Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hoopstories

Survivor vir tieners

Die Noordelike Sinode bied binnekort ’n “survivorkamp” vir graad 8 en 9 leerders by Badseloop, sowat 13 km van Na­boomspruit, aan. Volgens Verskil, die Noordelike Sinode se nuusbrief, gaan dit ’n avontuurervaring wees waar die jong­mense meer van hulle­self en hulle talente sal leer. Die kamp vind vanaf 17 tot 21 Junie plaas en beloop

Survivor vir tieners Lees verder

Hoopstories
Van die leiers van die Kamieskroon-kerke vat hande tydens die afsluiting van die samekoms. Van links is Solda van Wyk (Metodiste Kerk), EJ van As, Willem Basson (Katolieke Kerk), Jeannetta Nuss (Pinksterkerk) en Koekoes van As (NGK). Foto: Elsa Kruger

Kerke bid saam in Kamieskroon

Al die kerke in Kamieskroon in Namakwaland het onlangs vir die eerste keer in die middel van die dorp saamgekom vir verootmoedi­ging en om saam te bid. Kerklike samewerking, reën, die dorp en die verkiesing was op hulle gebedslysie, het ds AJ van As laat weet. “Die sowat 80 mense het gemeentes verteenwoordig van die

Kerke bid saam in Kamieskroon Lees verder

Hoopstories

Maak só jou gemeente toeganklik vir gestremdes

Terwyl mense met gestremdhede gretig is om ’n aktiewe rol in die gemeentelewe te speel, word hulle dikwels om verskeie redes uitgesluit, het Vrypos, die weeklikse nuusbrief van die NG Kerk in die Vrystaat, onlangs berig. RampUp, ’n organisasie wat hulle ­beywer om kerke meer toeganklik vir gestremdes te maak, gaan binnekort ’n opleidingswerkswinkel aanbied

Maak só jou gemeente toeganklik vir gestremdes Lees verder

Hoopstories
Die kinderbediening-span wat jong Randfonteiners by die ekumeniese Hemelvaartdiens in 2018 bedien het. Foto: Facebook (AGS Groen Weivelde)

Hemelvaart: Randfonteiners hou gemeenskapsviering

Gelowiges van Randfontein gaan Hemelvaart as ʼn gemeenskap tydens ʼn ekumeniese diens vier. “Dit beteken baie vir die eenheid van ons dorp,” vertel ds Henning Rademeyer, leraar van die gasheergemeente. “Ons verwag so 400 mense by NG Randfontein-Noord,” het Rademeyer voor die diens, wat op 30 Mei om 19:00 plaasvind, gesê. Die tema vir vanjaar

Hemelvaart: Randfonteiners hou gemeenskapsviering Lees verder

Hoopstories
Die koraalpienk kerk in Hofmeyr. Al die kerkgangers by die gemeente is minder as ’n 100. Foto: Marius Barnard

Hofmeyr honger na bediening

“In ’n stadium het ek ook gedink dat Hofmeyr ’n klein gemeente is en het ek gewonder hoe ek my dae gaan omkry. Ek het selfs gedink dit is die fase van my lewe om ’n dagstukkieboek te skryf. Wanneer ek by sinodale en ringsvergaderings kom, verwys almal na die klein gemeentetjie van Hofmeyr,” skryf

Hofmeyr honger na bediening Lees verder

Hoopstories

Leraar se vars bekendstelling van Bybel

Bekende skrywer ds Jaco Thom, vir jare van die Paarl en deesdae leraar te Petrusburg, stuur gereeld ’n inspi­rerende “beriggie” per e-pos oor ’n Bybelgebeure in die vorm van ’n “Bybelkoerant”, skryf ds Danie Mouton in Grens.Pos. “Jaco stel lesers op ’n vars manier bekend aan die inhoud van die Bybel,” sê Da­nie. Gaan loer

Leraar se vars bekendstelling van Bybel Lees verder

Hoopstories
Foto: Hennie van Loggerenberg van Octa5

Sinodegangers kan só help

Jy kan help om boeke in te sa­mel vir ’n klein Swart­landse gemeenskap son­der ’n biblio­teek. Diaconia, die diens­groep vir barm­har­tig­heid in die Wes-Kaap, het dié versoek aan Wes-Kaapse gemeen­tes in ’n onlangse VrydagNuus gerig. Volgens dié sinodale nuusbrief het Koringberg sowat 100 kinders onder ses jaar in hulle gemeenskap. Die versoek lui: “Maak asseblief

Sinodegangers kan só help Lees verder

Hoopstories

KZN help Mosambiek met watersuiwering

“Ons het almal gehoor en beelde gesien van die katastrofiese gevolge van die ver­nie­tigende sikloon Idai in Mosambiek, Ma­lawi en Zimbabwe. As gelowiges kan ons nie hande gevou sit terwyl duisende mense in ons buurlande so swaarkry nie,” sê ds Gerhard Botha, hoof uitvoerende beampte van KwaZulu-Natal Maatskapli­ke Dienste (CMD). Een van KZN CMD se

KZN help Mosambiek met watersuiwering Lees verder

Hoopstories

Gesels live met sendelinge in Japan

Die NG gemeente Pellissier het onlangs ’n bie­tjie in Japan “gekuier”. Luidens Vrypos het Elmar en Nadine du Rand van Missie Japan die afgelope Sondag, live per video-uitsending met die NG gemeente Pellissier in Bloemfontein gesels. Die paartjie woon in Kobe Reformed Theological Seminary van die Reformed Church in Japan (RCJ), het dr Stéphan van

Gesels live met sendelinge in Japan Lees verder

Hoopstories

NGK gee Kimberley-kerkorrelis vlerke

Die NG Kerk in Noord-Kaapland het dit vanjaar moontlik gemaak vir Michelle van Rooi, ’n jong kerkorrelis van NG gemeente Kimberley-Wes, om ’n stappie nader aan haar roeping te kom. Michelle het vanjaar geregistreer as student aan die Hugenote Kollege se Kimberley-kampus om opleiding te ontvang as maatskaplike hulpwerker, luidens die Noord-Kaapland Sinode se webwerf.

NGK gee Kimberley-kerkorrelis vlerke Lees verder

Hoopstories

Bethlehem vier 150 jaar van NGK

Die sewe NG gemeentes in Bethlehem het onlangs saam die 150-jarige bestaan van hulle kerk in dié dorp gevier. In Januarie vanjaar het ds Gideon Lamprecht van NG gemeente Bethlehem-Panorama by ’n leraarsbyeenkoms hardop gedroom oor ʼn fees om die Moedergemeente se 150-jarige bestaan te vier, het Vrypos, die NG Kerk Vrystaat se nuusbrief, onlangs

Bethlehem vier 150 jaar van NGK Lees verder

Hoopstories
George Kleinhans en sy vrou Judy. Hulle het deur talle beproewings bly glo dat die “son môre weer sal skyn”. Foto verskaf

’n Leser vertel: George Kleinhans se lang pad na die kansel

Dit is nie ’n ongewone storie as ’n persoon teologie studeer en uiteindelik as predikant in ’n gemeente bevestig word nie. As die persoon egter reeds 50 jaar oud is, is dit tog ’n besondere storie. Net deur genade alleen is George Kleinhans onlangs deur die VGK gemeente Boesmansrivier  as bedienaar van die Woord (tentmaker) bevestig.

’n Leser vertel: George Kleinhans se lang pad na die kansel Lees verder

Hoopstories Nuus
Watter pragtige gebou staan spierwit en loer vanuit dié boomryke omgewing? So lyk Swellendam Moedergemeente se kerkgebou wat in 1909 gebou is, luidens die webwerf swellendammoederkerk.co.za. Foto: Jared Paisley vir Swellendam Winter School

Kiek jou kerkgebou

Stuur ’n pragtige foto van jou kerkgebou en ’n paar interessante feite na kerkbode@tydskrifte.co.za sodat ons dit vir ander Kerkbode-lesers kan wys.

Kiek jou kerkgebou Lees verder

Hoopstories Nuus

Imagine 2019 steek meer grense oor

Ds Christo Nel, feeskoördineerder by die Nampo-byeenkoms, sê daar is nóg meer grense oorgesteek en brûe gebou ten opsigte van ouderdom, ras en klas by vanjaar se fees by Nampo buite Bothaville. Daar is ook terselfdertyd ’n fees met dieselfde program in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Limpopo aan­gebied. “Die video’s van die moderne Timoteus-verhaal, die

Imagine 2019 steek meer grense oor Lees verder

Hoopstories Nuus
Ds Mias Nortier. Foto: Engela Duvenage

Gesondheid op dié wat help in droogte

Voerskenkers, individue, gemeentes en ringe is onlangs tydens ’n spesiale ete vir hulle droogtehulp aan Laingsburg en sy omgewing bedank. Die NG gemeente Laingsburg en die plaaslike Landbouvereniging het hande gevat om alle skenkers en donateurs vir hulle hulp tydens die droogte te bedank, sê ds Mias Nortier van die plaaslike gemeente. Mias, ’n gekwalifiseerde

Gesondheid op dié wat help in droogte Lees verder

Hoopstories Nuus
Foto: Nanette Botha

Porterville se jong vroue bid saam

Jong vroue van Porterville het op Wêreldbiddag vir vroue (1 Maart) om tafels saamgeëet. Die tema van die 89ste biddag (Kom, alles is gereed!”) is deur die vroue van Slowenië gekies. “Dogters van verskillende grade het saam mini-kaneelrolletjies en druiwe geëet, wat aansluit by die tema om saam met vreemdes aan te sit, want die

Porterville se jong vroue bid saam Lees verder

Hoopstories
’n Voorbeeld van papierplakwerk. Foto verskaf

Stil word en luister

Op Philippolis en elders in die Vry­staat word binnekort retraites en werks­winkels met kontemplasie en kreatiwiteit as tema aangebied, het ds Barnard Steyn, direkteur bedieningsbegeleiding vir die Vrystaatse Sinode, laat weet. Magdaleen du Toit, wat reeds jare lank kontemplatiewe kuns en joernaalwerk as geestelike dissipline beoefen, het onlangs vanaf Pretoria na die Vrystaatse dorpie verhuis

Stil word en luister Lees verder

Hoopstories
Foto verskaf

Troukoors op Malelane

Talle getroude lidmate van die NG gemeente Malelane het in Februarie na Valentynsdag hulle huweliksbeloftes hernu. “Die hele erediens is ingerig in die formaat van ’n huweliksbevestiging met troumars, blomme, troukoek en al. Talle broers het selfs opgedaag met ’n lapelruiker, net soos op hulle troudag,” het ds Uli Trümpelmann vanuit die Laeveldse dorp laat

Troukoors op Malelane Lees verder

Hoopstories
Scroll to Top