Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Kerkbode

Bybelgenootskap van Suid-Afrika (Hoofkantoor): Verhoudingsleier (Westelike streek)

Verhoudingsleier – Westelike streek Hoofkantoor – Wes-Kaap (Bellville) Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) is ’n maatskappy sonder winsoogmerk wat sedert 1820 die Bybel vertaal, publiseer en versprei in Suid-Afrika. Die missie van die BSA is om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hulle eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap […]

Bybelgenootskap van Suid-Afrika (Hoofkantoor): Verhoudingsleier (Westelike streek) Lees verder

Afgehandelde vakatures
Die NG Kerk en Hervormde Kerk wil by die GKSA weet watter implikasies besluite by die GKSA se onlangse sinodesitting (foto hierbo) vir die gereformeerde kerkfamilie in Suider-Afrika inhou. “Ons sal graag hieroor ’n dringende gesprek met die Deputate Ekumene van die GKSA wil voer,” luidens ’n verklaring. Foto: Verskaf

Elders gesien: Spanning loop hoog, maar leiers wil ‘openhartig’ gesels ná GKSA dié besluite neem op Potch

Leiers van die NG Kerk en die Hervormde Kerk het in ’n gesamentelike skrywe gevra om met die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) te ontmoet en oor teologiese verskille en die verhouding tussen die kerkverbande te praat.  “Vir ons is die enigste weg om die spanning wat klaarblyklik nou hieroor tussen die GKSA en ons

Elders gesien: Spanning loop hoog, maar leiers wil ‘openhartig’ gesels ná GKSA dié besluite neem op Potch Lees verder

Verklarings

Leser vertel | Eeufees van dankbaarheid vir tannie Anna se lewe: “Ek het niks om oor te kla nie” 

Dr. Daléne Flynn skryf: Dit is nie elke dag dat ’n mens die voorreg het om ’n 100ste verjaarsdag by te woon nie – en dan nog dié van iemand wie se lewe self ’n getuienis van dankbaarheid, eenvoud en geloof is. Anna van den Berg het op 23 Januarie haar honderdste verjaardag gevier. Op

Leser vertel | Eeufees van dankbaarheid vir tannie Anna se lewe: “Ek het niks om oor te kla nie”  Lees verder

Briewe

NG Hertzogville (dolerende gemeente): leraarspos

Vakature: Voltydse leraarspos Gemeenteprofiel: Ons is ’n boerderygemeenskap in die noordwestelike hoek van die Vrystaat en ongeveer 140 km vanaf Bloemfontein. Hertzogville is ’n behoudende gemeenskap. Die gemeente bestaan uit 253 belydende lidmate en 64 dooplidmate, daar is ses plaaswyke en vier dorpswyke. Hertzogville-gemeente is ’n baie meelewende gemeente, wat ’n hoë premie plaas op

NG Hertzogville (dolerende gemeente): leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 30 Januarie 2026)

Hierdie kennisgewings is op 30 Januarie 2026 opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za. BEROEP Prop Karla Grahan (geb Smit) na Montana. AANVAAR Dr J (Juppi) Steurer van Sasolburg-Fontein na Potchefstroom-Grimbeekpark. NOORD-KAAPLAND BEVESTIGING Ds Luné Dorfling word op 1 Februarie 2026 bevestig as leraar van NG Kerk Upington Moedergemeente. (27.01.2026). GOUDLAND BEVESTIGING Dr J Steurer van

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 30 Januarie 2026) Lees verder

Amptelik

NG Gemeente Die Vleie (Hoekwil/Wildernis): Geestelike werker/evangelis

Die NG Gemeente Die Vleie, Hoekwil/Wildernis wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos. Vakature: Geestelike werker/evangelis Het jy ’n passie om mense met die evangelie van Jesus te bedien? Dan is hierdie ’n geleentheid vir jou om jou passie en gawes te kan uitleef as deel van ons gemeente op die platteland.

NG Gemeente Die Vleie (Hoekwil/Wildernis): Geestelike werker/evangelis Lees verder

Afgehandelde vakatures

Resensie | ’n Gebed vir elke dag van die jaar

Gebedsboek vir tye wat tel saamgestel deur Dewald Hoffmann Uitgewer: Bybelkor, 2025 Resensent: Rethie van Niekerk Wat ’n heerlike geskenk het Dewald Hoffmann nie met die Gebedsboek vir ons gegee nie – ’n versameling van gebede uit die jarelange Woord en Fees-projek. Die gebede is opgedeel volgens die kerkjaar, met ’n kort inleiding oor die

Resensie | ’n Gebed vir elke dag van die jaar Lees verder

Boeke
Elders gesien : Oos-Kaapse rampfonds vra ook hulp om brandslagoffers te help
Die Sinode van Oos-Kaapland vra vir bydraes om veral boere in hulle gemeenskappe te help wat erge skade gely het tydens onlangse brande te midde van ’n droogte. Foto: Grens.Pos-nuusbrief

Elders gesien : Oos-Kaapse rampfonds vra ook hulp om brandslagoffers te help

Die Sinode van Oos-Kaapland vra vir bydraes om veral boere in hulle gemeenskappe te help wat erge skade gely het tydens onlangse brande te midde van ’n ontluikende droogte. “Ons sien en ons hoor die stories van boere wat op hierdie oomblik besig is om moed te verloor en ons weet ook dat dit aan

Elders gesien : Oos-Kaapse rampfonds vra ook hulp om brandslagoffers te help Lees verder

Nuus

Elders gesien | Voorsitter bedank uit komitee wat kerkregulering moes ondersoek

Prof. Musa Xulu het “ernstige onreëlmatighede” en “intimidasie” gelys as van die redes waarom hy bedank het as voorsitter van die art.22-komitee van die Kommissie vir Kulturele, Godsdienstige en Taalregte (CLR-kommissie). “My leadership was hollow,” het Xulu gesê tydens sy bedanking op  ’n perskonferensie wat op 15 Januarie in die Birchwood-hotel in Johannesburg plaasgevind het.  

Elders gesien | Voorsitter bedank uit komitee wat kerkregulering moes ondersoek Lees verder

Nuus

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 16 Januarie 2026)

Hierdie kennisgewings is op 16 Januarie 2026 opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za. AANVAAR Prop CD (Chaldin) Bezuidenhout na Postmasburg; prop L (Lisa) van der Merwe as diensleraar na Nelspruit-Suid; ds AFdeN (Adriaan) Vogel van Daniëlskuil na Kuilsrivier-De Eike. WES-KAAPLAND BEVESTIGING Ds Adriaan Vogel van NG Kerk Daniëlskuil is op Sondag 11 Januarie 2026 bevestig

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 16 Januarie 2026) Lees verder

Amptelik

NG Pretoria-Garsfontein: Leraar met fokus op jeug (5/8 pos vir driejaarkontrak)

Vakature: Leraar met fokus op jeug (5/8 pos vir driejaarkontrak) Garsfontein-geloofsfamilie is geleë in die ooste van Pretoria, en bestaan uit ongeveer 2 100 lidmate. Ons staan bekend as “die gemeente in die stad met die groot hart”. Ons gemeente se visie is:” ’n Gasvrye geloofsfamilie, passievol oor God, wat saam leef en werk aan

NG Pretoria-Garsfontein: Leraar met fokus op jeug (5/8 pos vir driejaarkontrak) Lees verder

Afgehandelde vakatures

Brief: ‘Liefde en deernis kan nooit die maatstawwe van die Woord vervang nie’

Johannes de Villiers van Eversdal skryf: Die brief van dr Roelf Opperman “Dié standpunt oor vroue breek af en maak seer” verwys. U fokus op die pyn wat sommige ervaar in verband met die amp van leraar. Die kernvraag is egter nie gevoelens nie, maar gehoorsaamheid aan God se Woord. Die amp en lering word

Brief: ‘Liefde en deernis kan nooit die maatstawwe van die Woord vervang nie’ Lees verder

Briewe

NG Kerk Phalaborwa: Voltydse leraar

Vakature: Voltydse leraar Sluitingsdatum: Sondag 15 Februarie 2026. Gemeenteprofiel: Die NG Kerk Phalaborwa is ’n gasvrye plattelandse gemeente wat in die Limpopo-provinsie geleë is en grens aan die Kruger Nasionale Wildtuin. Mynbou en toerisme is vir ons dorp baie belangrik. Die dorp beskik oor uitstekende laerskole, hoërskole en ’n kollege. Die gemeente is 46 jaar

NG Kerk Phalaborwa: Voltydse leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

Brief | Meer as vroue in die amp: Waarom twee Gereformeerde kerke uitmekaar dryf

Malan Meyer van Kaapstad skryf: Daar is groot konsternasie op hoofstroom- en sosiale media na die onlangse algemene sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA). Die sinode het besluit dat gemeentes wat, ten spyte van vorige sinodale besluite, steeds susters in die amp van leraar en ouderling beroep, hulleself buite die kerkverband plaas. Verder

Brief | Meer as vroue in die amp: Waarom twee Gereformeerde kerke uitmekaar dryf Lees verder

Briewe

Kenridge Gemeente: Voltydse predikant

Vakature: Voltydse predikant met die fokus gemeenskapsvorming, -viering en gasvryheid Sluitingsdatum: 16 Februarie 2026. Die gemeente: Kenridge Gemeente is ’n Afrikaanse, eietydse, makrogemeente geleë in die noordelike voorstede van Kaapstad met ’n lidmaattal van ongeveer 6 000. Die gemiddelde lidmaatouderdom is 36 jaar. Die gemeente se visie is “Ons bou brûe soos Jesus”. Kenridge Gemeente

Kenridge Gemeente: Voltydse predikant Lees verder

Afgehandelde vakatures

#leefLiGter | Skakel soggens in vir gedagte vir die dag 

Gryp Sy goedheid!  Sit jou glo voor jou bang en  Hou jou kant skoon… Hierdie is ’n paar van die temas vir die kort daaglikse oordenkings wat leraars die afgelope paar weke met kykers deel in die jongste seisoen van #leefLiGter, ’n gesamentlike projek van LiG-tydskrif en Kerkbode.  Lees ook: #leefLiGter | Leraars uit 5

#leefLiGter | Skakel soggens in vir gedagte vir die dag  Lees verder

Artikels
Prof Stephan Joubert kyk in 'n dokument wat hy vandeesweek aanlyn gedeel het in detail na Bybeltekste oor vroue se rolle en funksies in die Nuwe Testament en onder meer die sogenaamde swyg-gebod. Foto: Argief

Elders gesien: Oor manlike en vroulike rolle en leierskap in die Nuwe Testament

Wat leer die Nuwe Testament oor manlike en vroulike rolle en leierskap? Só lei prof Stephan Joubert ‘n plasing in wat hy op 15 Januarie via Facebook met sy sowat 4 900 volgers gedeel het. “Hierdie is nie ’n formele studiestuk of ’n indringende akademiese analise nie, maar ‘n breë oorsig oor die Nuwe Testament

Elders gesien: Oor manlike en vroulike rolle en leierskap in die Nuwe Testament Lees verder

Artikels

Tussenin: Zander van der Westhuizen oor ‘Let them’ en ‘Let me’

Die pad kruin gereeld voor my. Die vaste lyn is duidelik en dit is weens verskeie redes nie ’n goeie plek om verby te steek nie. Die dubbelwatrok maak stadig sy verskyning op die horison van die warm Karoo. Die pad is in albei rigtings besig. Almal wil by die see uitkom of hulle vrag

Tussenin: Zander van der Westhuizen oor ‘Let them’ en ‘Let me’ Lees verder

Rubrieke Tussenin

Dié verhale (en illustrasies) voed die verbeelding

Sprokies wat leef! deur Pieter de Villiers Illustrasies deur Johann Smit Uitgewer: Naledi, 2025 Resensent: Fay van Eeden Dit was ’n rowwe dag en ek sien op daarna om vir my dogtertjie ’n slaaptydstorie te lees. Genadiglik sit sy Sprokies wat leef! op my skoot neer en sommer gou is ons twee op planeet Goudsilwer,

Dié verhale (en illustrasies) voed die verbeelding Lees verder

Boeke

Elders gesien | Mosselbaai: Gemeenskap span saam om brandslagoffers by te staan

Kerke, munisipaliteite, besighede, nie-winsgewende organisies en lede van die publiek is besig met ’n reusepoging om slagoffers van die verwoestende brande in Mosselbaai in die Suid-Kaap te ondersteun. Die brande wat reeds sedert Maandag (5 Januarie) in die omgewing woed, word deur sterk winde en droë plantegroei aangevuur. ’n Spesiale samekoms word vir Sondag, 11

Elders gesien | Mosselbaai: Gemeenskap span saam om brandslagoffers by te staan Lees verder

Nuus
Scroll to Top