Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Aktueel

NG gemeentes word gevra om dit te oorweeg om op Aswoensdag saam met kerke regoor die wêreld tyd in te ruim vir voorbidding vir die Oekraïne,” skryf dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk. Foto: Wêreldbond van Bybelgenootskappe

Pleidooie vir voorbidding en Bybels vir Oekraïne

NG gemeentes word gevra om op Aswoensdag 2 Maart dit te oorweeg om tyd in te ruim om saam met kerke oral in die wêreld te bid vir vrede in Oekraïne, die Oos-Europese land wat tans deur Rusland binnegeval word. Dié versoek kom van dr Gustav Claassen, die algemene sekretaris van die NG Kerk, in […]

Pleidooie vir voorbidding en Bybels vir Oekraïne Lees verder

Aktueel Nuus
Dit is gesigte soos hierdie waar gemeentelede van Brakpan-gemeente kos verpak het wat aan behoeftiges in die gemeenskap uitgedeel is wat grendeltyd een van die mees besielende ervarings van haar loopbaan gemaak het, vertel ds Nioma Venter aan Marietjie Warrington. Foto: Kerkbode-argief

Waardevolle lesse uit Covid-19 en grendeltyd

“Ek het geweldig geestelike baat gevind by die pestilensie. Dit het my geloof in God versterk deurdat ek sy daaglikse Stem, Versekering en Vrede op ’n besondere manier ervaar het. Ons het ook die Here se versorging op ’n uitsonderlike wyse beleef: Vir twee jaar kon ek nie optree en inkomste verdien nie, maar dag

Waardevolle lesse uit Covid-19 en grendeltyd Lees verder

Aktueel Artikels

‘My grootste geskenk as gay bedienaar van die Woord …’

Dr Louis van der Riet skryf: Hierdie lesersbrief is gerig aan elkeen wat hulleself as ’n bondgenoot (“ally”) van LGBTQI+ mense beskou. In navolging van Jesus, word ons geroep om as bondgenote op te tree; mense wat ongeregtigheid teenstaan namens die noodlydende, die arme en die verontregte. So ’n persoon het mag wat hierdie mense

‘My grootste geskenk as gay bedienaar van die Woord …’ Lees verder

Aktueel Briewe

‘Kerk is g’n republiek waar die meerderheid besluit’

Johann Theron van Kraaifontein skryf: Die woord “liberalisme” word nogal gereeld gehoor in ons kerk. Richard Niebuhr beskryf die liberale benadering in sy boek The kingdom of God in America as hy sê: “A God without wrath brought men without sin into a kingdom without judgement through the ministrations of a Christ without a cross.”

‘Kerk is g’n republiek waar die meerderheid besluit’ Lees verder

Aktueel Briewe
Na prof Wentzel van Huyssteen se aftrede in 2014 as professor aan die Universiteit van Princeton in die VSA, keer hy en sy vrou Hester (Hasie) terug na Suid-Afrika en word hy buitengewone professor aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit Stellenbosch. In 2013 beleef prof Wentzel en sy vrou Hester ’n groot hartseer toe hulle een seun Daniël op 42-jarige leeftyd in Amerika sterf. Minder as ’n dekade later sterf prof Wentzel en hy word oorleef deur sy vrou Hasie, ’n seun Henk, dogters Ilze en Nina, skoon- en kleinkinders. Foto: Neels Jackson / Kerkbode-argief

Wentzel van Huyssteen sterf – ’n teoloog van wêreldgehalte 

Op 18 Februarie 2022 sterf prof Wentzel van Huyssteen in Durbanville. So groet ’n wêreldwye geloofsgemeenskap een van die knapste teoloë wat die NG Kerk ooit opgelewer het. Prof Wentzel se integriteit en nalatenskap as gerekende teoloog en navorser is oorbekend, ’n seun uit ’n eenvoudige sendingpastorie, wat net soos sy oupa en vader geroepe

Wentzel van Huyssteen sterf – ’n teoloog van wêreldgehalte  Lees verder

Aktueel In Memoriam
Dr Kruger du Preez en Antoinette is al 50 jaar "onskeidbaar". Hy lewer op Sondag 27 Februarie sy afskeidsboodskap as kontrakleraar by Aandbloem NG Gemeente op Bloemfontein net om op 1 Maart in ’n nuwe pos te begin in diens van die teologiese opleidingsnetwerk NetACT (Network for African Congregational Theology). Foto: Verskaf

Geen keer aan dié leraar op 72

“Hallo! Dit is ds Kruger du Preez,” begin die stemboodskap op dr Du Preez se selfoon waarin hy jou vriendelik nooi om ’n boodskap te los voor hy afsluit met ’n vrolike ‘Cheers!’ Dit klink nie soos die stem van ’n 72-jarige dominee wat op aftrede staan nie. Dié leraar/dosent/sendeling en oupa van vier is

Geen keer aan dié leraar op 72 Lees verder

Aktueel Hoopstories
"Ons erken die akademiese vryheid van (die Fakulteit Teologie op Stellenbosch), maar vra ook vir die fakulteit om die diversiteit van standpunte in die kerk in berekening te bring. Vryheid staan nie los van verantwoordelikheid nie," lui 'n verklaring van die dagbestuur van die kuratorium van die Wes-Kaap op 18 Februarie 2022. Foto: Kerkbode-argief / 2019.

‘Queering the prophet’: Verklaring deur kuratorium

Verklaring van die dagbestuur van die kuratorium van die Wes-Kaap op 18 Februarie 2022 Die konferensie Queering the prophet van die Gendereenheid by die Fakulteit Teologie op Stellenbosch is ter sake: Die dagbestuur het kennis geneem van bogenoemde konferensie en die wye gesprek wat daaroor op sosiale media en in Kerkbode plaasvind. Ons maak die

‘Queering the prophet’: Verklaring deur kuratorium Lees verder

Aktueel Verklarings

Prof by Maties maak kapsie teen konferensie

Louis Jonker, uitgelese professor in Ou Testament, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, skryf:   Hiermee wil ek graag reageer op die polemiek rondom die “Queering the prophet”-konferensie wat deur die Gendereenheid by die Fakulteit Teologie op Stellenbosch aangebied word.   Ek is op rekord dat genderperspektiewe uiters belangrik is vir die hermeneutiese besinning binne die NG

Prof by Maties maak kapsie teen konferensie Lees verder

Aktueel Briewe

Tema van konferensie by universiteit ontstel

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Dit is met absolute afgryse dat ek as toegewyde NG lidmaat lees die Sinode van Wes-Kaapland adverteer ’n konferensie met die titel “Queering the prophet”. Die advertensie begin so: “The *Gender Unit of the Beyers Naudé Centre for Public Theology, Faculty of Theology, Stellenbosch University, invites you to a conference

Tema van konferensie by universiteit ontstel Lees verder

Aktueel Briewe
Enel Lambrecht praat oor die waarde van terugkeer. Foto ter illustrasie (Unsplash).

‘Om outentiek te wees’

Marileen Steyn in gesprek met Enel Lambrechts As jy by die venster uitkyk, kan jy dalk Knysna se bekende Koppe sien. Maar dis nie dít wat vandag my aandag vra nie. Daar is twee eienskappe van Enel wat my tref: hoe sy tegelyk sag en sterk vertoon, en hoe haar huisgesin haar menswees aanvul. Sy

‘Om outentiek te wees’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Johann Winterbach praat oor rondtas. Hy onderskei tussen twee soorte: rondtas omdat jy weet, teenoor rondtas omdat jy wanhopig is. Foto ter illustrasie

‘God speel wegkruipertjie’

Marileen Steyn in gesprek met Johann Winterbach.    Op ’n grys dag in George is Johann se gunstelingkoffiewinkel ’n welkome tuiste. Die kafee is vol kuns, dis kleurvol en daar is regte “kafee-musiek” in die agtergrond. Johann is ’n gemoedelike mens. Hy gesels maklik en lekker – en ek glimlag heimlik vir die manier waarop

‘God speel wegkruipertjie’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Bernard Nienaber het die stilte meer waardeer. Foto: Pexels
Bernard Nienaber het die stilte meer waardeer. Foto: Pexels

‘Om minder besig te wees, en net soveel of selfs meer te bereik’

Marileen Steyn in gesprek met Bernard Nienaber* Ek ry na die gemeente om met Bernard te gaan gesels, en dit voel asof ek op ’n soort naat beweeg: Links is die oop veld, en regs ’n inkopiesentrum. Die hele omgewing adem iets van tussen grense wees, maar ek kan nie my vinger daarop lê nie.

‘Om minder besig te wees, en net soveel of selfs meer te bereik’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Wynand Nel soek alternatiewe vorme van saam-wees. Foto: Unsplash
Wynand Nel soek alternatiewe vorme van saam-wees. Foto: Unsplash

‘Daar is alternatiewe maniere van saamwees’

Marileen Steyn in gesprek met Wynand Nel Hy beskryf homself as “voorheen tradisioneel”. Deesdae is hy eerder ’n buitestander. Selfs voor Covid-19 op die toneel verskyn het, was Wynand Nel se bediening alternatief van aard. Ek onthou die eerste keer toe ek een van Kruiskerk.co.za se eredienste in die NG gemeente Pinelands se kerkgebou bygewoon

‘Daar is alternatiewe maniere van saamwees’ Lees verder

Aktueel Reeks 1: Predikante in 'n pandemie Reekse
Met hul stolas trots om hul skouers is hierdie groep diensleraars verlede jaar Maart by die NG kerk se Kuratorium op Stellenbosch gelegitimeer. Die vermoede is dat leraars in die jare vorentoe toenemend die kansel met bedienaars en diensleraars sal deel, die ‘nuwe bane’ wat meer geroepenes tot die bediening in die kerk toelaat. Foto: Verskaf

Meer bedienaars en diensleraars as predikante in 2030?

Slegs ’n paar jaar van nou af mag daar tot dubbel soveel bedienaars en selfs tot vyf keer soveel diensleraars as leraars in diens van die NG Kerk wees. Dit is ’n scenario wat heelwat implikasies inhou vir teologiese opleiding. Só reken ’n werkgroep van die Algemene Kuratorium wat onlangs ’n voorlopige verslag hieroor aan

Meer bedienaars en diensleraars as predikante in 2030? Lees verder

Aktueel
Jaap Durand, afgeneem tydens 'n Kerkbode-besoek aan sy huis op Stellenbosch in Mei 2021. Foto: Le Roux Schoeman / Kerkbode

Jaap Durand (1934-2022) | Teoloog wat grense oorsteek en beperkings uitdaag

Met die afsterwe van prof Jaap Durand (87) in die vroeë oggendure van 24 Januarie 2022 in die La Clémence-aftreeoord te Stellenbosch, groet ons ’n gerespekteerde teoloog, akademikus en Struggle-ikoon. Hy was iemand met ’n ingebore kompas vir regverdigheid en geregtigheid, wat soos Jesus met sagte oë na verontregte mense kon kyk, hulle nood kon

Jaap Durand (1934-2022) | Teoloog wat grense oorsteek en beperkings uitdaag Lees verder

Aktueel In Memoriam

Lei alle gelowe regtig na God?

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Prof Johannes Froneman se vraag “Wat beteken Tutu se teologie?” (Kerkbode, 21/01/2022) het betrekking. Ek stem saam met prof Froneman dat wyle emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ’n besondere mens was wat ’n bepaalde boodskap van liefde op maatskaplike en politieke vlak laat grondvat het toe die land dit die nodigste gehad

Lei alle gelowe regtig na God? Lees verder

Aktueel Briewe

Organies-historiese proses van Skrifuitleg

Albin Bowler van Bellville skryf: Sogenaamde behoudendes en/of dolerendes ignoreer verskeie aspekte van die hermeneutiese proses om die Bybelse boodskap te vertolk vir die moderne mens. Daar is dele wat hermeneuties uitgelê moet word. Sommige van die uitsprake, gebruike en instruksies is vir ons, wat duisende jare later leef, vreemd. Lees ook: Kerkskeuring: 5 vrae

Organies-historiese proses van Skrifuitleg Lees verder

Aktueel Briewe
Scroll to Top