Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Briewe

Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuiging van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Weet lidmate hoe om hulle geloof in Christus met ander te deel?

Cules Hammann van Pretoria skryf: Ek verwys graag na prof Nelus Niemandt se artikel onder die opskrif “Die Goeie Nuus: meer as ’n oorvloed stellings” in Kerkbode van 13 Mei 2022, waarin hy pleit vir ’n heeltemal ander benadering tot evangelisasie en die inruiming van eredienste. Sy artikel volg op ’n reeks insiggewende artikels (Deel […]

Weet lidmate hoe om hulle geloof in Christus met ander te deel? Lees verder

Aktueel Briewe

‘Pasop vir hierdie foute in kritiek teen Algemene Sinode se visiedokument’

Prof Nelus Niemandt van Hugenote Kollege op Wellington skryf: ’n Onlangse skrywe van ds Dubois du Toit van Kestell verwys. Die skrywe is ten dele op Netwerk24 en in geheel op ander webblaaie gepubliseer (lees ook sy brief aan Kerkbode). Ds Du Toit koppel die NG Kerk se besluite aan besluite van die Verenigde Nasies

‘Pasop vir hierdie foute in kritiek teen Algemene Sinode se visiedokument’ Lees verder

Aktueel Briewe

Oor ‘droom-scenario vir NG Kerk’

Dubois van Kestell skryf: Daar was al baie konflik en stryd oor die Algemene Sinode (AS) se 2019 Selfde-geslagverhoudings (SGV) besluit wat gelei het tot vasgelooptheid in die NG kerk met die grootste verdeeldheid seker in die geskiedenis. Maar by dieselfde sinodesitting 2019 het ’n verslag onder die radar gedien wat dalk baie groter implikasies

Oor ‘droom-scenario vir NG Kerk’ Lees verder

Briewe

Waarde van enneagram vir geestelike reis

Jannie Pelser van Krugersdorp skryf:   Vergun my ’n paar gedagtes te wissel oor die merkwaardige potensiaal van die enneagram. Ek het met die enneagram te doen gekry terwyl ek die Spirituele Begeleidingskursus onder leiding van dr Willem Nicol bygewoon het. Vir my het dit voortgevloei uit die Geloofsvormingskursus wat deur Goudland Sinode aanbeveel is.

Waarde van enneagram vir geestelike reis Lees verder

Aktueel Briewe

Nooi ander om navolgers van Christus te word

Leon Westhof van Pretoria skryf: Ek verwys na Nelus Niemandt se artikel in Kerkbode van 13 Mei 2022 oor evangelisasie. Dat daar kontekstuele skuiwe gekom het en dat dit die maniere raak waarop ons die evangelie moet verpak, is inderdaad nodig soos Niemandt vra. Stefan Paas in sy boek, Pilgrims and priests, het ook ten

Nooi ander om navolgers van Christus te word Lees verder

Aktueel Briewe

Oor God se ‘onvoorwaardelike’ liefde

Ambro Hayward van Robertson skryf: Na aanleiding van ’n onlangse brief uit Oos-Londen onder die opskrif “Die Here se liefde is eenvoudig, onvoorwaardelik”, graag die volgende kommentaar. Watter boodskap word deur hierdie uitspraak (verklaring) uitgestuur? Vir baie lank reeds wag ek vir kommentaar deur van ons deurlugtige teoloë op hierdie algemene aanname. Wat sê die

Oor God se ‘onvoorwaardelike’ liefde Lees verder

Aktueel Briewe

Term “belydende gemeente” nie alleenreg vir dolerendes

Albin Bowler van Bellville skryf:   Prof JW Hofmeyr se skrywe “‘Belydend’ eerder as ‘dolerend’?” in Kerkbode van 22 April 2022 (p 8) verwys. Die NG Gemeente Richmond (onder leiding van dr Theo Badenhorst) gebruik die term “belydende” gemeente, pleks van “dolerende” gemeente. Volgens prof Hofmeyr is die bewoording ’n nuwe en merkwaardige ontwikkeling. Die

Term “belydende gemeente” nie alleenreg vir dolerendes Lees verder

Aktueel Briewe

Die kruispad …

David Magerman van Komaggas skryf:   Was jy al in jou lewe by ’n kruispad? Daardie oomblik wat jou hele lewe kan verander. Jare gelede was my vriendin op twintig jaar oud in ’n tref en trap. Sy was gesond en het niks makeer nie, sy was een van die lewenslustigste mense wat ek al

Die kruispad … Lees verder

Aktueel Briewe
’n Fotograaf het dr Danie Nel se oomblik van danksegging afgeneem toe hy na die heel laaste bult teen die afdraande af hardloop na die eindpunt van die Twee Oseane-halfmaraton. Foto: Verskaf

Inspirerende samesyn met God op halfmaraton

Dr Danie Nel van NG gemeente Wynberg skryf: Om die krag van sy opstanding te ervaar Jesus het sy volgelinge vriende genoem, omdat Hy alles wat Hy by sy Vader hoor, met hulle gedeel het. Vriende kan gewoonlik oor alles met mekaar praat omdat dit by die intieme aard van die verhouding tussen hulle pas.

Inspirerende samesyn met God op halfmaraton Lees verder

Aktueel Briewe

Die simboliek van die verskuiwing van ‘Pienk Piet’

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Die artikels van drr Leslie van Rooi en Frits Gaum wat in Die Burger verskyn het, was waarskynlik in reaksie op die Namibiese Sinode wat aangedui het dat hulle hulleself distansieer van die teologiese opleiding wat by Universiteit Stellenbosch, Pretoria en die Vrystaat aangebied word. Albei skrywers het verwys na

Die simboliek van die verskuiwing van ‘Pienk Piet’ Lees verder

Aktueel Briewe

Vryheidsdag, 27 April, is ook ons gelowiges s’n

Freek Swanepoel, ’n mede-lidmaat, skryf:                             Ai, dis my land,                         dis my Suid-Afrika! Só het ons as Penkoppe uit volle bors by die Voortrekkers gesing. In die kerk het ons weer saam met die gemeente oor ons volk gesing,                           deur U op aard’ geplant. Dit het ons gevorm om die Here as Skepper en Beskikker

Vryheidsdag, 27 April, is ook ons gelowiges s’n Lees verder

Aktueel Briewe
Dennis Green, tweede van links (met die swart beret) op die foto, wil graag hoor wat het geword van die troepe wat hy opgelei het terwyl hy in 1984 ’n instrukteur was by PDK-skool. Foto: Verskaf

‘Wat het van my troepies geword?’

Dennis Green van Langenhovenpark skryf:   Van Januarie tot einde April 1984 was daar 84 NDP-kapelane onder opleiding by die Personeeldienskorpsskool in Voortrekkerhoogte (basiese opleiding en opleiding deur die kapelaan-generaal se kantoor). Ek was een van die instrukteurs oor die tydperk by PDK-skool.   Die groep van 84 kapelane was van verskillende kerkgroepe. Die meerderheid

‘Wat het van my troepies geword?’ Lees verder

Aktueel Briewe

‘Waarheid’ in die verdeeldheid

Chris Smith van Westonaria skryf: Die verdeeldheid in die NG Kerk word duidelik in die sienings rondom selfdegeslagverhoudings (SGV). Dit is egter net ’n simptoom, want agter elkeen se motivering gaan dit oor Skrifgesag en Skrifhantering. Die meeste persone erken dat dit is waar ons werklik verskil. Ek vermoed die verskil in die benaderings rondom

‘Waarheid’ in die verdeeldheid Lees verder

Aktueel Briewe

‘Belydend’ eerder as ‘dolerend’?

Prof JW (Hoffie) Hofmeyr skryf: In ’n nuwe en merkwaardige ontwikkeling het dit by monde van die plaaslike predikant van die NG Gemeente Richmond in die Noord-Kaap, dr Theo Badenhorst, bekend geword dat ook hierdie gemeente hulle op 23 Februarie met blydskap verklaar het tot ’n “belydende gemeente” oftewel “dolerende gemeente”. Hulle besluit wat ook

‘Belydend’ eerder as ‘dolerend’? Lees verder

Aktueel Briewe

Ons sien uit na gesprek met die Sinode van Namibië – Nelis

Ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter: Algemene Sinodale Moderamen, skryf: Die brief “Oor Namibië se ‘ultimatum’” verwys. Die Algemene Sinodale Moderamen en Algemene Kuratorium het by verskeie geleenthede lidmate, kerkrade, ringe en sinodes genooi om oor teologiese opleiding met konkrete besware of voorstelle na die Algemene Kuratorium te kom of om hulle kommer oor die

Ons sien uit na gesprek met die Sinode van Namibië – Nelis Lees verder

Aktueel Briewe

‘As die NG Kerk maar net weer op kerklike wyse na Woord wil luister’

Ds Theo Danzfuss van Nelspruit skryf: Die debat of God as moeder of heilige prisma aanbid moet word, was skaars verby toe vlam dit weer op in die Vrystaatse sinode. Minstens twee sprekers by die sinode pleit dat ons God ook as moeder moet aanbid.   In Psalm 131 vergelyk Dawid God se liefde met

‘As die NG Kerk maar net weer op kerklike wyse na Woord wil luister’ Lees verder

Aktueel Briewe
Scroll to Top