Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Aktueel

Argieffoto van emeritusaartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Wikimedia Commons

Covid-19: Tutu oor entstof

Emeritusaartsbiskop Desmond Tutu het op 18 Januarie in ’n mediavrystelling Suid-Afrikaners via sy eie pad met tuberkulose aangemoedig om nie ’n entstof te vrees nie. “Covid-19 has wreaked havoc. It has destroyed lives and livelihoods and it has robbed us of the comfort of family and friends, but we can stop it. We have vaccines. […]

Covid-19: Tutu oor entstof Lees verder

Aktueel Verklarings

‘Liefde sonder bekering van sondes verdraai evangelie’

Johan van Noordwes skryf: Ek lees die rubriek van Christo Lombaard op 13 Januarie op die Kerkbode-toep en vra myself af: Waar is die balans? Wanneer plaas Kerkbode ’n rubriek wat die behoudende standpunt stel? Ai, Kerkbode … ai. Christo se rubriek bevat heelwat mistastings, of “fake news”. Eerstens is die vergelyking tussen slawerny, seksisme

‘Liefde sonder bekering van sondes verdraai evangelie’ Lees verder

Aktueel Briewe

Mag die liefde heel bly, al versplinter die kerk

Lucas Visagie van Centurion skryf: In die Christelike geloofsgemeenskappe was daar nog altyd verlore mense, dié wat vrylik Protestants ’n eie rigting neem en konstant afsplinter, en dié wat soekend en akkommoderend, bloot eerlik vanuit hulle eie gebrokenheid, besef die enigste heling is die liefde. Is enige vorm van uitsluiting nie blote liefdeloosheid nie? As

Mag die liefde heel bly, al versplinter die kerk Lees verder

Aktueel Briewe

Kersbrief uit Nederland: ‘Gee lig aan mekaar’

Mense wat siek is of ander probleme het word aan ’n groep vrywilligers in sy gemeente toegewys en dan bring hierdie “engele” elke Saterdagaand (anoniem) ’n geskenkie aan die gelukkiges, net as gebaar om aan die mense te wys dat daar aan hulle gedink word, skryf Leopold Scholtz uit Delft in Nederland. Kersfees 2020 in

Kersbrief uit Nederland: ‘Gee lig aan mekaar’ Lees verder

Aktueel Artikels

Liewe NG Kerk

Johan van Steynsburg skryf: My naam is nog in julle lidmaatregister. Vyftien jaar gelede was ons besig om te baklei oor gays, swartmense, Indiërs en bruinmense. Ek was kwaad toe ek saam met die kerkraadkommissie moes uitpluis of die katkisante goed genoeg is. Toe ek langs my seun gaan sit in die konsistorie sien ek

Liewe NG Kerk Lees verder

Aktueel Briewe

‘G’n eenheid in NG Kerk oor wat ons glo’

Arnold Griesel van Bethulie skryf: Dr André Bartlett se opiniestuk in Kerkbode (27 November) verwys. Dit is duidelik dat die skrywer nie die nuanse verstaan waaroor gedoleer word nie: Hy skryf: “Die probleem is nie dát ons van mekaar verskil nie, maar hóé ons ons verskille hanteer: of ons nou doleer of nie doleer nie,

‘G’n eenheid in NG Kerk oor wat ons glo’ Lees verder

Aktueel Briewe

NUWE AFRIKAANSE BYBEL VERSKYN

Na sowat 15 jaar se werk deur meer as 170 medewerkers is ‘n nuwe Afrikaanse Bybelvertaling, Die Bybel: 2020-vertaling nou beskikbaar. Op Sondag, 29 November 2020 om 14:30 word ‘n spesiale toewydingsgeleentheid in die Kopanong Kerk in Bloemfontein gehou. ‘n Aantal vertalers, kerk- en Bybelgenootskapleiers sal onder streng COVID 19-regulasies byeenkom vir hierdie geleentheid. Prof

NUWE AFRIKAANSE BYBEL VERSKYN Lees verder

Aktueel Verklarings

SKRYFKOMPETISIE: En die wenners is …

’n Staaltjie oor ’n misdaad, ’n uitdagende blik op inklusiwiteit en ’n lysie vir besluitneming Die Kerkbode-span wou 2020 met ’n lekker leeservaring afsluit en het lesers genooi om saam met ons te werk. Die konsep? ’n ­Kerkbode-skryfkompetisie. Ons versoek was ’n oorsig van 2020 as annus horribilis (verskriklike jaar), of om te vertel hoe

SKRYFKOMPETISIE: En die wenners is … Lees verder

Aktueel
Foto: Jonathan Simcoe – Unsplash

Verkiesing: Brief uit die VSA

Die intensiteit waarmee Amerikaners hulle politiek benader is merkwaardig. Steun vir politieke kandidate op nasionale en plaaslike vlak word prontuit vertoon op voertuie en grasperke voor huise en dan is daar natuurlik die miljoene dollars wat ingesamel en bestee word aan TV-dekking en aanlynmedia tydens verkiesingsveldtogte. Gedurende verkiesingsveldtogte kry ’n mens soms die gevoel dat

Verkiesing: Brief uit die VSA Lees verder

Aktueel Op die kerkstoep

Covid-19: ‘As gebedsversoeke met 400 persent styg …’

Die pandemie se impak sal nog lank met ons wees, berig Marietjie Warrington. Die impak van Covid-19 gaan beslis vir baie jare nog met ons wees. Sommige kundiges vergelyk dit selfs met ’n kernontploffing waarvan die langtermyn- emosionele en geestesgesondheidsuitwerking onbekend is. Die vooruitsig word vir lande wêreldwyd gestel en daar word bespiegel dat die

Covid-19: ‘As gebedsversoeke met 400 persent styg …’ Lees verder

Aktueel
Susan Coetzer spreek gaste in 2019 tydens LiG se lesersdag in Bloemfontein toe. Sy gaan vanjaar weer een van die sprekers tydens die dag wees. Foto: Liza Crawley

LiG se aanlynlesersdag: Spesiale aanbod vir gemeentes

LiG-tydskrif se gewilde lesersdag gaan op 31 Oktober 2020 as gevolg van die pandemie in die gemak van gaste se sitkamers plaasvind. Maar nou wil die LiG-span ook ’n draai by gemeentes maak. “Ons het die punt bereik van gelykbreek op die vaste kostes van ons aanlynlesersdag met Leah en dit is ’n seën van

LiG se aanlynlesersdag: Spesiale aanbod vir gemeentes Lees verder

Aktueel Nuus

Té min! Té laat!

Dr Hancke van Blerk van Piet Retief skryf: Dit was met groot blydskap dat ek kennis geneem het van die Menseregtekommissie (MRK) se terugtrekking van die gans onnodige haatspraakklag teen dr Chris van Wyk asook van kerklike pogings (alhoewel maar bra flou en gekwalifiseerd) om hom om verskoning te vra. Uit Chris en sy regspan

Té min! Té laat! Lees verder

Aktueel Briewe

Om net te sê “ek is jammer”, is nie voldoende nie

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Die berig “Moderator sê jammer aan ‘broer’ wat sê hy’s verraai” van 5 deser het betrekking. In die openingsparagraaf staan geskryf dat ’n “Baaise dominee en Bybelskoolblogger ’n SONDEBELYDENIS eis by leiers van die kerk”. My siening is dat ’n sondebelydenis die regte ding is om te doen, sodat die

Om net te sê “ek is jammer”, is nie voldoende nie Lees verder

Aktueel Briewe

A call for ecumenical action against rural violence

The Dutch Reformed Church is aware of the vulnerability of rural communities who often do not enjoy the normal protection of urban and suburban protection services. Rural farmers, farm workers and farming communities are especially vulnerable as they are isolated and far from essential services such as emergency medical care, fire and police services. Farmers

A call for ecumenical action against rural violence Lees verder

Aktueel Verklarings

Wat is motief agter ring se verklaring?

Prof JW (Hoffie) Hofmeyr (Emeritusprofessor, Teologie, UP) van Pretoria skryf: Terwyl die meeste lidmate, predikante en teoloë van die NG Kerk hulleself waarskynlik kan vereenselwig met die standpunt van die Ring van Johannesburg dat daar diepe kommer bestaan oor die situasie in die groter wêreld, in ons land, in ons kerk en in die teologie,

Wat is motief agter ring se verklaring? Lees verder

Aktueel Briewe

Oproep tot verootmoediging en gebed

Liewe broers en susters Die Interimkomitee het weer op 8 Oktober 2020 vergader om die afgelope week se gebeure in Senekal te bespreek. Ons gee die volgende aan u deur: Ons is saam met die plaasgemeenskap ontsteld oor die vlaag van plaasmoorde en die wreedheid daarvan. Ons verseker u van ons voortgaande voorbidding in hierdie

Oproep tot verootmoediging en gebed Lees verder

Aktueel Verklarings

Plaasaanvalle en geweld in Suid-Afrika 

Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Moderamen van die NG Kerk in Wes-Kaapland, skryf as volg: “Die NG Kerk is diep besorgd oor die onberekenbare impak van plaasmoorde op ons landbougemeenskap. Die wreedheid waarmee weerlose mense vermoor word, is skrikwekkend. Die impak op gesinne, uitgebreide families en totale gemeenskappe is vernietigend vir vertroue en

Plaasaanvalle en geweld in Suid-Afrika  Lees verder

Aktueel Verklarings

Digiklesia: Ons visie moet groot genoeg wees

Jy kan nie digitaal relevant wees as jy nie andersins relevant is nie. Laat dit vir ’n oomblik insink. Om relevant te wees in ’n digitale wêreld is een van die groot uitdagings van aanlyn-kerk. Tot voor die inperking het dit dalk goed gegaan met jou gemeente omdat jy een van die min opsies in

Digiklesia: Ons visie moet groot genoeg wees Lees verder

Aktueel Rubrieke
Scroll to Top