Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

’n Vrolike klompie kinders van die Crux-naskoolsentrum. Agter in die middel staan Cecila Saayman. Langs haar is van links Leah Sithole, Johanna Zolo en Caroline Tsube, almal permanente personeel­lede. Links in die middel staan Sarie Louw, ’n helper. Foto: Fran Vorster

Crux se kinders weet hulle is God se kinders

“Dit was ’n Godsend.” So sê Cecilia Saayman van haar aanstelling, ’n paar jaar gelede, as bestuurder van Crux-naskool in Silverton, Pretoria. Sy het werk nodig gehad en daar kom die geleentheid toe. Sy vertel dat Crux ’n belangrike projek van die NG gemeente Skuilkrans is. Lieze Meiring is my baas, lag sy. Lieze is […]

Crux se kinders weet hulle is God se kinders Lees verder

Nuus
WL Kruger hardloop tussen Ladybrand en De­wets­dorp. Die atlete het hierdie dag altesaam 122 km gedraf. Foto verskaf.

‘Ons hardloop, sing en gesels Christus’

1 976 km, tien atlete, tien sanggroeplede en drie geestelike werkers. Vyf tronke en vele oue­te­huise, kinderhuise – ook ’n plakkerskamp. Gooi dit alles bymekaar en jy kry die Atlete vir Christus (AVC) – ’n groep Matie-studen­te wat gedurende die wintervakansie vanjaar deur 28 dorpe gehardloop, gesing en oor Chris­tus gesels het. Die AVC, wat

‘Ons hardloop, sing en gesels Christus’ Lees verder

Nuus
Alfred Paetzold vertel die storie van die Bybel vir mense van Mosambiek. Foto verskaf.

Alfred vat sy mense op ’n storie-reis

“In die begin was net God daar,” sê Alfred stadig terwyl hy na die regte woorde in Chiyao soek. Vir dié Afrikaanse sendeling is dit sy sesde taal, wat hy nou vir die eerste keer gebruik om die goeie nuus in die openbaar te verkondig. Dit is die aanvang van ’n nuwe reis vir die

Alfred vat sy mense op ’n storie-reis Lees verder

Nuus

‘Dis sunny in Sunnyside, want die Here woon hier’

Op ’n koel wintersoggend by die Arcadia Diens­sentrum in Pretoria is ’n groep bejaardes besig is om Kersrangskikkings en -kaartjies vir ander nie-bevoorregtes te maak. Hulle is inwoners van Harmoniehof, ’n tuiste vir behoeftige bejaardes wat deur die NG Kerk se Noordelike Sinode bedryf word. Baie van die inwoners wat by die dienssentrum inskakel, is

‘Dis sunny in Sunnyside, want die Here woon hier’ Lees verder

Nuus
Die begin van ‘n mulitkulturele bediening. In die voorste ry is dr Arno Meiring tweede van links en ds Peter Maruping tweede van regs.

‘Ons wil sáám wees’

Daar is ’n nuwe multikulturele bediening in Silverton, Pretoria-Oos. Die melodieë van die NG gemeente Skuilkrans en dié van die Middestadsgemeente van die Verenigende Gereformeerde Kerk het op die oggend van 5 Junie 2016 saamgesmelt. So vertel dr Arno Meiring van die NG gemeente Skuikrans in Pretoria-Oos. Hy en ds Peter Maruping van die VGK

‘Ons wil sáám wees’ Lees verder

Nuus

URC: ja vir gays

Die United Reformed Church het met sy sowat 56 000 lidmate op 9 Julie die grootste kerk nog in die Ver­enigde Koninkryk geword wat gay-huwelike goed­ge­keur het. Die kerk se algemene sinode het met 240 stemme teen 21 vir die voorstel gestem en daarmee die vereiste meerderheid van twee derdes bereik. Die besluit laat gemeentes

URC: ja vir gays Lees verder

Nuus

PCUSA sê ja vir Belhar

Die Presbyterian Church of the USA (PCUSA) het die Belydenis van Belhar verlede maand as sy twaalfde erkende belydenis aanvaar. Die kerk se algemene sinode het dit op 23 Junie in Portland, Oregon, met 540 stemme teen 33 goed­ge­keur, nadat 84% van die kerk se ringe die aanvaarding van Belhar goedgekeur het. In ’n vorige

PCUSA sê ja vir Belhar Lees verder

Nuus
Van links is Rowan Smith, Laurie Gaum, Mike Botha, JP Meyer en Jeanine Maske.

‘n Veilige ruimte vir die ‘anderste onder ons’

“Hoe kom ons tuis, maar hoe laat óns tuiskom?” Só het prop Laurie Gaum Saterdag (16 Julie) by die Breytenbachsentrum op Wellington die oop gesprek met die tema “Die anderste onder ons en hoe hulle tuis kom” opgesom. Dié gesprek is gehou tydens “Swart”, ’n kunsuitstalling by dié sentrum, wat gedagtes oor die tema losgemaak het.

‘n Veilige ruimte vir die ‘anderste onder ons’ Lees verder

Nuus

Noorde se moderatuur kritiseer vergadering

Die Moderatuur van die Noordelike Sinode het kritiek uitgespreek op die nie-amptelike vergadering van moderators wat onlangs byeen was om oor die situasie rakende die Algemene Sinode se besluit oor selfdegeslagverhoudings te praat. Dr. Dewyk Ungerer, voorsitter van die Noordelike Sinode se moderatuur, is na die byeenkoms genooi, maar het dit nie bygewoon het nie.

Noorde se moderatuur kritiseer vergadering Lees verder

Nuus
ʼn Seuntjie tussen die oorblyfsels van die huise wat deur die brand in Woodlane City verwoes is. Foto: Louise Jackson

Moreletapark help na groot brand

ʼn Klein seuntjie met ʼn rooi hemp dwaal op die koue Maandagoggend rond tussen die rommel wat plek-plek nog smeul. Twee dae tevore het sy ouers se hout-en-sinkhuis nog daar gestaan. Toe kom Saterdagnag se brand, en 229 huise word verwoes. Dit was plakkerwonings, maar vir 229 gesinne was dit hul tuiste. Nou is dit

Moreletapark help na groot brand Lees verder

Nuus
Dr Gustav Claassen en ds Nelis Janse van Rensburg op die podium by die Wêreldraad van Kerke nadat die NG Kerk se lidmaatskap van die ekumenise liggaam herstel is. Foto verskaf

NG Kerk word volle lid van die Wêreldraad

Die NG Kerk is weer ‘n volle lid van die Wêreldraad van Kerke (WRK). Die wêreld se grootste ekumeniese organisasie het Maandagmiddag (27 Junie) op die vergadering van sy Sentrale Komitee in Trondheim Noorweë, die NG Kerk se aansoek om lidmaatskap goedgekeur. Dr Gustav Claassen, algemene

NG Kerk word volle lid van die Wêreldraad Lees verder

Nuus
In die Christelike tradisie het voetewas die sterk simboliese betekenis van diensbaarheid gekry. By Wellington Moederkerk se onlangse Local is lekker-basaar het voetewas egter op ’n ander manier gefunksioneer, toe klein dogtertjies soos prinsesse bederf is. Lelani le Roux was hier ’n prinsessie se voete in die “Kroontjie tot toontjie bederfwerf”. Elke dogtertjie kon haar voete en hande laat versorg en haar gesig laat verf. En sulke bederf is tog ook deel van die Christelike liefde vir mekaar. Foto: Lettie Büchner

ToekomsNou fokus op verhoudings

In kinderbediening was daar die afgelope paar jaar ’n drastiese skuif weg van ’n materiaalgedrewe bediening na een met ’n verhoudingfokus. Só sê ds Gert van der Merwe, portefeuljekoördineerder van ToekomsNou, die Hoëveldsinode se jeug-en-gesinsbediening. Hulle fokus nou sterk daarop om gemeentes te help om die huis deel van die gemeentebediening te maak. By ToekomsNou

ToekomsNou fokus op verhoudings Lees verder

Nuus
Mnr Jan Malan van die veteranevereniging van lede van die destydse Suid-Afrikaanse Weermag laat ʼn groep wit duiwe vry as ʼn simbool van vrede en vesoening. Foto: Neels Jackson

Orlando – ’n fotobeeld

Op Saterdag 11 Junie het Suid-Afrika se kerke saam met die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging en die June 16 Foundation ʼn versoeningsaamtrek in die Orlando-stadion in Soweto gehou. In die volgende foto’s word iets van die dag se verhaal vertel.

Orlando – ’n fotobeeld Lees verder

Nuus
Lovelyn Nwadeyi aan die woord by die Winterskool. Foto: Bruce Theron

Winterskool: Waar is die kerk in sosiale kwessies?

Lees ook: Christelike gasvryheid is waaghalsig “’n Kerk wat haarself van sosiale geregtigheid, gelykheidwaardigheid en menswaardigheid onttrek, het irrelevant geword,” sê Lovelyn Nwadeyi tydens haar toespraak by die Winterskool. Nwadeyi, ’n nagraadse student in politieke wetenskap, het einde Oktober 2015 een van die sleutelrolle in die #feesmustfall-veldtog by die Universiteit Stellenbosch (US) gespeel. Sy is van

Winterskool: Waar is die kerk in sosiale kwessies? Lees verder

Nuus
Scroll to Top