Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

Gay Hervormde dominees hoef nie selibaat te bly

Gay mense mag voortaan predikante van die Hervormde Kerk wees sonder dat hulle selibaat hoef te bly. Dit is die implikasie van ‘n besluit wat die Hervormde Kerk se Algemene Kerkvergadering met ‘n oorweldigende meerderheid geneem het. Die besluit sê dit nie in soveel woorde nie, maar sê wel: “Volgens die breër boodskap van die […]

Gay Hervormde dominees hoef nie selibaat te bly Lees verder

Nuus
Die nuutverkose leierskap van die Hervormde Kerk. Van links is ds Colin Hertzog (onder-voorsitter), dr André Ungerer (voorsitter), ds Willem Kok (skriba) en dr Hannes van der Merwe (vise-skriba).

Groter eenheid tussen NGK en NHKA kan kom

Die samewerkende eenheid wat die NG Kerk en die Hervormde Kerk saam beleef, het alle potensiaal om tot groter kerkeenheid te lei. So het dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, gesê in sy groeteboodskap aan die Algemene Kerkvergadering (AKV) van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA). Claassen het verwys daarna dat

Groter eenheid tussen NGK en NHKA kan kom Lees verder

Nuus

Gays: Handhaaf die besluite, vra 23 studente

’n Groep van 23 voornemende predikante van die NG Kerk het die buitengewone Algemene Sinode gevra om die besluite oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag van die Algemene Sinode van 2015 te handhaaf en onmiddellik in werking te stel. Die groep se volledige beskrywingspunt aan die vergadering lui só: BESKRYWINGSPUNT VAN NG KERK VOORNEMENDE

Gays: Handhaaf die besluite, vra 23 studente Lees verder

Die gay-debat Nuus
Foto: Facebook

Water en vrugte help om mekaar raak te sien

Water en vrugte is in Port Elizabeth instrumente wat help dat studente, wat aan verskillende kante van die huidige spanning op die universiteitskampus staan, begin om mekaar raak te sien en na mekaar te luister. Ds Rethie van Niekerk van die NG gemeente Somerstrand vertel dat hulle heelwat met hulle studente praat oor hoe hulle

Water en vrugte help om mekaar raak te sien Lees verder

Nuus

Gays: Anglikane sê nee

Die Anglikaanse Kerk in Suider-Afrika het nee gesê vir ’n voorstel dat gay-mense se burgerlike verbintenisse kerklik geseën kan word. Die kerk, wat Anglikane in Suid-Afrika, Namibië, Lesotho, Swaziland, Mosambiek, Angola en op die eiland St Helena bedien, het op sy sinode in drie afsonderlike stemmings telkens teen die voorstel besluit. Die biskoppe het met

Gays: Anglikane sê nee Lees verder

Nuus

Elf laat regsgeldigheid ondersoek

Die groep van elf lidmate wat die NG Kerk vroeër met regstappe gedreig het, laat nou ‘n volledige ondersoek doen na die regsgeldigheid van “die stappe wat nou geloods is teen die 2015-besluit oor selfdegeslagverbintenisse”. Die groep sê in ‘n verklaring ingevolge die Kerkorde is ‘n beslissing van die Algemene Sinode bindend. ‘n Onafhanklike regspan,

Elf laat regsgeldigheid ondersoek Lees verder

Nuus

Jong teoloë steun besluit oor gays

‘n Groep van 24 jong predikante en proponente van die NG Kerk het ‘n belydenis uitgereik waarin hulle hulle volle steun verklaar vir die besluite wat die Algemene Sinode van 2015 geneem het oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag. Die volledige belydenis lui soos volg: Belydenis van Jong Proponente en Predikante aangaande Selfdegeslagverhoudings As jong

Jong teoloë steun besluit oor gays Lees verder

Nuus
Die span wat die veertigdae-reeks vir die Reformasie uitgewerk het. Foto: Neels Jackson

Vier die Reformasie só in 40 dae

Vreugdevol Vry! Dit is die tema van ʼn veertigdae-reeks wat aansluit by die Reformasiefees en wat op versoek van die Algemene Sinodale kantoor onder leiding van die NG gemeente Witrivier voorberei word om in die derde kwartaal van volgende jaar deur gemeentes gebruik te word. Witrivier het die afgelope vyf jaar ʼn groeiende tradisie van

Vier die Reformasie só in 40 dae Lees verder

Nuus
Die Samuel-gebou waar die “don­kies” vroeër opgelei is. Dit gaan deel wees van die Andrew Mur­ray Sentrum vir Spiritualiteit in Wel­ling­ton. Foto: Neels Jackson

Andrew Murray Sentrum gaan spiritualiteit ontwikkel

Die NG Kerk in die Wes-Kaap gaan ’n sentrum op die been bring wat gaan help om ’n missionale spiritualiteit te ontwikkel. Die Andrew Murray Sentrum gaan gevestig word in ’n groep historiese geboue op Wellington. Dit sluit in Murray se pastorie genaamd Clairvaux, die Samuelgebou wat vroeër die sendinginstituut gehuisves het waar evangeliste (later

Andrew Murray Sentrum gaan spiritualiteit ontwikkel Lees verder

Nuus
Die poppe sing en dans saam met Rina Blomerus tydens die onlangse jeugweek in Worcester.

Agapé-poppe leer kinders van Jesus

Die poppe het behóórlik van 5 tot 8 September by die NG Kerk Worcester-Vallei gedans. Die Agapé Puppets het nie één van die 500 kin­ders laat stilsit nie. Die Agapé-poppe is nie vir Worcester ’n ­nuutjie nie. Rina Blomerus, wat al vir agt jaar agter die stuur van Worcester se Agapé-poppe is, vertel hoe geseënd

Agapé-poppe leer kinders van Jesus Lees verder

Nuus
Ds Marius Cornelissen, brigadier Stephanie Adendorff,  kaptein (SA Vloot) Charles Ross, dr Dewyk Ungerer en veteraan Renier Feldtmann wat die vredesdiens bygewoon het.

Raslouw herdenk dag van vrede

“In tye van vrede begrawe seuns hul vaders, maar in tye van oorlog begrawe vaders hul seuns.” Met dié antieke Griekse aanhaling begin ds Marius Cornelissen, gewese kapelaan-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, op Sondag, 19 September, sy preek in die NG kerk Raslouw. En al verwys die aanhaling na oorlog, gaan die preek oor

Raslouw herdenk dag van vrede Lees verder

Nuus
Dr André Bartlett aan die woord by die vergadering van die Algemene Sinodale Moderamen in September. Foto: Neels Jackson

André Bartlett bedank uit ASM

Dr André Bartlett, ondervoorsitter van die sinodale dienskommissie van Sinode Hoëveld, het uit die Algemene Sinodale Moderamen bedank. Sy volledige verklaring oor sy bedanking en die redes daarvoor lui soos volg: Na ernstige besinning het ek die moeilike besluit geneem om te bedank as lid van die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) van die NG Kerk.

André Bartlett bedank uit ASM Lees verder

Nuus

Appèlkommissie begin werk

Die Appèlkommissie van die Algemene Sinode het begin om die appèlle teen die besluite van die Algemene Sinode van 2015 te hanteer. Dit sluit appèlle in teen die besluite oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag, maar ook appèlle teen die besluit wat sinodes die reg gee om hul eie belydenisgrondslag uit te brei. Ds

Appèlkommissie begin werk Lees verder

Nuus

“Ek glo”

“Aan die begin van die jaar was ek en Neil bevoorreg om ‘n konferensie by die Calvin Institute of Christian Worship by te woon. Ons het daar iets soortgelyks in Engels gesien en dadelik gedink ons sal dit in Afrikaans wil doen.” Só, vertel ds Lettie Büchner van die NG Gemeente Wellington, het dit gebeur dat

“Ek glo” Lees verder

Nuus Video

Kerkbode kry sy eie app

Dit is nou makliker as ooit om Kerkbode op ’n selfoon of tablet te lees. Kerkbode het nou sy eie app wat gratis in Google se Play Store of Apple se App Store afgelaai kan word. Daar is ’n spyskaart met opsies sodat ’n mens kan kies om na ’n spesifie­ke kate­gorie van inhoud –

Kerkbode kry sy eie app Lees verder

Nuus

‘Dit is ‘n besonder onbillike aanname’

Dit is ʼn besondere onbillike aanname dat die moderamen van die NG Kerk besig is met vertragingstaktiek. So skryf dr Gustav Claassen, algemene sekretaris, in ʼn brief aan die kerk se predikante, na aanleiding van die jongste prokureursbrief wat die kerk gekry het. Dié brief, namens elf lidmate van die kerk, vra dat die Algemene Sinode se

‘Dit is ‘n besonder onbillike aanname’ Lees verder

Nuus

NG Kerk weer met hof gedreig

As die NG Kerk nie teen Woensdag, 14 September, aansoek doen om geregistreer te word as ʼn kerk wat burgerlike verbintenisse bevestig nie, kan hy ʼn hofstryd van ʼn groep lidmate te wagte wees. Dit is die jongste verwikkeling in die kerk se hantering van die Algemene Sinode van 2015 se besluite oor verbintenisse tussen

NG Kerk weer met hof gedreig Lees verder

Nuus

Stellenbosch-Wes ontmoet hulle bure

Twee predikante se behoefte om hul belydenis­klas aan ander kerke bloot te stel, het tot ’n baie unie­ke Ontmoet jou buurkerk-projek in hulle gemeente gelei. Só vertel dr Almatine Leene, predikant van die NG gemeente Stellenbosch-Wes, oor haar en haar kollega, dr Daniël de Wet, se besluit dat blote teorie oor ander kerke te eensydig

Stellenbosch-Wes ontmoet hulle bure Lees verder

Nuus
Die groep wat die vergadering in Malawi bygewoon het. Voor is van links ds Godfrey Betha (Suid-Afrika), ds Libias Boloma (Zimbabwe), ds Timoteo Fabiao (Mosambiek), ds Vasco Kachipapa (Malawi) en dr Gustav Claassen (SA). In die middel is dr Gideon van der Watt (SA), ds Jonah Lagat (Kenia), dr William Zulu (Zambië), ds Gabriel Morata (Mosambiek) en oudl Kgosi Tlhowe (Botswana). Agter is dr Andries Hoffman (Suid-Afrika), ds Jaos Herbath (Mosambiek), ds Kovilan Moodley, me Char- maine Stoffberg, prof Jurgens Hendriks en dr Kobus Odendaal (almal SA).

Voorspoedsteologie stel teleur

Die voorspoedsteologie is een van die groot pro­­bleme wat gereformeerde kerke in Suider-Afrika ervaar. Dít, sê dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, is een van die dinge wat na vore gekom het by ’n onlangse byeenkoms van die Reformed Family Forum in Malawi. Die forum is ’n vergadering van algemene sekreta­ris­se en

Voorspoedsteologie stel teleur Lees verder

Nuus

‘LGBTI-teoloë vier kerklike bevryding’

Sewe LGBTI-teoloë* van die NG Kerk het die herroeping van die opskorting van die Algemene Sinode se besluite oor selfdegeslagverhoudinge verwelkom. Terselfdertyd meen hulle die Algemene Sinodale Moderamen en die Algemene Taakspan Regte is ‘n openbare verskoning verskuldig. Die verklaring onder die opskrif “LGBTI-teoloë vier kerklike bevryding” is uitgereik deur Laurie Gaum, Judith Kotzé, Schalk

‘LGBTI-teoloë vier kerklike bevryding’ Lees verder

Die gay-debat Nuus
Scroll to Top