Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Verstaan die Bybel

DINKSTOF: Die nie-vaspenbare Teenwoordige

So aan die begin van ’n nuwe jaar, in die gees van die viering van Epifanie en met die NG Kerk waar ons as kollegas sommer uit die staanspoor weer (steeds) kragtens “klagtes” met en oor mekaar praat, gaan my gedagtes onwillekeurig na die boek Jesaja toe. Wat my oog tydens die lees weer vang, […]

DINKSTOF: Die nie-vaspenbare Teenwoordige Lees verder

Verstaan die Bybel

Openbaring se Kersverhaal

Anders as die bekende vertellings van Jesus se geboorte in Matteus en Lukas is die Kersverhaal in Openbaring grootliks vergete. Dit gee egter ’n belangrike perspektief op die betekenis van Kersfees. Terwyl Maria se seun in Matteus deur Herodes bedreig word, en in Lukas deur die Romeinse sensus beïnvloed is, is die bedreiging in Openbaring

Openbaring se Kersverhaal Lees verder

Verstaan die Bybel

Die ‘goeie ou dae’ en die heerlikheid van God (Haggai 2:1-9)

Die boek Haggai dra die naam van die profeet wie se boodskap daarin opgeteken is. Moontlik beteken die naam “Op ’n feesdag gebore”, maar ons is nie seker nie. Haggai is die tweede kortste boek in die Ou Testament en is die tiende boek in die Dodekapropheton of “Boek van die Twaalf”. Die boek Haggai

Die ‘goeie ou dae’ en die heerlikheid van God (Haggai 2:1-9) Lees verder

Verstaan die Bybel

NUWE TESTAMENT: Om deur ons naaste versorg te word

In sy studie van die Nuwe Testament se siening van vriendskap, Virtuous friendship, gee Douglas Hume ’n interessante uitleg van die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Luk 10:25-37). Hume lees die gelykenis teen die hedendaagse afname in betekenisvolle vriendskappe om te ontdek wat dit ons oor die aard van vriendskap kan leer. Sy fokus op

NUWE TESTAMENT: Om deur ons naaste versorg te word Lees verder

Verstaan die Bybel

DINKSTOF: Die gevaar van kleingeloof

In ’n hoofstuk oor die geestelike dimensie van geloof in die Matteusevangelie maak Nijay Gupta verskeie insiggewende opmerkings oor geloof in Jesus. Hy begin deur op te merk dat Jesus se beklemtoning van die noodsaaklikheid om te glo in Matteus ietwat onverwags is in die lig van die Ou Testament. Die Ou Testament verwys naamlik

DINKSTOF: Die gevaar van kleingeloof Lees verder

Verstaan die Bybel

Om tot geldige vertolkings van die Skrif in ons tyd te kom

Daar word van tyd tot tyd ontstellende aantygings van binne die Nederduitse Gereformeerde Kerk teen dié kerk gemaak en dikwels met name teen die Algemene Sinode. Daar word onder meer bedenkinge oor die handhawing van getrouheid aan die Skrif uitgespreek, terwyl daar ook verwys word na die “liberale teologie” van die Algemene Sinode. Wanneer ons

Om tot geldige vertolkings van die Skrif in ons tyd te kom Lees verder

Verstaan die Bybel

Nuwe tydvak wink vir die herwaardering van Johannes se verstaan van Jesus

In die navorsing oor die vier Evangelies is daar reeds in die negentiende eeu daarop gewys dat daar groot verskille tussen die Johannesevangelie en die ander drie Evangelies is. So vermeld Johannes geen van Jesus se gelykenisse, die instelling van die nagmaal of sy verheerliking nie. Op sy beurt vermeld net Johannes dat Jesus die

Nuwe tydvak wink vir die herwaardering van Johannes se verstaan van Jesus Lees verder

Verstaan die Bybel

“Heilige Gees” in die Ou-Testamentiese getuienis

Verwysings na die “Heilige Gees” kom dikwels in die Nuwe Testament, maar slegs drie maal in die Ou Testament voor. Laasgenoemde drie plekke is Jesaja 63:10, 11 en Psalm 51:13.   Al drie is tekste wat post-eksilies, met ander woorde laat gedateer word. Die woord “gees” en verwysings na die “Gees van God”, of “Gees

“Heilige Gees” in die Ou-Testamentiese getuienis Lees verder

Verstaan die Bybel

Bybelse vloed gee moed

Genesis 9:8-17 word allerweë beskou as die slot van die Bybelse vloedverhaal. Eintlik moet ons sê “vloedverhale”. Van die vroegste tye in die navorsingsgeskiedenis het noulettende lesers besef dat Genesis 6:5 – 9:17 die integrasie van twee vloedverhale uit ou-Israel se tradisie verteenwoordig. Die een is in priesterkinge en die ander in nie-priesterkringe oorgelewer. Genesis

Bybelse vloed gee moed Lees verder

Verstaan die Bybel

As die opgestanes in hulle grafte rus

Matteus 27:51-53 is een van die moeilikste tekste in die Nuwe Testament om te verklaar. Die berig, wat net by Matteus voorkom, vermeld dat met Jesus se dood sekere grafte in Jerusalem geopen is en dat baie ontslape heiliges opgewek is. Hulle het vervolgens ná Jesus se opstanding uit hulle grafte gekom en Jerusalem binnegegaan.

As die opgestanes in hulle grafte rus Lees verder

Verstaan die Bybel

Riglyne vir geestelike onderskeiding

In die Nuwe Testament is geestelike onderskeiding, net soos vir gelowiges vandag, ’n belangrike aangeleentheid.  In verband skryf André Munzinger in sy Discerning the spirits: Theological and ethical hermeneutics in Paul dat Paulus op ’n veelvoud van wyses oor onderskeiding skryf.  In 1 Korintiërs 12–14 verskaf Paulus byvoorbeeld ’n drieledige kriteria vir die gemeente in

Riglyne vir geestelike onderskeiding Lees verder

Verstaan die Bybel

“My God, my God, waarom het U my verlaat?” 

Terwyl hierdie bydrae geskryf word, woed die oorlog tussen Rusland en Oekraïne steeds, terwyl ons Suid-Afrikaanse gemeenskap bly steier onder stygende lewenskoste, toename in armoede, ontbloting van meer korrupsie, protesaksies, misdaad, geweld, rassespanning en so meer. Die ontstellende is dat dit binne die NG Kerk oënskynlik nie veel anders daaraan toe gaan nie. Daar woed

“My God, my God, waarom het U my verlaat?”  Lees verder

Verstaan die Bybel

Ou Testament se verbintenistaal hoort tot kern van ons geloof

Baie van ons het grootgeword met Matteus 22:34-40 of Lukas 10:25-28 wat dikwels in ’n erediens in plaas van Eksodus 20 of Deuteronomium 5 as samevatting van die Wet gelees is. Soms het ’n dominee, wanneer hy die Lukas-weergawe van die samevatting van die Wet lees, verder gegaan en Lukas 10:29-37 ook gelees. In laasgenoemde

Ou Testament se verbintenistaal hoort tot kern van ons geloof Lees verder

Verstaan die Bybel

Om jouself deur ander te ken

In die Grieks-Romeinse wêreld is oor eeue nagedink oor die aard van die mens. Een van die vrae waaroor nagedink is, was waaruit “die self” saamgestel is wat een persoon van ’n ander onderskei. Lees ook: Alle Dinkstof-bydraes van 2021 Die vraag word weerspieël in die bekende spreekwoord “Ken jouself” wat in die tempel van

Om jouself deur ander te ken Lees verder

Verstaan die Bybel

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top