ekologie en leraarsversorging tot jeugbediening en besteding van sinodefondse. Hendrien van Vliet berig oor ’n vol dag van tafelgesprekke gedurende die tweede dag van die Oostelike sinodesitting.   “Kom jy Sondag kerk toe?” “Nee, ons het alweer ’n instaan-dominee, die tweede een hierdie jaar, kan jy glo! Hulle werk mos net een dag per

Oostelike Sinode: Kenner bied raad teen omgee-vermoeidheid (compassion fatigue) en stres onder dominees Lees verder

@sinode
Afgevaardigdes by die sinode van NG Kerk in Noord-Kaapland is diep besorg oor die welstand van hulle enigste prediant in sinodale diens, Christo Jonk (middel), wat gemeentes moet ondersteun in ’n streek waar 15 gemeentes vakante vaste leraarsposte het. Foto’s: Heléne Meissenheimer

“Almal bel vir Christo” – Noord-Kaapse sinode hoor van ‘krisis’ in kapasiteit by sinodale kantoor

Christo Jonck is dun gesmeer. Deel van hierdie dominee se pligbeskrywing as predikant in sinodale diens is om ondersteuning te bied aan gemeentes. Maar, in die lig van die aantal gemeentes sonder leraars word daar sóveel op Jonck se nommer gedruk dat hy nie aan kantooradministrasie die nodige aandag kan gee nie. Só is gehoor

“Almal bel vir Christo” – Noord-Kaapse sinode hoor van ‘krisis’ in kapasiteit by sinodale kantoor Lees verder

@sinode Nuus
Foto's: Hendrien van Vliet

Oostelike Sinode: Leraarsversorging, ekologie en kerkverband onder die loep by Modimolle

  Sowat 158 afgevaardigdes kom byeen by Weesgerus op Modimolle Die tema: Biddend, saam op pad! Verslae oor ekologie, leraarsversorging asook verband met die Algemene Sinode sal bespreek word   Die vergadering op Maandag 7 Oktober is geopen deur dr Tertius Erasmus, voorsitter van die Sinodale Diensraad, wat gelees het uit Psalm 136. Die sinodegangers,

Oostelike Sinode: Leraarsversorging, ekologie en kerkverband onder die loep by Modimolle Lees verder

@sinode

NG Kerk Vrystaat: Só sê sinodegangers ná vergadering in Bloem

Tydens die buitengewone sinodesitting van die NG Kerk Vrystaat op 3 Oktober was een van die nuuswaardige uitkomste die besluit om in verband met die Algemene Sinode te bly. Chris de Vries het ’n paar ander vrae aan van die afgevaardigdes gevra. Hy wou hoor …   Kerkbode: Waar het jy Jesus vandag gehoor/ervaar? Stephan

NG Kerk Vrystaat: Só sê sinodegangers ná vergadering in Bloem Lees verder

@sinode
Marietjie Stols, Lorraine Botha, Susan van der Linde en Stephen Bennie is as bedienaars bevestig op die openingsaand van die NG Kerk in Noord-Kaapland se sinode wat van 6-9 Oktober duur in Kimberley. Foto's: Heléne Meissenheimer

Twee ‘boere-leraars’ gekies om Noord-Kaapse sinode te lei

“Vergadering, julle is in die hande van twee boere.” Met hierdie woorde het ds Marais Kluge as nuutverkose voorsitter die meer as 100 afgevaardigdes verdaag vir ’n nagmaaldiens om die amptelike opening af te sluit van die 22ste sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland wat van 6 tot 9 Oktober plaasvind in Kimberley. Dié emeritus-tentmakerdominee,

Twee ‘boere-leraars’ gekies om Noord-Kaapse sinode te lei Lees verder

@sinode Nuus
In aanloop tot die eendagsaamtrek het dr Leon Foot die vergadering as ’n waterskeidingsmoment beskryf. “Vir die afgelope ses dekades, sedert 1962 – toe die destydse vier NG kerke verenig het in ’n Algemene Sinode – was die NG Kerk één. Die besluite van hierdie buitengewone sinodesitting sal bepalend wees vir daardie eenheid oor die volgende dekades,” het Foot, die skriba van die streeksinode, in die voorwoord tot die agenda geskryf. Foto's: Chris de Vries

Buitengewone sinode: Vrystaters stem vir eenheid ten koste van bevestiging van verbintenisse

Eenheid binne die NG Kerk het verdeeldheid getroef toe Vrystaatse sinodegangers gekies het vir “geduld en fyn onderskeiding”, berig Chris de Vries uit Bloemfontein. Maar, die prys was kompromie.   “As enige iemand (of groep) huis toe gaan, en gaan vertel ‘Ons het gewen’, dan het die kerk verloor,” het een van die afgevaardigdes by

Buitengewone sinode: Vrystaters stem vir eenheid ten koste van bevestiging van verbintenisse Lees verder

@sinode
Die nuwe aanwend van die ou VGK-saaltjie waar hy as kind skoolgegaan het maak ’n geweldige verskil in hulle gemeenskap vertel Hennie van Wyk van Williston. Foto: Heléne Meissenheimer

Met nuwe aanwending van ou kerksaaltjie kry 100 mense werk op droogtedorp in Noord-Kaap

Die nuwe aanwend van ’n ou kerksaaltjie maak ’n geweldige verskil op die klein Noord-Kaapse Karoodorp Williston waar werk en geleenthede vir jongmense so skaars soos goeie reënbuie is. So vertel ’n jarelange inwoner, die 77-jarige Hennie van Wyk, tydens my onlangse herbesoek aan die dorp wat die beginpunt was van laasjaar se RSG Red

Met nuwe aanwending van ou kerksaaltjie kry 100 mense werk op droogtedorp in Noord-Kaap Lees verder

Hoopstories Nuus
Frits Gaum tydens sy laaste onderhoud met Kerkbode in Augustus 2024. Foto: Le Roux Schoeman

Frits Gaum sterf op 84

Dr Frits Gaum is op 1 Oktober in die ouderdom van 84 by die Netcare-hospitaal in Kuilsrivier, Kaapstad, oorlede.  “Hy was ’n merkwaardige persoon, op baie vlakke,” het sy seun, Laurie Gaum, Dinsdag gesê.  Gaum, ’n voormalige Kerkbode-redakteur en prominente figuur in die NG Kerk, word oorleef deur sy vrou Henda en seuns André en Laurie

Frits Gaum sterf op 84 Lees verder

Nuus
’n Historiese kyk na kerkmusiek is een van vyf diskoersessies wat die NG Kerkargief aanbied tydens vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees. Foto: Skermgreep uit video

Elders gesien: NG Kerkargief vir eerste keer deel van Woordfees se program

Die NG Kerkargief is vanjaar vir die eerste keer deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees, wat van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaasvind. Die Argief bied vyf diskoersessies in die kapel van die Fakulteit van Teologie aan. Maandag 30 September is die eerste een met die tema, Lê jou familiestorie verskuil in

Elders gesien: NG Kerkargief vir eerste keer deel van Woordfees se program Lees verder

Nuus
Scroll to Top