Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

“’n Uitkoms wat van diep onderskeiding getuig”

Ds Nelis Janse van Rensburg, moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk, sê die sinode het op die tweede dag van die Buitengewone Algemene Sinode ‘n diepgaande gesprek van hoë kwaliteit gehad. Hy sê verder dat daar goeie voorstelle op die tafel is wat die sinode verskeie opsies gee. Die gesprek word Woensdag voortgesit voor

“’n Uitkoms wat van diep onderskeiding getuig” Lees verder

Nuus

Almal drink uit dieselfde stroom

Die tegniese en teologiese gesprekke wat by ‘n sinode soos hierdie plaasvind, is baie ver verwyder van sy lidmate se belewing van kerk-wees, sê ds Louis Venter van Ottosdal. Hy en kollegas uit die ring van Delareyville sit op die galery – as vrywillige waarnemers. Hulle wil graag eerstehands hoor hoe klink die verskillende standpunte

Almal drink uit dieselfde stroom Lees verder

Nuus
Die Bybel is die Woord van God. Foto: Louise Jackson

Skrifgesag: die verskille is klein

Afgevaardigdes na die Algemene Sinode het ontdek dat daar baie minder verskille tussen hulle is oor die gesag van die Skrif as wat hulle gedink het. Dit het gekom in ‘n gesprek op die sinode oor Skrifgesag, omdat onder andere die Sinode van Noord-Kaapland dit geïdentifiseer het as een van die onderliggende kwessies in die

Skrifgesag: die verskille is klein Lees verder

Nuus

Sinode kry sy eie lied

U nooi ons in, ʼn lied wat die Esegiël 47-tema vasvang, is spesiaal vir die Buitengewone Algemene Sinode 2016 geskryf. Só vertel ds Faani Engelbrecht, sangleier van dié Sinode se band en bestuurder van Bybel-Media Musiek. Hy sê dr Nico Simpson, hoof van publikasies by Bybel-Media, het die woorde geskryf en dr Siegfried Louw, van

Sinode kry sy eie lied Lees verder

@sinode Nuus
Ds Pieter Oberholzer aan die woord by die Algemene Sinode. Foto: Louise Jackson

Gays praat met sinode

Twee gay lidmate van die NG Kerk het kans gekry om iets van hulle persoonlike verhale met die Algemene Sinode van die NG Kerk te deel. Stefan de Klerk, ’n teologiestudent in Stellenbosch, en ds Pieter Oberholzer, afgetrede predikant, was albei deel van groepe wat voorleggings aan die Algemene Sinode gedoen het. Hulle kon dié

Gays praat met sinode Lees verder

@sinode Nuus

Sinode kan enige besluite neem

Die buitengewone Algemene Sinode van die NG Kerk het besluit dat hy tydens sy huidige sitting die hele saak van selfdegeslagverhoudings sal bespreek en opnuut daaroor besluite gaan neem. Dit kom nadat die vorige Algemene Sinode se besluite oor selfdegeslagverhoudinge ter syde gestel is deurdat die Appèlliggaam ’n appèl teen die besluit gehandhaaf het omdat

Sinode kan enige besluite neem Lees verder

@sinode Nuus
Ds Dirkie van der Spuy besig met die dagwyding. Foto: Neels Jackson

‘Dís die God wat ons moet verteenwoordig’

Hoe lyk die God wat ons in die wêreld moet verteenwoordig? Ds Dirkie van der Spuy, assessor, het dié vraag gevra tydens die dagwyding van die tweede dag by die buitengewone Algemene Sinode 2016. Hy het gevra dat sinodegangers na Esegiël 47:1-12 kyk om opnuut God en sy eienskappe te verstaan. “Die kern van die

‘Dís die God wat ons moet verteenwoordig’ Lees verder

Nuus
Shirley Muller (links) en Sheila van Rensburg is twee pannekoek-pro’s. Sheila is 80, maar haar ingesteldheid is dié van ’n 30-jarige: Sy sal heeldag, vrywillig en blymoedig, staan en bak om fondse in te samel vir Albertinia Versorgingsdienste.

Pasella pannekoek wys: dis lekker om te gee

Vrywillige gemeenskapsdiens is goed vir jou gesondheid. Mense wat gemiddeld twee ure per week hulle tyd en aandag vrywillig aan hulle me­demens gee, ontvang die volgende voordele: Hulle behou hulle funksionele vaardighede langer, is oor die algemeen gelukkiger en voel meer vervuld. En hoe ouer, hoe beter! Navorsing bevind die meeste vrywilligers is ouer as

Pasella pannekoek wys: dis lekker om te gee Lees verder

Nuus
Ds Nelis Janse van Rensburg lei die openingsliturgie van die Algemene Sinode. Foto: Louise Jackson

Die buitengewone Algemene Sinode in foto’s

‘n Groep gay lidmate en ondersteuners met T-hemde wat sê liefdeisliefde volg verrigtinge van die galery af by die Algemene Sinode. Die Algemene Sinode het huisreëls goedgekeur wat bepaal dat geen mense met kleredrag of plakkate of enigiets dergliks wat standpunte oor selfdegeslagverhoudings verteenwoordig of propageer, word toegelaat in die vergadering nie.

Die buitengewone Algemene Sinode in foto’s Lees verder

@sinode Nuus

Appèlle slaag teen 2015-besluite

Die Appèlliggaam van die Algemene Sinode het die Algemene Sinode van 2015 se besluite oor verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag ter syde gestel. Dié Appèlliggaam het hom nie uitgelaat oor die teologiese meriete van die besluite nie, maar bevind dat daar wesenlike onreëlmatighede was in die prosedure wat die Algemene Sinode van 2015 gevolg

Appèlle slaag teen 2015-besluite Lees verder

Nuus

‘Kuns maak my gelukkig’

“Is hulle nie oulik nie?” vra Liezl Williams terwyl sy na ’n klompie plaaskinders wys wat besig is om met klei te speel. Jy sal Liezl, wat verantwoordelik is vir die kinderbediening by Wellington Moedergemeente, elke Donderdagmiddag hier kry. Sy stel die kinders van Blou­vlei Akademie, ’n plaasskool met 54 leerders buite Wel­lington, aan kuns

‘Kuns maak my gelukkig’ Lees verder

Nuus

Algemene Sinode mag geen besware aanhoor, sê regslui

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het volgens die Kerkorde van die NG Kerk nie die magte om enige beswaar, appèl, revisie of gravamen teen die besluite van die Algemene Sinode van 2015 te hanteer nie. Dit is die regsadvies van adv Jeremy Gauntlett (SC), adv FB Pelser en adv M Gaum wat Vrydag,

Algemene Sinode mag geen besware aanhoor, sê regslui Lees verder

@sinode Nuus
Dr Chris van Wyk. Die Oos-Kaapse sinode het besluit om nie sy versoekskrif te steun nie. Foto: Louise Jackson

Gays: Oos-Kaap besluit om nie te besluit nie

Die NG Kerk in Oos-Kaapland het besluit om nie by sy huidige sinode ‘n finale besluit oor homoseksualiteit te neem nie. In die plek daarvan het die sinode gevra dat daar voortgegaan word met ‘n verantwoordelike proses van geloofsonderskeiding in gemeentes, ringe en die sinode. Daarby bid die sinode dat almal in die kerk mekaar

Gays: Oos-Kaap besluit om nie te besluit nie Lees verder

Nuus
’n Gedeelte van die kinderkunsmuur by die Oos-Kaapse sinode. Foto's: Louise Jackson

“Maar julle sal krag ontvang . . .”

Teen die een muur van die saal waar die NG Kerk in Oos-Kaapland sinode hou, pryk ‘n vrolike, bont versameling van kinderkuns. Dit is sketse wat deur laerskoolkinders uit Oos-Kaapse gemeentes gemaak is aan die hand van Handelinge 1:8: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my

“Maar julle sal krag ontvang . . .” Lees verder

Nuus
Dr Stephan Joubert aan die woord by die Oos-Kaapse sinode. Foto: Louise Jackson

Jesus het ge-‘splagnitsomai’

‘n Griekse woord – splagnitsomai – is op die Oos-Kaapse sinode gebruik om by sinodegangers ‘n kernboodskap oor gestuurdheid tuis te bring. Dr Stephan Joubert het dié woord gebruik om aan te dui hoe Jesus se hart gebreek het vir die siekes, die onreines, hongeres en ander lydendes. “Splagnitsomai” dui letterlik daarop dat iemand se

Jesus het ge-‘splagnitsomai’ Lees verder

Nuus
Scroll to Top