Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

Andrew Murray het geglo én gedoen

“Andrew Murray het baie oor spiritualiteit geskryf, maar hy het óók instellings gestig. Hy het iets verstaan van wat in jou binnekamer aangaan moet ooreenstem met wat op straat gebeur.” Só merk dr Frederick Marais op tydens die Andrew Murray-Desmond Tutu-gesprek wat op 7 Mei by die NG Moedergemeente in Wellington plaasgevind het. Vanjaar het […]

Andrew Murray het geglo én gedoen Lees verder

Nuus

‘Christus se opstanding maak ons opstandig’

“Christus se opstanding maak ons opstandig.” So skryf dr Gustav Claassen, Algemene Sekretaris van die NG Kerk, in die onderstaande brief aan die kerk se predikante. Hy verwys daarin onder meer na die hofsaak oor godsdiens in skole, en die gesprek met die Verenigende Gereformeerde Kerk, ‘n oproep om gebed en die Suid-Afrikaanse Raad van

‘Christus se opstanding maak ons opstandig’ Lees verder

Nuus
Vrystaatse tieners luis­ter aandagtig terwyl ds Francois Lamprecht die gesprek lei by Jonk Vry­staat se eerste jeugkongres. Foto verskaf

‘Die kerk help ons nie’

Vrystaatse jongmense voel dat die kerk nie vir hulle die voorbeeld skep wat hulle toerus vir die nuwe uitdagings wat hulle die hoof moet bied nie. Dit het geblyk uit gesprekke met die jeug op die eer­ste jeugkongres wat JONK Vrystaat op 5 en 6 Mei by die gemeente Hugenoot in Bloemfontein gehou het. Die

‘Die kerk help ons nie’ Lees verder

Nuus
“Mag jy werk in sy lig. Mag jy rus in die glans van sy sagte gesig,” sing pryswenner Anna­lise Wiid. Matthys Ma­ree begelei haar. Foto: Zanephyn Keyser

Andrew Murray-pryswenners ‘het gekry om te gee’

“Jy is geseënd om te seën. Jy het gekry om te gee. Jy leef om jouself as ’n offer te gee.” So het Annalise Wiid gesing by die geleentheid van die toekenning van die Andrew Murray-pryse vir 2017. En dit was gepas, want die aand het juis erkenning gegee aan mense wat gawes ontvang het,

Andrew Murray-pryswenners ‘het gekry om te gee’ Lees verder

Nuus
Jordan Daniels en Kea Reynolds, twee van die blinde kinders vir wie Frans leer om onafhanklik in die openbaar te beweeg met hulle kieries. Foto: Vania Benjamin

Tik-tik lei Frans die kinders na onafhanklikheid

“Hallo, ek is Siwapiwe.” So kom sê ’n graad­twee-leerling van die Ath­­­lone Skool vir Blindes in Bellville vir dr Frans Moolman (61). Frans is lidmaat van die NG gemeente Hottentots-Holland in Somerset-Wes. Hy is ook die “oë” vir leerders van die Athlone Skool vir Blindes wanneer hulle die eer­ste keer in die openbaar moet stap.

Tik-tik lei Frans die kinders na onafhanklikheid Lees verder

Nuus

Skolesaak kan Grondwethof toe

Die saak oor godsdiens in skole sal na verwag­ting uiteindelik na die Konstitusionele Hof verwys word. Hy verwag nie dat daar vinnig ’n uitspraak in die saak sal kom nie. So sê dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, oor die hofsaak wat op 15 Mei begin. Die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demo­kra­sie

Skolesaak kan Grondwethof toe Lees verder

Nuus
Elise Bosch

Cordis-wenner veg vir Hillbrow-dogtertjie

Elise Bosch, die Bybel-Media-Cordis-Trust-wenner vir haar werk in Hillbrow sedert 1990, moes op Vrydag 21 April haar oorkonde en kontantprys tydens ’n geleentheid in Wellington ont­­vang het. Haar plek was egter leeg en Francine van Niekerk, LiG se redakteur, het Elise se prys in ontvangs geneem. Elise skryf al jare maandeliks ’n rubriek vir LiG

Cordis-wenner veg vir Hillbrow-dogtertjie Lees verder

Nuus
Petrus Bezuidenhout en sy perd Sabbatini ry oor die Oranjerivier. Foto verskaf

Naasteliefde van plaas tot plaas

Die ervarings tydens ’n epiese perderit vanaf Heidelberg tot in die Suid-Kaap het vir ’n jong man opnuut gewys hoe naasteliefde lyk. Petrus Bezuidenhout (19), ’n dooplidmaat van NG gemeente Presidentsoord in Springs wat in ’n sending­huis in Soedan grootgeword het, het om twee redes dié alternatiewe matriekvakansie gekies. Hy en ’n vriendin, Hannelie Bremer,

Naasteliefde van plaas tot plaas Lees verder

Nuus
Die Nell-gesin verskyn hier saam met prof Nico Koopman, viserektor van die Universiteit Stellenbosch. Van links staan Guillaume, Judy en prof Ian Nell, prof Koopman en Elzette Nell. Foto: Justin Alberts

Predikante moet priesterlik kan luister

“Die vrae wat praktiese teoloë aan die Skrif en teologiese tradisies vra, ontwikkel uit spesifieke kontekste van mense se ervaring van God en die lewe, ook van onreg, pyn en vervreemding.” Aan die woord is prof Ian Nell tydens sy intreerede op 6 April 2017 as volle professor in Praktiese Teologie in die Fakulteit Teologie

Predikante moet priesterlik kan luister Lees verder

Nuus
Ds Fred Wilson van die NG gemeente Lydenburg-Suid. Foto’s: Gerda Whitehorn

Lydenburg se saad val in goeie grond

Die gronde van die NG gemeente Lydenburg-Suid is nie meer bloot net ’n netjiese kerkterrein nie. Verlede jaar het ’n droom, wat in 2014 reeds gesaai is, ontkiem en gegroei tot ’n reuse-groentetuin. Dié groentetuin beslaan reeds 1 400 vierkante meter, waarvan 900 vierkante meter onder skadunet is. Volgens ds Fred Wilson, die enigste voltydse leraar,

Lydenburg se saad val in goeie grond Lees verder

Nuus
Twee mans blaas op ramshorings op 22 April by die It’s Time-bidbyeenkoms. Foto: Maretha Maartens

Gebedbyeenkoms ‘helder lig van hoop’

“Op Saterdag 22 April is ’n nuwe verbond tussen God en sy kinders in Suid-Afrika gesluit.” Só sê John van Straten, lidmaat van NG gemeente Alberton-Wes, nadat hy die It’s Time-gebedsbyeenkoms bygewoon het. Christene regoor Suid-Afrika het in hulle mas­sas gestroom na dié gebedsaamtrek buite Bloem­fontein wat deur evangelis Angus Buchan van stapel gestuur is.

Gebedbyeenkoms ‘helder lig van hoop’ Lees verder

Nuus
Prof Sarojini Nadar was die hoofspreker tydens die openingsgeleentheid van die gender-eenheid. Foto: Jacobie M Helena

‘Boom in woud van verandering’ by US

Op 28 Maart 2017 het ’n vars briesie deur die eeue oue gange van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch gewaai. ’n Gender-eenheid, met die doel om die menswaardigheid van álle mense te bevorder, is bekend ge­stel. Die gender-eenheid, wat deel vorm van die Beyers Naudé-sentrum vir Publieke Teologie, wil die mens­waardigheid van alle

‘Boom in woud van verandering’ by US Lees verder

Nuus
Prof Elna Mouton (regs) en dr Lisel Joubert in gesprek tydens die bekendstelling van Die hart van God by die Fakulteit Teologie in Stellenbosch. Foto: Jacobie M Helena

Vergete sendelinge se verhale nou vertel

Die byna vergete verhale van nege vroue, wat meestal in die Victoriaanse tyd die hart van God verteenwoordig het, word nou uiteindelik vertel. Prof Elna Mouton van die Universiteit Stellenbosch het tydens die bekendstelling van Die hart van God – verhale van vroue in sending in Stellenbosch gesê dié sendelinge se verhale bekoor haar. Juis

Vergete sendelinge se verhale nou vertel Lees verder

Nuus
Lidmate van NG gemeente Rietfontein-Noord vier Opstandingsondag met sonsopkoms op Magaliesberg. Foto: Francois Naudé

Gemeentes reis na die kruis

Paasfees is die afgelope Lydensweek op die Magaliesberg tydens sonsopkoms, met pasgamaaltye, gebedswandelinge en vele meer gevier. By die NG gemeente Rietfontein-Noord in Pretoria het lidmate tydens die hele Lydensweek na die kruis gereis. Ds Francois Naudé en ds Tiaan van Niekerk vertel: “Maandagaand het ons ’n Paastablo aangebied. Die verhaal van die kruisiging is

Gemeentes reis na die kruis Lees verder

Nuus
Grafika: Hanno Coetzee

NG lidmate op hulle knieë

NG lidmate regoor Suid-Afrika gaan die naweek van 22 April saam met ander Christene vir Suid-Afrika bid. Die evangelis, Angus Buchan, se It’s time-bid­byeenkoms op 22 April in Bloemfontein én die Zuma-debakel noop Christene om saam op hulle knieë te gaan vir Suid-Afrika. NG lidmate gaan óf deelneem aan interkerklike bidbyeenkomste in hulle tuisdorp, gaan

NG lidmate op hulle knieë Lees verder

Nuus

Brief van moderator oor Zuma-debakel

Ds Nelis Janse van Rensburg, moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk, het die volgende brief aan lidmate geskryf na aanleiding van President Zuma se onlangse kabinetskommeling en die implikasies hiervan. Liewe lidmaat DIE NG KERK EN DIE POLITIEKE LEIERSKAP IN SA Die NG Kerk as instelling wil nie in party-politiek betrokke raak

Brief van moderator oor Zuma-debakel Lees verder

Nuus
President Jacob Zuma. Foto: met toestemming van www.kremlin.ru

Zuma verstaan nie óf gee nie om nie, sê TKR

Die Tussenkerklike Raad (TKR) van die drie Afrikaanse susterkerke sê president Zuma se optrede blyk dat hy óf nie verstaan wat die gevolge kan wees vir die burgers van ons land nie, óf dat hy eenvoudig nie omgee nie. Dié raad is ʼn interkerklike liggaam wat uit die NG Kerk, die Nederduitsch Hervormde Kerk van

Zuma verstaan nie óf gee nie om nie, sê TKR Lees verder

Nuus
Scroll to Top