Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Helene Meissenheimer

Video en podsending | As net een groep Suid-Afrikaners uitgesonder word as slagoffers – Hoe praat ons oor slagofferskap? Deel 2

Hoe praat ons oor slagofferskap binne die konteks dat voorkeur gegee word vir (net wit?) Afrikaanse boere (ook net hulle?) om vir vlugtelingstatus aansoek te doen by die VSA? In ’n tyd waarin wyd oor hierdie sensitiewe, komplekse en kontroversiële kwessie gepraat word, nooi Kerkbode vir ’n veelvlakkige gesprek hieroor die ervare kerkjoernalis en skrywer […]

Video en podsending | As net een groep Suid-Afrikaners uitgesonder word as slagoffers – Hoe praat ons oor slagofferskap? Deel 2 Lees verder

luister Video
Hy was moeg vir die doodsdreigemente en dat die polisie niks doen om hom en sy kinders op sy plaas in Mpumalanga te beskerm nie. Daarom het hy besluit om president Donald Trump se aanbod aan “wit Afrikaners” op te neem om na die VSA te emigreer. Só vertel die 46-jarige Charl Kleinhaus in ’n onderhoud met die BBC. Hy is een van 49 (ander bronne praat van 59) Suid-Afrikaners wat onlangs deur amptenary van die Amerikaanse regering as deel van ’n hervestigingsprogram verwelkom is. Foto: eNCA

Te midde van wye verdeeldheid, betreur kerk in VSA voorkeurbehandeling vir Afrikaners wat hervestig

Hy was moeg vir die doodsdreigemente en dat die polisie niks doen om hom en sy kinders op sy plaas in Mpumalanga te beskerm nie. Daarom het hy besluit om president Donald Trump se aanbod aan “wit Afrikaners” op te neem om na die VSA te emigreer. Só vertel die 46-jarige Charl Kleinhaus in ’n

Te midde van wye verdeeldheid, betreur kerk in VSA voorkeurbehandeling vir Afrikaners wat hervestig Lees verder

Artikels
In 2019, ná twee jaar saam met brugleraars, het Simondium Familiekerk se lidmaatgetalle so verstewig (van 24 tot 138) dat die kerkraad die geloofstap geneem het om ds Nadia Muller en haar man, DJ, as leraarsegpaar te beroep. Foto’s: DJ Muller

Kerk wat werk-artikelreeks | Spanwerk, waardes en geloof groei Bolandse kerk wat byna deure sluit

Ses jaar gelede het Simondium se NG kerk amper toegemaak. Hulle was sonder predikant met skaars 24 lidmate oor, maar onder hulle was dié wat geglo het dat God ’n wonderwerk vir hierdie Bolandse gemeente kan doen – en Hy hét, maar dit het ’n klomp kopskuiwe gevra. Heléne Meissenheimer praat met leraars en lidmate

Kerk wat werk-artikelreeks | Spanwerk, waardes en geloof groei Bolandse kerk wat byna deure sluit Lees verder

Artikels Gewild

Wêreld met ‘veelvuldige krisisse’ begroet nuwe pous

“Habemus Papam.” Met hierdie Latynse woorde het kardinaal Dominique Mamberti vroegaand op Donderdag 8 Mei vanaf die bekende balkon van die St Petrusbasilika in die Vatikaanstad aangekondig dat die Rooms-Katolieke Kerk ’n nuwe pous het.    Kort hierna het kardinaal Robert Francis Prevost op dieselfde balkon verskyn. Die eerste Amerikaner in die geskiedenis om verkies

Wêreld met ‘veelvuldige krisisse’ begroet nuwe pous Lees verder

Nuus
In hulle huldeblyk spreek die NG Kerk spesifieke waardering uit vir pous Franciskus se toewyding en bewusmaking van “diens aan die armes, die gemarginaliseerdes en die skepping self”. Foto: Flickr

‘Stem van morele dapperheid en medelye gegroet’ – NG Kerk betuig ook simpatie met afsterf van pous Franciskus

Terwyl die wêreld met belangstelling gebeure in Rome volg rondom die verkiesing van ’n nuwe pous, het die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) sy stem gevoeg by die wat vanuit Suid-Afrika medelye betuig met die afsterwe van pous Franciskus op 21 April 2025.  Gebore as Jorge Mario Bergoglio het hy 12 jaar terug die eerste

‘Stem van morele dapperheid en medelye gegroet’ – NG Kerk betuig ook simpatie met afsterf van pous Franciskus Lees verder

Nuus
Dit ’n jaar sedert Gisela Hugo in Paasfeestyd haar tuisgemaakte kruis op daardie presiese plek waar sy gelukkig betyds gekry is gaan inkap het. Sy wou op hierdie manier dié plek, waar sy so lewensmoeg gevoel het, se slegte verander in iets positief. Foto's: Verskaf

Getuienis | Vrou rig houtkruis op na mislukte selfdood: ‘Dis ’n wonderwerk en genade dat ek leef’

  Dit is Lydenstyd. ’n Mens hoor en sien meer van kruise in hierdie tyd. Hulle herinner Christene aan Jesus se lyding in ons plek. Om dit te glo, sê Gisela Hugo, het vir haar ’n dieper betekenis gekry in die tyd na sy langs ’n verlate stuk pad in die Karoo haar polse met

Getuienis | Vrou rig houtkruis op na mislukte selfdood: ‘Dis ’n wonderwerk en genade dat ek leef’ Lees verder

Gewild Hoopstories
kmdr
Algemene sekretaris, dr Nioma Venter (derde van links voor) saam met verteenwoordigers van die 12 kerklik-maatskaplike organisasies en Hugenote Kollege se dr Nadia von Willich wat deel vorm van die Kerklike Maatskaplike Diensteraad (KMDR) van die NG Kerk. Foto: Verskaf

Elders gesien | Historiese vennootskap tussen KMDR en NG Kerk op 1 Maart versterk

Dit is soos ’n tuiskoms vir beide. So sê die algemene sekretaris van die NG Kerk, dr Nioma Venter, oor haar kantoor se onlangse besluit om vanaf 1 Maart die administratiewe ondersteuning (soos in 2001) te hervat vir die nasionale forum wat bekend staan as die Kerklike Maatskaplike Diensteraad (KMDR).  Lees ook: Só klink uiteenlopende

Elders gesien | Historiese vennootskap tussen KMDR en NG Kerk op 1 Maart versterk Lees verder

Nuus
#imagine
Senzo Madida is een van die terugkerende “#imagineers” wat ’n spreker was by een van vanjaar se drie #imagine-kampe, gehou van 4-6 April. Al drie saam is bygewoon deur 2 429 jongmense uit 341 gemeentes op 116 dorpe. Foto's: Verskaf

‘Ek gee terug want #imagine het my lewe verander’ – vertel een van vele jongmense wat verbeeldingryke ‘beweging aan die gang hou’

DIE #IMAGINE-BEWEGING, WAT LAASJAAR DIE TIEN JAAR MERK VERBY GESTEEK HET, SIEN NIE NET ’N GROEI IN GEWILDHEID ONDER TIENERS NIE, MAAR OOK DAT AL HOE MEER VRYWILLIGERS OF SPREKERS JONGMENSE IS WAT OP EEN OF MEER VAN HIERDIE INTERKERKLIKE NETWERK SE EERSTE KAMPE WAS. “Dis wonderlik om te sien hoe een generasie #imagineers ’n

‘Ek gee terug want #imagine het my lewe verander’ – vertel een van vele jongmense wat verbeeldingryke ‘beweging aan die gang hou’ Lees verder

Artikels Gewild
Dié kerkgebou op Matatiele is een van twee wat die tweelinggemeente van Cedarville-Matatiele in KwaZulu-Natal besluit het om te verkoop. Sonder pastorie, kategese of eie gemeenteleraar sien hierdie klein gemeente ’n toekoms in kleingroepe. Foto’s: Verskaf

Kerk wat werk-artikelreeks | Tweelinggemeente sonder leraars, kategese of pastorieë sien toekoms in huiskerke

Kleingroepe gaan hulle bediening word met ’n emeritusleraar wat een keer per maand kom preek. Só sê ’n tweelinggemeente in die streeksinode van KwaZulu-Natal. Die NG Gemeente Cedarville-Matatiele kan al geruime tyd nie meer ’n eie vaste gemeenteleraar onderhou nie. Hulle het ook nie meer ’n pastorie, kategese of jeugprogram nie, maar hulle leef kerkwees

Kerk wat werk-artikelreeks | Tweelinggemeente sonder leraars, kategese of pastorieë sien toekoms in huiskerke Lees verder

Artikels

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 28 Mrt 2025)

Hierdie kennisgewings is op 28 Maart 2025 opgedateer.  Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za BEROEP Ds SA (Stian) Bloem van Culembeeck na Louis Trichardt; ds JD (Kobus) de Kock (emeritus) van Langebaan na Griekwastad; ds CA (Cecil) van der Merwe van Kerk-in-Suid na Doornpoort. AANVAAR Prop I (Izanne) Ellis na Vaalwater/Waterberg; ds SH (Sharné) van der

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 28 Mrt 2025) Lees verder

Amptelik
Die MIV/vigsaktivis Zackie Achmat vra dat kerke saam met ander die nood help verlig wat deur die skielike afsny van Amerikaanse fondse aan hulporganisasies geskep is.
Hy hoop kerke sal help om die nood te verlig wat veroorsaak is deur die skielike afsny van Amerikaanse befondsing aan hulporganisasies in Afrika sê die MIV/vigsaktivis Zackie Achmat (links) wat hier Aneleh Fourie le Roux van CABSA se hand skud. By hulle is ds Riaan de Villiers van Groote Kerk. Foto: Heléne Meissenheimer

Ons het die kerk se hulp nodig met MIV/vigskrisis, vra aktivis

Soos meer as 20 jaar terug, toe kerke saam met ander in die voorste linies geveg het vir mense met MIV/vigs se toegang tot antiretrovirale mediese behandeling, so is geloofsgroepe se hulp nou weer nodig. So meen die MIV/vigsaktivis Zackie Achmat, wat self ’n vigslyer is en in die laat 1990’s tot vroeë 2000’s as

Ons het die kerk se hulp nodig met MIV/vigskrisis, vra aktivis Lees verder

Nuus

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 20 Maart 2025)

Hierdie kennisgewings is op 20 Maart 2025 opgedateer.  Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za AANVAAR Dr EP (Ronel) Meylahn vroeër van Universiteitsoord na Durbanville; ds WG (Waldemar) Stumpfe van Ficksburg na Biggarsbergvallei. WES-KAAPLAND AANVAAR Dr Ronel Meylahn van die Evangelische Berufsschule in Dresden, Duitsland, het die beroep na Durbanville-gemeente (NGK), aanvaar. Diensaanvaarding is op 1 Augustus

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 20 Maart 2025) Lees verder

Amptelik
Die uittredende rektor van Hugenote Kollege, prof Nelus Niemandt en sy vrou, Marthinet. "Sy het my gedra," het hy vertel tydens ’n onlangse afskeid vir hom. Foto's: Heléne Meissenheimer

Rektor van Hugenote Kollege bedank vir dapper leierskap deur lang loopbaan

In ’n lang omvangryke loopbaan, wat begin het as polisiekapelaan, toe gemeenteleraar en later ook kerkleier sowel as gesiene teoloog en akademikus, is dit vir hom tot voorbeeld dat prof Nelus Niemandt kinderlik gelowig is en bly terwyl hy oor komplekse sake dink. “Jy gee ons ’n voorbeeld wat ek hoop baie jong teoloë sal navolg,”

Rektor van Hugenote Kollege bedank vir dapper leierskap deur lang loopbaan Lees verder

Artikels

Leraars beweeg (Amptelike nuus: 10-14 Maart 2025)

Hierdie kennisgewings is op 14 Maart 2025 opgedateer.  Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za BEROEP  Dr CJ (Hannes) Reinecke van Secunda-Oos na Amersfoort. AANVAAR Prop DJ (Danie) Jacobs (na colloquium doctum) na Nylstroom-Oos; ds M (Maritza) Oosthuizen van Veranderde Lewens na Heidelberg (Wes-Kaap). WES-KAAPLAND AANVAAR Hiermee bevestig die NG Kerk Heidelberg, Wes-Kaap dat ds Maritza Oosthuizen

Leraars beweeg (Amptelike nuus: 10-14 Maart 2025) Lees verder

Amptelik
Anelda Blomerus is orrelis van die NG Kerk op Sutherland. Sy en broer, Rudi Conradie, is besig om op ’n innoverende manier kerkmusiekliefhebbers te bedien. Foto: Le Roux Schoeman

Kyk: ‘Musiek maak gesond’ – Broer en suster nooi orreliste om via WhatsApp note van hoop vir orrel en kerklied te speel

Met ’n groeiende gehoor van oor die 300 lede op hulle WhatsAppgroep genaamd Gewyde Kerkmusiek is orreliste Rudi Conradie en sy suster, Anelda Blomerus, besig om op ’n innoverende manier kerkmusiekliefhebbers te bedien. Rudi was jare lank ’n orrelis by verskeie kerke en bly tans in Durbanville. Sy jonger suster Anelda is orrelis van die

Kyk: ‘Musiek maak gesond’ – Broer en suster nooi orreliste om via WhatsApp note van hoop vir orrel en kerklied te speel Lees verder

Artikels

Badisa | Liza se dagsorg bied veilige toevlug vir kinders op Kaapse Vlakte

Soms is dit die kleinste handjies wat die grootste veranderinge bring. Liza Otto van Ravensmead vertel sy het by die tuismoederprogram van die Little Seeds Eenheid vir Vroeëkinderontwikkeling geleer om met kleuters te werk en hulle op te voed terwyl sy ook bemagtig is as entrepreneur om haar eie besigheid te bestuur. Liza se dagsorg

Badisa | Liza se dagsorg bied veilige toevlug vir kinders op Kaapse Vlakte Lees verder

Badisa

Podsending | Hoe praat ons oor slagofferskap? – Kollig gesels met Schalk van Heerden en Ivor Swartz

Hoekom hoor ’n mens by soveel wit Afrikaanse mense dat hulle ’n gevoel van slagofferskap ervaar? En hoe praat ons hieroor? In ’n tyd wat vele komplekse gesprekke oor hierdie tema in ons land gevoer word, nooi Heléne Meissenheimer twee NG predikante in vir ’n gesprek in dié aflewering van Kerkbode se podsending, Kollig. Die

Podsending | Hoe praat ons oor slagofferskap? – Kollig gesels met Schalk van Heerden en Ivor Swartz Lees verder

Gewild luister

Kollig | Die kerkbelydenis wat gelowiges dwarsoor die wêreld bely – Leon Foot oor die waarde van Nicea se geloofsbelydenis

Toe hy grootgeword het, het hy gedink Christene is Afrikaanse mense soos hy, want hy het nie baie kontak met ander mense gehad nie. Mettertyd het hy egter verstaan dat daar ander mense is wat die Here net so lief het soos hy, maar dalk op ’n ander manier. Lees ook: Elders gesien | ‘Ons

Kollig | Die kerkbelydenis wat gelowiges dwarsoor die wêreld bely – Leon Foot oor die waarde van Nicea se geloofsbelydenis Lees verder

luister
Dr Arnau van Wyngaard by ’n jong pasiëntjie in Eswatini, ’n land waarin hy nou betrokke is met VIGS-behandeling. Foto: Argief

Nuusflits | Vries van fondse uit VSA, wat glo miljoene lewens bedreig, ook gevoel in Eswatini

Vir hulle wat by die versorging van mense met MIV en VIGS betrokke is, kon daar kwalik slegter nuus kom as die vries van miljarde rande se befondsing uit die VSA. So vertel dr Arnau van Wyngaard by navraag vir Kerkbode. Hy was betrokke by die totstandkoming van die VIGS-bediening van Shiselweni Home-Based Care in

Nuusflits | Vries van fondse uit VSA, wat glo miljoene lewens bedreig, ook gevoel in Eswatini Lees verder

Nuus
“Ek gaan speel solank die Here my die krag en genade gee.” So vertel Bettie Louw wat al vir 62 jaar aaneen voltyds orrelis is van die NG gemeente Nuwerus op die klein dorpie met dieselfde naam.
Geslagte Nuwerus-inwoners ken vir Bettie Louw. Of sy het vir hulle pa of ma of broer of suster skool gegee of het orrel (wat hierdie klavierjuffrou haarself geleer doen het) op iemand se troue of begrafnis gespeel. Foto: Anna-Maré Mostert

Stories van kerkmense | Sy wil na ses dekades aanhou orrel speel ‘solank die Here haar die krag gee,’ sê Bettie Louw (85) van Nuwerus

Sy het vir haar dogter gesê as hulle haar nou in die ouetehuis sit, kan hulle maar begrafnis hou. Sy wat Bettie Louw is kan nie in die kerkbanke gaan sit terwyl sy weet sy kan nog orrel speel nie. Ondersteun Kerkbode. Klik HIER  “Ek gaan speel solank die Here my die krag en genade

Stories van kerkmense | Sy wil na ses dekades aanhou orrel speel ‘solank die Here haar die krag gee,’ sê Bettie Louw (85) van Nuwerus Lees verder

Artikels

Elders gesien | Badisa in rou na kollega saam met haar kinders in botsing sterf

’n Maatskaplike werker wat beskryf word as ’n rolmodel en kundige op die gebied van kinderbeskermingsdienste, was Sondag saam met haar twee tienerkinders in ’n noodlottige motorbotsing.  Die nuus oor hierdie ongeluk by Fisantekraal naby Durbanville in die Kaap het wyd opslae gemaak.   Juanita Beukes was “by uitstek ’n kundige op die gebied van kinderbeskermingsdienste

Elders gesien | Badisa in rou na kollega saam met haar kinders in botsing sterf Lees verder

Nuus
Die Wêreldbiddag vir vroue val vanjaar op 7 Maart en die tema, 'Ek het jou wonderbaarlik gemaak', is gekies deur die Cook-eilande se vroue. Kunsafdruk: Verskaf

Elders gesien | Kia orana! Cook-eilande kies tema vir Wêreldbiddag vir vroue

‘Kia orana!’ is hoe die eilandbewoners van die Cook-eilande mekaar groet. Dit beteken: “Mag jy lank lewe en mag jy goed lewe. Mag jy soos die son skyn. Mag jy met die golwe dans.” Die Christenvroue van hierdie afgeleë eilande in die Stille Oseaan het die tema gekies vir vanjaar se Wêreldbiddag vir vroue –

Elders gesien | Kia orana! Cook-eilande kies tema vir Wêreldbiddag vir vroue Lees verder

Nuus
Scroll to Top