Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

Die Algemene Sinodale Moderamen in vergadering in Kempton Park. Dié vergadering het besluit om 'n buitengewone Algemene Sinode byeen te roep. Foto: Neels Jackson

Planne vir die buitengewone sinode

Die buitengewone Algemene Sinode van die NG Kerk wat weer sal besin oor verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag, gaan van 7 tot 10 November vergader. Die sinode word gehou in die kerkgebou van Pierre van Ryneveld waar die Oostelike Sinode ook van 23 tot 26 Oktober vergader. Die sinode gaan die besluite van die Algemene

Planne vir die buitengewone sinode Lees verder

@sinode Nuus
Dr André Bartlett pleit by die Algemene Sinodale Moderamen se vergadering vir die opheffing van die opskorting van die Algemene Sinode se besluite oor selfdegeslagverhoudings. Foto: Neels Jackson

NG Kerk hou buitengewone sinode

Die NG Kerk gaan voor 10 November ‘n buitengewone algemene sinode hou waar daar weer indringend gepraat gaan word oor verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag. Dit is deur die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) besluit tydens sy vergadering in Kempton Park. Die ASM het ook die opskorting van die besluite van die vorige Algemene Sinode

NG Kerk hou buitengewone sinode Lees verder

@sinode Nuus
Die vreugde straal uit ’n dogtertjie se gesig nadat sy in ’n spieël gesien het hoe haar gesig met ’n vlinderpatroon geverf is. Dit was ’n voorbeeld van hoe die Fees van die Narre onlangs vreugde gebring het na die midde­stad van Pretoria. Foto: Neels Jackson

Die narre help om te ontmasker

“Ek hou van dié tradisie waarin mense mas­kers opsit om te ontmasker.” Terwyl Jim Perkinson so gesels, is daar ’n bonte mengelmoes van mense rondom hom besig om ge­reed te maak vir die jaarlikse Optog van die Narre deur die strate van Pretoria se middestad. Rooi neuse, bont hare en kleurvol geverfde gesigte is oral

Die narre help om te ontmasker Lees verder

Nuus
Adjunk-minister Hlengiwe Mkhize aan die woord by die Algemene Sinodale Moderamen se vergadering. Foto: Neels Jackson

Kerke moet vir versoening werk

Dis ironies dat sy met die kerk kom praat oor versoening terwyl haar eie party aan die brand is. So het me Hlengiwe Mkhize, adjunk-minister van Pos- en Telekommunikasiewese, op Maandag 5 September aan die Algemene Sinodale Moderamen van die NG Kerk gesê. Sy het toe pas teruggekom van Luthulihuis, die hoofkantoor van die ANC,

Kerke moet vir versoening werk Lees verder

Nuus
’n Bietjie gesigverf om ’n inwonertjie van Abraham Kriel Kinderhuis in Langlaagte se dag op te helder. Foto verskaf

Kersfonds-instansies gaan gebuk onder ekonomiese druk

Staatsubsidies word minder, die ekonomie druk en dis die weerloosstes wat daaronder ly. Dit is die belewenis van instansies wat deur Kerkbode se Kersfonds ondersteun word, soos Sunfield Home in Wellington, waar die meeste inwoners verstandelik gestrem is. Daisy Groenewald, dienstebestuurder by Sunfield Home, vertel hulle inwoners het voorheen baie kontrakwerk verrig sodat die inwoners

Kersfonds-instansies gaan gebuk onder ekonomiese druk Lees verder

Nuus

‘Ons praat te min oor geweld teen vroue’

“Ons praat te min oor geweld teen vroue, soos verkragtings,” sê dr Heerden van Niekerk, voorsitter van die Wes-Kaapse Sinode se Taakspan vir Leer en Aktuele Sake. Dit is een van die indrukke wat by hom gebly het na ’n VBO-kursus oor seksualiteit wat by die Universiteit Stellenbosch aangebied is. Dié kursus kom nadat die

‘Ons praat te min oor geweld teen vroue’ Lees verder

Nuus

SARK verras NG Kerkleiers

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het ’n spesiale dankdiens gehou om die NG Kerk se herstelde lid­maatskap van die Wêreldraad van Kerke te vier. Dr Gustav Claassen sê die moderatuur van die Algemene Sinode het vroeër al besluit hulle wil ’n welwillendheidsbesoek bring aan die SARK se kan­tore in Khotso-huis in Johannesburg. Toe hulle daar

SARK verras NG Kerkleiers Lees verder

Nuus
Mnr Moeletsi Mbeki aan die woord. Hy het die be­lang van sekerheid van eiendomsreg beklemtoon vir ekonomiese groei. Hy het gesê boe­re sal byvoorbeeld slegs in hulle grond belê as hulle se­ker­heid het oor hulle besitreg daarvan. Foto's: Neels Jackson

Armoede: Kerk moet saam praat

“Ons wil ’n breë gesprek in die NG Kerk begin oor die ekonomie, oor armoede en oor die gaping tussen ryk en arm. Ons wil anders werk as om net ’n besluit te neem en dit te drop in die kerk.” Só het ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen, gesê

Armoede: Kerk moet saam praat Lees verder

Nuus

NGKN plant ’n boom

Die NG Kerk in Namibië het besluit om ’n boom te laat plant in die Luther-tuin in Wittenberg, Duitsland. Dié tuin word aangelê as deel van die viering van die begin van die Reformasie 500 jaar gelede. Met dié besluit word Namibië die tweede sinode van die NG Kerk wat sy eie boom in die

NGKN plant ’n boom Lees verder

Nuus
’n Nazi-soldaat skiet ’n Joodse vrou dood terwyl sy haar man se graf toegooi. So ’n toneel sê iets van die donker van die lewe waarmee elkeen te doen kry. Foto’s: Neels Jackson

DRAMAties praat oor die lewe met God

In Bloemfontein word drama jaarliks ingespan in ’n bedie­ning vir en deur jongmense. NEELS JACKSON vertel. Dit is ’n wintersaand in Bloemfontein. By die NG Kerk Pellissier is daar honderde tieners wat buite saamdrom en kuier. Skielik hardloop ’n vrou tussen hulle deur met twee mans in Nazi-uniforms wat haar jaag. Iemand wil tot haar

DRAMAties praat oor die lewe met God Lees verder

Nuus
Warm tee op ’n koue wintersoggend. Dit word saam met brood bedien. Foto: Isabel Ballot

Doornkloof gee kos vir liggaam en siel

“Ek is aangetrek deur Doornkloof se uitrei­kings­aksies toe ek aansoek gedoen het vir die pos as jeugprediker,” vertel ds Chris Swart, wat bystand verleen by Doornkloof se voedingskema. Hy noem die multikulturele kerkdiens en die tronkbediening in die vrouegevangenis. En natuurlik die voedingskema wat van Maandag tot Vrydag bedryf word. Alhoewel reeds geëmeriteer, is ds

Doornkloof gee kos vir liggaam en siel Lees verder

Nuus

Namibië bly in Algemene Sinode

Die NG Kerk in Namibië sal voorlopig sy bestaande kerkordelike verband met die Algemene Sinode van die NG Kerk handhaaf. Dié besluit van die Namibiese moderamen kom nadat sy sinode in Maart ’n taakspan aangewys het wat “’n proses van besinning, raadpleging en besluitneming oor die toekomstige funksionering van die NGKN” moes begelei. Dit sou onder

Namibië bly in Algemene Sinode Lees verder

@sinode Nuus
Vier van die deelnemende leraars besig met ’n kleedrepetisie. Van links is ds Evert Bergh van die NG gemeente Delmas-Wes in die rol van Petrus, ds Adriaan Vogel van die NG gemeente Delmas as Timoteus, past Marius van Staden van Lewende Woord as Johannes en ds Roe­lof Buys van die Gereformeerde Kerk Delmas as Silas. Foto verskaf

Delmas se boodskap is ‘Onblusbaar!’

Elf gemeentes van sewe verskillende denominasies span vanjaar weer saam om Delmas se vier­de vierjaarlikse musiekblyspel op die planke te bring. Mev Elna Schoeman, lidmaat van die NG gemeente Delmas-Wes, vertel dat daar 86 akteurs en nog sowat 40 mense agter die skerms daaraan werk om die pro­duk­sie Onblusbaar van 18 tot 26 September by

Delmas se boodskap is ‘Onblusbaar!’ Lees verder

Nuus
Mnr Moeletsi Mbeki aan die woord tydens die gesprek oor armoede en ongelykheid. Van links is mnr Dawie Klopper, prof Piet Naudé, Mbeki, prof Stan du Plessis en dr Johan van Zyl. Foto: Neels Jackson

Ekonome help die kerk dink oor armoede

Onderwys, ekonomiese groei en werkskepping is van die belangrikste faktore in die stryd teen armoede en ongelykheid. Dit het na vore gekom uit ‘n bespreking wat die Algemene Sinodale kantoor gereël het om by top-ekonome en -sakelui kers op te steek oor die kwessie. Deelnemers aan die gesprek was dr Johan van Zyl (gewese grootbaas

Ekonome help die kerk dink oor armoede Lees verder

Nuus
Pietie Bell met sy medaljes by sy trotse ouers, Pieter en Elisma Bell. Foto: Jacobie M Helena

Liewe Jesus is by as Pietie swem

WORCESTER. – “Ek gaan sorg dat jy bo uitkom,” het pa Pieter Bell gesê toe hy sy Downsindroom-seun, Pietie, 25 jaar ge­le­de vir die eerste keer vasgehou het. Pietie het onlangs die 1 500 m vryslag-wêreldrekord by die Trisome Down­sindroom-wêreldkampioenskappe in Florence, Italië opgestel. Pietie se storie is ’n geloofstorie, vertel ma Elisma Bell. “Die

Liewe Jesus is by as Pietie swem Lees verder

Nuus
Wakkerstroom se doopgeselskap. Heel links staan Julia Dlamini en voor in die middel is haar vier dogters in pienk. Van links is Zoe, Leylla, Alzira en Tamia. Langs Julia staan Esther en Marco Pretorius met hulle seuntjie, Emjee en sy boetie, Ewan. In die middel is ds Pieter Malherbe en langs hom staan Stefan en Marelie Landman met hulle dogtertjie Theané en haar sussie, Minante. Heel regs is Richard Nel met sy kinders Riché en RJ. Foto verskaf

Julia het kom vra: ‘Ek wil God leer ken’

Op 26 Junie 2015 het Julia Dlamini by ds Pieter Malherbe se pastorie op Wakkerstroom kom aanklop. Haar versoek was eenvoudig: “Ek wil God leer ken.” Dié Zoeloesprekende vrou het geen kerklike of Christelike agtergrond gehad nie. Saam met haar fa­mi­lie was sy by die tradisionele verering van die voorvaders betrokke. Maar ’n paar weke

Julia het kom vra: ‘Ek wil God leer ken’ Lees verder

Nuus

Hef die opskorting op, vra elf oor gay-besluite

‘n Groep van elf lidmate eis in ‘n prokureursbrief dat die Algemene Sinodale Moderamen teen Vrydag 26 Augustus die opskorting van die Algemene Sinode se besluite oor selfdegeslagverhoudinge ophef en sodoende daardie besluite onmiddellik van krag verklaar. Sou die ASM versuim om dit te doen, behou die lidmate die reg voor om die hooggeregshof in

Hef die opskorting op, vra elf oor gay-besluite Lees verder

Nuus
Scroll to Top