Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Le Roux Schoeman

Eerw Mzwandile Molo, algemene sekretaris van die SA Raad van Kerke (SARK), by die afgelope week se vergadering van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen (ASM). Langs hom is dr Nioma Venter, algemene sekretaris van die NG Kerk.

Mzwandile Molo: Samewerking is ’n geskenk, hoor ASM

Samewerking tussen verskillende kerke is ’n geskenk vir die Suid-Afrikaanse nasie, het eerw Mzwandile Molo, algemene sekretaris van die SA Raad van Kerke (SARK), Woensdagoggend gesê op die tweede dag van die vergadering van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) wat op 29-31 Oktober in Benoni luister na terugvoer van taakspanne en besin oor die NG […]

Mzwandile Molo: Samewerking is ’n geskenk, hoor ASM Lees verder

Nuus
Frits Gaum tydens sy laaste onderhoud met Kerkbode in Augustus 2024. Foto: Le Roux Schoeman

Frits Gaum sterf op 84

Dr Frits Gaum is op 1 Oktober in die ouderdom van 84 by die Netcare-hospitaal in Kuilsrivier, Kaapstad, oorlede.  “Hy was ’n merkwaardige persoon, op baie vlakke,” het sy seun, Laurie Gaum, Dinsdag gesê.  Gaum, ’n voormalige Kerkbode-redakteur en prominente figuur in die NG Kerk, word oorleef deur sy vrou Henda en seuns André en Laurie

Frits Gaum sterf op 84 Lees verder

Nuus
Die 19de Lentekonferensie het meer as 120 mense by NG Universiteitsoord op die kampus van die Universiteit van Pretoria byeengebring. Foto's: Le Roux Schoeman.

Honger vir inligting, nuuskierig oor jou blindekolle … uitgebrand op godsdiens? Groot groep dominees in Pretoria verwelkom

Met lente in die lug was daar ’n gonswoord te hoor in ’n mikro-distrik van Pretoria wat ’n mens die Excelsus-driehoek sou kon doop: Van kerkgebou met reuse-paletkruis teen die muur, tot eetsaal met vingerhappies, tot ’n Tuks-lesinglokaal sonder vensters. Die woord was leerbaarheid. Wat was die leerplan? Le Roux Schoeman doen verslag.   Het

Honger vir inligting, nuuskierig oor jou blindekolle … uitgebrand op godsdiens? Groot groep dominees in Pretoria verwelkom Lees verder

Artikels
Bun Booyens. Foto: Verskaf

Podsending: ‘Jy moes ’n testament opstel … op ouderdom 18’ – Bun Booyens oor diensplig en die uitwerking van ’n gebrek aan afsluiting | Kollig – Episode 29

“Ek dink daar is baie mense wat afsluiting soek,” sê Bun Booyens in ’n onderhoud vir dié Kollig-episode oor sy nuwe boek TROEP, wat eersdaags by Penguin verskyn. Booyens het uiteenlopende vertellings ná gesprekke met meer as 100 oud-dienspligtiges opgeteken en georden. Só klink enkele van die temas: INKLAAR – My ma was banger as

Podsending: ‘Jy moes ’n testament opstel … op ouderdom 18’ – Bun Booyens oor diensplig en die uitwerking van ’n gebrek aan afsluiting | Kollig – Episode 29 Lees verder

Nuus
Kerklui van onder meer die NG Kerk en VG Kerk het op 25 Julie in Woodstock, Kaapstad met ’n simboliese gebaar onderneem om hulle stem te voeg by dié van plaaslike politici, ekonome en aktiviste wat hulle beywer vir die stelselmatige daarstel van ’n universele basiese-inkomste-toelae (Ubit) van minstens R760 per maand aan diegene tussen 18 en 59 in ’n poging om ekstreme armoede in Suid-Afrika te help verlig. Hier onderteken eerw Bertram Swartz van die VGK 'n onderneming van ondersteuning met dr Nioma Venter (regs) wat toekyk. Foto's: Le Roux Schoeman

Universele basiese-inkomste-toelae: Ook NG Kerk wys steun vir plan wat siklus van armoede wil breek

‘n Ekumeniese drukgroep geniet wye steun van kerkleiers vir die stelselmatige daarstel van ’n universele basiese-inkomste-toelae (Ubit) in Suid-Afrika, waarvolgens minstens R760 per maand aan diegene tussen 18 en 59 betaal sal word, in ’n poging om ekstreme armoede in Suid-Afrika te help verlig. Le Roux Schoeman doen verslag.    Tydens ’n winderige winter waarin

Universele basiese-inkomste-toelae: Ook NG Kerk wys steun vir plan wat siklus van armoede wil breek Lees verder

Nuus
“Ek dink ’n mens moet aanvaar, in die kerk sal daar meningsverskil wees. En nie mekaar beskuldig van goed, soos dat jy die Bybel minag nie … Ek dink ’n mens moet probeer eerlik, respekvol en geduldig met mekaar wees," sê dr Frits Gaum in die onderhoud hieronder aan Kerkbode. Foto's: Le Roux Schoeman

‘Ons sal mekaar waarskynlik nie oortuig nie, máár …’ – Frits Gaum

Frits Gaum gesels met Kerkbode oor die hof, die kerk en kanker.   Deur ’n veiligheidshek, verby ’n rolbalbaan en in by die smal sitkamergedeelte van die kommunale eetsaal by ’n aftree-oord in die noordelike voorstede van Kaapstad. Daar tref ’n mens hom aan. Donsveerbaadjie, sweetpakbroek. Afgetrede dominee, die 17de redakteur van ’n 175-jarige kerkkoerant,

‘Ons sal mekaar waarskynlik nie oortuig nie, máár …’ – Frits Gaum Lees verder

Artikels

Kerkbode 175: Dankie vir steun met dokkie-idee … ons vorder stadig maar seker!

Ons sê dankie vir die lesers wat reeds sedert 19 Julie beursies oopgemaak het om ons te help om ons doelbedrag van R25 000 in te samel ten einde ‘n pakkende dokumentêre video oor dáárdie projek te laat vervaardig. Maar ons het nog ‘n lang pad tot by die finansiële eindpunt! Die eerste Kerkbode het

Kerkbode 175: Dankie vir steun met dokkie-idee … ons vorder stadig maar seker! Lees verder

Redakteursbrief
“Sy is die moeder van ons nasie,” het Danab Bradley van Sitters oor Krotoa gesê, ’n Khoekhoen-vrou, wat onder meer as tolk vir die Nederlandse koloniste opgetree het en in 1662 gedoop en as lidmaat bevestig is in dié gemeente (Groote Kerk in Kaapstad) wat haar lewe nou herdenk.

Krotoa word met kunswerk vereer by gemeente waar sy gedoop is

’n Oorspronklike kunswerk wat die tragiese maar ook merkwaardige lewe van Krotoa herdenk en ook op visuele wyse met die NG Kerk in verband bring, is Vrydagaand (26 Julie) by die Groote Kerk in Kaapstad bekendgestel. Tradisionele leiers, plaaslike politici, sowat 50 gaste, asook di Marietjie Steyn en Riaan de Villiers van dié historiese gemeente,

Krotoa word met kunswerk vereer by gemeente waar sy gedoop is Lees verder

Nuus
Ná vier dae en 175 km se hardloop in die Karoo het die Kerkbode-span gevoel dit sal ’n skande wees as ons nie ten minste probeer steun en geld werf om hierdie projek in ’n behoorlike 24 minuut dokumentêr te omskep nie. Foto: Robert Cable

Fondsinsameling vir dokkie ter viering van Kerkbode se 175ste jaar

Hier is die waarheid: Die idee om 175 km ter viering van Kerkbode se 175ste bestaansjaar te hardloop, was ietwat buite die kernfokus van ons redaksionele jaarplan. En dit lê ongelukkig halflyf buite ons begroting vir die jaar.   Die jaarplan sluit goed in soos: Skep ’n weeklikse Kerkbode-podsending. Skep ’n reeks wat vars na

Fondsinsameling vir dokkie ter viering van Kerkbode se 175ste jaar Lees verder

Redakteursbrief
Naas 'n indrukwekkende gemeenskapstuin, het NG Kerk Pongola in KwaZulu-Natal hul eie CMD (Christelike Maatskaplike Dienste) gestig en self 'n maatskaplike werker aangestel. "Ons dink dat dit baie uniek is. Die meeste maatskaplike kantore word deur staatsubsidie en ringe gefinansier. Ons kry nie staatsubsidie nie en word net deur ons gemeente en donateurs uit die gemeenskap gefinansier," vertel ds Petrus Botha. "Kerk wat werk" is 'n artikelreeks waarin Kerkbode vanjaar berig oor die wyse waarop lidmate in gemeentes op allerlei uitdagings in hul omgewing reageer. Ons wil die respons in detail verstaan, hoor hoe die bepaalde gemeente "sukses" of vordering meet en ook uitvind of daar bepaalde lesse of wenke vir ander lesers is. Ons maak 'n punt daarvan om ook te vra na die perke van die respons en hoe die gemeente daaroor dink. Indien jy 'n storie het wat jy met ons wil deel, stuur 'n e-pos na kerkbode@tydskrifte.co.za. 

Kerk wat werk-reeks: ‘Ons glo projekte moet onafhanklik word’ | Fokus op NG Kerk Pongola in KZN

As jy lidmate bemagtig, kry jy ’n kultuur van deelname eerder as ’n lys projekte. Dit hoor jy by hierdie plattelandse gemeente as hulle vertel van als van sop-aande op Hemelvaart, bande met die Zoeloesprekendes, tot kurperkompetisies en afvlerkvoëltjies. “As jy projekte het wat na binne gerig is, hou dit nie lank nie. Dit help

Kerk wat werk-reeks: ‘Ons glo projekte moet onafhanklik word’ | Fokus op NG Kerk Pongola in KZN Lees verder

Artikels
Die Andrew Murrayprys vir algemeen-Christelike boeke in Afrikaans is vanjaar toegeken aan Daniël J Louw (bo) vir Daar is méér uitgegee deur Naledi. Dit behels ’n oorkonde en R25 000. "Kom ek gryp na Salomo … Goue appels op versierde skinkborde,” het Louw op die aand van die oorhandiging op 31 Mei by die Kunstekaap in Kaapstad gesê oor die eer wat hom te beurt geval het. “Met die skrywe van hierdie boek wou ek die middel-C van die Christelike geloof ’n slag hard slaan … Dit is hierdie boek … Druk-druk daar op die middel-C van die Christelike geloof,” verduidelik die teoloog, wat vanaf 2001 tot 2005 dekaan aan die Fakulteit Teologie by Universiteit Stellenbosch was.

Boekpryse en die kerk: ‘Goue appels’ vir skeppendes …

Die Andrew Murray-Desmond Tutu-prysfonds (AMDTPF) het ná 45 jaar ’n nuwe voorsitter. Le Roux Schoeman doen verslag oor die rol van boekpryse en die instellings wat pryse uitdeel.   Sy pa het ’n slagpale op Ceres en ’n bobbejaan gehad, vertel prof Daniël Louw op bl 172 van sy jongste boek. Die aap was slim,

Boekpryse en die kerk: ‘Goue appels’ vir skeppendes … Lees verder

Artikels Boeke
Die opgedateerde ampsbeskouing binne die NG Kerk beteken dat lidmate wat “geroep word tot die bediening” meer opsies het as tradisionele predikantopleiding. En dié "pioniers" in Namibië het al beleef hoe dit kerkwees kan verander.

Namibië: ’n Besoek aan dié ‘pioniers’ van teologiese opleiding

N!aici Komtsa dra bril en is geklee in kleurvolle Crocs, kniebroek, langmou blokkieshemp bo-oor ’n T-hemp. Ons gesprek vind plaas op lae stoele iewers – as jy nou goed uit-Zoom – tussen Etosha en Botswana. Langs ’n as-vuurtjie en teenaan ’n groentetuin kompleet met koejawelboom en radyse. “Hierdie kool(koppe) haal ek nou uit en sit

Namibië: ’n Besoek aan dié ‘pioniers’ van teologiese opleiding Lees verder

Artikels

Data wys Suid-Afrikaners se lonte is kort + Só verander NG Kerk sedert einde van apartheid-era

Suid-Afrikaners neig om alledaagse “sosiale wrywingspunte” as konflik te herdefinieer wat ons interaksies in wen-of-verloor situasies laat ontaard, volgens data deur die navorser en skrywer Pieter de Villiers van die Shadowmatch konsultasieplatform.  “Ons maak ’n gewoonte van konflik,” het De Villiers gesê in ’n uurlange voordrag by ’n onlangse aanlyn predikanteopleidingsessie, aangebied deur Excelsus en

Data wys Suid-Afrikaners se lonte is kort + Só verander NG Kerk sedert einde van apartheid-era Lees verder

Nuus

Politieke ekonoom aan gemeenteleiers: Dis tyd vir spaar eerder as uitgee met belastingbetaler wat dit meer en meer ontgeld

’n Disfunksionele regering aan die stuur van ’n land op ’n fiskale afgrond en met eise op die belastingbetaler wat net toeneem en toeneem. Dit is die beeld van Suid-Afrika wat prof Jannie Rossouw in ’n onlangse praatjie by ’n aanlyn toerustingsgeleentheid vir dominees en diensleraars voorgehou het. Die “fiskale afgrond” is die punt waar

Politieke ekonoom aan gemeenteleiers: Dis tyd vir spaar eerder as uitgee met belastingbetaler wat dit meer en meer ontgeld Lees verder

Nuus
“Daar was ’n aanval deur Hamas, ’n slagting deur Hamas. En die reaksie van Israel was ’n oorlog. Maar nou is dit meer as ’n oorlog, dis vernietiging, uitwissing, dit is ’n volksmoord,” het patriarg-emeritus Michel Sabbah vandeesweek gesê. Foto: 'n Straattoneel in Gasa, Oktober 2023 / Wikimedia.

‘Dis nou méér as oorlog’ – SA kerkleiers luister na noodkreet van Christene in Midde-Ooste namate dodetal klim in Gasa

“Ons kort internasionale stem om vir Israel te sê, hou op moor, word weer menslik, julle het julle menslikheid verloor.” Só het die patriarg-emeritus Michel Sabbah vandeesweek tydens ’n virtuele gesprek tussen Palestynse kerkleiers en leiers uit die NG Kerk en VG Kerk gesê. “Daar was ’n aanval deur Hamas, ’n slagting deur Hamas. En

‘Dis nou méér as oorlog’ – SA kerkleiers luister na noodkreet van Christene in Midde-Ooste namate dodetal klim in Gasa Lees verder

Nuus

2024 Wenners van die Andrew Murray-Desmond Tutupryse bekend

Die wenners van vanjaar se Andrew Murray-Desmond Tutu-pryse en toekennings is pas aangekondig.   Die Andrew Murrayprys vir Christelike publikasies in Afrikaans Die wenner is Daniël J Louw vir sy groot werk, Daar is méér: Mymeringe oor die spiritualiteit van skoonheid, sin, siel en sterflikheid. Die boek word bestempel as ‘n “outobiografiese reisverhaal deur Amper

2024 Wenners van die Andrew Murray-Desmond Tutupryse bekend Lees verder

Boeke
Eerw dr Elias Monhla het ná ds Jan Lubbe (links) opgetree tydens 'n sessie oor eenheid tussen die NG Kerk en die VGK. Foto's: Le Roux Schoeman

‘Goedkoop versoening rem eenheidsgesprek tussen VGK en NGK’

Sonder al vyf R’e is versoening “goedkoop”, het prof Leepo Modise van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGKSA) gesê by ’n ekumeniese konferensie in Durban waar onder meer die NG Kerk se toewyding tot ’n proses van eenwording tussen die twee kerke gepeil is. “Die vyfde R is restitusie,” het Modise gesê in ’n lesing getiteld

‘Goedkoop versoening rem eenheidsgesprek tussen VGK en NGK’ Lees verder

Nuus
Dit is die kerk se “voortdurende taak” om (die gebeure in Nazi-Duitsland) te onthou, teologies te reflekteer oor wat rondom om ons gebeur en duidelike teenstand te beid teen “ver-regse populistiese stellings”, het 'n Duitse kerkleier vandeesweek aan die gehoor by die VGK se ekumeniese konferensie in Durban gesê.

Oor regse ekstremisme: Kerke moet onthou, nadink en teensit, waarsku Duitse kerkleier by VGK-konferensie in KZN

Die bevrydende boodskap van die evangelie sluit alle vorme van diskriminasie uit en dit is kerke se werk om beide te konfronteer én te onthou, het ’n Duitse kerkleier vandeesweek in haar bespreking van die opbloei van regse ekstremisme in Europa gesê. “It is important that we do not let up on the culture of

Oor regse ekstremisme: Kerke moet onthou, nadink en teensit, waarsku Duitse kerkleier by VGK-konferensie in KZN Lees verder

Nuus
Die Pelgrimstog van Hoop is ’n netwerk van roetes wat ’n onlangse groep pelgrims gevind het jou tot ’n antwoord of twee kan lei.
Die Pelgrimstog van Hoop is vanjaar tien jaar oud, want in Oktober 2014 het dr Frederick Marais en ’n paar kollegas die eerste roete gebaan van Robertson tot Kaap Agulhas, vertel die joernalis Erns Grundling (regs bo) aan Kerkbode tydens 'n onlangse saamstap. Grundling voeg by: “Ek dink nie die roete moet gesien word as net ’n predikantewandeling of selfs net ’n Christenwandeling nie. Want dit is oop vir almal wat ’n behoefte het aan stap wat wil konnnekteer met hulleself, die natuur en die omliggende gemeenskap. So, in Hennie Aucamp se woorde is die Pelgrimstog van Hoop “slegs vir almal.” Foto's: Le Roux Schoeman

Nuwe staproete is ‘slegs vir almal’ | Pelgrimstog van Hoop se nuwe ‘been’ van Mosselbaai tot Kaap Agulhas

Oor sand en rots. Deur gasvrye huis en haard … ’n Dekade ná die eerste stappers in die pad geval het, is die Pelgrimstog van Hoop ’n netwerk van roetes wat ’n onlangse groep pelgrims gevind het jou tot ’n antwoord of twee kan lei. Of ten minste tot by nuwe vrae. Le Roux Schoeman

Nuwe staproete is ‘slegs vir almal’ | Pelgrimstog van Hoop se nuwe ‘been’ van Mosselbaai tot Kaap Agulhas Lees verder

Artikels

Nuwe weeklikse podsending | Roerende gesprekke by Kerkbode Kollig – elke Sondag op jou slimfoon

Kerkbode Kollig is die Kerkbode-podsending waaroor ons vroeër vanjaar in hierdie ruimte berig het. Dit is meer soos ’n saamluisterprojek, vertel die aanbieder Heléne Meissenheimer. Die kanaal bestaan uit ’n weeklikse podsending gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, te laat nadink en te inspireer. Kliek HIER vir alle

Nuwe weeklikse podsending | Roerende gesprekke by Kerkbode Kollig – elke Sondag op jou slimfoon Lees verder

Redakteursbrief
Kyk | Pelgrim vertel oor kronkelpad tot op die kansel ná 30 jaar in die landboubedryf en Pelgrimstog van Hoop se nuwe roete.

Kyk | Pelgrim vertel oor kronkelpad tot op die kansel ná 30 jaar in die landboubedryf

See, sand, stilte … en natuurlik baie stap: Drie dominees asook die joernalis Erns Grundling en ‘n saamstapper van Kerkbode, Le Roux Schoeman (foto’s), het verlede week net so oor die 100 km afgelê via ‘n verkenningstog van ‘n deel van jongste been van die Pelgrimstog van Hoop se netwerk van roetes. Van Mosselbaai tot

Kyk | Pelgrim vertel oor kronkelpad tot op die kansel ná 30 jaar in die landboubedryf Lees verder

Artikels

Teologiese navorsing: Oor leierskap en toekomsvisie

Die toekoms is ’n onbekende reis wat voor ons lê en vrees en onsekerheid is ’n natuurlike reaksie wanneer ons dink wat die pad alles mag inhou – veral as jy die dominee is wat moet voorloop in jou gemeente en gemeenskap. Divan Vrey skryf hieroor in sy MTh-tesis aan die Universiteit Stellenbosch met die

Teologiese navorsing: Oor leierskap en toekomsvisie Lees verder

Artikels
Scroll to Top