Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Helene Meissenheimer

Met hul stolas trots om hul skouers is hierdie groep diensleraars verlede jaar Maart by die NG kerk se Kuratorium op Stellenbosch gelegitimeer. Die vermoede is dat leraars in die jare vorentoe toenemend die kansel met bedienaars en diensleraars sal deel, die ‘nuwe bane’ wat meer geroepenes tot die bediening in die kerk toelaat. Foto: Verskaf

Meer bedienaars en diensleraars as predikante in 2030?

Slegs ’n paar jaar van nou af mag daar tot dubbel soveel bedienaars en selfs tot vyf keer soveel diensleraars as leraars in diens van die NG Kerk wees. Dit is ’n scenario wat heelwat implikasies inhou vir teologiese opleiding. Só reken ’n werkgroep van die Algemene Kuratorium wat onlangs ’n voorlopige verslag hieroor aan […]

Meer bedienaars en diensleraars as predikante in 2030? Lees verder

Aktueel
Klein Nuach loer uit van onder sy ma Cecile Murray-Louw se arm terwyl ds Attie van Wijk (ook ’n Andrew Murray Snr-nasaat) ’n seën oor haar en haar medeleraar dr Kobus de Jager bid met hul onlangse bevestiging as leraars by Durbanville Moedergemeente. Dit is 'n bittersoet oomblik vir die gesin wat hul pa, ds Andries Louw sewe jaar terug verloor het. Agter Cecile staan haar ma, Susan Murray met weerskante van haar Cecile se dogters en nog Murray-afstammelinge. Foto: Heléne Meissenheimer

Lang ompad vir dié Murray tot op die kansel

Toe haar ma die liturgiese band in sy reënboogkleure om haar skouers hang, het dit vir Cecile Murray-Louw gevoel of haar oorlede man en haar predikantvoorgeslagte self vir haar die stokkie aangee om hulle evangeliese roeping voort te sit. “Dit het gevoel of ek geklee word in ’n kosbare kleed van broosheid en toewyding,” beskryf

Lang ompad vir dié Murray tot op die kansel Lees verder

Nuus
Dit is nie net Shell se beplande doenighede aan die Ooskus wat Safcei bekommer nie. Op Versoeningsdag 16 Desember het Safcei saam met ander groepe aan protesoptrede deelgeneem oor Eskom se planne om hulle 40 jaar oue kernkragstasie Koeberg se leeftyd met 20 jaar te verleng. Foto: Twitter

Geloofsleiers ook bekommerd oor Shell se Ooskus-planne … én oor Koeberg

SAFCEI, die multi-geloofsomgewingsaktivismegroep waarvan die NG Kerk ’n lid is, het sterk standpunt ingeneem teen die planne wat die fossielenergiereus Shell het om met seismiese opnames na gas- en oliereserwes te soek aan die ongerepte Wildekus. Die Southern African Faith Communities Environment Institute het op 10 Desember in ’n ‘ope brief’ die regering ingelig oor

Geloofsleiers ook bekommerd oor Shell se Ooskus-planne … én oor Koeberg Lees verder

Nuus
Ds Maryke van Niekerk het saam met haar man Riaan, ‘n rekenmeester, in hul vyf jaar op Calvinia in die Noord-Kaap diep spore in mense se harte getrap. Foto verskaf

Wye hartseer oor jong vroue-dominee (30) se dood

Die hartseer is groot oor ds Maryke van Niekerk. Die Hantam-gemeente Calvinia het ’n sagte mens-mens dominee verloor en die NG Kerk ’n “top-dominee”. Op ’n sonnige Saterdagmiddag, ’n week voor Kersfees, het Maryke nog die tafelgebed gedoen ná sy vroeër een van haar broers se beste vriende in die huwelik bevestig het. Sy was

Wye hartseer oor jong vroue-dominee (30) se dood Lees verder

Nuus
BInne vyf dae meer as 400 keer op facebook gedeel en selfs in Engeland en Namibië gekyk. Jeugleraar en skrywer Ivor Swartz is skoon verbaas hoe wyd en ver sy selfgemaakte video loop waarop hy sy Kersgedig 'As jy sing' voordra. Foto: Skermgreep

Kyk: Kersgedigvideo se boodskap van hoop loop wyd

Ons almal is deur ’n moeilike twee jaar en soos dinge nou lyk lê daar nog ’n ent se swaar trek voor. Dit is uit dié experience wat ’n jong jeugleraar ’n eietydse Afrikaanse Kersgedig geskryf het wat tans die meta-heelal met ’n boodskap van hoop deurkruis. Ds Ivor Swartz is skoon verbaas oor hoe

Kyk: Kersgedigvideo se boodskap van hoop loop wyd Lees verder

Nuus
Vrede en versoening was sterk temas by die staatsgedenkdiens vir oud-president FW de Klerk wat Sondag 12 Desember in die Groote Kerk, Kaapstad gehou is. Foto is 'n videogreep

‘Laat FW nou met rus’ – Ramaphosa

Die voormalige president FW de Klerk het op ’n tydstip beheer gehad van ’n onregverdige stelsel, maar hy sal daarvoor onthou word dat hy die moed gehad het om ’n ander koers in te slaan vir sy party en sy mense. Só het president Cyril Ramaphosa in Afrikaans gesê tydens sy huldeblyk by die staatsgedenkdiens

‘Laat FW nou met rus’ – Ramaphosa Lees verder

Nuus
Digitale hulpmiddels soos die Jeugfokus-platform en die LigApp en DinkJeug Familie toeps maak dit vir ouers en kategete makliker om met kinders en tieners oor die Bybel en geloofsake te gesels. Foto: Verskaf

Toeps bring digitale vernuwing na ‘boekevat’ én kategese

Tradisionele ‘boekevat’en kategeseklas, soos dit altyd gedoen is, werk lankal nie meer vir die meeste huishoudings of gemeentes nie. Die goeie nuus is, danksy ‘n paar innoverende leraars en hul spanne, het digitale hulpmiddels in die vorm van interaktiewe platforms asook toeps (apps in Engels) vanjaar die lig gesien wat dit vir gesinne én kategete

Toeps bring digitale vernuwing na ‘boekevat’ én kategese Lees verder

Nuus
'n Ekumeniese staatsgedenkdiens word Sondag 12 Desember vir wyle oud-staatspresident FW de Klerk vanuit die Groote Kerk in Kaapstad gehou. Foto: Verskaf

Staatsgedenkdiens vir FW in Groote Kerk gehou

‘n Staatsgedenkdiens vir wyle voormalige staatspresident FW de Klerk vind hierdie Sondag 12 Desember vanuit in die Groote Kerk in Kaapstad plaas. Die ekumeniese diens sal gelei word deur die Anglikaanse aartbiskop Thabo Makgoba. In lyn met Covid-beheermaatreëls sal bywoning beperk word. Die diens Sondag, wat om 10:30 begin, sal regstreeks uitgesaai word via YouTube.

Staatsgedenkdiens vir FW in Groote Kerk gehou Lees verder

Nuus
Kerkbode gesels met dr Nico de Klerk, die ‘pelgrim-prof’ oor die nuwe aanlyn kortkursus in pelgrimsteologie.
Die nuwe aanlyn kortkursus in pelgrimsteologie is oop vir enigeen wat al ‘n pelgrimsstaptog gedoen het of dit beplan, sê die ‘pelgrim-prof’ van Hugenote Kollege op Wellington, dr Nico de Klerk. Foto: Heléne Meissenheimer

Pelgrimstog-prof trap rem in Wellington … vir nou

In die vliegtuig op pad terug, ná hy die Camino de Santiago pelgrimstog met motorfietsstewels gestap het, sit dr Nico de Klerk met die besef dat wat hy nou ervaar het hy nie vir homself kan hou nie. “Ek onthou ek het op die vliegtuig vir die Here gesê dat as Hy só ’n bemoeienis

Pelgrimstog-prof trap rem in Wellington … vir nou Lees verder

Artikels Nuus
pelgrimstog
Die Oos-Vrystaatse NG gemeente van Clarens wil volgende jaar ’n eiesoortige pelgrimservaring, die Clarens Hermitage, loods in assosiasie met die gevestigde Pelgrimstog van Hoop in die Kaap. Foto's deur Heléne Meissenheimer tensy anders aangedui

Clarens Hermitage bied Oos-Vrystaatse pelgrimstog met natuurskoon, stap en sobremesa

Die Clarens Hermitage bied ’n pelgrimstogervaring wat insluit ’n netwerk dagstappe met Bybels-geïnspireerde temas deur veld en plase … Heléne Meissenheimer berig oor ’n nuutjie in die Oos-Vrystaat. Stories en legendes gee kleur op pelgrimstog Daar was byna 60 jaar in ouderdomsverskil tussen die oudste en die jongste in die mengelmoes-groepie van 13 pelgrims wat

Clarens Hermitage bied Oos-Vrystaatse pelgrimstog met natuurskoon, stap en sobremesa Lees verder

Artikels Nuus
’n Groep vroueleraars het ’n video gemaak wat hulle opgedra het aan Lané en Ila de Jager, die dogtertjies van wyle ds Liezel de Jager, maar ook aan alle dogtertjies sodat hulle kan weet hulle het waarde. Foto: Skermgreep uit video

KYK: ‘Julle is kosbaar’ – leraars aan dogtertjies van vermoorde vroueleraar

Eendag as Lané en Ila hulle mamma Liezel de Jager se naam google moet hulle eerder iets moois kry anders as net die ‘lelike’ nuusberigte oor haar dood. Só vertel ds Rethie van Niekerk oor ’n video met ’n brief wat sy en ds Anatha Nel Vrydag op sosiale media aan dié twee dogtertjies opgedra

KYK: ‘Julle is kosbaar’ – leraars aan dogtertjies van vermoorde vroueleraar Lees verder

Hoopstories Nuus

SA bly op Vlak 1 … vir nou

President Cyril Ramaphosa het op Sondagaand (28 November) tydens ’n regstreekse uitsending aangekondig dat, ten spyte van die ontdekking van die nuwe variant van die Covid-19-virus, die kabinet besluit het om die land vir eers op Koronavirus-vlak 1 te hou. Die nuwe variant, genaamd Omicron, is verantwoordelik vir die meeste van die nuwe Covid-infeksies in

SA bly op Vlak 1 … vir nou Lees verder

Nuus
Dr Nico Simpson verwelkom gaste met die viering en toewyding van Bybel-Media se nuwe tuiste by Boekhuis op die kampus van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit op Wellington. Foto: Le Roux Schoeman

Bybel-Media (én Kerkbode) vier nuwe tuiste

Maandagaand 22 November het Kerkbode en LiG saam met al die ander publikasies in die stal van die Christelike uitgewer Bybel-Media hulle intrek gevier in hulle nuwe tuiste by Boekhuis op die kampus van die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit op Wellington. Dié verhuising, so midde-in die pandemie, bring meer as net ’n einde aan

Bybel-Media (én Kerkbode) vier nuwe tuiste Lees verder

Bybel-Media Nuus

NG KERK BETHULIE (DOLEREND)

Vakature: Vastetermyn leraarspos (3 Jaar) Sluitingsdatum: 7 JANUARIE 2022 GEMEENTEPROFIEL: Die NG Gemeente Bethulie is ’n plattelandse gemeente, geleë in die Suid-Vrystaat, ongeveer 180 km vanaf Bloemfontein. ’n Mens draai by die Springfontein-Suid aanwysing van die N1 af en ry in ’n oostelike rigting waar die R715 roete (teerpad) jou neem tot op Bethulie. Die

NG KERK BETHULIE (DOLEREND) Lees verder

Afgehandelde vakatures
Thandeka Mchunu van die Metodistekerk is een van die kerkleiers wat die onlangse Ekumeniese Konferensie oor Maatskaplike Hervorming op Wellington bygewoon het, waar kerke aangespoor is tot groter deelname om werkloosheid en die impak daarvan in hulle gemeenskappe te verlig. Foto: Le Roux Schoeman

#Werkloosheid: Deur saam te werk kan kerke ’n groter verskil maak

Die afgelope sewe jaar is by die 18 000 etes aan behoeftige kinders in Citrusdal bedien en dít onder meer danksy die plaaslike NG en VG gemeentes wat saamwerk om armoede in hierdie klein landbougemeenskap op die Weskus te verlig. Dié is een van talle stories oor die verskil wat kerke kan maak, het ’n

#Werkloosheid: Deur saam te werk kan kerke ’n groter verskil maak Lees verder

Nuus
Ds Ben van Tonder se vrou Sanet kniel by van die wit vlaggies wat die mense van Graaff-Reinet in Oktober in die gedenktuin van die NG Moedergemeente geplant het om geliefdes te gedenk wat in die pandemietyd oorlede is. Foto: Verskaf

Oos-Kaapse gemeente help dorp oor Covid-sterftes rou

Met die woorde ‘gedeelde smart is ligter smart’ het Frans du Preez die aankondiging van die ‘wit-vlaggie-herinneringstuin’ op die Facebookblad van die NG Gemeente Graaff-Reinet vir Oktober verwelkom. Dié woorde som vir hom so mooi op waaroor hulle projek gaan, want “die oomblik as jy smart deel dan word dit ligter,” sê dr Ben van

Oos-Kaapse gemeente help dorp oor Covid-sterftes rou Lees verder

Hoopstories Nuus
Lulu, kort vir Honolulu, tuis afgeneem. Daar is ongelukkig sover bekend nie foto’s van haar geneem met die onlangse kerkdiens by Rondebosch-gemeente ter viering van St Franciskusdag nie. Foto: Verskaf

Die dag toe Lulu die hond saam was kerk toe …

Op Sondag 3 Oktober kon die gemeentes van NG Rondebosch en InVia Kaapstad weer ’n slag saam diens hou danksy die onlangse verslapte inperkingsmaatreëls én hulle kon hulle dierekinders saam bring kerk toe ter viering van St Franciskusdag. “Diere is altyd welkom in ons dienste (hulle is mos maar soos mense se kinders), maar ons

Die dag toe Lulu die hond saam was kerk toe … Lees verder

Hoopstories
Die besprekingspaneel met leiers van die Kairos Netwerk luister na ’n vraag deur Elma Rademeyer, een van die 131 kongresgangers wat die groep se eerste byeenkoms in die Kaap op Saterdag 23 Oktober bygewoon het. Foto’s: Heléne Meissenheimer

Kairos in die Kaap: ‘Skeuring is nie ’n opsie’

Kerkskeuring of hofsake is nie in die prentjie nie, het die afgetrede kerkregkenner ds Helgard Janse van Rensburg onlangs by Kairos Netwerk (KN) se eerste byeenkoms in die Wes-Kaap gesê. “Die probleem is nie die NG Kerk nie, ons is die NG Kerk. Ons het wel ’n probleem met die Algemene Sinode, onkerkordelike prosedures en

Kairos in die Kaap: ‘Skeuring is nie ’n opsie’ Lees verder

Nuus
Vriende en familie steek kerse aan ter herinnering aan ds Liezel de Jager by haar gedenkdiens Dinsdag 19 Oktober by Suidkus-gemeente terwyl haar kollega ds Marius Schoombie (met die kitaar) die voorsang lei. FOTO: Skermgreep uit Youtube-video

Liezel de Jager: Landwyd word saam gehuil oor jong leraar met groot hart

Met net plek vir 100 mense was die kerkgebou van die NG Suidkus-gemeente op Amanzimtoti Dinsdagoggend 19 Oktober nie groot genoeg vir almal wat gekom het om die gedenkdiens van ds Liezel de Jager by te woon nie. ’n Aftreeoord en twee kerke op die dorp het hul lokale ook beskikbaar gestel sodat mense daar

Liezel de Jager: Landwyd word saam gehuil oor jong leraar met groot hart Lees verder

In Memoriam Nuus
Die toekoms van Christelike radio is blink, meen Kosie Burger, operasionele hoof van Radio Kaapse Kansel 729AM, hier in hulle ateljee in gesprek met Guilma Stander, aanbieder van die Leefstylprogram. Foto: Heléne Meissenheimer

‘Radio gaan nog groot goed doen in die toekoms’

Radio Kaapse Kansel 729AM bemoedig luisteraars al vir nege jaar. En Kosie Burger, die operasionele bestuurder, was van die begin af daar. Hy het aan HELÉNE MEISSENHEIMER vertel hoekom hy glo hierdie stasie, met sy meer as 126 000 luisteraars, ’n blink toekoms het en kan spog met die feit dat hulle luistertal byna verdubbel

‘Radio gaan nog groot goed doen in die toekoms’ Lees verder

Nuus

Kreatiewe storievertellers woeker saam op Kerkbode se Instagram-blad

Meer lig as hitte. Dit is die motto (’n tipe redaksionele stryd­kreet, kan jy maar sê) waarmee ons sedert 2019 by Kerkbode werk. En dit is ook ons benadering op Insta­gram waar ons hoop om die digitale groei wat ons die afgelope paar jaar beleef, te versterk. LEES OOK: ‘Vier elke dag se kosbare oomblikke’ Kerkbode

Kreatiewe storievertellers woeker saam op Kerkbode se Instagram-blad Lees verder

Nuus
Afgetrede predikant dr Dirkie de Wet sit tussen van sy landskapskilderye in sy huis in Boksburg waar hy ’n aanlyn groep vir plaaslike kunstenaars begin het. Foto: Verskaf

Oud-leraar se aanlyn groep bring Oos-Randse skilders byeen

Aan die Oos-Rand het ’n nuwe aanlyn kunsgroep hulle ontstaan te danke aan ’n afgetrede predikant van Boksburg wat plaaslike kuns­tenaars wou help om mekaar te leer ken en ondersteun. Ná 26 jaar in die bediening spandeer Dirkie de Wet sy tyd aan twee groot liefdes, die visuele kunste en ook om mense bymekaar te

Oud-leraar se aanlyn groep bring Oos-Randse skilders byeen Lees verder

Nuus
Scroll to Top