Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Afgehandelde vakatures

Die sluitingsdatum vir hierdie vakatures is verby en aansoeke word nie meer ontvang nie.

NG WALVISBAAI MOEDERGEMEENTE

VAKATURE: LERAARSPOS SLUITINGSDATUM: 17 April 2022. VISIE: CHRISTUS IS DIE HERE IN WIE SE DIENS ONS STAAN Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here op aansoeke vanaf gelegitimeerde NG Kerk predikante om die onderstaande vakature so spoedig moontlik te vul. . GEMEENTEPROFIEL: Walvisbaai is geleë aan die weskus van Namibië, ’n groeiende hawedorp […]

NG WALVISBAAI MOEDERGEMEENTE Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GRAAFF-REINET

Vakature: Voltydse gemeenteleraar Termyn: Onbepaald Sluitingsdatum: 30 April 2022  Gemeenteprofiel: NG Graaff-Reinet is ’n dinamiese Karoogemeente in die Oos-Kaapse sinodale streek. Tans word meer as 1 000 waarvan 180 dooplidmate bedien. Die gemeente is missionaal gerig en funksioneer sentraal binne die groter gemeenskap. Ons streef die liggaamsmodel na, en werk met gawegedrewe en roepingsgedrewe bedieningspanne.

NG GRAAFF-REINET Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GEMEENTE HOPETOWN (Noord-Kaap)

VAKATURE: VOLTYDSE GEMEENTELERAAR Aansoeke: Sluitingsdatum – 30 APRIL 2022 Gemeenteprofiel Die NG Gemeente te Hopetown wag in biddende afhanklikheid, aansoeke in vir ’n voltydse leraarspos. Hopetown is geleë langs die Oranjerivier teen die N12 sowat 120 km suid van Kimberley en vorm deel van die Ring van HOPETOWN. Dit is ’n plattelandse Afrikaanssprekende gemeenskap met

NG GEMEENTE HOPETOWN (Noord-Kaap) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GEMEENTE VOSBURG (Noord-Kaap)

In biddende afhanklikheid nooi die NG Kerk Vosburg alle gelegitimeerde leraars om aansoek te doen vir die onderstaande pos.   VAKATURE: 2 JAAR VASTETERMYNPOS VIR LERAAR SLUITINGSDATUM: 13 Mei 2022   GEMEENTEPROFIEL: ’n Rustige landelike atmosfeer geleë in die Bo-Karoo waar hoofsaaklik skaapboerdery bedryf word. Die dorp en gemeente is in 1895 gestig en is

NG GEMEENTE VOSBURG (Noord-Kaap) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Migdol: Vastetermyn kontrakpos vir twee jaar

NG KERK MIGDOL Goudland Sinode Vakature: Vastetermyn kontrakpos vir twee jaar (daarna onderhandelbaar) vir ’n leraar of emeritusleraar DIENSAANVAARDING op 1 Augustus 2022. SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 30 April 2022. GEMEENTEPROFIEL: Migdol is geleë tussen Schweizer-Reneke en Delareyville in die Noordwesprovinsie. Dit is ’n klein plattelandse gemeente bestaande uit 57 belydende en sewe dooplidmate met 34

NG Kerk Migdol: Vastetermyn kontrakpos vir twee jaar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG gemeente Aberdeen: Leraar

NG GEMEENTE ABERDEEN VAKATURE: LERAAR (VASTE/DEELTYDSE TERMYNPOS VIR ONGEVEER TWEE JAAR) SLUITINGSDATUM: 30 APRIL 2022.   GEMEENTEPROFIEL: Aberdeen is ’n plattelandse gemeente in die hart van die Groot-Karoo en lê 55 km vanaf Graaff-Reinet, 114 km vanaf Willowmore en 150 km vanaf Beaufort-Wes. Die gemeente het ongeveer 252 belydende lidmate en 66 dooplidmate wat woon

NG gemeente Aberdeen: Leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG gemeente Krokodilrivier (Brits): Leraar

NG GEMEENTE KROKODILRIVIER, BRITS Vakature vir ’n leraar  Gemeenteprofiel Die gemeente Krokodilrivier bestaan sedert 1914 en het ’n baie mooi en ryk geskiedenis. Dit is een van drie NG gemeentes binne die dorpsgrense van Brits. Die dorp word omring deur ’n welvarende landbou-, nywerheids- en myngemeenskap. Die dorp lê op die drumpel van Gauteng –

NG gemeente Krokodilrivier (Brits): Leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Standerton-Wes (Dolerend): Leraar

NG Gemeente Standerton-Wes (Dolerend) Vakature: Leraar (Kontrakpos vir vyf jaar met opsie om te verleng) Die kerkraad en gemeentelede van die NG Gemeente Standerton-Wes is opgewonde om die vakature vir ’n leraar bekend te maak! Ons is die gemeente waar gewone mense soos jy graag aanbid. Ons wil ’n jonger leraar die kans bied om

NG Gemeente Standerton-Wes (Dolerend): Leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Hoopstad: Medeleraar

NG Gemeente Hoopstad VAKATURE: MEDELERAAR Gemeenteprofiel: Hoopstad is ’n plattelandse gemeente in die noordwes-Vrystaat met sowat 682 belydende en 191 dooplidmate. Hoopstad is ±160 km vanaf Bloemfontein en ±100 km vanaf Welkom. Hoopstad is ’n sterk boerderygemeenskap met saaiery as die belangrikste deel van die boerdery. Tans is hier twee leraarsposte met 19 wyke en

NG Gemeente Hoopstad: Medeleraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Stellenberg-gemeente

Vakature vir ’n voltydse medeleraar met die fokus op die jeug Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2022 Datum van diensaanvaarding: 1 Julie 2022 Het jy ’n passie vir jongmense en is jy lief vir Jesus? Dan is hierdie die geleentheid om jou passie voluit in Stellenberg-gemeente te kom uitleef. Stellenberg-gemeente is ’n makrogemeente op die

NG Stellenberg-gemeente Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG PRIMROSE-OOS

VAKATURE: LERAARSPOS: 3 JAAR VASTETERMYNPOS Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2022 Die kerkraad van NG Gemeente Primrose-Oos maak in biddende afhanklikheid bogenoemde vakature bekend wat vanaf 1 Mei 2022 gevul moet word.   Gemeenteprofiel: Primrose-Oos gemeente is ’n voorstedelike gemeente in Primrose, Germiston met 528 belydende lidmate en 124 dooplidmate. 70% van die belydende lidmate

NG PRIMROSE-OOS Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG KERK MEMEL

Vakature: Voltydse leraar Sluitingsdatum: 15 April 2022 Die vakante pos is ’n voltyds-onbepaalde pos, maar die kerkraad het toestemming van die ring verkry om ook oorweging te skenk aan aansoeke van leraars wat sou verkies om ’n deeltyds-onbepaalde pos te beklee. Indien van toepassing kan die pos sodanig aangepas word na onderhandelinge, onderhewig aan die

NG KERK MEMEL Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Mtubatuba

Die kerkraad van NG Gemeente Mtubatuba wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.   Vakature: Voltydse onbepaalde pos  Sluitingsdatum: 18 Maart 2022 Gemeenteprofiel: Die NG Gemeente Mtubatuba is ’n klein hegte dinamiese gemeente in die Noord-Oostelike gedeelte van KwaZulu-Natal. Die gemeente bestaan uit dorpswyke, plaaswyke en die pragtige kusdorp St Lucia.   Leraarsprofiel:

NG Kerk Mtubatuba Lees verder

Afgehandelde vakatures

DURBANVILLE GEMEENTE (NGK)

VAKATURE: ORRELIS Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 Maart 2022. Durbanville Gemeente het ’n vakature vir ’n vindingryke en aanpasbare orrelis wat in noue samewerking met ander musikale aanbiddingsleiers verantwoordelikheid sal aanvaar vir die uiteenlopende aanbiddingsbehoeftes van die gemeente.   Die pos behels die volgende: Inspirerende begeleiding van gemeentesang. Alle voorbereiding rondom die oggenddiens wat ’n meer

DURBANVILLE GEMEENTE (NGK) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GEMEENTE SUIKERBOS

VAKATURE: LERAAR (VOLTYDSE PREDIKANTPOS) SLUITINGSDATUM: 2 APRIL 2022 Gemeenteprofiel: Suikerbos-Gemeente is gestig op 1 Oktober 1985. Ingebruikneming van gebou was op 22 Oktober 1988. Eerste leraar was ds JJ Louw, bevestig op 26 Januarie 1986. Hy was leraar van Suikerbos-Gemeente en ontvang sy akte van demissie op 17 Januarie 2010. Daarna word ds Nicole Hamman-Forrest

NG GEMEENTE SUIKERBOS Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GEMEENTE MARBLE HALL

VAKATURE: LERAAR (VASTETERMYNPOS [KONTRAKPOS] VIR DRIE JAAR) SLUITINGSDATUM:   31 Maart 2022 GEMEENTEPROFIEL: Ons gemeente is ’n tipiese plattelandse eenmansgemeente geleë in die middedorp van Marble Hall in Limpopo en is deel van die Ring van Middelburg (Mpumalanga) (Oostelike Sinode). Ons het tans 400 lidmate, waarvan 329 belydend is. Van karakter is die gemeente sterk

NG GEMEENTE MARBLE HALL Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GEMEENTE SONSTRAAL (Durbanville)

Vakature: Aanddiensaanbiddingsleier en -liturg Sluitingsdatum: 14 Maart 2022 Gemeenteprofiel Sonstraalgemeente is in Durbanville (Wes-Kaap) geleë. Ons bedien ongeveer 5 000 lidmate waarvan ’n beduidende persentasie gesinne met kinders is. Ons slagspreuk is: Leef om te dien, en ons roepingstelling: By Sonstraal is almal welkom – hier leer ons saam om soos Christus te leef. Ons

NG GEMEENTE SONSTRAAL (Durbanville) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Parow

VAKATURE: VOLTYDSE PREDIKANTSPOS Sluitingsdatum: 31 Maart 2022 Gemeenteprofiel: Parow Gemeente is geleë in die sentrale stadsgebied van Parow. Die gemeente bestaan tans grootliks uit senior burgers. Die gemeente grens aan Voortrekkerweg, Parow. Hierdie deel van die gemeenskap is sosio-ekonomies en kultureel baie divers en word nog nie bedien nie. Binne die gemeentegrense is twee laerskole,

NG Kerk Parow Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG KERK PAULPIETERSBURG

LERAARSPOS VAKANT SLUITINGSDATUM: 31 Maart 2022 Paulpietersburg is geleë in die noorde van KZN tussen Piet Retief en Vryheid. Ons is ’n plattelandse gemeente met 167 lidmate en 24 dooplidmate.   VAKATURE: Voltydse leraarspos op kontrakbasis. Kontrak is vir twee jaar met ’n moontlikheid om dit te verleng.   AMPSPLIGTE: In gevolge Art 9 van

NG KERK PAULPIETERSBURG Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG GEMEENTE CARLETONVILLE-SUID

Vakature: Voltydse leraarspos Sluitingsdatum: 11 Maart 2022 Gemeenteprofiel: NG Gemeente Carletonville-Suid is ’n plattelandse gemeente in Gauteng, ± 80 km vanaf Johannesburg en ± 65 km vanaf Potchefstroom. Die pos is ’n vastetermynpos vir drie jaar wat met wedersydse instemming verleng kan word. Carletonville-Suid bestaan uit net oor die 245 belydende lidmate en ongeveer 50

NG GEMEENTE CARLETONVILLE-SUID Lees verder

Afgehandelde vakatures
Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.