Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Briewe

Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuiging van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Neem tog standpunt in

Martin Heyns van Stilbaai skryf: Ek ondersteun graag die bydraes van dr Johan van den Heever, ds Johannes Mouton; die respons van die 12 op die moderatuur se verklaring oor die hofsaak mbt selfdegeslaghuwelike in die NG Kerk, en Johan van der Merwe se “Terug na die Toekoms“-rubriek van 7 September, met my hele hart. […]

Neem tog standpunt in Lees verder

Briewe

Ope brief aan die moderatuur

Ds Johannes Mouton van die NG gemeente Table View skryf: Ek was aanvanklik bloot hartseer oor die hofsaak, want ek kon nie glo dat dit op hierdie punt gekom het nie. Noudat ek meer ingelig is en julle reaksie (Moderatuur reageer op hofsaak, 28/08/2018) gelees het, voel ek mismoedig. Hier is my redes. Dis betreurenswaardig

Ope brief aan die moderatuur Lees verder

Briewe

Ope brief aan Nelis

Dr Johan van den Heever van Rondebosch skryf ‘n ope brief aan ds Nelis Janse van Rensburg, moderator van die Algemene Sinode. Beste Nelis Ek skryf die ope brief aan jou as moderator van ons kerk. Ek het ‘n vorige keer (2016) aan die assessor persoonlik ‘n e-pos gestuur, maar wag steeds vir reaksie van

Ope brief aan Nelis Lees verder

Briewe

Wat van diere se grond?

 Ds Rudolph Scharneck van Greytown skryf: Anton Doyer se rubriek in Kerkbode van 20 Julie 2018 oor die afname van die groot katte verwys. Dit het my laat dink oor hoe baie mense in SA tans baie bekommerd is oor grondonteiening sonder vergoeding. Die meeste mense besef dit kan rampspoedi­ge gevolge hê, ook vir hulle

Wat van diere se grond? Lees verder

Briewe
Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Die kerk se opdrag

HM Stander van Durbanville skryf: Die kerk se opdrag is: Matteus 28:18-20: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Hierteen staan: “Bestudeer die wêreldbeeld om

Die kerk se opdrag Lees verder

Briewe

10 easy steps

Pieter van Bellville skryf: Maak ons nie die gay-debat te ingewikkeld nie? Ek stel voor ons vereenvoudig dit met ’n “10 easy steps”- benadering. Ons kan dit ook noem: “The 10 deadly sins”. Ek het ’n teks daarvoor. Regtig. Dit is 1 Korintiërs 6:9-10. ’n Groot deel van die debat gaan daaroor om te bewys

10 easy steps Lees verder

Briewe Die gay-debat

Psigopate en bose geeste

Ds Stefaan de Jager van Humansdorp-Oos skryf: Kan psigopate werklik nie genees word nie? Die sielkunde leer dat ’n psigopaat geen gewete het nie en dat daar geen genesing voor is nie. Wat dan nou gemaak as ’n pa gebroke is oor sy seun wat as moordenaar in die gevangenis sit? Hierdie kind is gesertifiseer

Psigopate en bose geeste Lees verder

Briewe

Ek het gedink dis ’n program

Arnold Nadel van Bellville skryf: Die afgelope tyd het daar verskillende berigte en brie­we verskyn oor missionale kerkwees. Skrywers dwarsoor die teologiese spektrum is dit eens dat die kerk missionaal is omdat die kerk die gevolg is van die Triniteit se handelinge in die skepping. En die kerk het ontstaan as gevolg van Christus wat

Ek het gedink dis ’n program Lees verder

Briewe

Dan is ons arm

Prop Jannie Botha van Witfield skryf: Ek wil graag reageer op die artikel “Die Kerk moet verstaan wie God is” (Kerkbode, 4 Mei). Dit was ver­blydend om die inhoud van die artikel te lees, maar dit het my ook met ’n beklemmende hart gelaat. Ek het gewonder wat het van ons gemeentes geword wat altyd

Dan is ons arm Lees verder

Briewe

‘Kom ons beweeg aan’

Petrus C Louw skryf uit die Laeveld: Ek rig hierdie skrywe na aanleiding van die gay-debat wat die bladsye van die Kerkbode die afgelope tyd oorheers. Dit is duidelik dat persoonlike sienings en agendas die debat vanuit albei kante dryf en dat objektiewe aanvaarding van standpunte en vertolking tans geen plek gegun word nie. Vir

‘Kom ons beweeg aan’ Lees verder

Briewe

Voorspoed, Bianca

Roelf van Wyk skryf: Doer in die 70’s boks Pierre Fourie teen Bob Foster in Suid-Afrika. Baie was vir en baie daarteen gewees. Sondag breek aan en Rapport is vol foto’s van die geveg. My vader koop nooit die Rapport nie, maar dié dag koop hy die Rapport. Ek wonder hoekom en die middag sou

Voorspoed, Bianca Lees verder

Briewe

Lees ek verkeerd?

Obed Bekker van Pretoria skryf: Lees ek my Bybel verkeerd? My Bybel sê in die Ou en Nuwe Testament dat homoseksualiteit sonde is. Nêrens in my Bybel sê dit dat God dit goedkeur nie. (Brief verkort) Kerkbode het in hierdie ruimte die volledige brief van ‘n leser geplaas wat groot aanstoot gegee het. Daarom is die

Lees ek verkeerd? Lees verder

Briewe

Waarvoor bid ons?

Ds Rudolph Scharneck van Greytown skryf: Sondag 3 Junie was Internasionale Biddag vir Ekologie. Dit is inderdaad baie belangrik dat ons sal bid vir God se skepping. Maar as ons bid moet ons vir die regte dinge vra. Baie mense bid vir die natuur soos baie kinders vir hulle eksamen bid: “Here, vergewe my dat

Waarvoor bid ons? Lees verder

Briewe

Gay-debat kan oortuig

Paul Gerber van Port Elizabeth skryf: Ek, as gewone kerklidmaat sonder teologiese opleiding, het die gay-debat van die afgelope tyd met be-langstelling dopgehou. Die volgende twee hoofdenkrigtings is die meeste gedebatteer: Homoseksualiteit is ’n sondige leefwyse, maar God se genade is groot genoeg vir almal. Daarom is gays welkom in die kerk, waar ons van

Gay-debat kan oortuig Lees verder

Briewe Die gay-debat

Baie dankie, Bianca

Martin Heyns van Stilbaai skryf: Baie dankie vir Bianca Botha se artikel (Kerkbode, 4 Mei) oor oop gemeentes vir almal en die sleg wat sy ervaar oor hoe homogeen “wit” die NG Kerk nog eintlik oral is – veral in die platteland. Al predik die sogenaamde kerkleiers ’n oop “kerk” vir almal.  Bianca skryf tog

Baie dankie, Bianca Lees verder

Briewe

Dis aanmatigend

Etienne Nolte van Weenen skryf: Dit is met groot ontsteltenis en ’n mate van onrustigheid, maar ook ironie dat ek kennis neem van die moderatuur se jongste verklaring in verband met die 11 lidmate se aansoek by die Hooggeregshof om die kerk se 2016-besluit ongeldig te laat verklaar. Sonder om in debat te gaan oor

Dis aanmatigend Lees verder

Briewe

Kultuurverandering

Dawie de Wet van Strand skryf: Dr Lourens Bosman verduidelik (e-Kerkbode, 11 Mei) die uitdaging vir die NG Kerk is om werklik missionaal te wees. Hy sê tereg: “Dit is nie ’n klein verandering waarvan daar gepraat word nie. Dit gaan hier oor ’n diep kultuurverandering.” Spasie ontbreek om dit te beskryf, maar almal in

Kultuurverandering Lees verder

Briewe
Scroll to Top