Kerkbode-Beleefnaweek: 14-16 Maart 2025 | Kom ervaar die Karoo en luister na boervrou Elsje Basson se klipstapel-storie
Kerkbode bied op 14-16 Maart 2025 ’n unieke “Beleefnaweek” naby Sutherland aan. Jy kamp op die plaas waar ’n stapel van meer as 11 000 klippe oor die Karoovlakte uittroon. “Elke klip verteenwoordig ’n gebed,” vertel die boervrou Elsje Basson. Kom luister na haar merkwaardige geloofsverhaal, wat oor jare op dié plaas ontvou het. […]







