Johan Fouche
14 November 1927 – 10 Junie 2018 Stefanus Johannes Fouche is gebore op 14 November 1927. Hy beleef besondere kinderjare op Chrissiesmeer, ’n dorpie langs die grootste natuurlike meer in Suid-Afrika. Johan begin sy skoolopleiding aan die Laerskool Chrissiesmeer en is later leerling aan die Hoërskool Middelburg in Transvaal. Hy blink uit in Wiskunde en […]





