Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

@sinode

Op die vraag van dr Bernice Serfontein (foto) hoe die NG Kerk nou met geloofwaardigheid teen onreg kan praat terwyl die NG Kerk stil was tydens apartheid, vra prof Jannie Rossouw dat die NG Kerk verby hierdie skuldgevoelens leef en nou die onreg aanspreek. “Ek weet die NG Kerk het sy vingers verbrand.” Foto: Heléne Meissenheimer

‘Ek sien nie die NG Kerk waarin ek tuis is in die media nie,’ sê ekonoom by sinode in Bosveld

“Dit is onaanvaarbaar dat die mediadekking wat die NG Kerk kry net gaan oor die gay-debat, dominees wat ophou glo en CMR-Noord.” Só sê die ekonoom prof Jannie Rossouw, ’n jarelange NG lidmaat by Stellastraat in Pretoria. Hy wil sien dat die kerk self inisiatief neem om hierdie narratief in die media te verander. “Regtig […]

‘Ek sien nie die NG Kerk waarin ek tuis is in die media nie,’ sê ekonoom by sinode in Bosveld Lees verder

@sinode
Prof Stephan Joubert het Hoëveld Sinode toegespreek rondom die tema van veerkragtigheid, breekbaarheid en dan anti-breekbaarheid. Foto: Nico Smit

Sinode: Hoëveld kies nuwe moderator, gemeentes deel hul stories

Die atmosfeer op die eerste dag van NG Kerk Sinode Hoëveld se 23ste sinodesitting was gevul met mense wat lag, gesels en opgewonde is om mekaar na ’n lang tyd weer te sien. Die sitting vind van 18 tot 20 Oktober ná vier jaar se Covid-verwante ontwrigting by Kaleideo in Kemptonpark plaas. Die tema is

Sinode: Hoëveld kies nuwe moderator, gemeentes deel hul stories Lees verder

@sinode
Prof Thuli Madonsela (foto op die skerm) is een van ’n aantal kundige “stemme van buite” wat ingenooi is na die 22ste vergadering van die NG Kerk se Noordelike Sinode. Foto: Heléne Meissenheimer

Thuli Madonsela oor Beyers Naudé, ‘innerlike koue’ en haar (gebrek aan) politieke planne

“Vir hom het die siel nie ’n kleur gehad nie,” het prof Thuli Madonsela op 17 Oktober tydens haar spreukbeurt by ’n NG Kerk sinodevergadering in die Bosveld oor wyle Beyers Naudé gesê. Madonsela het die anti-apartheidsteoloog, wat onder meer vir ’n deel van haar studies betaal het, se lof besing in haar rede by

Thuli Madonsela oor Beyers Naudé, ‘innerlike koue’ en haar (gebrek aan) politieke planne Lees verder

@sinode
“Dis ’n nuwe model wat bedink moet word, maar (die voorgestelde proses is die) beste waarmee die werkgroep na die vergadering kan kom,” het ds Francois Retief, uitvoerende amptenaar van die sinodale kantoor, tydens ’n bespreking aan afgevaardigdes soos hierdie gesê.

Oostelike Sinode: Plan vir nuwe streeksinode bedink

Oostelike Sinode het met ’n proses begin om ’n nuwe “model van kerkverband” te ontwerp – gemik daarop om lidmate te behou vir wie die Algemene Sinode (AS) se besluit oor selfdegeslagverhoudings “onaanvaarbaar” is. Afgevaardigdes by die sitting van hierdie streeksinode, een van tien in die NG Kerk, het vandeesweek in Pretoria die bal aan

Oostelike Sinode: Plan vir nuwe streeksinode bedink Lees verder

@sinode
Oostelike Sinode, die NG Kerk se tweede grootste streeksinode (gemeet in lidmaattal) is by Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie in Pretoria vir drie dae byeen vir hul 20ste sinodesitting met die tema “Hier is ons, stuur ons”. Foto’s: Le Roux Schoeman

Oostelike Sinode: Fondsebeleid deurgetrap te midde van geldnood

Dr Tertius Erasmus van NG Gemeente Bronkhorstspruit is op die eerste dag van die 20ste streeksinodesitting by Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie in Pretoria as voorsitter van Oostelike Sinode se Sinodale Diensraad verkies om die leisels by ds Dirkie van der Spuy oor te neem. Ds Maartje van der Westhuizen, van NG Elarduspark, is deur die

Oostelike Sinode: Fondsebeleid deurgetrap te midde van geldnood Lees verder

@sinode
Die Algemene Sinode Moderamen tydens hul onlangse sitting in Benoni. Foto: Le Roux Schoeman

Namibië-span vlieg na SA: Maratongesprek om eenheid te behou

Voor hy en twee van sy mede-afgevaardigdes die Woensdagoggend om 4 vm gery het om ’n rooi-oog-vlug vanaf OR Tambo huiswaarts te vang, het dr De Wet Strauss gesê “die Namibiese ouens” keer baie dankbaar terug na hulle tuisland omdat die Algemene Sinode Moderamen (ASM) hulle “deeglik uitgeluister” het.   Ná altesaam sowat 15 uur

Namibië-span vlieg na SA: Maratongesprek om eenheid te behou Lees verder

@sinode
Dr Carel Boshoff, as voorsitter van die sinodale kerkordekommissie, in gesprek met ondervoorsitter ds Peet Louw en voorsitter ds Kobus Conradie tydens die tweedaglange gesprek oor Skrifgebruik en -gesag by die 21ste sinodesitting van die NG Kerk in Noord-Kaapland. Foto’s: Heléne Meissenheimer

Sinode Noord-Kaapland : Geld stroom in vir droogtehulp, gesprek oor kerkverband duur voort

Die landwye reaksie op die NG Kerk in Noord-Kaapland se Rampdroogteprojek het alle verwagtinge oortref, te blyke uit verslae wat by die onlangse streeksinode gedien het. Meer as R11 miljoen is ingebring: “’n Verslag kan nie vasvang wat werklik gebeur het nie … die golf van welwillendheid en deernis … woorde is te min om

Sinode Noord-Kaapland : Geld stroom in vir droogtehulp, gesprek oor kerkverband duur voort Lees verder

@sinode

NG Kerk in Noord-Kaapland hou na ses jaar streeksinode (9-13 Mei)

’n Daglange bespreking van onder meer Skrifgesag, kerkeenheid en selfdegeslagverhoudings is van die items op die agenda wanneer Noord-Kaapland se streeksinode by die City of Hope-kerk in Kimberley vanaf 9 tot 13 Mei sal plaasvind.   Ander gesprekspunte sluit die droogtehulpprojek, ekumene en die Bedienaars van die Woord-kursus in.   “Tussen 30% en 40% van

NG Kerk in Noord-Kaapland hou na ses jaar streeksinode (9-13 Mei) Lees verder

@sinode Aktueel
Amon Petrus (middel) is na afloop van die NGKN se sinode sitting Sondagoggend in Pionierspark NG Gemeente gelegitimeer en georden as Standplaasleraar van die Omatako-habitat van die Luhebu-Noord Gemeente. Links voor is dr De Wet Strauss, voorsitter van die Taakspan Teologiese Vorming en die NGKN se kuratorium wat voorgegaan het. Foto: Verskaf

Namibië roep Algemene Sinode ‘tot inkeer’

Sowat 96 afgevaardigdes het die NG Kerk Namibië se 44 gemeentes en sowat 21 000 lidmate van Donderdag tot Saterdagmiddag (19 Maart) in Windhoek verteenwoordig by ’n streeksinode waarby ds Johannes Maritz tot voorsitter en ds De Wet Strauss tot ondervoorsitter verkies is. Vele besluite is geneem – ook rondom teologiese opleiding, waarvolgens studente in

Namibië roep Algemene Sinode ‘tot inkeer’ Lees verder

@sinode
Bloemfontein Sinode, 8-10 Maart. - 'n Herhalende tema was Skrifverstaan en die effek wat verskillende Skrifbeskouinge op die hantering van selfdegeslagverbintenisse het. Asook die kwessie van teologiese opleiding, wat toenemend aktueel is in ’n streeksinode waar 40% van leraars in gemeentes binne 10 jaar sal aftree. Foto: Robert Cable

NG Kerk Vrystaat: Oor opleiding vir dominees, beelde van God en ’n moontlike ‘uittog’

Wat nog nie besluit is nie, is net so belangrik as wat wel besluit is, vind Le Roux Schoeman uit na die Vrystaat Sinode afgespreek het om teen September te besluit of hulle uit verband met die Algemene Sinode wil tree. Op haar eerste sinodesitting hang Estelle in ’n buidel teen die bors van haar

NG Kerk Vrystaat: Oor opleiding vir dominees, beelde van God en ’n moontlike ‘uittog’ Lees verder

@sinode
Ds Pieter Prinsloo van Kroonstad-Wes soek antwoorde by teologiedosente.

Teologiese opleiding: Besorgdes wil dosente uitvra en daarna inligting deel

NG dominees en lidmate het na drie dae se gesprek oor teologiese opleiding in ’n sinodesaal op Bloemfontein se Skougrond besluit om teologiedosente te peil oor hulle geloof aan die hand van vrae wat “besorgdes” sal saamstel. “Die Vrystaat Sinode besluit om die Algemene Kuratorium (die liggaam wat as skakel tussen NG Kerk en universiteite

Teologiese opleiding: Besorgdes wil dosente uitvra en daarna inligting deel Lees verder

@sinode
'n Nuwe ooreenkoms wat op 10 Maart deur sinodegangers in Bloemfontein ingestem is, erken die eiesoortigheid en selfstandigheid van sowel die NGK in Vrystaat en die Fakulteit Teologie en Religie (UV) as 'n openbare instelling, en wil die belange van beide instansies ten beste dien, luidens die vergadering-notule.

Opleiding: Groen lig vir nuwe ooreenkoms met Universiteit van die Vrystaat

Die aanbevelings uit ’n omvattende verslag oor teologiese opleiding is op die laaste dag van NG Kerk Vrystaat se sinodesitting in Bloemfontein goedgekeur. Dit sluit ’n nuwe ooreenkoms (sien onder) in tussen die NG Kerk Vrystaat en die Universiteit van die Vrystaat soos aan die vergadering voorgelê deur die loop van die saamtrek wat van

Opleiding: Groen lig vir nuwe ooreenkoms met Universiteit van die Vrystaat Lees verder

@sinode
“Vriende, die diverse, komplekse, uitdagende en transformerende konteks van die universiteit, is uiteindelik ’n veilige ruimte waar studente hulleself voorberei vir presies dieselfde diversiteit, kompleksiteit, uitdagings en transformasie wat hy uiteindelik in sy bediening in die oë moet kyk in die wêreld daarbuite." - Dr Juanita Meyer

Teologiese opleiding: Universiteit bied tog veilige ruimte, hoor sinode

Akademici met uiteenlopende perspektiewe was Woensdag (9 Maart) onder die sprekers wat aan ’n sinodegesprek in Bloemfontein oor teologiese opleiding en bedieningsbegeleiding deelgeneem het. Johan Janse van Rensburg, ’n emeritusprofessor wat dekades lank in die bediening was, het die sinode met ’n wegspring-skyfie teen die grootskerm gewaarsku dat daar “’n probleem” met teologiese opleiding is.

Teologiese opleiding: Universiteit bied tog veilige ruimte, hoor sinode Lees verder

@sinode Aktueel
Ds Jan Lubbe, die nuutverkose voorsitter van die moderamen van die NG Kerk Vrystaat, werp in die video hieronder lig op wat binne die sinodesaal (foto hierbo) in Bloemfontein aan die gang is, waar sowat 300 afgevaardigdes vir drie dae (8-10 Maart) saamtrek om oor ’n verskeidenheid onderwerpe – waaronder SGV – te praat. Video: Robert Cable

VIDEO: ‘Die uitdaging is om vars te luister’ – Jan Lubbe

Nog ’n sinode, nog ’n gesprek oor selfdegeslagverhoudings (SGV) … Ds Jan Lubbe gee toe dat enige kerk die gevaar loop om irrelevant te raak deur wiele van besluitneming wat baie stadig draai. Maar die nuutverkose voorsitter van die moderamen van die NG Kerk Vrystaat, werp ook nuwe lig op wat binne die sinodesaal in

VIDEO: ‘Die uitdaging is om vars te luister’ – Jan Lubbe Lees verder

@sinode Video
In 2020 het NG Kerk Vrystaat verslag gedoen oor NG Gemeente De Bloem wat sowat R12 000 per week aan kospakkies bestee in 'n projek wat ontvangers van kospakkies betrek by die gemeente se werksaamhede “in ruil” vir kos- en ander behoeftes.

VIDEO: Kospakkie-projek betrek mense by gemeente-werksaamhede

Ds Jannie Smith het vandag (9 Maart), op die tweede dag van die streeksinode in Bloemfontein, aan die hand van die video (4 min 51 sek) hieronder van die lesse gedeel wat sy span uit ’n omvangryke kospakkieprojek geleer het. In 2020 het NG Kerk Vrystaat verslag gedoen oor NG Gemeente De Bloem wat sowat

VIDEO: Kospakkie-projek betrek mense by gemeente-werksaamhede Lees verder

@sinode Video
Van die “brandpuntbesprekings” op die tafel by Vrystaat Sinode gaan oor gemeentes wat (wil) doleer en watter weg gevolg kan word om uit die kerkverband te tree.

VIDEO: ‘Ja … daar is redelik spanning’ – afgevaardigdes gesels by sinode

Op die eerste dag van NG Kerk Vrystaat se sinodesitting in Bloemfontein (8-10 Maart) keer Kerkbode twee afgevaardigdes tydens teetyd voor. Ons gesels met Piet Coetzer (80) en ds Suzanne van der Merwe oor hul hoop en kommer vir die NGK. Lees HIER meer oor Dag 1. Video: Robert Cable.

VIDEO: ‘Ja … daar is redelik spanning’ – afgevaardigdes gesels by sinode Lees verder

@sinode
Die heengaan van dr Carin van Schalkwyk laat ’n groot leemte in die Vrystaatse Kerk, maar haar reusebydrae bly voortleef en sal altyd in dankbaarheid onthou word. Sy het voluit geleef met oorgawe.

Carin van Schalkwyk: Ruim gees en hart vol deernis

Met die dood van dr Carin van Schalkwyk (51) op 7 Maart 2022 om 12:15 in die Paarlse Medi-Clinic, groet die kerk van die Here ’n begenadigde vroueleraar wat haar moedige stryd teen kanker verloor het.  Ten tye van haar dood was dr Carin skriba van die Vrystaatse Sinode en leraar van die NG Kerk

Carin van Schalkwyk: Ruim gees en hart vol deernis Lees verder

@sinode In Memoriam

Honderde in Bloem byeen vir sinode, Jan Lubbe as voorsitter verkies

Sowat 293* afgevaardigdes het vroeg op Dinsdag 8 Maart op ’n koel en reënerige Bloemfontein-oggend by die Skougrond se Proteasaal aangemeld vir die eerste van drie dae se sinodesitting. Van Bethlehem, Heilbron, Smithfield, Welkom en nog vele ringe het afgevaardigdes saamgetrek. “Die omstandighede waarin die Sinode 2022 vergader is nie maklik nie,” skryf dr Pieter

Honderde in Bloem byeen vir sinode, Jan Lubbe as voorsitter verkies Lees verder

@sinode

Voorskou | Streeksinode in Bloemfontein (8 – 10 Maart)

Van die “brandpuntbesprekings” op die tafel wanneer Vrystaat Sinode van 8 – 10 Maart vanjaar in Bloemfontein saamtrek, word as volg gelys in ’n blog-inskrywing op dié streeksinode se webwerf:  Kerk en die verhouding tussen NG/Welsyn en ENGO. Wanneer praat ons van gemeentediakonaat en wanneer praat ons van statutêre werk en wie moet wat doen?

Voorskou | Streeksinode in Bloemfontein (8 – 10 Maart) Lees verder

@sinode

Só reis KZN-sinode van ‘besluit’ na ‘gesprek’

Die NG Kerk in KwaZulu-Natal het op 25-26 Mei 2021 ’n verkorte sinodesitting gehou met die tema “In pas met Christus na ’n nuwe toekoms”. Die vergadering was ’n besonderse belewenis en inspirasie vir talle deelnemers en heelwat afgevaardigdes het groot lof en waardering uitgespreek oor die manier waarop dit gereël en gefasiliteer is. Daar

Só reis KZN-sinode van ‘besluit’ na ‘gesprek’ Lees verder

@sinode
Scroll to Top