Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Aktueel

Die simboliek van die verskuiwing van ‘Pienk Piet’

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Die artikels van drr Leslie van Rooi en Frits Gaum wat in Die Burger verskyn het, was waarskynlik in reaksie op die Namibiese Sinode wat aangedui het dat hulle hulleself distansieer van die teologiese opleiding wat by Universiteit Stellenbosch, Pretoria en die Vrystaat aangebied word. Albei skrywers het verwys na […]

Die simboliek van die verskuiwing van ‘Pienk Piet’ Lees verder

Aktueel Briewe
Die internasionale Christelike hulporganisasie Mission Without Borders werk saam met ‘n netwerk van kerke om Oekraïense vlugtelinge soos hierdie vrou te help met kos, klere en skuiling. FOTO: Mission Without Borders

Vlugtelinge uit Oekraïne: Help ons hoop uitdeel vra sendingorganisasie

Die Christelike hulporganisasie Mission Without Borders berig dat hulle, met behulp van vrywiligers en plaaslike kerke, hoop en omgee met duisende vlugtelinge uit Oekraïne gedeel het. Mission Without Borders is ’n internasionale Christelike hulporganisasie wat in vennootskap met kerke in Oekraïne, Roemenië en Moldawië help met praktiese bystand soos warm maaltye, kospakkies, klere en veilige

Vlugtelinge uit Oekraïne: Help ons hoop uitdeel vra sendingorganisasie Lees verder

Aktueel Nuus uit die buiteland
Die Christelike Sondag se wortels lê in Paasfees, die fees waar lewe uit die dood verrys. Elke Sondag is ’n Paasfees … En al die Sondae van die jaar kring vanaf Paasfees uit soos vanaf ’n episentrum, skryf Cas Wepener. Foto: Argief

Paasviering as passiewe protes

Agtuur Sondagoggend. Ek moet kies – kerk of werk? Die studente se werkstukke verder nasien, of eerder kerk toe gaan? Skape dip of in die bakkie klim en kerk toe gaan? Die gesit en gesing en gebid in die erediens is tog net tydmors. Ek kan my Sondag sekerlik veel meer produktief inrig. Die feit

Paasviering as passiewe protes Lees verder

Aktueel Artikels
Professor Johnny du Plessis, alias Pienk Piet, was ook maar net ’n man van sy tyd met sienings wat vandag krities en met onderskeiding beoordeel moet word, skryf dr Johann Ernst. Foto: Morné van Rooyen via af.wikipedia.or

‘Johnny du Plessis must fall’

Histerie en historie klink amper dieselfde. Maar die gebruik van twee afsonderlike klinkers, tien letters van die alfabet van mekaar, sê tog dat daar ’n wesenlike verskil is, skryf Johann Ernst.   Daar het nou weer in die pers ’n histerie losgebars oor die Du-Plessisstryd van destyds na analogie van vandag se teologiese stryd in

‘Johnny du Plessis must fall’ Lees verder

Aktueel Artikels
“Dit is makliker gesê as gedoen om sin te maak van die voorgestelde gewysigde Wet op Nasionale Gesondheid,” skryf die teoloog en akademikus prof Anton van Niekerk, oor die veelbesproke voorgestelde gesondheidswetgewing om toekomstige pandemies te bekamp. Foto: Verskaf

Hoe demokraties is voorgestelde ‘pandemieregulasies’?

As daar een ding is wat die Covid-pandemie ons geleer het, is dit dat ons nie “’n vergemakliking en stroomlyning van outoritêre maatreëls om ‘noodtoestande’ links en regs te ‘bestuur’” nodig het nie, maar wel ’n genormaliseerde demokrasie, skryf Anton van Niekerk. Ons het almal ’n sug van verligting geslaak toe dit blyk dat die

Hoe demokraties is voorgestelde ‘pandemieregulasies’? Lees verder

Aktueel Artikels

NG Kerk ‘tevrede’ met oordra van Covid-beperkings, maar steun SARK se versoek om verslapping

Die NG Kerk ondersteun die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) se versoek om verslapping van Covid-verwante beperkings op massabyeenkomste, sê dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk. President Cyril Ramaphosa het die nasionale ramptoestand hierdie week tydens ’n direkte uitsending opgehef – ’n stap wat allerweë verwelkom is. Dit is twee jaar en

NG Kerk ‘tevrede’ met oordra van Covid-beperkings, maar steun SARK se versoek om verslapping Lees verder

Aktueel Nuus

Vryheidsdag, 27 April, is ook ons gelowiges s’n

Freek Swanepoel, ’n mede-lidmaat, skryf:                             Ai, dis my land,                         dis my Suid-Afrika! Só het ons as Penkoppe uit volle bors by die Voortrekkers gesing. In die kerk het ons weer saam met die gemeente oor ons volk gesing,                           deur U op aard’ geplant. Dit het ons gevorm om die Here as Skepper en Beskikker

Vryheidsdag, 27 April, is ook ons gelowiges s’n Lees verder

Aktueel Briewe

NG Kerk in Noord-Kaapland hou na ses jaar streeksinode (9-13 Mei)

’n Daglange bespreking van onder meer Skrifgesag, kerkeenheid en selfdegeslagverhoudings is van die items op die agenda wanneer Noord-Kaapland se streeksinode by die City of Hope-kerk in Kimberley vanaf 9 tot 13 Mei sal plaasvind.   Ander gesprekspunte sluit die droogtehulpprojek, ekumene en die Bedienaars van die Woord-kursus in.   “Tussen 30% en 40% van

NG Kerk in Noord-Kaapland hou na ses jaar streeksinode (9-13 Mei) Lees verder

@sinode Aktueel
Dennis Green, tweede van links (met die swart beret) op die foto, wil graag hoor wat het geword van die troepe wat hy opgelei het terwyl hy in 1984 ’n instrukteur was by PDK-skool. Foto: Verskaf

‘Wat het van my troepies geword?’

Dennis Green van Langenhovenpark skryf:   Van Januarie tot einde April 1984 was daar 84 NDP-kapelane onder opleiding by die Personeeldienskorpsskool in Voortrekkerhoogte (basiese opleiding en opleiding deur die kapelaan-generaal se kantoor). Ek was een van die instrukteurs oor die tydperk by PDK-skool.   Die groep van 84 kapelane was van verskillende kerkgroepe. Die meerderheid

‘Wat het van my troepies geword?’ Lees verder

Aktueel Briewe

‘Waarheid’ in die verdeeldheid

Chris Smith van Westonaria skryf: Die verdeeldheid in die NG Kerk word duidelik in die sienings rondom selfdegeslagverhoudings (SGV). Dit is egter net ’n simptoom, want agter elkeen se motivering gaan dit oor Skrifgesag en Skrifhantering. Die meeste persone erken dat dit is waar ons werklik verskil. Ek vermoed die verskil in die benaderings rondom

‘Waarheid’ in die verdeeldheid Lees verder

Aktueel Briewe

‘Belydend’ eerder as ‘dolerend’?

Prof JW (Hoffie) Hofmeyr skryf: In ’n nuwe en merkwaardige ontwikkeling het dit by monde van die plaaslike predikant van die NG Gemeente Richmond in die Noord-Kaap, dr Theo Badenhorst, bekend geword dat ook hierdie gemeente hulle op 23 Februarie met blydskap verklaar het tot ’n “belydende gemeente” oftewel “dolerende gemeente”. Hulle besluit wat ook

‘Belydend’ eerder as ‘dolerend’? Lees verder

Aktueel Briewe

Evangelisasie in gemeentes: Programme versus kultuur | DIE NG KERK EN EVANGELISASIE DEEL 4

AFLEWERING 4 UIT 4 Soms gebeur dit in gemeentes dat ’n entoesiastiese groepie lidmate evangelisasie doen of dat die gemeente ’n spesifieke program of veldtog oor evangelisasie doen. Hierdie kan die persepsie of gerustheid skep dat die gemeente wel evangelisasie doen. Bliese en Van Gelder noem dit ’n ernstige reduksie en selfs die doodsteek van

Evangelisasie in gemeentes: Programme versus kultuur | DIE NG KERK EN EVANGELISASIE DEEL 4 Lees verder

Aktueel Artikels
Die boek bied inspirasie en prikkel dit die verbeelding oor wie en wat die kerk geroep is om te wees skryf Johan Botes in sy resensie.

Boek prikkel verbeelding oor kerkwees post-covid

Mission Moves – Cultivating Communities Of The Gospel deur Malan Nel (redakteur) Uitgewer: OSIS Boeke, 2021 Resensent: Johan Botes   In ’n gesprek oor kerk-wees na Covid sê ‘n kollega: “Ons weet nog nie waar ons gaan land nie. Alles is nog in die lug.” Ek vermoed daar word in meeste gemeentes gesoek na ankerpunte

Boek prikkel verbeelding oor kerkwees post-covid Lees verder

Aktueel Boeke
In Leef in Volkleur gesels Johan Smith oor verhoudings vanuit die vertrekpunt dat die mens se verhouding met God die grondslag vir alle ander verhoudings is.

Breë spektrum van verhoudings vanuit ’n Bybelse hoek bekyk

Leef in Volkleur deur Johan Smith Uitgewer: LUCA Uitgewers, 2022 Resensent: Rethie van Niekerk   In Leef in Volkleur gesels Johan Smith oor verhoudings. Hy glo dat die lewe om verhoudings gaan. Die verhouding met God is die grondslag vir alle ander verhoudings. Vanuit hierdie oortuiging kyk Smith dan na ’n breë spektrum van verhoudings:

Breë spektrum van verhoudings vanuit ’n Bybelse hoek bekyk Lees verder

Aktueel Boeke
"JM Vorster raak komplekse etiese gesprekke van ondermeer aborsie, genadedood, die doodstraf, die huwelik, ras en seksualiteit aan, en evalueer dit vanuit hierdie teologiese perspektief van lewe," skryf dr Carike Noeth in haar resensie.

Boek poog om teologiese perspektief te bied op komplekse etiese gesprekke

Boek poog om teologiese perspektief te bied op komplekse etiese gesprekke   The Gift of Life. Towards an ethics of flourishing personhood deur JM Vorster  Uitgewer: AOSIS Boeke, 2021 Resensent: Carike Noeth In The Gift of Life kyk die skrywer deur middel van Gereformeerde teologiese etiek na die etiek van menslike florering. Vorster se siening

Boek poog om teologiese perspektief te bied op komplekse etiese gesprekke Lees verder

Aktueel Boeke

Ons sien uit na gesprek met die Sinode van Namibië – Nelis

Ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter: Algemene Sinodale Moderamen, skryf: Die brief “Oor Namibië se ‘ultimatum’” verwys. Die Algemene Sinodale Moderamen en Algemene Kuratorium het by verskeie geleenthede lidmate, kerkrade, ringe en sinodes genooi om oor teologiese opleiding met konkrete besware of voorstelle na die Algemene Kuratorium te kom of om hulle kommer oor die

Ons sien uit na gesprek met die Sinode van Namibië – Nelis Lees verder

Aktueel Briewe
Ds Willem van der Colff en sy gesin staar ’n onseker toekoms in Pole in die gesig na hulle onlangs, soos meer as 2,8 miljoen mense, uit die Oekraïne moes vlug voor die gewelddadige Russiese aanslag op die land. Foto: Verskaf

Sendeling en sy gesin vlug uit Oekraïne*

Die gesin van die Afrikaanse sendeling, ds Willem van der Colff*, tel nou onder die meer as 2,8 miljoen mense wat teen middel-Maart uit die Oekraïne voor die Russiese aanslag op hierdie Oos-Europese land gevlug het. Die voortslepende konflik sedert Rusland hierdie voormalige Sowjetunie-lidland op 24 Februarie met tenks, geweervuur en die afvuur van missiele

Sendeling en sy gesin vlug uit Oekraïne* Lees verder

Aktueel Nuus uit die buiteland
Magda Slabbert was getroud met 'n beroepsoldaat tydens die Bosoorlog en het haar lewensverhaal vir ervare storieverteller Maretha Maartens vertel.

Vertelling stel vrae oor verstaan van God, verbond en genade

Klankgrens: ’n Oorlog teen geloof en hoop deur Maretha Maartens en Magda Slabbert Uitgewer: LUCA, 2022 Resensent: Elmarie Dercksen   Magda Slabbert, getroud met Rufus, ’n beroepsoldaat tydens die Bosoorlog, nou afgetree as regiment-sersantmajoor van 1 Spesiale Diensbataljon, het haar lewensverhaal aan Maretha Maartens vertel. Dit het die ervare storieverteller Maartens drie jaar geneem om

Vertelling stel vrae oor verstaan van God, verbond en genade Lees verder

Aktueel Boeke

‘As die NG Kerk maar net weer op kerklike wyse na Woord wil luister’

Ds Theo Danzfuss van Nelspruit skryf: Die debat of God as moeder of heilige prisma aanbid moet word, was skaars verby toe vlam dit weer op in die Vrystaatse sinode. Minstens twee sprekers by die sinode pleit dat ons God ook as moeder moet aanbid.   In Psalm 131 vergelyk Dawid God se liefde met

‘As die NG Kerk maar net weer op kerklike wyse na Woord wil luister’ Lees verder

Aktueel Briewe
“Vriende, die diverse, komplekse, uitdagende en transformerende konteks van die universiteit, is uiteindelik ’n veilige ruimte waar studente hulleself voorberei vir presies dieselfde diversiteit, kompleksiteit, uitdagings en transformasie wat hy uiteindelik in sy bediening in die oë moet kyk in die wêreld daarbuite." - Dr Juanita Meyer

Teologiese opleiding: Universiteit bied tog veilige ruimte, hoor sinode

Akademici met uiteenlopende perspektiewe was Woensdag (9 Maart) onder die sprekers wat aan ’n sinodegesprek in Bloemfontein oor teologiese opleiding en bedieningsbegeleiding deelgeneem het. Johan Janse van Rensburg, ’n emeritusprofessor wat dekades lank in die bediening was, het die sinode met ’n wegspring-skyfie teen die grootskerm gewaarsku dat daar “’n probleem” met teologiese opleiding is.

Teologiese opleiding: Universiteit bied tog veilige ruimte, hoor sinode Lees verder

@sinode Aktueel
Die boek "verwys na die wens wat ouers het om saam met hulle kind op avonture te gaan. Dit vang die eenvoud van gesinslewe vas sonder om aanneming op te hemel," skryf Tilana Meyer-Morkel in haar resensie van 'Jy is ’n wens'.

Aanneming word hier genormaliseer eerder as opgehemel

Jy is ’n wens deur Jaco Jacobs, geïllustreer deur Tumi K Steyn Uitgewer: Pan Macmillan, 2022 Resensent: Tilana Meyer-Morkel   Jaco Jacobs se Jy is ’n wens is ’n aangrypende boek wat die diversiteit en eenvoud van die wens vir ’n kind deur aanneming vasvang.   Hierdie boek, saam met die kleurryke (letterlik en metafories)

Aanneming word hier genormaliseer eerder as opgehemel Lees verder

Aktueel Boeke
Scroll to Top