Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

'n Afgevaardigde na die Oos-Kaapse sinode steek sy vingers in 'n bakkie water om homself te herinner aan sy doop. Elke tafel het tydens die oggendwyding so 'n bakkie water op die tafel gehad sodat elkeen hom of haar so aan sy of haar doop kon herinner.

Oos-Kaapse sinode in foto’s (dag 2)

‘n Afgevaardigde na die Oos-Kaapse sinode steek sy vingers in ‘n bakkie water om homself te herinner aan sy doop. Elke tafel het tydens die oggendwyding so ‘n bakkie water op die tafel gehad sodat elkeen hom of haar so aan sy of haar doop kon herinner.

Oos-Kaapse sinode in foto’s (dag 2) Lees verder

@sinode Nuus
Mariette Dreyer aan die woord voor die Oos-Kaapse sinode. Foto: Louise Jackson

Tieners soek God in ‘n oorvol wêreld

Tieners soek God in ‘n oorvol wêreld wat oorlaai is met inligting. So het Mariette Dreyer, jeugwerker van die gemeente Humansdorp-Oos, aan die NG Kerk se sinode van Oos-Kaapland gesê. Dreyer het gesê tieners is vandag baie anders as in 1989 toe sy as jeugwerker begin het. In 1989 was tieners se grootste krisisse “Pa

Tieners soek God in ‘n oorvol wêreld Lees verder

Nuus
Dr Stephan Joubert lei die oggendoordenking by die Oos-Kaapse sinode. Foto: Louise Jackson

Gelowiges is tempels onder konstruksie

God is nie soos ‘n aardse bouer wat klaarmaak en aanskuif na die volgende bouprojek nie. Langs elke gelowige is daar ‘n bordjie wat sê: “Onder permanente konstruksie van die Heilige Gees.” So het dr Stephan Joubert gesê in sy oordenking aan die begin van die tweede dag van die NG Kerk in Oos-Kaapland se

Gelowiges is tempels onder konstruksie Lees verder

Nuus
Ds Jasper Louw, nuwe moderator van die Oos-Kaapse sinode (regs), by sy voorganger, dr Chris van Wyk. Louw is predikant van die gemeente Loerie. Hy was voorheen, as predikant van die gemeente Suikerbos in die Vaaldriehoek, ook moderator van die NG Kerk in Wes-Transvaal. Foto's: Louise Jackson

Oos-Kaapse sinode in foto’s

Ds Jasper Louw, nuwe moderator van die Oos-Kaapse sinode (regs), by sy voorganger, dr Chris van Wyk. Louw is predikant van die gemeente Loerie. Hy was voorheen, as predikant van die gemeente Suikerbos in die Vaaldriehoek, ook moderator van die NG Kerk in Wes-Transvaal.

Oos-Kaapse sinode in foto’s Lees verder

@sinode Nuus
Dr Stephan Joubert aan die woord by die Oos-Kaapse sinode. Foto: Louise Jackson

‘God is nie nêrens nie’

“Dis nie waar dat God nêrens is nie. God is nou hier. Nee, God is oral.” So het dr Stephan Joubert, Nuwe Testamentikus en skrywer, sy openingsboodskap by die sinode van die NG Kerk in Oos-Kaapland opgesom. Joubert het aan die hand van Habakuk gesels. Dié boek begin met ‘n klag want die profeet se

‘God is nie nêrens nie’ Lees verder

Nuus

‘Gewone’ stemme vír selfdegeslagverhoudings

“Gay Christian. I exist.” Dit is een van die boodskappe wat vertoon word op ʼn nuwe video wat ʼn stem wil laat hoor vír selfdegeslagverhoudings in die NG Kerk. Onder die deelnemers aan die video is, onder andere, “gewone” NG lidmate, predikante, teologie-dosente sowel as VGK-lidmate. Dié video, Stemme vír Selfdegeslagverhoudings in die NG Kerk,

‘Gewone’ stemme vír selfdegeslagverhoudings Lees verder

Nuus Video

Twee kollegas bring hulde

Dr Johan Botha is onlangs skielik oorlede aan ongewone komplikasies weens malaria ná ’n besoek aan die Laeveld. Hy het verlede jaar afgetree as predikant in sinodale diens by die Kommissie vir Getuienisaksie, ’n gesamentlike bediening van die NG Kerk in Wes-Kaapland en die Verenigende Gereformeerde Kerk Kaapland. Die twee moderators van dié sinodes, ds

Twee kollegas bring hulde Lees verder

Nuus

Dit is ’n goeie besluit, sê NG dosente

Teologiedosente van die NG Kerk aan die Universiteit van Pretoria bestempel die Algemene Sinode van 2015 se besluit oor verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag as “ ‘n besonder goeie en verantwoordelike besluitnemingsmoment” op die NG Kerk se reis met die Bybel en die vertolking daarvan. Die elf dosente se volledige verklaring lui: Hermeneutiese reis van

Dit is ’n goeie besluit, sê NG dosente Lees verder

Nuus

Herroep 2015 se besluite, vra Oostelike Sinode

Die NG Kerk se Oostelike Sinode vra die buitengewone Algemene Sinode om 2015 se besluite oor verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag te herroep. Die sinode voer aan dat die Algemene Sinode nie getrou was aan ‘n besluit van 2004 om eers met gemeentes in gesprek te gaan voordat sensitiewe besluite geneem word nie. Dit

Herroep 2015 se besluite, vra Oostelike Sinode Lees verder

@sinode Nuus

Dis weer tyd vir BM/CT-pryse

Bybel-Media (BM) en Cordis Trust (CT) nooi uitgewers en individue uit om publikasies van jonger as twee jaar voor tel lê vir 2017 se BM/CT-prys vir oorspronklike Afrikaanse gesins-, jeug- of kinderlektuur. Daar is prysgeld van R7 500 en ‘n oorkonde aan die toekenning verbonde. Die Sluitingsdatum vir inskrywings is 5 Desember 2016. Vier eksemplare

Dis weer tyd vir BM/CT-pryse Lees verder

Nuus
Prof Jan van der Watt aan die woord by die Oostelike Sinode. Foto: Neels Jackson

Wat word met ‘liefde’ bedoel?

Wat word met liefde bedoel? Hierdie vraag is deur prof Jan van der Watt, Nuwe Testamentikus van die Universiteit van Nijmegen in Nederland, aan die Oostelike Sinode gevra aan die einde van drie sessies oor die verstaan van die Bybel wat deur hom gelei is. Van der Watt het gesê soos hy die debat oor

Wat word met ‘liefde’ bedoel? Lees verder

Nuus

Eerstejaarskampe 2017

Met die nuwe jaar in aantog is daar duisende eerstejaars na die onderskeie studentekampusse regoor die land op pad. ʼn Paar NG kerke oor die land sal weer dié studente “ontvang” en hulle voorberei vir die jaar wat wag. Die NG PUK Kandelaar-eerstejaarskamp skop reeds vroeg af. Vanaf 10 tot 13 Januarie kan nuwe Pukke

Eerstejaarskampe 2017 Lees verder

Nuus
Prof Jan van der Watt se arms praat saam terwyl hy met die Oostelike Sinode praat oor hoe die Bybel gelees moet word.

’n Eksegeet is soos ’n regter

‘n Eksegeet (iemand wat die Bybelse boodskap verklaar) se werk is baie soos dié van ‘n regter. So iemand moet ‘n klomp moontlike verklarings onpartydig oorweeg, die getuienis in ag neem wat die verskillende moontlike verklarings ondersteun, en dan ‘n beslissing gee oor wat op grond hiervan die mees waarskynlike verklaring is van wat die

’n Eksegeet is soos ’n regter Lees verder

Nuus
Ds Nelis Janse van Rensburg aan die woord by die Oostelike Sinode. Foto: Neels Jackson

Diversiteit is deel van die NG Kerk

Daar is diversiteit in die NG Kerk. Gemeentes hoef nie oral dieselfde te dink oor alles nie, het ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen, aan die Oostelike sinode gesê. “Daar is genoeg waaroor ons dieselfde dink,” het Janse van Rensburg gesê. Dít was deel van ‘n gesprek oor kerkverband. Dit

Diversiteit is deel van die NG Kerk Lees verder

Nuus

‘Missionaliteit is nie ‘n truuk nie’

“Missionaliteit is nie ‘n truuk nie. Dit gaan oor die identiteit van die kerk en oor God se beweging in die wêreld,” het ds Nelis Janse van Rensburg aan die Oostelike Sinode gesê. Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen, het ses fokusse onderskei aan die hand waarvan hy oor missionale kerkwees gepraat

‘Missionaliteit is nie ‘n truuk nie’ Lees verder

Nuus
Die Oostelike Sinode in sitting in die kerkgebou van die NG gemeente Pierre van Ryneveld in Centurion. Dit is dieselfde lokaal waarin die buitegewone Algemene Sinode van 7 tot 10 November gehou word. Links is die verhoog waarop die moderatuurstafel staan. Die Oostelike Sinode se moderatuur sit om 'n ronde tafel. Op die sinodevloer is die ronde tafels waarom afgevaardiges sit. Die Algemene Sinode is met sy 200 afgevaardigdes kleiner as die Oostelike Sinode met sy 267 lede. Daarom sal die Algemene Sinode minder tafels nodig hê. Die kerk het 'n galery aan drie kante waarop besoekers kan sit en die gebeure by die sinode kan volg.

Oostelike Sinode in sitting

Die Oostelike Sinode is in sitting in die kerkgebou van die NG gemeente Pierre van Ryneveld in Centurion. Dit is dieselfde lokaal waarin die buitegewone Algemene Sinode van 7 tot 10 November gehou word. Links …

Oostelike Sinode in sitting Lees verder

@sinode Nuus

Noord-Kaap is besorg oor ‘nuwe standpunte’

Die NG Kerk in Noord-Kaapland is bekommerd dat die Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake (Atlas) se standpunte oor hermeneutiek, Skrifgesag en Skrifgebruik in botsing is met die NG Kerk se bestaande standpunte hieroor. Dié kommer word uitgespreek in ʼn beswaarskrif wat die sinode van Noord-Kaapland goedgekeur het en waarin daar ook gevra word dat

Noord-Kaap is besorg oor ‘nuwe standpunte’ Lees verder

Nuus

Dis ’n konstitusionele krisis, sê kerkleiers

Die huidige krisis in Suid-Afrika gaan oor meer as #feesmustfall. As ‘n mens kyk na die Nasionale Vervolgingsgesag se optrede teen die minister van finansies, is dit ‘n konstitusionele krisis. So het die Nasionale Konsultasie van Kerkleiers in ‘n verklaring gesê na afloop van ‘n vergadering op 19 en 20 Oktober. Hulle het besin oor

Dis ’n konstitusionele krisis, sê kerkleiers Lees verder

Nuus

SA het God nou nodig

“Net Jesus kan ingryp en liefdeloosheid in Suid-Afrika laat verdwyn.” Dit is die mening van ds. Willem Badenhorst, geestelike leier van die NG gemeente Moreletapark in die Ooste van Pretoria. “Net God kan die vonk van herlewing en nuwe lewe verskaf en Sy volk moet hulself verootmoedig en Hom daarvoor vra,” sê hy. Badenhorst en

SA het God nou nodig Lees verder

Nuus
Scroll to Top