Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

@sinode

Tweelingsusters Joey en Liezel du Plessis het besluit om hierdie sinode by te woon vir hulle pa wyle ds Japie du Plessis. By hulle is hulle broer, ds Grant du Plessis, moderator van Goudlandsinode. Foto: Helene Meissenheimer

Stemme by die sinode: Tweelingsusters ‘voltooi sirkel’ deur ‘legendariese’ predikantepa begin

Liezel en Joey du Plessis (52) van Boksburg vertel**: Ons pa, wyle ds Japie du Plessis van Delareyville-Oos, het altyd die agenda uit sy kop uit geken. Ons het in die sinodes grootgeword, want vandat ons verstand gehad het, het ons pa ons en ons broer Grant na hierdie kerksaamtrekke saamgeneem. Pa het van 1962 […]

Stemme by die sinode: Tweelingsusters ‘voltooi sirkel’ deur ‘legendariese’ predikantepa begin Lees verder

@sinode

Mikrofoonvrees loop hoog onder veral jongeres en vroue in Algemene Sinode se groot vergadersaal, wys peiling

Die Algemene Sinode vind plaas in ’n reuse-tentstruktuur wat ook bedags donker is met ’n opblaasmuur soos dié van ’n springkasteel, en enkele staanmikrofone tussen ’n klotsende see van dominees en kerkraadslede, wat om tafels sit en verrigtinge dophou via grootskerms wat in alle windrigtings verspreid is. So, dit is dalk minder verbasend as wat

Mikrofoonvrees loop hoog onder veral jongeres en vroue in Algemene Sinode se groot vergadersaal, wys peiling Lees verder

@sinode
Kerkmusiek: Dit is maklik om kerke in een van hierdie twee wye, algemene kategorieë te plaas: tradisioneel óf modern.
Dr Zander van der Westhuizen (agter klawerbord) het ’n lied geskryf en gekomponeer vir die 2023 Algemene Sinode. Al het hulle robuuste gesprekke om die tafels oor die temas van die sinode, kom hierdie lied elke keer in sy gedagtes op, skryf Estian Mentz. Foto: Skermgreep

Stemme by die sinode: ‘Dié lied bied iets tasbaar om aan vas te hou in moeilike gesprekke’

Sondagoggend ry daar so ’n paar van ons vanuit Kimberley, die bakkie se neus is gedraai na Johannesburg en ons wonder, droom en gesels oor alles wat hierdie week gaan gebeur en wat vir ons voorlê. Ons gesels lang stories met mekaar en uiteindelik stop ons by die konferensiesentrum in Boksburg waar die 18de Algemene

Stemme by die sinode: ‘Dié lied bied iets tasbaar om aan vas te hou in moeilike gesprekke’ Lees verder

@sinode
Afgevaardigdes van die Algemene Sinode 2023 vergader vandeesweek in Boksburg. Ds Jan Lubbe, moderator, en ds Maartje van der Westhuizen, assessor, lei die van die ingewikkelde gesprekke tot die vergadering Vrydag verdaag. Foto's: Le Roux Schoeman

Selfdegeslagbesluit: ChatGPT help kerk ‘luister’ in soeke na pad vorentoe te midde van verdeeldheid by Algemene Sinode

Die NG Kerk het kunsmatige intelligensie (KI) betrek om navorsers te help met “diskoersanalise” in die kerk se soeke na ’n pad vorentoe te midde van die verdeeldheid oor die Skrifverstaan rondom selfdegeslagverbintenisse (SGV)”. ChatGPT is geskep om taal te analiseer, het dr Cobus van Wyngaard verduidelik oor dié stap waarin kerklike navorsers dié relatief

Selfdegeslagbesluit: ChatGPT help kerk ‘luister’ in soeke na pad vorentoe te midde van verdeeldheid by Algemene Sinode Lees verder

@sinode

LUISTER SAAM: Vandag se stories vanaf Algemene Sinode 2023

OORSIG: Vandag se stories vanaf #algemenesinode2023 – Heléne Meissenheimer gesels oor van die nuus – waaronder die landwye ekumeniese rampreaksienetwerk wat in proses is. Lees ook: Rampreaksie: Ekumeniese netwerk nooi wyer samewerking as ooit om Christelike getuienis te konsolideer   ** Sy vertel vir die radiojoernalis Lizelle de Bruin van Binnekamer van bekommernis in die

LUISTER SAAM: Vandag se stories vanaf Algemene Sinode 2023 Lees verder

@sinode

‘Oorlog is nie God se plan,’ sê aartsbiskop op dag wat sinodegangers besoek van vele leiers uit ander kerke kry

“Ons het ’n verskriklike behoefte om deur U gelei te word,” het ds Rudi Swanepoel van Andrew Murray Gemeente in Johannesburg Woensdaggend gebid met die aanvang van die Algemene Sinode se omvattende sessie oor ekumene. Swanepoel het gesê dat ons lewe moet spreek in tye waar dit voel of ons in doodstye leef. Die woord

‘Oorlog is nie God se plan,’ sê aartsbiskop op dag wat sinodegangers besoek van vele leiers uit ander kerke kry Lees verder

@sinode
Hulle visie vir ’n ekumeniese rampreaksienetwerk is om so effektief te wees soos ’n Toyota-bakkie, het Boshoff Grobler van die Christelike hulporganisasie, Heal our Land, gesê tydens ’n aanbieding op die vierde dag van die NG Kerk se saamtrek op Boksburg. Foto's: Heléne Meissenheimer

Rampreaksie: Ekumeniese netwerk nooi wyer samewerking as ooit om Christelike getuienis te konsolideer

Word deel van ’n ekumeniese rampreaksienetwerk. Dit was die pleidooi aan sinodegangers tydens ’n aanbieding op die vierde dag van die NG Kerk se saamtrek op Boksburg. Die visie wat God vir hierdie netwerk het is om so effektief te wees soos ’n Toyota-bakkie, het Boshoff Grobler van die Christelike hulporganisasie, Heal our Land, gesê

Rampreaksie: Ekumeniese netwerk nooi wyer samewerking as ooit om Christelike getuienis te konsolideer Lees verder

@sinode

Illustrasies: Leer meer oor die voorblad van Agenda 2023

Die sketse op die voorblad van die agenda van die 2023 Algemene Sinode is ’n reeks prente losweg gekoppel aan die lewe van Moses – voor en na die kernteks van die sinode, Eksodus 33. Die prente, sketse en ikone kry vir gelowiges betekenis insoverre dit ons herinner aan stories in God se groot verhaal.

Illustrasies: Leer meer oor die voorblad van Agenda 2023 Lees verder

@sinode

Onderlinge verskille – asook beriggewing daaróór – bring nodige balans

Deur nuuswerkers te belet by ’n nuuswaardige deel van ’n weeklange byeenkoms loop ’n mens die gevaar om self die nuus te raak. En iets te laat blyk van ’n mediaverstaan wat beriggewing oor verskille verwar met die rede vir die verskille. Die bespreking oor ’n groot klomp leerstellige besware vanuit die kerkgeledere asook die

Onderlinge verskille – asook beriggewing daaróór – bring nodige balans Lees verder

@sinode Redakteursbrief
Ds Jan Lubbe

Nuwe moderator nooi media terug ná ongewone stap

Die nuwe moderator van die NG Kerk het die media Woensdagoggend terugverwelkom in die Algemene Sinode ná hy Dinsdagmiddag kort voor middagete gereël het dat onder andere Kerkbode se verslaggewers nie op die urelange gesprek oor leerstellige besware en selfdegeslagverbintenisse mag insit nie. Lees ook: Onderlinge verskille – asook beriggewing daaróór – bring nodige balans

Nuwe moderator nooi media terug ná ongewone stap Lees verder

@sinode

Ontleding: Watter ‘lyne’ loop deur die Algemene Sinode 2023?

Kerkbode wou op 17 Oktober by dr Cobus van Wyngaard, teoloog en navorser wat ook die Algemene Sinode in Boksburg bywoon, hoor watter tendense en “lyne” hy in die weeklange vergadering opmerk wanneer hy na gesprekke luister. Die sinode duur tot 20 Oktober. Lees www.kerkbode.co.za vir meer.  

Ontleding: Watter ‘lyne’ loop deur die Algemene Sinode 2023? Lees verder

@sinode
Ek weet my Afrikaanse onderwyseres het gesê ’n mens mag nie ’n sin met die woord “maar” begin nie, maar ek voel so sterk hieroor dat ek glo ’n uitsondering is hier aanvaarbaar. Ek glo ons beste tye lê nog voor, die nuwe gebou wat op die geraamtes van die verlede gebou is, kan ons grootste verwagtings oortref. Maar … ons gaan moet leer om na mekaar te kyk en die mens raak te sien. Ons gaan moet leer om na mekaar te luister, en nie te fokus op dit wat ons verdeel nie, maar op dít wat ons saambind. - Ds Piet Retief, leraar by die NG gemeente Garies.

Stemme uit die sinode: ‘Ons’ en ‘hulle’ is woorde soos bomme wat op ons lewenshuis gegooi word

Piet Retief skryf**: Terwyl ek die voorreg het om die 18de Algemene Sinode by te woon, is ek net weereens intens bewus van die manier hoe ons na mekaar kyk, en wat ons sien wanneer ons na mekaar kyk. Ek verwys natuurlik nie na die klere of enige ander fisiese kenmerke nie. Ek verwys ook

Stemme uit die sinode: ‘Ons’ en ‘hulle’ is woorde soos bomme wat op ons lewenshuis gegooi word Lees verder

@sinode
Dr Zander van der Westhuizen gee sy vrou, ds Maartje, 'n drukkie met haar verkiesing as nuwe assessor van die NG Kerk. Foto: Le Roux Schoeman

LUISTER SAAM: Vandag se stories vanaf Algemene Sinode 2023

Heléne Meissenheimer gesels oor die dag se gebeure by die Algemene Sinode in Boksburg – waaronder die spesiale drukkie wat ds Maartje van der Westhuizen gekry het met haar verkiesing as assessor van die NG Kerk. Sy vertel vir die radiojoernalis Lizelle de Bruin van Binnekamer waarom die politieke wetenskaplike Roeland Henwood meen die NG

LUISTER SAAM: Vandag se stories vanaf Algemene Sinode 2023 Lees verder

@sinode

Stemme by die sinode: ‘Jesus se gelykenisse gee ons krag om in te spring en ’n verskil te maak’

Ons wêreld is regtig stukkend. Dit klink helder in die liedere en gebede by die Algemene Sinode op. By gelowiges roep dit ’n diep verlange na die teenwoordigheid van God op. Sal God ons nood raaksien, aktief ingryp en genesing bring? Wie is hierdie God na wie ons verlang? Hoe is God aanwesig en bring

Stemme by die sinode: ‘Jesus se gelykenisse gee ons krag om in te spring en ’n verskil te maak’ Lees verder

@sinode

Stemme by die sinode: Het jý die gravamina gelees?

By die 18de Algemene Sinode van die NG Kerk is daar 23 beswaarskrifte of gravamina opgeneem in die addendum tot die agenda. ’n Beswaarskrif of gravamen kan as volg beskryf word volgens die Kerkorde: ’n Leerstellige beswaar (gravamen) is ’n ernstige beswaar teen ’n besluit wat die Algemene Sinode geneem het ten opsigte van ’n

Stemme by die sinode: Het jý die gravamina gelees? Lees verder

@sinode
Roland Henwood meen die ANC is in groter moeilikheid as wat dié histories magtige party self besef. “Dit skep ’n ander konteks vir ons politiek – weg van dominante politiek, waar leiers kon doen wat hulle wil. Jy sien nog reste daarvan, maar dit is oorblyfsels van historiese mag.” Henwood glo verdermeer die NG Kerk is een van die “kern-netwerke” in Suid-Afrika. Foto's: Le Roux Schoeman

Algemene Sinode: NG Kerk is steeds kragtige netwerk in SA wat steier en afglip teen gladde paal van gesonde demokrasie-indeks

Hoe gaan Suid-Afrika ná die 2024-verkiesing lyk met die ANC steeds as grootste party, maar een met ’n versnellende afname in steun en daarby die onbekende landskap van koalisiepolitiek wat ’n groot rol in veral provinsies soos KwaZulu-Natal en Gauteng speel? Dit is ’n vraag wat voor sinodegangers opgedoem het ná die politieke wetenskaplike, Roland

Algemene Sinode: NG Kerk is steeds kragtige netwerk in SA wat steier en afglip teen gladde paal van gesonde demokrasie-indeks Lees verder

@sinode
Ds Van der Westhuizen by ds Jan Lubbe (links), nuut verkose moderator. Foto's: Le Roux Schoeman

Algemene Sinode: Maartje van der Westhuizen as ondervoorsitter verkies

Ds Maartje van der Westhuizen is Maandag verkies as ondervoorsitter van die Algemene Sinode van die NG Kerk. Van der Westhuizen is predikant by NG Elarduspark (Oostelike Sinode) en was in die onlangse termyn lid van die Algemene Sinode Moderamen (ASM). Ds Jan Lubbe is vroeër verkies as voorsitter van die Algemene Sinode. In aanloop

Algemene Sinode: Maartje van der Westhuizen as ondervoorsitter verkies Lees verder

@sinode
Kliek op die video hieronder vir 'n kort oorsig van Maandag 16 Oktober se stories vanaf die Algemene Sinode.

LUISTER SAAM: Vandag se stories vanaf Algemene Sinode 2023 

Heléne Meissenheimer gesels oor die dag se gebeure by die Algemene Sinode in Boksburg – waaronder die verkiesing van ds Jan Lubbe as moderator van die NG Kerk. [youtube https://www.youtube.com/watch?v=gRPkQzZXFZE?si=d6R-W7i5RV0q3gJJ] Sy vertel vir die radiojoernalis Lizelle de Bruin van Binnekamer ook van twee dominees wat Sondagaand só lekker saam na die Springbokke se naelbyt-wedstryd gekyk het

LUISTER SAAM: Vandag se stories vanaf Algemene Sinode 2023  Lees verder

@sinode

Konsensus oor wat die Bybel is (en nie is nie) – ’n Paar ‘prentjies’ wys ook konsensus in die NG Kerk

Terwyl daar dikwels oor verskille in die NG Kerk gepraat word, het dr Lourens Bosman Maandag by die vergadering van die Algemene Sinode twee grafieke op ’n grootskerm voor sinodegangers gegooi om te wys waar daar ook konsensus lê. Oor wat die Bybel ten diepste is en die eise wat die NG Kerk se Drie

Konsensus oor wat die Bybel is (en nie is nie) – ’n Paar ‘prentjies’ wys ook konsensus in die NG Kerk Lees verder

@sinode

Algemene Sinode 2023: Jan Lubbe as nuwe moderator verkies

Ds Jan Lubbe is Maandag verkies as voorsitter van die Algemene Sinode en moderator van die NG Kerk. Lubbe is predikant by die NG Gemeente Berg-en-Dal en is ook moderator van Vrystaat Sinode. Die kortlys was Lubbe, prof Marius Nel, ds Maartje van der Westhuizen en dr Chris van Wyk. Lubbe neem die leisels oor

Algemene Sinode 2023: Jan Lubbe as nuwe moderator verkies Lees verder

@sinode
Jesus beskryf God in stories, vertellings, en beelde. Jesus is nie ’n abstrakte teoloog wat teoreties oor God praat of dink nie. Dit is die opmerking wat prof Marius Nel (staande) maak ter inleiding van ’n tafelgesprek tydens die tweede dag van die 18de Algemene Sinode. Foto's: Le Roux Schoeman

Jesus, die metaforiese teoloog – Marius Nel

Jesus is ’n metaforiese teoloog. Jesus beskryf God in stories, vertellings, en beelde. Jesus is nie ’n abstrakte teoloog wat teoreties oor God praat of dink nie. Dit is die opmerking wat die professor in Nuwe Testament, Marius Nel van die Universiteit Stellenbosch (US), maak ter inleiding van ’n tafelgesprek na die dagwyding tydens die

Jesus, die metaforiese teoloog – Marius Nel Lees verder

@sinode Nuus
Scroll to Top