Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Afgehandelde vakatures

Die sluitingsdatum vir hierdie vakatures is verby en aansoeke word nie meer ontvang nie.

NG Morgenzon / Debruinpark-Ermelo: Vastetermyn-kombinasiepos

NG MORGENZON\DEBRUINPARK-ERMELO VASTETERMYN-KOMBINASIEPOS   Die NG Gemeentes Morgenzon en Debruinpark-Ermelo stel in biddende afhanklikheid die volgende kombinasiepos bekend. Dis ’n driejaarkontrakpos.  Kombinasie tussen Morgenzon en Debruinpark word verdeel in 70% Morgenzon en 30% Debruinpark. Morgenzon is die ankergemeente. Drie jaar – sinodaleskaal as riglyn. Plek van verblyf onderhandelbaar. Die daarstel van ’n kombinasieleraarspos tussen die […]

NG Morgenzon / Debruinpark-Ermelo: Vastetermyn-kombinasiepos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeentes Sondagsrivier (Kirkwood) en Sondagsrivier-Suid (Sunlands): Leraarspos

Termynbepaalde leraarspos: drie jaar kontrakperiode (verwagting is om na voltydse leraarspos om te skakel) Beide gemeentes is geleë in die pragtige Sondagsriviervallei waar daar hoofsaaklik met sitrus geboer word. Die gemeentes is ongeveer 25 kilometer van mekaar geleë. Die leraar se standplaas sal by Sunlands wees waar daar ’n ruim pastorie as huisvesting aangebied word.

NG Gemeentes Sondagsrivier (Kirkwood) en Sondagsrivier-Suid (Sunlands): Leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Koster: Voltydse leraar

Die kerkraad van NG Gemeente Koster wag in afhanklikheid aansoeke  in vir die onderstaande pos. Vakature: Voltydse leraar Sluitingsdatum: 16 Junie 2023. Aanstellingsdatum: 1 Augustus 2023. Gemeenteprofiel: Koster is ’n plattelandse dorp in Noordwes-Provinsie, 110 km vanaf Potchefstroom en 55 km vanaf Rustenburg. ’n Aftree-oord vir bejaardes is in die grense van die gemeente geleë. Die

NG Gemeente Koster: Voltydse leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Oranjemund en Rosh Pinah: Leraar

Oranjemund is in die suidwestelike hoekie van Namibië net oorkant die Oranjeriviermond by Alexanderbaai. Rosh Pinah is 100 km oos van Oranjemund en die gemeentes werk saam as een gemeente met twee bedieningspunte. Die gemeente is in die Suide Ring van Namibië. Die twee dorpe is totaal afhanklik van mynbou en die gemeente het in

NG Kerk Oranjemund en Rosh Pinah: Leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Newcastle: Vastetermyn leraarspos

Vastetermyn leraarspos met die opsie van ’n voltydse aanstelling Sluitingsdatum: 12 Mei 2023. Met groot opgewondenheid en in biddende afhanklikheid van die Here, stel die kerkraad van die NG Gemeente Newcastle (Moedergemeente) ’n vastetermyn leraarspos, bekend. Ons nooi gelegitimeerde predikante en proponente om vir hierdie pos aansoek te doen. GEMEENTEPROFIEL: Die Moedergemeente in Newcastle is

NG Gemeente Newcastle: Vastetermyn leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Elspark: Deeltydse leraarspos

Deeltydse leraarspos (Vastetermynkontrak) Die gemeente maak in biddende afhanklikheid bogenoemde vakature bekend wat vanaf 1 Julie 2023 gevul moet word. Gemeenteprofiel: Elspark-gemeente is ’n voorstedelike gemeente in Germiston met ±400 belydende en ±30 dooplidmate. Die meerderheid aktiewe lidmate is 60+ jaar. Tydens ’n brugbedieningsfase is die aard en missie van die gemeente as gefokus op eie

NG Gemeente Elspark: Deeltydse leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Groot-Brakrivier: Voltydse medeleraar

Vakature: Voltydse medeleraar – Vastetermynkontrak Sluitingsdatum: 2 Mei om 09:00. In afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van NG Kerk Groot-Brakrivier die pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend. Gemeenteprofiel: Die gemeente is geleë in die pragtige tuinroete tussen George en Mosselbaai. Daar is ’n laerskool op die dorp en talle ander uitstekende skole

NG Gemeente Groot-Brakrivier: Voltydse medeleraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeentes Carolina en Chrissiesmeer: Leraarspos

Carolina en Chrissiesmeer is buurgemeentes, 30 km uitmekaar op die platorand van die oostelike Hoëveld van Mpumalanga geleë. Hier dien boere en mense wat in die bosbou- en mynbedryf betrokke is, die Here in ’n gebied gekenmerk deur natuurskoon. Ons lidmate is hartlike mense, hoofsaaklik Afrikaanssprekend vanuit alle kategorieë van die samelewing. Die twee gemeentes

NG Gemeentes Carolina en Chrissiesmeer: Leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Sonstraal (Durbanville): Deeltydse musiekbegeleier

Gemeentesang speel ’n kardinale rol by Sonstraal – in eredienste, spesiale feeste (bv Paasfees en Kerssangdiens) en reekse (bv Week van gebed en Pinkster). Die musiekbegeleiding in die oggenddienste by die kerksentrum word deur twee persone, wat mekaar op gelyke basis aflos, behartig. Die gemeente beskik tans oor ’n vakature vir ’n musiekbegeleier in hierdie

NG Gemeente Sonstraal (Durbanville): Deeltydse musiekbegeleier Lees verder

Afgehandelde vakatures

Valleisig-gemeente: Gemeenteleraar (vaste termyn vir twee jaar)

Valleisig is ’n gemeente in Faerie Glen, Pretoria-Oos. By Valleisig lewe ons met ’n “ons is lief vir jou”-houding (dissipelskap), ons gewoontes en gebruike sê “welkom tuis” (verhoudings) en die meeste van die tyd as ons bymekaarkom is “kos op die tafel” (feesvier). Ons weet ook dat God ons na ’n stukkende wêreld stuur en

Valleisig-gemeente: Gemeenteleraar (vaste termyn vir twee jaar) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Patmos Port Elizabeth (Gqeberha): Voltydse leraar

Gemeenteprofiel: Patmos is ’n voorstedelike gemeente met 600 belydende lidmate en 118 dooplidmate. Die lidmate kom nie net uit Patmos se oorspronklike geografiese area nie, maar is versprei oor verskillende woonbuurte dwarsoor die stad. Die lidmaatsamestelling strek oor alle ouderdomsgroepe. Die gemeente was verlede jaar 60 jaar oud en ons kan daarom terugskouend getuig oor

NG Gemeente Patmos Port Elizabeth (Gqeberha): Voltydse leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Kalahari: Brugleraarspos (ses maande)

Die NG Gemeente Kalahari is ’n uitsonderlike gemeente. Ons is ’n gekombineerde boere- en myngemeenskap wat saam met die Here in die dorre warm somers met die mooiste sonsondergange, rooi sandduine en kameeldoringbome dien. Die gemeente sluit twee myndorpe, naamlik Hotazel en Black Rock, asook die omliggende plase in en is sowat 60 km vanaf

NG Gemeente Kalahari: Brugleraarspos (ses maande) Lees verder

Afgehandelde vakatures

Ligbaken Gemeente: Voltydse leraar

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Mei 2023. In biddende afhanklikheid van die Here word aansoeke vir bogenoemde pos ingewag. Gemeenteprofiel: Ligbaken Gemeente is ’n splinternuwe voorstedelike gemeente in die suide van Johannesburg na die samesmelting van Deo Gloria Gemeenskapskerk, NG Mondeor en NG Townsview. Ons missie: “Ons besigheid is Christus” met ons visie: “Ons sien die

Ligbaken Gemeente: Voltydse leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Jan Kempdorp: Permanente leraarspos

Gemeenteprofiel: NG Gemeente Jan Kempdorp is ’n geloofsgemeenskap in die hartjie van die Vaalharts pekanneutvallei. Jan Kempdorp is die wateraar van ons gemeenskap. Ons warm, werkende gemeente bestaan uit 520 belydende lidmate en 113 dooplidmate. Huis Andalusia (ouetehuis) is ten volle deel van ons geloofsgemeenskap. Die gemeente word gekenmerk deur sy spanwerk binne die breër

NG Gemeente Jan Kempdorp: Permanente leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Oranjeville (Noord-Vrystaat): Leraar vastetermynpos

VAKATURE: VASTETERMYNPOS (Drie jaar met die opsie om dit met twee jaar te verleng) SLUITINGSDATUM: Dinsdag, 11 April 2023 om 12:00 nm. GEMEENTEPROFIEL Die NG Kerk Oranjeville is ’n plattelandse gemeente in die Noord-Vrystaat, ongeveer 65 km vanaf die Vaaldriehoek. Die gemeente bestaan uit 150 belydende lidmate en 32 dooplidmate waarvan 60% bo die ouderdom van

NG Gemeente Oranjeville (Noord-Vrystaat): Leraar vastetermynpos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk in SA | PSD: Kerklike opleiding (standplaas: Stellenbosch)

Die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) maak die vakature vir ’n Predikant in Sinodale Diens (PSD): Kerklike Opleiding bekend en nooi alle belangstellendes wat daartoe geroepe voel en aan die vereistes voldoen, om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel. Die PSD: Kerklike Opleiding is verantwoordelik vir: Kerklike opleiding en vorming van

NG Kerk in SA | PSD: Kerklike opleiding (standplaas: Stellenbosch) Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Lorraine: Leraarspos

Gemeenteprofiel: Lorraine Gemeente streef daarna om liefde te leef tot eer van God. Die bedieningsfokus van die gemeente lê by dissipelskap en geestelike groei van alle lidmate, verhoudings bou tot ’n gesonde gemeenskap, sowel as ’n diep bewustheid dat ons geseën word om ander te seën. Lorraine Gemeente is geleë in ’n vooruitstrewende en groeiende

NG Lorraine: Leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Vryheid-Suidoos: Voltydse leraarpos

Die gemeente Vryheid-Suidoos is ’n klein plattelandse gemeente in die noorde van KZN op die mooi dorp Vryheid met 532 belydende lidmate en 194 dooplidmate. Ons is twee NG gemeentes op die dorp. Die leraarspos is vakant. Ons gemeenskap beskik oor uitstekende Afrikaanse skole en mediese dienste (privaat hospitaal). Leraarsprofiel: Ons wil graag hê dat

NG Kerk Vryheid-Suidoos: Voltydse leraarpos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG THEUNISSEN : LERAAR PERMANENTE POS

Die leraarspos van die NG Gemeente Theunissen het vakant geraak na die kombineringsooreenkoms met Theunissen-Wes gemeente verval het. Die gemeente wil graag, met toestemming van die Ring van Bultfontein, die dienste van ’n geroepe leraar bekom wat die uitdagings en geleenthede van ’n plattelandse gemeente sal verstaan en wil aangryp. Sluitingsdatum: Vrydag 24 Maart 2023.

NG THEUNISSEN : LERAAR PERMANENTE POS Lees verder

Afgehandelde vakatures

Universiteit Vrystaat Departement Praktiese en Missionale Teologie : Post-Doktorale Navorser

Die Universiteit van die Vrystaat : Departement Praktiese en Missionale Teologie, wag aansoeke in vir die volgende studiebeurs: Post-Doktorale navorser Die studiebeurs sal ’n uitstaande doktorale gegradueerde in staat stel om navorsing- en innovasie-ervaring by ’n hoëronderwysinstelling te bekom onder die mentorskap van gevestigde navorsers, in samewerking met die Taakspan Navorsing van die Algemene Sinode

Universiteit Vrystaat Departement Praktiese en Missionale Teologie : Post-Doktorale Navorser Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Heilbron-Suid (Dolerend): Leraarspos

VAKATURE: LERAARSPOS (Vaste termyn vir drie jaar met opsie van verlenging) In biddende afhanklikheid van die Here, stel die gemeente van Heilbron-Suid die bogemelde vakature bekend en nooi belangstellende gelegitimeerde leraars van die NG Kerk uit om vir die pos aansoek te doen. Gemeenteprofiel: Heilbron-Suid is een van twee gemeentes in Heilbron wat geleë is

NG Gemeente Heilbron-Suid (Dolerend): Leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Driehoek Gemeente: Voltydse Leraar

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR SLUITINGSDATUM: 17 Maart 2023. Driehoekgemeente beskik oor ’n vakature vir ’n voltydse predikant. Die kerkraad nooi jou, as gelegitimeerde van die NG Kerk, om dit te oorweeg om vir die vakature aansoek te doen. Gemeenteprofiel: Driehoek is in Vanderbijlpark, ’n dorp aan die Vaalrivier waar daar nege ander NG gemeentes is. Ons

NG Kerk Driehoek Gemeente: Voltydse Leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures
Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.