Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Le Roux Schoeman

Vakatures, Amptelike Nuus en stories van gemeentes, leiers en lidmate

Geagte Kerkbode-leser, in die April-uitgawe van die papierkoerant kan jy lees oor vredemakers en oor oorlog, oor dinamiese gemeenteleiers en vindingryke lidmate … En oor die gevare van Christen-clichés. Lekker lees! Geniet jy ons joernalistiek? Ondersteun ons deur ‘n Vriend van Kerkbode te word en ‘n bydrae te maak. 

Vakatures, Amptelike Nuus en stories van gemeentes, leiers en lidmate Lees verder

Artikels
“Die wêreld het die kerk in Suid-Afrika nodig om betrokke te raak by hierdie oomblik en met moed te praat vanuit julle ervaring en vanuit die pyn van julle geskiedenis,” was eerw dr Mae Elise Cannon se pleidooi aan leiers van die NG Kerk, VG Kerk en verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke in Johannesburg. Foto's: martjiephotography.com

Amerikaners pleit by kerke in SA: ‘Die wêreld moet julle stem hoor, praat uit die pyn van julle geskiedenis’

“Hoe roep God ons om te reageer op hierdie oomblik in die wêreld?” Dit is die kernvraag van ’n Amerikaanse afvaardiging wat van 19 April tot 27 April die land besoek.  “Ons streef daarna om die Prins van Vrede na te volg en tans is daar nie vrede nie,” het eerw dr Mae Elise Cannon

Amerikaners pleit by kerke in SA: ‘Die wêreld moet julle stem hoor, praat uit die pyn van julle geskiedenis’ Lees verder

Nuus
Hoe sou die antropoloog Mary Douglas my help sinmaak van hierdie rommelgevulde strand, wou die skrywer by die KI-agent Claude weet. Die video hieronder is 'n verwerking van die skrywer en die KI se interaksie oor 'n konfronterende foto en Douglas se argument in die boek Purity and Danger.

In gesprek met KI: Leer my oor die mens en rommel

Die saambestaan van skoonheid en vullis het hom onkant betrap toe hy hierdie die foto op ’n strand in Wes-Afrika geneem het, vertel Le Roux Schoeman.  Het jy al ooit ’n foto geneem, maar nie geweet wat om daaroor te sê nie? In joernalistieke terme hoef jy hoogstens ’n sin of twee onderaan te skryf,

In gesprek met KI: Leer my oor die mens en rommel Lees verder

Artikels
Eers was die vraag vir joernaliste “hoeveel mense kliek hoeveel keer op ’n storie?” Nou lyk dit asof impak toenemend gemeet word deur te vra, "hoe handhaaf jy uiteenlopende kontakpunte met lesers en hoe sluit jy betekenisvol aan by gesprekke wat reeds binne gemeenskappe gevoer word?" Le Roux Schoeman is redakteur van Kerkbode. Foto: Argief

Mediarubriek: Is daar nog iets soos ’n getroue leser in ’n see van inhoud wat op sosiale media onderdeur ons duime rol?

Die afgelope drie maande het sowat 21 000 mense gemiddeld 55 000 keer per maand op Kerkbode se aanlyn inhoud gekliek, volgens Google Analytics. ’n Berig oor Wêreldbiddag vir Vroue gevolg deur berigte en briewe oor die GKSA se besluit dat vroue nie as ouderlinge mag dien nie, was die mees gelese stories. Maar heel

Mediarubriek: Is daar nog iets soos ’n getroue leser in ’n see van inhoud wat op sosiale media onderdeur ons duime rol? Lees verder

Redakteursbrief
Staan jy op die koppie buite die dorp, sien jy die NG Kerk Carnarvon se swart weerhaan en bruin gesteentes. Die gemeente val in die gelyknamige ring van Carnarvon en laasgenoemde is in 1980 gestig as die jongste van die NG Kerk in Noord-Kaapland se 11 ringe, wat altesaam sowat 81 gemeentes verteenwoordig, van Deben tot Kakamas, van Tadcaster tot Plooysburg. Kerkbode het gaan loer deur die klein sleutelgat van drie dae na hoe NG Kerk Carnarvon funksioneer. Ons gasheer was ds Marisa Vermeulen (links bo). Na ’n gemeentejaar by Mosselbaai Moedergemeente het Vermeulen, oorspronklik van Beaufort-Wes, hier in die Karoo kom vestig met haar man FA, ’n boer van die omgewing. Die twee het ’n babadogtertjie, Emari. Foto's: Le Roux Schoeman

Gemeentebesoek in die Bo-Karoo: Drie dae op Carnarvon

“Ek wil skape deurweeg en ontwurm. Jy kan help,” sê Daniël Vermeulen aan die dominee wat by hom opdaag vir huisbesoek. Tjoef-tjaf swaai ds Marisa Vermeulen die spuitkan op haar rug en werk een na die ander skaap soos hulle deurkom uit die kraal. Carnarvon in die Bo-Karoo lê sowat tien ure se ry uit

Gemeentebesoek in die Bo-Karoo: Drie dae op Carnarvon Lees verder

Artikels
Marie Vermeulen (links), haar man Daniël en hulle gesin boer buite Carnarvon in die Noord-Kaap. Die paartjie praat in hierdie podsending (10 min 18 sek) oor hulle belewenis van die soort veeljaardroogte wat al vele plattelandse gemeenskappe in Suid-Afrika met rampspoedige gevolge getref het. Foto: Le Roux Schoeman

Podsending: ‘Die droogte het ons gemaak wie ons is’ – paartjie uit die Karoo deel hoe swaarkry hulle gevorm het

“Ons het in die kerk gesit, dan is dit groot ooms wat huil dat die banke ruk.” Só onthou Marie Vermeulen die droogte wat in hulle deel van die Karoo geduur het van 2016 tot November 2021. Marie, haar man Daniël en hulle gesin boer buite Carnarvon in die Noord-Kaap. Sy praat in hierdie podsending

Podsending: ‘Die droogte het ons gemaak wie ons is’ – paartjie uit die Karoo deel hoe swaarkry hulle gevorm het Lees verder

Artikels
"Die Here het my lewe gespaar en nou wil ek self aarde toe kom en stap en luister wat Hy verder met my lewe wil doen in die bediening en daarna," vertel ds Nico Swart in die onderhoud hieronder.

Hy wou Camino gaan doen, maar nou stap dié leraar van Pretoria die langste roete nog op plaaslike Pelgrimstog van Hoop

Ds Nico Swart beoog om van 30 Maart tot 2 Mei 2026 ’n plaaslike pelgrimstog af te lê wat hom sal vat van Jeffreysbaai deur Baviaanskloof tot by Uniondale en dan tot by Mosselbaai en uiteindelik tot by Agulhas in 32 dae. Dit sal hom ook die persoon maak wat die grootste afstand afgelê het

Hy wou Camino gaan doen, maar nou stap dié leraar van Pretoria die langste roete nog op plaaslike Pelgrimstog van Hoop Lees verder

Artikels
Ná herhaalde, aaneenlopende luister na “Days of Ash,” déél ek in die woede, verslaentheid en trane oor ’n asgevulde wêreld. En ek is al te bewus van die drie vingers wat terugwys na my. Maar hoop oorspoel my ook, want ná Aswoensdag en die 40 dae van vas, verootmoediging en gebed, kom die Verskriklike en Bloedige Vrydag, ’n klipharde Stil Saterdag en dan die hoopgewende en feestelike Opstandingsfees. Die album eindig met die hoopvolle “Yours Eternally” (saam met die sangers Ed Sheeran en Taras Topolia van onderskeidelik Engeland en Oekraïne) – ’n emosionele lied in die vorm van ’n brief vanaf ’n Oekraïense soldaat waarin hy droom oor vrede, skryf Francois Mulder.

U2 se ‘Days of Ash’: ’n Tyd vir protespsalms en rou klaagliedere

Die Ierse rockgroep U2 het op Aswoensdag 2026 onverwags ’n nuwe EP, “Days of Ash,” vrygestel. Francois Mulder skryf oor hierdie versameling liedere wat soos moderne profetiese protespsalms en rou klaagliedere vir ’n gebroke wêreld klink.   Dit is Woensdagaand 18 Februarie 2026, 20:00. Ná ’n aangrypende Aswoensdagerediens waartydens ek op meer as 50 gemeentelede

U2 se ‘Days of Ash’: ’n Tyd vir protespsalms en rou klaagliedere Lees verder

Artikels
Ds Jan Lubbe, voorsitter van die Algemene Sinode Moderamen.

Algemene Sinode Moderamen: Oor susterkerke, die skenking aan noodlydendes in Gasa en gesprek met Groote Kerk

NG leiers sal in April met kerklike vennote uit die Midde-Ooste ontmoet oor die kwartmiljoen rand wat in Augustus verlede jaar vir noodlydendes in Gasa goedgekeur is, maar nog nie suksesvol oorbetaal kon word nie.   By die jongste vergadering van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) in Benoni het verteenwoordigers uit die NG Kerk se

Algemene Sinode Moderamen: Oor susterkerke, die skenking aan noodlydendes in Gasa en gesprek met Groote Kerk Lees verder

Nuus

ASM Februarie 2026: Leiers gee terugvoer van regoor die land – oor sinodesittings, roeping en bek-en-klouseer

“Ons fokus hierdie vergadering veral op hoe dit met ons dominees gaan,” het ds Jan Lubbe op 24 Februarie, die eerste dag van vandeesweek se vergadering van die Algemene Sinode Moderamen (ASM), in Benoni gesê. LEES OOK: Reuse-predikantesaamtrek vir Augustus 2026 beplan “Ons is bevoorreg om drie dae hier in mekaar se geselskap te wees.

ASM Februarie 2026: Leiers gee terugvoer van regoor die land – oor sinodesittings, roeping en bek-en-klouseer Lees verder

Nuus
Eerw Nobuntu Penxa-Matholeni het verwys na die verantwoordelikheid van KI-gebruikers om nie, soos in geskiedskrywing uit die koloniale era, nuanses plat te rol en betekenis verkeerd te vertolk nie. Foto's: Le Roux Schoeman

Kunsmatige Intelligensie: Opwinding word afgewissel deur vrae en omsigtigheid toe teoloë oor KI besin

Nuwe kennisgereedskap, soos kunsmatige intelligensie (KI), lei die kerk altyd eers in die versoeking om te probeer om in beheer te bly. Só het een van die deelnemers by ’n gespreksreeks oor teologie en KI opgemerk. Dr Simon Jooste, ’n skrywer verbonde aan Reformed Church Southern Suburbs, sê KI is nie ’n orakel wat alles

Kunsmatige Intelligensie: Opwinding word afgewissel deur vrae en omsigtigheid toe teoloë oor KI besin Lees verder

Nuus

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Toe vra hy, May I pray for you?

Oom Sidney lê in ‘n klein saal van die harthospitaal in Sunnyside. Hy is gekoppel aan ‘n klomp masjiene en die kussing onder sy kop lyk vir my ongemaklik. Hy was ’n diep, Engelse, opregte gelowige. Daai tipiese Anglikaanse of Metodiste Christen wat alleenlik liefde met alles wat hulle doen uitstraal. LEES OOK: Tussenin: Zander

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Toe vra hy, May I pray for you? Lees verder

Rubrieke Tussenin

Mediarubriek | Kerknuus en comments: Gekruisde lyne, ‘church hurt’ en negatiewe plesier

Wat is die béste uitkoms vir die leser van comments onderaan berigte oor veral Afrikaanse kerke met apartheidbagasie? Gestel vir ’n oomblik daar is ses winspunte daarin? Die verskeidenheid van stemme help my om die subjektiwiteit van my eie oortuigings raak te sien. Dit stel my gerus dat ander mense ook noukeurig deur die teks

Mediarubriek | Kerknuus en comments: Gekruisde lyne, ‘church hurt’ en negatiewe plesier Lees verder

Rubrieke
Hierdie vier vriende het ’n gebruik om af en toe so bymekaar te kom en te gesels oor die vraag: “Wat dink ek doen die Here in my lewe?” Ds Johan Fleischmann (middel) is predikant by die Gereformeerde Kerk Kaapstad en woon op Wellington.

GKSA: Lidmate besin saam oor ’n besluit wat hulle voor moeilike keuse stel

’n Sterk wind stook brande in Franschhoek en buite Ceres onlangs só dat selfs ’n laatmiddag bo Wellington ’n oranjeskynsel vertoon en ’n roetreuk kry. Maar op ’n ruim erf in Bergstraat dek Elma Fleischmann rustig ’n buitetafel. “My vrou se super power is gasvryheid,” sê Johan Fleischmann. Elma het ’n doktorsgraad in wiskundige-geletterdheid en

GKSA: Lidmate besin saam oor ’n besluit wat hulle voor moeilike keuse stel Lees verder

Artikels
Die GKSA hou elke drie jaar sinodesitting op Potchefstroom. Vanjaar se sitting het van 5 tot 10 Januarie plaasgevind. Die vergadering is deur 280 afgevaardigdes bygewoon en afvaardiging word deur 7 streeksinode gedoen, volgens ds Piet Venter. Foto: Verskaf

GKSA hou sinode op Potch: Eie gemeentes móét nou konformeer of uit verband tree + Verhouding met NGK afgeskaal

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) sal voortaan alle gemeentes verplig om te konformeer met ’n besluit oor “leer- en regeerampte” (lees ‘n verklaring oor die besluit onderaan dié berig- Red). Ondanks ’n 2009-besluit dat vroue nie “in die besondere dienste van predikante en ouderlinge mag dien nie”, het sommige gemeentes in dié kerkverband wel

GKSA hou sinode op Potch: Eie gemeentes móét nou konformeer of uit verband tree + Verhouding met NGK afgeskaal Lees verder

Nuus

Terugblik op kerknuus in 2025: Namibië, Vrystaat, Gasa en Groote Kerk … Hierdie stories het prominensie geniet

Kerkbode kyk in hierdie RSG-onderhoud terug na van die mees prominente kerknuusgebeure van 2025 … Die stories agter die opskrifte en trefwoorde. >> Kliek en luister die onderhoud (9 min 37 sek) en vind skakels na die betrokke stories hieronder. Lees meer: Namibië: NG Kerk Namibië tree ná jarelange proses uit verband met NG Kerk

Terugblik op kerknuus in 2025: Namibië, Vrystaat, Gasa en Groote Kerk … Hierdie stories het prominensie geniet Lees verder

Nuus

Bloedige aanslag teen Nigeriese Christene – perspektiewe en oplossings

Daar is al die afgelope meer as 15 jaar volgehoue aanvalle op Christene aan die gang in Nigerië, volgens biskop Wale Oke, president van die Genootskap van Pinksterkerke in Nigerië. Fanie Heyns doen verslag.    “Die Christendom in Nigerië ervaar ’n eksistensiële bedreiging,” het Donald Trump, president van die Verenigde State van Amerika, in ’n

Bloedige aanslag teen Nigeriese Christene – perspektiewe en oplossings Lees verder

Artikels
Kerkbode het die vergadering van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen (ASM) van 11-13 November in Gauteng bygewoon en bied hieronder 'n oorsig naas die beriggewing wat verlede week vanuit die vergadering gedoen is. Foto: DJ Muller

Tussen verlies en vooruitskoue: Die ASM in November

’n Filosoof van Stellenbosch het ’n onlangse gesprek oor korrupsie in die openbare sektor met hierdie woorde na ’n plek van ongewone weerloosheid gestuur: “Ek en my familie kom in die prentjie waar dit gaan oor korrupsie in die privaatsektor … Dit het gelei tot die koelbloedige moord op my seun Bouwer (’n insolvensieprokureur) op

Tussen verlies en vooruitskoue: Die ASM in November Lees verder

Redakteursbrief Rubrieke
Kerkleiers uit al die samestellende streeksinodes het op Donderdag 13 November tydens die gereelde sitting van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) die rampfonds vergroot tot ’n bedrag van R4 m. Ds Jan Lubbe is voorsitter van die vergadering, langs hom sit dr Nioma Venter, algemene sekretaris van die NG Kerk. Foto's: Le Roux Schoeman

NG Kerk versterk steun aan maatskaplike dienste, vergroot rampfonds en beplan konferensie vir predikante in Augustus 2026

Die NG Kerk het vandeesweek in Gauteng besluit om R1,5 m per jaar (2025, 2026, 2027) aan die lidorganisasies van die Kerklike Maatskaplike Diensteraad* (KMDR) beskikbaar te maak “vir die onmiddellike aanspreek van maatskaplike behoeftes soos deur daardie organisasies geïdentifiseer.”   Die kerk het ook sy rampfonds versterk om beter op plaaslike nood te kan

NG Kerk versterk steun aan maatskaplike dienste, vergroot rampfonds en beplan konferensie vir predikante in Augustus 2026 Lees verder

Nuus
“In Harare, Zimbabwe (deel van die sinodale streek se 103 gemeentes in 16 ringe) het ons ’n vreeslike leemte gehad, dat daar nie predikante was in gemeentes nie. Ons het toe dr Lourens Bosman (voormalige algemene bestuurder by die kantoor van die Algemene Sinode van die NG Kerk) beroep as brugleraar in Zimbabwe, sê ds Lizl-Louise Schoeman (regs onder) vanuit Noordelike Sinode. Foto's: Le Roux Schoeman

Leiers gee terugvoer van regoor die land: ‘Ons hoor baie identiteitsvrae onder lidmate’

Hoe gaan dit met die NG Kerk daar waar jy vandaan kom? Met daardie woorde het ds Jan Lubbe Dinsdagaand 11 November een verteenwoordiger uit elk van die NG Kerk se samestellende sinodes ’n kort geleentheid vir terugvoer gegee by die laaste vergadering van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) vir 2025. Lubbe is die voorsitter

Leiers gee terugvoer van regoor die land: ‘Ons hoor baie identiteitsvrae onder lidmate’ Lees verder

Nuus

Kollig-podsending | Yolanda Dreyer oor hoe ’n mens met jou eie stukkendheid kan werk en die krag van pastorale sorg

Niemand van ons is heel nie, maar hoe werk jy met jou eie stukkendheid? Dit is die vraag wat aan die hart lê van ’n reeks gesprekke wat prof Yolanda Dreyer by die onlangse vergadering van die sinode van die NG Kerk in Oos-Kaapland gelei het. LEES OOK: Oos-Kaapse Sinode sê: ‘Hierheen stuur God ons

Kollig-podsending | Yolanda Dreyer oor hoe ’n mens met jou eie stukkendheid kan werk en die krag van pastorale sorg Lees verder

@sinode Artikels
Francesca Albanese tydens haar geesdriftige verwelkoming in die Groote Kerk in Kaapstad op Sondag 26 Oktober. Ds Riaan de Villiers het die teoloog Beyers Naudé, in die foto teen die kerkmuur agter Albanese, aangehaal in sy openingsrede en gesê: “Obedience to God comes before loyalty to church and state”. Foto's: Le Roux Schoeman

Video: Kaapse gemeente poog om solidariteit te toon deur gasheer te speel vir Francesca Albanese in brandpuntgesprek oor Israel en Gasa

Meer as 100 vrae gerig aan Francesca Albanese het Sondagmiddag digitaal ingestroom toe die Groote Kerk in Kaapstad gasheer gespeel het vir ’n intergodsdienstige interaksie met dié regskenner wat as die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor die menseregte-situasie in die Palestynse gebiede dien en ’n hoë internasionale asook plaaslike profiel op grond van haar

Video: Kaapse gemeente poog om solidariteit te toon deur gasheer te speel vir Francesca Albanese in brandpuntgesprek oor Israel en Gasa Lees verder

Nuus
Scroll to Top