Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuus

Hoop moet vertaal word in dade

Geskiedenis van verwonding, individueel en korporatief, plaas struikelblokke op die pad na genesing en herstel. So het vader Michael Lapsley van die Institute for Healing of Memories aan vanjaar se Konvent vir Reformatoriese Kerke gesê. Die jaarlikse byeenkoms is vanjaar in Parow gehou met die Hervormde Kerk as gasheer. Die kerke het saam besin oor “die Suid-Afrika waar ons vandaan kom, die Suid-Afrika waarin ons ons tans bevind en die Suid-Afrika waarvoor ons hoop en bid”. Lapsley het

Hoop moet vertaal word in dade Lees verder

Nuus
Leonardi Stoop op die Durbanse strand. Haar mikpunt is ’n vars, nuwe vorm van kerkwees wat jongmense bereik wat nie deur die tradisionele bedienings gelok word nie. Foto: Neels Jackson

’n Vars bries waai deur Durban

Daar is vars briesie wat deur Durban trek – en dit is nie net die seewind nie. Haar naam is Leonardi Stoop, die jong dominee wat deur die NG gemeente Krantzkloof beroep is vir ’n bediening buite die kerk. Dr Barry Tolmay, haar senior kollega en mentor, sê dominees wil almal hê dat mense Sondae

’n Vars bries waai deur Durban Lees verder

Nuus

Kerke beplan groot veldtog vir versoening

Die kerke van Suid-Afrika beplan ʼn groot versoeningsveldtog in die land saam met organisasies wat die leiers van die jeugopstande van 1976 en die diensplig-generasie verteenwoordig. Die tema, na aanleiding van Psalm 98, is: Sing ʼn nuwe (Suid-Afrika) lied! Die veldtog sal begin met veertig dae van gebed van 7 Mei tot 15 Junie. Op 16 Junie word die Soweto-opstand van 1976 herdenk. Kerkleiers wil hê dié belangrike simboliese

Kerke beplan groot veldtog vir versoening Lees verder

Nuus

Dickie se mosterdsaad word ’n boom

God se koninkryk werk só, het Jesus verduidelik: Dit begin klein, soos ’n mosterdsaadjie, en groei groot, soos ’n boom. So werk dit ook met ’n klein erflating van Dickie Webb – dit groei steeds … Dickie Webb, lid van een van die stigter-families van Kleinmond in die Wes-Kaap, was ’n onderwyser by die Departement van Kleurlingonderwys in die vorige bedeling. In 1976 sterf hy kinderloos en laat R500 na wat onder sy vyf susters verdeel moes word

Dickie se mosterdsaad word ’n boom Lees verder

Nuus

Skolesaak: godsdienste word vriend van die hof

Die Suid-Afrikaanse Raad vir die Beskerming en Bevordering van Godsdiensregte en –vryhede (die SARGRV) is toegelaat as ‘n vriend van die hof in die saak oor toelaatbaarheid van godsdiens in openbare skole. Die Raad sê in ‘n persverklaring dat hy op 12 Maart voor regter Mokgoathleng in die Suid Gautengse Hoë Hof in Johannesburg aansoek gedoen het om as vriend van die hof geskrewe en mondelinge

Skolesaak: godsdienste word vriend van die hof Lees verder

Nuus
Ds Wayne Renkin aan die woord tydens die Opstandingsdiens in Johannesburg se middestad. Foto: Ernst Muller

’Hulle vat jou nes jy is’

Dit is Opstandingsondag in Doornfontein. Uit die middestad is ’n kleurryke versameling mense byeen vir ’n erediens van die NG gemeente Johannesburg. “Waarom behoort jy juis aan hierdie gemeente?” vra ek vir een van die dames ná die diens. “Dis die vriendelikheid,” antwoord sy sonder aarseling. “Die mense is so verwelkomend. Hulle vat jou nes jy is.”

’Hulle vat jou nes jy is’ Lees verder

Nuus

Oudste koerant betree ’n nuwe fase

KERKBODE betree ’n nuwe fase om die toegang tot kerknuus te vergemaklik. Op dié manier kan lidmate en leraars eerstehands uitvind wat in die kerkwêreld aan ’t gebeur is, en hoef hulle nie meer op sekulêre media daarvoor staat te maak nie. Die gedrukte Kerkbode word aangevul deur die elek­troniese e-Kerkbode wat kerknuus gratis by www.kerkbode.co.za beskikbaar

Oudste koerant betree ’n nuwe fase Lees verder

Nuus
Prof Hermie van Zyl. Foto: Verskaf

Akademie vereer vir Hermie van Zyl

Prof Hermie van Zyl van die Universiteit van die Vrystaat het onlangs die ds Pieter van Drimmelenmedalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse Bybelvertaling. Van Zyl was 29 jaar lank betrokke by die opleiding van NG predikante aan die Universiteit van die Vrystaat. Onder sy hand het

Akademie vereer vir Hermie van Zyl Lees verder

Nuus

Praag se ‘grap’ nie die waarheid

Praag se poging tot ‘n 1 April-grap – dat die NG Kerk nou poligamie aanvaar het – is onwaar. Nadat talle lidmate met verontwaardiging op dié “grap” op Praag se webwerf gereageer het, het dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, ‘n verklaring uitgereik om duidelik te maak wat die waarheid is. Hy het Praag se “berig” as onvanpas bestempel. Volgens Claassen was die verwagting dat Praag se webmeester binne ‘n redelike tyd sou aandui dat dit ‘n poging

Praag se ‘grap’ nie die waarheid Lees verder

Nuus
Anna-Marie Jordaan van Thabazimbi en John Mochaesa vorm 'n #-teken met hulle vingers en bou 'n brug wat klowe oorspan. Die bou van brûe is 'n belangrike tema by vanjaar se #imagine-jeugfeeste. Foto: Neels Jackson

#imagine leer tieners om brûe te bou

‘n Wysvinger en middelvinger van een hand gaan lê dwars oor die ooreenstemmende twee vingers van ‘n vreemdeling se hand. Saam vorm hulle ‘n #-teken. So bou hulle ‘n brug wat, volgens die voorbeeld wat Jesus gestel het, grense oorsteek en klowe oorbrug. Die toneeltjie het om oor en oor afgespeel by die die #imagine-jeugfeeste

#imagine leer tieners om brûe te bou Lees verder

Nuus
President Jacob Zuma. Foto: Copyright World Economic Forum www.weforum.org / Eric Miller emiller@iafrica.com

Party kerkleiers eis Zuma se kop

Daar is kerkleiers wat wil hê die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) moet pres Jacob Zuma en die ANC formeel versoek dat Zuma se posisie heroorweeg moet word. Die SARK sal dié versoeke verder oordink, oorleg pleeg en dan besluit hoe vorentoe. Intussen verwag die SARK dat Zuma moet erken hy was verkeerd, verskoning moet

Party kerkleiers eis Zuma se kop Lees verder

Nuus
Scroll to Top