Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

Die nuwe leierskap van die NG Kerk se sinode Goudland. Van links is ds PC Pretorius, dr Anton Fick, dr Andries Kritzinger, ds Johan Brink, ds Norma Rossouw (uittredende voorsitter), ds Nico van Rensburg, ds Bok van Rensburg, ds Grant du Plessis en ds Irma Nel.

Goudland kies nuwe leiers

Ds Johan Brink van die NG gemeente Fochville-Noord het ‘n splinternuwe leierskapspan gekry wat saam met hom die Sinode Goudland (vroeër Wes-Transvaal) in ‘n nuwe termyn gaan lei. Brink is tot nuwe voorsitter verkies in die plek van ds Norma Rossouw. Sy was nie weer vir die leierskapspan beskikbaar nie. In die sinode se nuwe […]

Goudland kies nuwe leiers Lees verder

Nuus

Swart sinode kan deel word van NG Kerk

Die NG Kerk se sinode Goudland (vroeër Wes-Transvaal) het gister die deur geopen dat sowat 46 Tswanasprekende gemeentes by die NG Kerk kan inskakel. Dié gemeentes is verspreid oor hoofsaaklik Noordwes, maar ook oor die Vrystaat en Limpopo. Hulle kom oorspronklik uit die NG Kerk in Afrika, maar na ‘n twis in dié kerkverband wat

Swart sinode kan deel word van NG Kerk Lees verder

@sinode Nuus

Goudland wil Algemene Sinode drasties verander

Die NG Kerk se sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal) stuur ingrypende voorstelle na die Algemene Sinode toe oor hoe die kerkverband voortaan moet funksioneer. Dit behels onder meer dat die Algemene Sinode (Goudland bepleit die naam “Eenheidsinode”) net elke vier jaar vergader, maar dan met ‘n baie groter vergadering. Goudland stel voor dat elke gemeente al

Goudland wil Algemene Sinode drasties verander Lees verder

@sinode Nuus

‘Watter soort kerk wil ons wees?’

Teen die agtergrond van die naderende buitengewone Algemene Sinode van die NG Kerk gesels ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen, oor die verskillende standpunte in die kerk en in die samelewing oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag. Die vraag waarop die Algemene sinode eintlik ‘n antwoord gaan moet gee,

‘Watter soort kerk wil ons wees?’ Lees verder

Nuus
Ds Japie du Plessis neem vir oulaas die opening waar by 'n sinode van die NG Kerk. Foto: Neels Jackson

God se donkie groet

Op die ouderdom van 84 het ds Japie du Plessis vir oulaas die opening by ‘n sinode waargeneem. Oom Japie, soos hy wyd bekend is, is ‘n afgevaardigde by die sitting van die Sinode Goudland. Hy het aangedui dat dit sy laaste streeksinode is. In sy lang kerklike loopbaan het Oom Japie diep spore getrap.

God se donkie groet Lees verder

Nuus
Die sinode Goudland se nuwe logo.

Wes-Transvaal word nou Goudland

Die NG Kerk in Wes-Transvaal gaan voortaan bekend wees as die NG Kerk se Sinode Goudland. Die sinode het hierdie naam gister op sy vergadering in Randfontein gekies. Daarmee word Goudland die laaste sinode wat die naam “Transvaal” uit sy naam verwyder het. Vroeër het die Oos-Transvaalse sinode die Oostelike Sinode geword, Noord-Transvaal die Noordelike

Wes-Transvaal word nou Goudland Lees verder

Nuus
Ds Leon Venter

Leon Venter word BM-hoof

Die direksie van Bybel-Media het die volgende mediaverklaring uitgereik: Ds Leon Venter van Durbanville is op 17 Oktober 2016 deur die direksie van Bybel-Media as uitvoerende hoof van dié groep van maatskappye aangestel. Hy volg dr Pieter Fourie op, wat aan die einde van 2016 emeriteer. Bybel-Media het oor die afgelope dekade onder Fourie se

Leon Venter word BM-hoof Lees verder

Nuus
Marietjie May en haar familie woon deesdae in Stellenbosch. Ná twintig baie swaar siek-wees-jare, leef dié vrolike, energieke vrou nou met groot oorgawe en dankbaarheid. Foto: Annalise Wiid

Daar was ’n groter wonder

Marietjie May (56) dink terug, skud haar kop verwonderd: Sy het daardeur gekom, maar, sjoe, dit was báie moeilik! Sy was 20 jaar lank siek. Vyftien daarvan bed-gebonde en rolstoel-afhanklik. Nou leef sy sonder brieke. Sy was destyds maar 25, het pas tuisgekom met haar eersteling (Charl), toe hierdie vreeslike moeg haar oorrompel. “Nie moeg

Daar was ’n groter wonder Lees verder

Nuus

#feesmustfall-studente ‘is nie net moeilikheidmakers’

Die #feesmustfall-studente op die Tukkiekampus is nie bloot ‘n klomp moeilikheidmakers wat net wil afbrand nie. Dis studente wat met opregtheid die wêreld wil verander, al doen hulle dit op die verkeerde manier. So het dr Ronelle Meylahn, predikant van die NG gemeente Universiteitsoord, gister aan die NG Kerk se Noordelike Sinode gesê. Meylahn en

#feesmustfall-studente ‘is nie net moeilikheidmakers’ Lees verder

Nuus

Noorde verskil, maar wil eenheid behou

Uiteenlopende standpunte oor homoseksualiteit, maar ‘n sterk soeke om die eenheid van die kerk te behou. Dít het na vore gekom by die sitting van die NG Kerk se Noordelike Sinode buite Modimolle (vroeër Nylstroom). Die sinode het ‘n hele oggend gewy aan ‘n bespreking van die saak, maar uiteindelik nie self standpunt ingeneem nie.

Noorde verskil, maar wil eenheid behou Lees verder

Nuus
Vier jaar oud! Hasie in die Holte se kinders weet hoe om te wys hoe oud hulle is. Foto: Isabel Ballot

Hier word kinders gekoester

By Hasie in die Holte, NG Kerk Wespoort in Danville se speelgroepie, bruis die kindertjies en die tannies wat leer, van entoesiasme. Die entoesiasme kring verder uit na die vrywilli­gers wat by hulle betrokke is. Marie van Zyl, wat al 20 jaar die lang pad Wespoort toe ry vanaf Waterkloofrif, is een van die wat

Hier word kinders gekoester Lees verder

Nuus

‘Die Bybel ís problematies’

“Ons problematiseer nie die Bybel nie. Die Bybel ís op ʼn sekere vlak problematies.” So het dr Fanie Cronjé van die gemeente Riviera-Jakaranda by die NG Kerk se Noordelike Sinode gesê tydens ʼn gesprek oor Skrifgesag en Skrifgebruik. Die gesprek het plaasgevind teen die agtergrond van die kerk se goedkeuring van verhoudinge tussen mense van

‘Die Bybel ís problematies’ Lees verder

Nuus

‘Bid vir droogte, kampusse’

Die NG gemeente Moreletapark het alle mede-Suid-Afrikaners, kerke, gemeentes en gemeenskappe gevra om Donderdag 13 Oktober saam met hulle te vas en bid oor die onrus op universiteitskampusse en die droogte in Suid-Afrika. Hulle vra dat daar gebid word vir universiteite, vir die beëindiging van kampusgeweld; vir vrede in harte en positiewe gesindhede, en vir

‘Bid vir droogte, kampusse’ Lees verder

Nuus
Die nuwe moderatuur van die NG Kerk in KwaZulu-Natal: Van links is dr Heinrich Theunissen, dr Barry Tolmay, ds Rupert de Koning en ds Marlize Malherbe.

KZN kies nuwe leiers

Dr Barry Tolmay, predikant van die NG gemeente Kranzkloof in Durban, is die nuwe moderator van die NG Kerk in KwaZulu-Natal. Tolmay, wat voorheen die assessor was, volg vir ds Frikkie van der Merwe op. Die sinode, wat in Pietermaritzburg vergader, het vir ds Rupert de Koning van die Meerensee in Richardsbaai as nuwe assessor

KZN kies nuwe leiers Lees verder

Nuus
Jan-Jan Joubert aan die woord by die Noordelike sinode.

‘Moet asb nie ons kerk skeur nie”

“Moet asseblief nie ons kerk skeur nie.” Die was die pleidooi van die politieke joernalis Jan-Jan Joubert op die openingsdag van die Noordelike sinode se sitting buite Modimolle in Limpopo na aanleiding van die gay-debat in die kerk. Joubert was een van die sprekers wat die sinode gehelp het om te besin oor die konteks

‘Moet asb nie ons kerk skeur nie” Lees verder

Die gay-debat Nuus

NGK kan kinders ‘SmartStart’

Die NG Kerk in die Wes-Kaap is aangewys as ’n vennoot van SmartStart – ’n nie-regeringsor­ga­nisasie met ’n groot droom om ’n verskil in Suid-Afrika te maak deur vroeë kinderontwikkeling. Volgens ds Leon Venter, predikant van die diensgroep Diaconia in Wes-Kaapland, is SmartStart gerig op kinders wie se ouers nie kan bekostig om hulle na

NGK kan kinders ‘SmartStart’ Lees verder

Nuus

Groter eenheid word nou moontlik

Groter kerkeenheid in die NG Kerkfamilie het ’n konkrete moontlikheid geword toe die Algemene Sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) die voorgestelde tussenorde tussen die NG Kerk en die VGK goedgekeur het. Die tussenorde, wat in 2015 deur die NG Kerk se Algemene Sinode goedgekeur is, skep die moontlikheid dat gemeentes, ringe en sinodes

Groter eenheid word nou moontlik Lees verder

Nuus

Teologie-dekane: Regering moet genoeg geld gee

Die dekane van die vier teologiese fakulteite aan Suid-Afrikaanse universiteite vra dat die regering genoeg geld aan universiteite beskikbaar stel. Hulle volledige verklaring oor die hele #feesmustfall-kwessie lui soos volg (in die oorspronklike Engels): Universities are institutions of critical thinking and therefore we appeal to all parties involved to engage in rational debate and discussion.

Teologie-dekane: Regering moet genoeg geld gee Lees verder

Nuus
Ds Nelis Janse van Rensburg bring ʼn groeteboodskap namens die NG Kerk aan die Algemene Sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk. Foto: Neels Jackson

Belhar bly die lakmoestoets vir eenheid

Die Belydenis van Belhar het die teologie in die NG Kerk reeds op  ʼn betekenisvolle manier verander. So het ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen van die NG Kerk, in sy groeteboodskap aan die Algemene Sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) in Benoni gesê. Dié sinode vier vanjaar die

Belhar bly die lakmoestoets vir eenheid Lees verder

Nuus

‘Moenie ons menswaardigheid skend nie’

Moenie hierdie reg van ons wegneem nie en moenie dat ons menswaardigheid weer geskend word nie. Dít is die pleidooi van ses gay pare wat almal in burgerlike verbintenisse bevestig is, aan die buitengewone Algemene Sinode van die NG Kerk. Die groep se volledige skrywe lui só:  Voorlegging aan die Buitengwone Algemene Sinode van die

‘Moenie ons menswaardigheid skend nie’ Lees verder

Nuus
Scroll to Top