‘Bid werk … as ek nie meer weet nie, is dit al wat werk’ – oud-weermaghoof praat oor kerk, geloof en ’n laatnagoproep in 1994
Oud-weermaghoof generaal Georg Meiring het verlede jaar na bykans 30 jaar uitgetree as die leierouderling van die NG Gemeente Kameeldrift, ’n makrogemeente in die noordooste van Pretoria. Die man, wat in 1994 die “absoluut ondenkbaar onmoontlike” taak gehad het om ’n nuwe weermag te probeer opbou, het met Kerkbode gesels oor geloof, kerk en ’n […]





















