Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Aktueel

Die grootste deel van die bevolking, in hulle gejaagde lewe, is salig onbewus van die trauma van selfdood, skryf Kobus Smit in die artikel hieronder.

Sluimerende dood onder die Kersliggies

Dit is weer Oukersaand in die Kaap. Die stad, met al sy vrolike Kersliggies, is in ’n feestelike stemming. Op die agtste verdieping van ’n woonstelblok in Seepunt is ’n jolige partytjie in volle swang. ’n Klompie boesemvriende hang met mekaar uit. Daar is van alles te ete en te drinke. Die Kaapse wyn vloei. […]

Sluimerende dood onder die Kersliggies Lees verder

Aktueel

‘Skepper stuur ons nie met leë hande’

David Magerman van Komaggas skryf: “In my leeftyd het ek my aan Afrikane se stryd gewy. Ek het my nie net teen wit oorheersing nie, maar ook teen swart oorheersing verset. Ek het die ideaal gekoester van ’n vry en demokratiese samelewing waarin mense eensgesind en met gelyke geleenthede leef. Dit is ’n ideaal waarvoor

‘Skepper stuur ons nie met leë hande’ Lees verder

Aktueel Briewe

‘Rede-nasies’ in kerk die gevolg van gesprek sonder gemene grond

Johann Theron van Kraaifontein skryf: Daar is die bekende woorde van René Descartes, ’n filosoof wat so honderd jaar na Martin Luther geleef het: “Ek dink, daarom is ek” (Cogito ergo sum). Descartes word deur baie beskou as die vader van die moderne wetenskap. Die voorrang van die rede en die rasionele denke en daarmee

‘Rede-nasies’ in kerk die gevolg van gesprek sonder gemene grond Lees verder

Aktueel Briewe
Na ’n lang en baie openhartige bespreking het die Oostelike Sinode besluit dat die Algemene Sinode se besluit van 2019 oor selfdegeslag-verbintenisse ’n verdeeldheid gebring het in die NG Kerk. Die verskille in Skrifinterpretasie het tot ’n vasgelooptheid en groot ongelukkigheid gelei onder sommige gemeentes en leraars in die sinode, luidens 'n verklaring deur dié streeksinode.

Oostelike Sinode: Verklaring oor vergadering (17 en 18 November 2021)

  Meer as 200 afgevaardigdes van die 84 gemeentes van oor Mpumalanga en die ooste van Pretoria het te midde van die Covid-regulasies in die kerkgebou van die NG Kerk Skuilkrans vir twee dae vergader op versoek van twee ringe en ’n beskrywingspunt van Burgersfort gemeente. Die eerste deel van die sinodesitting is gewy aan

Oostelike Sinode: Verklaring oor vergadering (17 en 18 November 2021) Lees verder

Aktueel Verklarings
Jurie le Roux se akademiese aanslag, eers by Unisa (1971-1986) en toe by UP (1987-2009, en na aftrede steeds in ander hoedanighede), was om hom behoorlik ín te leef in die antieke en die moderne, verduidelik die skrywer in dié huldeblyk. Foto: Verskaf

Mos maar saam: Jurie Hendrik le Roux (14 Nov 1944 – 12 Okt 2021)

Veral in dankbaarheid, vir wie hy was en vir sovele goeie dinge wat hy vir ons beteken het, en ook met hartseer dat hy nou heengegaan het, bedink ons vir ’n wyle, maar vir altyd, die gawe wat Jurie le Roux vir ons was. Vir sy geliefdes het hy alles gegun; aan die akademiese en

Mos maar saam: Jurie Hendrik le Roux (14 Nov 1944 – 12 Okt 2021) Lees verder

Aktueel In Memoriam
Sal ek dit vat of sal ek nie? Patricia Theart is een van 80 haweloses wat in Augustus die kans aangegryp het om ’n Covid-inenting by MES se Parow Drop-in-sentrum te kry danksy ’n inisiatief deur VRCID (Voortrekker Road Corridor Improvement District), die Bellville-kliniek en die gesondheidsdepartement. Foto: Gerda Gerber (MES)

Só kan ons kalm oor die Covid-entstof met mekaar verskil

Die reël was altyd jy praat nie oor godsdiens, sport of politiek in beleefde geselskap nie. Vandag voel ’n mens dikwels die Covid-19-entstof kan ook by hierdie lysie ingesluit word. Heléne Meissenheimer hoor by ’n kliniese maatskaplike werker hoe gelowiges gesprekke oor dié onderwerp kan benader sonder dat verhoudings verbrokkel. Vurige opposisie teen die entstof

Só kan ons kalm oor die Covid-entstof met mekaar verskil Lees verder

Aktueel Artikels

Oor die reg om te verskil

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Lees die Algemene Sinode (AS) se SGV-besluit hier, saam met onlangse berigte in Kerkbode en in die sekulêre media rakende uiteenlopende benaderings in die NG Kerk. In die een berig trek ’n Oos-Kaapse kerkleier te velde teen ’n gewaande “mobiliseringsveldtog” van Kairos Netwerk. In punt 9 van die AS se

Oor die reg om te verskil Lees verder

Aktueel Briewe

Inenting: Jou siening het implikasies vir ander en jou spiritualiteit

Kobus Smit skryf: Ek loop nou die dag ons buurvrou op straat raak. Sy het Covid gehad en was vreeslik siek, so ook haar man. Hulle is baie ernstige Christene en getroue lidmate van ’n charismatiese kerk. Ek verneem toe na haar welstand en bewoë vertel sy my van die dieptes van ellende waardeur sy

Inenting: Jou siening het implikasies vir ander en jou spiritualiteit Lees verder

Aktueel Briewe

‘Welkom’-bordjie beteken nie kerk is werklik divers

Johannes Mouton van Table View skryf: “Oop lidmaatskap en oop deure lei 35 jaar later tot oop harte.” Dit is die woorde van prof Johan van der Merwe waar hy (in sy Dinkstof-rubriek) skryf oor die uitvloeisel van die 1986 Algemene Sinode se besluit waar die NG Kerk haar lidmaatskap en deure oopgegooi het vir

‘Welkom’-bordjie beteken nie kerk is werklik divers Lees verder

Aktueel Briewe

Treur oor mense, eerder as standpunte

Louis van der Riet skryf: Soos ’n kind wat hulle ouers sien baklei, wil ek graag die volgende waarneming deel oor die geskil wat ek sien afspeel tussen die strydende partye in die NG Kerk rakende die 2019-besluit oor menslike seksualiteit en die huwelik. Dit wil voorkom asof daar twee kante in hierdie geskil is

Treur oor mense, eerder as standpunte Lees verder

Aktueel Briewe

Moedelose proponent: ‘Ek het al meer as 60 keer aansoek gedoen’

Anoniem* skryf: Die afgelope tien maande doen ek konstant aansoek vir elke moontlike predikantspos wat beskikbaar is. Ek is ’n gelegitimeerde proponent wat my studies met entoesiasme voltooi het en opgewonde was om in die bediening te tree. My studies is deur die NG Kerk betaal deur die beurs-lening-ooreenkoms van 75% en 25%. Sodra ek

Moedelose proponent: ‘Ek het al meer as 60 keer aansoek gedoen’ Lees verder

Aktueel Briewe

Ongeregtigheid: Jesus gee vir ons nuwe perspektief

JG de Bruin van Durbanville skryf: Elke dag op pad klas toe kom ek van aangesig tot aangesig met een of ander vorm van ekonomiese ongeregtigheid (ek dink Jesus sou gefloreer het in Suid-Afrika) en ek besef ge­reeld dat dit nie net ek is wat daagliks met hierdie realiteit getref word nie. My kar is

Ongeregtigheid: Jesus gee vir ons nuwe perspektief Lees verder

Aktueel Briewe
Die NG Suidkus-gemeente in Amanzimtoti bak brode vir hulle gemeenskap omdat alle winkels toe of gestroop is.

Só kan jy KwaZulu-Natal help

’n Rampfonds waartoe enigeen kan bydra en om enige hulpbehoewende te help, is namens die KwaZulu-Natal Sinode begin om hulpverlening te help koördineer aan van die verpletterde gemeenskappe in hulle provinsie. In die nadraai van die plundery stroom mense uit geplunderde areas vroegoggend na naburige dorpe waar kos nog gekoop kan word. “Dit lyk erger

Só kan jy KwaZulu-Natal help Lees verder

Aktueel Hoopstories Nuus

‘Ons is OK, want ons is nie alleen nie’

Ds Marlize Malherbe van NG gemeente Richardsbaai skryf: “Covid 19. Pandemic. Vaccinations. Lockdown. Restrictions.” Dit is alles woorde wat ons tong die afgelope paar maande gladweg en sonder moeite leer sê het. Maar onverwags moes daar plek gemaak word vir ander woorde … Woeste woorde … Woorde wat die vrees en onsekerheid wat die vorige

‘Ons is OK, want ons is nie alleen nie’ Lees verder

Aktueel Briewe

#Covidverhale: Maak ’n verskil, al is dit net vir een

Covid-verhale is waar lesers vertel van hulle persoonlike geloofsreis tydens die pandemie. Stuur vir ons jou storie by helene@bmedia.co.za.  Willem de Swyger (skuilnaam*) is ’n prokureur wat woon en werk op Stellenbosch, maar ook dig en skryf. Onlangs het sy eerste CD die lig gesien. Ná hy, sy vrou en hulle dogtertjie Covid opgedoen het,

#Covidverhale: Maak ’n verskil, al is dit net vir een Lees verder

Aktueel Briewe

Staak hierdie ‘anargie’ – SARK 

“The destruction we are witnessing will have far-reaching and long-lasting impacts. It is a state of civil anarchy and mayhem that cannot and should not be tolerated. We appeal for a moment to stop.” Só het die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke Maandag 12 Julie in ’n verklaring laat hoor te midde van protes en plundering

Staak hierdie ‘anargie’ – SARK  Lees verder

Aktueel Verklarings
Marius en Lizette Cornelissen.

Huldeblyk aan Marius Cornelissen (12 Desember 1953 – 1 Julie 2021)

Kerkbode bied ’n diens waar lesers doodsberigte of huldeblyke kan aanbied vir publikasie op ons In Memoriam-blad.  Lees hier meer. Mooi herinneringe van kollegas, wat wyd op ’n verskeidenheid van platforms gedeel word, maak die heengaan van Marius Cornelissen ’n pynlike werklikheid. Dit in ’n tyd van ’n pandemie waartydens van baie bekendes en geliefdes na aan ons afskeid

Huldeblyk aan Marius Cornelissen (12 Desember 1953 – 1 Julie 2021) Lees verder

Aktueel In Memoriam

NG Kerk se reaksie op nuwe huwelikswet

Uit die kantoor van dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk: Die sluiting van huwelike en verbintenisse geskied tans aan die hand van die volgende wette: Die Huwelikswet van 1961 (Marriage Act of 1961). Die Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike van 1998 (Customary Marriage Act of 1998). Die Wet op Burgerlike

NG Kerk se reaksie op nuwe huwelikswet Lees verder

Aktueel Verklarings

Openbare regstelling soos vereis deur ondersoekliggaam van die Ring van Johannesburg

Dr André Bartlett skryf: Op 23 September 2018 het ek in die Sondagkoerant Rapport kritiese kommentaar gelewer op bepaalde uitsprake van dr Chris van Wyk wat op daardie stadium ’n moderatuurslid van die Algemene Sinode van die NG Kerk was. My kommentaar was gerig op die volgende: die kwetsende verband wat dr Van Wyk in

Openbare regstelling soos vereis deur ondersoekliggaam van die Ring van Johannesburg Lees verder

Aktueel Verklarings

Hoeveel Ben du Toit’s is daar in die NGK?

Dr Bernhard Ficker van Somerset-Wes skryf: In “Is daar ’n verskil tussen post-teisme en ateisme” (14.05.21) skryf prof Amie van Wyk dat Ben du Toit se boek “waarskynlik een van die opspraakwekkendste teologiese boeke is wat ooit in Afrikaans geskryf is”. Wat egter meer opspraakwekkend is, is die reis van Ben du Toit van gelowige

Hoeveel Ben du Toit’s is daar in die NGK? Lees verder

Aktueel Briewe
Scroll to Top