Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

@sinode

’n Afgevaardigde het gisteraand moue opgetrek en gehelp was aan die skottelgoed wat na elke maaltyd sowat 2 en ’n half ure duur. Foto: Nadida Beyers

Vure brand van vroegdag om dominees te voed

Hulle is meestal besig met kerksake op ’n agenda so dik soos ’n geelbladsye, maar wanneer die meer as 600 afgevaardigdes die slag opstaan vir “noenbyt” of aandete, moet die kosspan by die Wes-Kaapse Sinode behoorlik bontstaan in die markiestent-eetsaal. Roelien Erasmus, Goudini se gasvrou wat nou ook help as toesighouer by die eettent, sê […]

Vure brand van vroegdag om dominees te voed Lees verder

@sinode Nuus

Sinode Wes-Kaapland besluit oor selfdegeslag-verhoudings

Na ’n bespreking en stemproses wat meer as drie ure geduur het, is die voorstel van die moderamen, met bepaalde amendamente, deur die sinode goedgekeur. Twee amendamente is ingedien waarvan een aanvaar en die ander van die hand gewys is. Hier volg die die volledige voorstel wat goedgekeur is, soos aan Kerkbode verskaf. 1. Die

Sinode Wes-Kaapland besluit oor selfdegeslag-verhoudings Lees verder

@sinode Nuus Video
Van die medewerkers aan die nuwe boek Anderkant Die Breuklyn? - Nuwe Ontwikkelings In Teologie (Bybel-Media) kry 'n ronde applous by die sinode. Foto: Le Roux Schoeman

Bediening: Meer paaie vir opleiding oopgekap

Goeie nuus vir dié wat nie die jarelange studies wat dominee-wees vereis, kan bekostig nie: Vir die eerste keer hoef jy nie ses jaar voltyds te studeer om jou roeping só in die bediening te vervul nie. Dr Frederick Marais van die Algemene Kuratorium, wat ’n begeleidende rol vir teologiese opleiding speel, het tydens die

Bediening: Meer paaie vir opleiding oopgekap Lees verder

@sinode Nuus
Foto: Le Roux Schoeman

Versoening: ‘Ek kan nie nié hierby betrokke raak nie’

’n Eenvoudig dog aangrypende getuienisvideo met die ontnugterings en lesse wat ’n groep jong NG leraars oor “witwerk” en versoening geleer het, het die meer as 600 mense in die raadsaal by Goudini tot doodse stilte gebring. “Dit gaan daaroor dat ek ’n onvermoë het om sekere mense lief te hê. En ek moet dit

Versoening: ‘Ek kan nie nié hierby betrokke raak nie’ Lees verder

@sinode Nuus
Afgevaardigdes by die sinodesitting van Wes-Kaapland op Dinsdagoggend. Foto: Le Roux Schoeman

Plaasmoord ruk sinode

Dit is met die hartseer van ’n plaasmoord van NG lidmate op ’n nabygeleë Bolandse dorp wat die Wes-Kaapse Sinode vanoggend (14 Mei) buite Worcester begin het. Ds Willem Liebenberg, ’n afgevaardige en leraar van die NG gemeente Bonnievale, moes Maandagaand na sy tuisdorp haas nadat een van sy lidmate op ’n wingerdplaas vermoor is,

Plaasmoord ruk sinode Lees verder

@sinode Nuus
Prof Piet Naudé aan die woord op die tweede dag van die sinodesitting van Wes-Kaapland.

Teoloog oor grond, rykes en armes

“Sê maar net vir Moreleta(park gemeente), as jy te sterk raak, dan tree jy gewoonlik uit die (kerk)verband uit,” het die teoloog Piet Naudé Dinsdag gesê. “En as jy veertig dae gaan vas om die liggaam van Christus te skeur dan weet ek nie tot watter God jy gebid het en watter Bybeltekste jy gelees

Teoloog oor grond, rykes en armes Lees verder

@sinode Nuus

Kerk wil lei met ‘nee’ vir plastiek

“Die mens, sogenaamde kroon van die skepping, het die verwoester van die skepping geword,” het ’n taakspanleier vir ekologie aan afgevaardigdes by die vergadering van die Sinode van Wes-Kaapland gesê. Ons huidige geslag is besig om die lewe van ons kinders en kleinkinders te steel, het dr Kobus Odendaal op Dinsdag (14 Mei) gewaarsku. Die

Kerk wil lei met ‘nee’ vir plastiek Lees verder

@sinode Nuus
Little Steeds is met 'n vonk tydens die tweede sessie op die eerste dag van die Wes-Kaapland Sinode by die vakansieoord Goudini Spa, bekendgestel. Foto: Le Roux Schoeman

Wes-Kaap Sinode: Nelis weer aan die stuur

“Dit is ’n reuse-voorreg, maar kýk, dis harde werk,” het ds Nelis Janse van Rensburg gesê net nadat hy Maandag 13 Mei as moderator van die Wes-Kaap Sinode herkies is. “Kom ons bly vir mekaar bid vir toewyding en inspirasie. Kom ons bly bid dat die Heilige Gees ons sal bly waai na plekke waar

Wes-Kaap Sinode: Nelis weer aan die stuur Lees verder

@sinode
Dr Lourens Bosman

Bosman kry pos by Algemene Sinode

Dr Lourens Bosman is die pos aangebied van algemene bestuurder by die kantoor van die Algemene Sinode van die NG Kerk. Bosman is tans predikant van die NG gemeente Lux Mundi in Pretoria, maar ook voorsitter van die Algemene Sinode se Taakspan vir Missionale Transformasie. In dié pos sal hy dr Gustav Claassen, algemene sekretaris

Bosman kry pos by Algemene Sinode Lees verder

@sinode Nuus
Die waterbottels wat by die sinode gebruik word.

’n Groen sinode

Een van die kenmerke van 2017 se Vrystaatse sinode is die groen voetspoor daarvan. Van meet af is beplan om die ekologiese impak van die sinode so lig as moontlik te maak. Anders as met vorige sinodes is plastiekwaterbotteltjies glad nie gebruik nie. Elke sinodeganger en besoeker het ‘n glasbottel gekry wat hervul kon word

’n Groen sinode Lees verder

@sinode Nuus
Die nuut verkose moderdatuur van die Vrystaatse sinode. Van links is dr Riaan van Zyl (ondervoorsitter), dr Pieter van Jaarsveld (moderator) en dr Carin van Schalkwyk (skriba).

Sinode wil las op gemeentes verlig

Gereformeerd en pragmaties. Dis hoe die Vrystaatse NG Kerk daarna uitsien op die tweede dag van die huidige Vrystaatse Sinode. Na 500 jaar van reformasie het die kerk baie om te vier en oor na te dink, maar die praktiese werk wat gedoen moet word is baie. Dr. Carin van Schalkwyk van Philippolis, herverkose skriba

Sinode wil las op gemeentes verlig Lees verder

@sinode Nuus

Só het die sinode besluit

Die volledige besluit van die buitengewone Algemene sinode van die NG Kerk oor verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag, lui soos volg: 1) Die Algemene Sinode besluit om die saak van selfdegeslagverhoudings met groot omsigtigheid te benader en om nie standpunte op gelowiges en gemeentes af te dwing waarvan die Gees die gemeentes nie oortuig

Só het die sinode besluit Lees verder

@sinode Nuus

Pastorale brief na Algemene Sinode

Dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, het na afloop van die buitengewone Algemene Sinode die volgende pastorale brief aan leraars van die kerk geskryf: Beste kollegas, PASTORALE BRIEF ‘n Buitengewone vergadering van die Algemene Sinode het van 7-10 November 2016 in Pretoria byeengekom. Die vergadering is deur die Moderamen byeengeroep in reaksie

Pastorale brief na Algemene Sinode Lees verder

@sinode Amptelik Verklarings

Só verloop die sinode

By die Buitengewone Algemene Sinode het daar oor vier dae ‘n proses plaasgevind wat uitgeloop het op die besluite wat uiteindelik geneem is. Hier is van die bakens in die verloop van die sinode. 1. Die sinode begin Maandagmiddag met die situasie dat die Appèlliggaam die Algemene Sinode van 2015 se besluite oor verhoudinge tussen

Só verloop die sinode Lees verder

@sinode Nuus

Powerpoint-aanbiedings van sinode nou beskikbaar

Bybel-Media stel die Powerpoint-aanbiedings en video’s, wat tydens die Buitengewone Algemene Sinode 2016 gebruik is, beskikbaar. Onder dié aanbiedings en video’s is die video van U nooi ons in, die Buitengewone Algemene Sinode 2016 se lied, die Powerpoint-aanbiedings van die opening, afsluiting en dagwydings en video’s wat die daaglikse temas weerspieël. Powerpoint-aanbiedings 7 November 2016

Powerpoint-aanbiedings van sinode nou beskikbaar Lees verder

@sinode Nuus

Sinode kry sy eie lied

U nooi ons in, ʼn lied wat die Esegiël 47-tema vasvang, is spesiaal vir die Buitengewone Algemene Sinode 2016 geskryf. Só vertel ds Faani Engelbrecht, sangleier van dié Sinode se band en bestuurder van Bybel-Media Musiek. Hy sê dr Nico Simpson, hoof van publikasies by Bybel-Media, het die woorde geskryf en dr Siegfried Louw, van

Sinode kry sy eie lied Lees verder

@sinode Nuus
Ds Pieter Oberholzer aan die woord by die Algemene Sinode. Foto: Louise Jackson

Gays praat met sinode

Twee gay lidmate van die NG Kerk het kans gekry om iets van hulle persoonlike verhale met die Algemene Sinode van die NG Kerk te deel. Stefan de Klerk, ’n teologiestudent in Stellenbosch, en ds Pieter Oberholzer, afgetrede predikant, was albei deel van groepe wat voorleggings aan die Algemene Sinode gedoen het. Hulle kon dié

Gays praat met sinode Lees verder

@sinode Nuus

Sinode kan enige besluite neem

Die buitengewone Algemene Sinode van die NG Kerk het besluit dat hy tydens sy huidige sitting die hele saak van selfdegeslagverhoudings sal bespreek en opnuut daaroor besluite gaan neem. Dit kom nadat die vorige Algemene Sinode se besluite oor selfdegeslagverhoudinge ter syde gestel is deurdat die Appèlliggaam ’n appèl teen die besluit gehandhaaf het omdat

Sinode kan enige besluite neem Lees verder

@sinode Nuus
Ds Nelis Janse van Rensburg lei die openingsliturgie van die Algemene Sinode. Foto: Louise Jackson

Die buitengewone Algemene Sinode in foto’s

‘n Groep gay lidmate en ondersteuners met T-hemde wat sê liefdeisliefde volg verrigtinge van die galery af by die Algemene Sinode. Die Algemene Sinode het huisreëls goedgekeur wat bepaal dat geen mense met kleredrag of plakkate of enigiets dergliks wat standpunte oor selfdegeslagverhoudings verteenwoordig of propageer, word toegelaat in die vergadering nie.

Die buitengewone Algemene Sinode in foto’s Lees verder

@sinode Nuus

Algemene Sinode mag geen besware aanhoor, sê regslui

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het volgens die Kerkorde van die NG Kerk nie die magte om enige beswaar, appèl, revisie of gravamen teen die besluite van die Algemene Sinode van 2015 te hanteer nie. Dit is die regsadvies van adv Jeremy Gauntlett (SC), adv FB Pelser en adv M Gaum wat Vrydag,

Algemene Sinode mag geen besware aanhoor, sê regslui Lees verder

@sinode Nuus
Scroll to Top