Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Nelis Janse van Rensburg

"Ons verwag dat die Sinode die versoeking sal weerstaan van hoogmoed, van wysheid in eie oë, om kwaad met kwaad te vergeld en onreg met belediging. In ’n opregte ontmoetingsgebeurtenis met God sal daar immers nie ruimte hiervoor wees nie," skryf Nelis Janse van Rensburg in die rubriek hieronder.

Nelis Janse van Rensburg | Algemene Sinode 2023: Dán sal die kerk in die nagloed van die ontmoeting met haar Hoof, nuut getuig, nuut sy liefde beliggaam …

Die reis van God se volk na Kanaän was ’n moeisame tog. Dit het onder meer aan Moses en Aäron as leiers buitengewone eise gestel. Die geloofslesse wat geleer is, was egter onontbeerlik vir die vorming van die karakter van ’n volk wat tot die uiterste getoets sou word in ’n vreemde land met vreemde […]

Nelis Janse van Rensburg | Algemene Sinode 2023: Dán sal die kerk in die nagloed van die ontmoeting met haar Hoof, nuut getuig, nuut sy liefde beliggaam … Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Nelis Janse van Rensburg: Ons sal moet deelneem aan plaaslike politieke debatte en strukture

Die kerk se profetiese stem moet nou helder en duidelik gehoor word in Suider-Afrika. Ons lande is immers in die moeilikheid, ekonomies, polities, maatskaplik en geestelik. Dit lyk of die regering sy morele kompas verloor het. Ons sal daarom ons plig versaak as ons nie nou vanuit die Woord van die Here sterk morele leiding

Nelis Janse van Rensburg: Ons sal moet deelneem aan plaaslike politieke debatte en strukture Lees verder

Nelis Janse van Rensburg
Dr Frederick Marais (regs agter) wens Eliza van der Westhuizen, Carel van der Merwe en Annette Steenkamp geluk as die eerste studente wat onlangs Hugenote Kollege se nuwe BTh-graad voltooi het. Hul gradeplegtigheid was vir hom ’n heuglike dag skryf Nelis Janse van Rensburg, want ontwikkelinge soos hierdie kursus maak “studie in teologie baie meer toeganklik … verby is die dae waarin teologiese studies net toeganklik was vir diegene wat ses of sewe jaar residensieel aan ’n universiteit kon gaan studeer”. Foto: Heléne Meissenheimer

Nelis Janse van Rensburg | Opleiding vir almal in kerk

Vir die NG Kerk om te slaag in sy roeping, is dit van kritieke belang dat lidmate die Bybel op ’n gesaghebbende manier kan uitlê en gebruik. Die debatte oor etiese kwessies oor die afgelope jare het getoon dat daar baie onkunde en onsekerheid bestaan oor die uitleg van die Skrif. Die nadeligste uitkoms van

Nelis Janse van Rensburg | Opleiding vir almal in kerk Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Nelis Janse van Rensburg: Seën vir die nuwe jaar

Ons begin gewoonlik die jaar deur vir mekaar voorspoed en seën toe te wens. Die Genesisverhaal begin ook met God se seën vir die mens: “God het hulle geseën. God het vir hulle gesê wees vrugbaar, vermeerder, vul die aarde en onderwerp dit” (1:28). Ook die verhaal van Abraham begin met God se seën. “Ek

Nelis Janse van Rensburg: Seën vir die nuwe jaar Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Nelis Janse van Rensburg | Partypolitiek en die Kieswet

Die Grondwethof het aan die regering opdrag gegee om die land se Kieswet te wysig sodat onafhanklike kandidate aan die verkiesing van lede van die Nasionale Vergadering kan deelneem. Die voorstelle wat tans by die president lê vir ondertekening laat egter veel te wense oor, skryf Nelis Janse van Rensburg. Die burgerlike samelewing aanvaar toenemend

Nelis Janse van Rensburg | Partypolitiek en die Kieswet Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Nelis: ‘Versoening is ’n beweging na God en na mekaar’

Ons moet nou, ná Karlsruhe, vra of die liefde van Christus ons kan beweeg tot eenheid en versoening? skryf Nelis Janse van Rensburg uit Duitsland.  Die liefde van Christus dring ons. So begin die boodskap van die Wêreldraad van Kerke (WRK) aan die einde van sy algemene vergadering in Karlsruhe in 2022 aan die wêreld.

Nelis: ‘Versoening is ’n beweging na God en na mekaar’ Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Genoeg lig om die skrif aan die muur te lees?

Ons leef in die donker. Ons het tot vandag 49 uit die 92 wintersdae van 2022 beurtkrag gehad. Op vele maniere is dit simbolies van die toestand van ons land. Hoe donker is dit immers nie in ’n land waarin die laaste polisiehoof wat sy of haar termyn eerbaar voltooi het, genl George Fivaz was

Genoeg lig om die skrif aan die muur te lees? Lees verder

Nelis Janse van Rensburg
Die impak van die Zondo-verslag, waarna die skrywer hieronder verwys, het tydens ’n onlangse ontmoeting van die Algmene Sinode Moderamen (ASM) in Benoni ter sprake gekom toe ’n gasspreker by die samekoms, die politieke ontleder prof Dirk Kotzé, verwys het na die rol wat dit gespeel het in ’n politieke paradigma-skuif wat in Suid-Afrika plaasgevind het.

Uit Nelis se pen: ‘Ons het ’n nasionale bekering nodig’

Toe die vierde deel van die Zondo-verslag op Vrydag 29 April bekend word, was dit amptelik: Daar is onbetwisbare bewyse gelewer dat die regering en die ANC hulle skuldig gemaak het aan uitgebreide korrupsie. Tot op hierdie Vrydag was dit nog beweringe, of straat- of koerantstories. Maar hier het ’n regter dit nou bevind na

Uit Nelis se pen: ‘Ons het ’n nasionale bekering nodig’ Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Uit Nelis se pen: Verantwoordelike teologiese opleiding

Die opleiding van voornemende predikante in die NG Kerk aan die fakulteite vir teologie van die Universiteite van Stellenbosch, die Vrystaat en Pretoria is tans onder bespreking. Dit is ’n goeie ding dat daar gepraat word oor die opleiding van hierdie studente. Ons moet dit gereeld doen. Hierdie vroue en manne gaan immers in die

Uit Nelis se pen: Verantwoordelike teologiese opleiding Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Meningsverskil in NG Kerk: ‘Nederige liefde is die sterkste getuienis’

Jesus is die Here. So bely die Christelike kerk van die vroegste tyd af. Dit beteken dat Hy die Een is wat oor die ganse skepping regeer. Dit beteken dat Hy ook oor elke lewe regeer. En natuurlik beteken dit dat Hy ook oor die kerk regeer. Sê Kolossense 1 dan nie: “Hy is die

Meningsverskil in NG Kerk: ‘Nederige liefde is die sterkste getuienis’ Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

’n Morele kompas

Die jaar het afgeskop met drie groot nuusgebeure. Op 1 Januarie is afskeid geneem van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Sy heengaan het oor groot dele van die wêreld die nuus gehaal. Hy was immers ’n ontvanger van die Nobelprys vir Vrede en wêreldbekend vir sy versoeningswerk. Ons het hom geken as diep gelowige mens wat sy

’n Morele kompas Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Nelis Janse van Rensburg | ’n Nuwe soort politiek

Ons het op 1 November munisipale verkiesings gehou. Ek dink almal was verlig toe dit verby is. Dit was immers ’n tyd vol retoriek en leë beloftes. Dit was ook ’n tyd van plakkate en uitdagende slagspreuke. Na die dramatiese gebeure vroeër vanjaar toe miljarde Rande se skade aangerig is deur oproeriges en diewe, is

Nelis Janse van Rensburg | ’n Nuwe soort politiek Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Om vanaf ’n afstand te kyk

Hommeltuie het oor die laaste jare die filmbedryf deur ’n groot omwenteling geneem. Waar daar vantevore spore gebou moes word waarop trollies met kameras bewegende beelde moes volg, word hommeltuie nou ingespan. Die opsies om die regte kamerahoeke en perspektiewe te kry, het in dié proses veelvoudig toegeneem. Daar is amper nie ’n einde aan

Om vanaf ’n afstand te kyk Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Help mekaar met karaktervorming

Die emosionele en geestelike impak wat die Covid-19-pandemie op ons maak, is onberekenbaar. In die dekades wat kom sal analiste skryf oor die invloed wat die pandemie gehad het op die ekonomie, kommunikasiepatrone, personeelbestuur, bevol­kingsaanwas, die versnelling van die vier­de industriële rewolusie (4IR) en talle ander onderwerpe. Die gevolge van die pandemie vir die kerk

Help mekaar met karaktervorming Lees verder

Nelis Janse van Rensburg
"Ons eie Andrew Murray se leuse was ‘gebed, roeping en diens’, skryf ds Nelis Janse van Rensburg in dié aflewering van sy Kerkbode-rubriek.

Die medium is die boodskap

Die Covid-19-pandemie het die kerk behoorlik uitgedaag. En die kerk het dadelik die uitda­ging aanvaar. Toe eredienste in Maart 2020 verbied word, was die kerk blitsvinnig om die digitale media in te span. Die boodskap moes immers uit. Meer tyd is spandeer aan Sondae se aanbie­dings as ooit tevore. Die regte medium en verpak­king sou

Die medium is die boodskap Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top