Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dinkstof

Verstaan die Bybel | Terug na die toekoms | In pas met die (lewende) God

Wanneer ‘onthou’ ons help vorentoe kyk

Ek hoor deesdae maar min dat mense nuwejaarsvoornemens het. Eerder dat hulle nog ’n ongebruikte stel van verlede jaar het. Beteken dit dat die meeste mense opgehou het om te droom oor hulle eie toekoms? Die kombinasie van Covid-19, politiek en die ekonomie is nogal dodelik vir drome. Baie van ons het, behalwe ongebruikte nuwejaarsvoornemens […]

Wanneer ‘onthou’ ons help vorentoe kyk Lees verder

Gestuur

Om jouself deur ander te ken

In die Grieks-Romeinse wêreld is oor eeue nagedink oor die aard van die mens. Een van die vrae waaroor nagedink is, was waaruit “die self” saamgestel is wat een persoon van ’n ander onderskei. Lees ook: Alle Dinkstof-bydraes van 2021 Die vraag word weerspieël in die bekende spreekwoord “Ken jouself” wat in die tempel van

Om jouself deur ander te ken Lees verder

Verstaan die Bybel

God se genade troef sy oordeel 1 000 teen vier

Bybelvertaling, soos enige ander vertaalprojek, het uitdagings en beperkings. Wanneer ons woorde uit ’n hedendaagse taal gevind het om die Hebreeus of Aramees van die Ou Testament weer te gee, het die proses van vertaling eintlik maar pas begin. Vertaling het tog geldige verstaan as einddoel. Geldige verstaan sluit onder meer die integrasie van geografiese,

God se genade troef sy oordeel 1 000 teen vier Lees verder

Verstaan die Bybel

Geestelike formasie: Vir Paulus gaan dit híéroor …

Oor die afgelope tyd het verwysings na geestelike formasie al hoe algemener geword. Daar is ook ’n groeiende gepaardgaande belangstelling in die beoefening van geestelike dissiplines soos vas, innerlike refleksie en gebed. James Thompson in sy boek, The church according to Paul, wys daarop dat daar verskeie redes is om te aanvaar dat Paulus dié

Geestelike formasie: Vir Paulus gaan dit híéroor … Lees verder

Verstaan die Bybel

Die Ou Testament – ’n tweede of ondergeskikte kanon?

Tydens ’n onlangse konferensie oor missionale kerkwees, het die eeue-oue vraag na die verhou­ding Ou en Nuwe Testament sigself weer aan ons opgedring. Die Nederlandse Geloofsbelydenis onderskei op geen manier tussen die twee dele van ons Protestantse kanon nie. In die Katolieke tradisie word daar wel na daardie boeke wat in die Protestantse tradisie as

Die Ou Testament – ’n tweede of ondergeskikte kanon? Lees verder

Verstaan die Bybel

Die reg om te herstel

“Sir, don’t spend any money on that. Throw it away. We have a selection of new models in store.” Dit was wat die man van die grassnyerwinkel vir my gesê het toe ek bel om te hoor of hulle my heiningknipper kan regmaak. Verlede maand was dit die mikrogolf­oond. Alles werk nog, maar die elektroniese

Die reg om te herstel Lees verder

Gestuur

Gelykenis wys verantwoordelikheid wat ons vermoëns meebring

In die kerklike jaar word die tyd tussen Pinkster en Advent as Koninkrykstyd beskryf. In dié tydperk dink die kerk na oor haar roeping in die hede in afwagting op die wederkoms. Ter voorbereiding van sy dissipels op dié wagtyd het Jesus verskeie gelykenisse vertel. Een van die bekendste is die gelykenis van die talente

Gelykenis wys verantwoordelikheid wat ons vermoëns meebring Lees verder

Verstaan die Bybel

Ongelykheid, kommunikasie en geweld

(Lees gerus Genesis 4) Gedurende Augustus, Vrouemaand, het ons andermaal pynlik bewus geword van die kwessie van huishoudelike geweld oor die algemeen, maar in die besonder geweld teen vroue. Die algemene en wydverspreide voor­koms hiervan vul ’n mens onder meer met ongeloof, afgryse en gevoelens van onreg, woede, magteloosheid en wil-wil jou soms selfs sprakeloos

Ongelykheid, kommunikasie en geweld Lees verder

Verstaan die Bybel

Die goeie in die slegte nuus

Dit is asof die stroom slegte nuus net nie ophou nie. Sodra die een korrupsiestorie vervaag, verskyn ’n volgende. Die rooi ligte oor klimaatsverandering brand al helderder. Die misdaadstatistiek lyk elke jaar slegter. Dit is genoeg om enige positiewe mens mismoedig te maak. Daar is egter ook ’n ander perspektief. Die feit dat hierdie dinge

Die goeie in die slegte nuus Lees verder

Gestuur

In pas met God in ’n voortslepende krisis

Die derde vlaag van die Covid-19-pandemie het ons harder getref as wat die meeste van ons verwag het. Van oral hoor ons berigte van mense wat getraumatiseerd is deur die omvang van siekte en dood in hulle familie en vriendekringe. Daarbenewens kom die skrikwekkende beelde van die geweld en plundery in KZN en Gauteng, die

In pas met God in ’n voortslepende krisis Lees verder

Gestuur

Hoe het ’n eenvormige ‘kanon’ ontstaan?

In hierdie reeks rubrieke kyk die skrywer na die gebeure wat die wêreld gevorm het waarin die Nuwe Testament geskryf is. Hierdie is die laaste aflewering. Die sewende, en laaste, gebeurtenis wat Warren Carter uitlig as belangrik vir die verstaan van die Nuwe Testament is een wat oor ten minste 350 jaar strek: die ontstaan

Hoe het ’n eenvormige ‘kanon’ ontstaan? Lees verder

Verstaan die Bybel

Moet ons uit Genesis 4 aflei dat God die aanhitser van geweld is?

Gedurende verlede maand is Suid-Afrikaners oor die algemeen, maar gemeenskappe in KwaZulu-Natal en Gauteng in die besonder, gekonfronteer met die werklikheid van ongelykheid, magsug, vanda­lisme en geweld. Onder die vernietigende omstandig­hede het talle inwoners getuig van medemenslikheid, van gemeenskappe wat oor grense heen saamstaan en mekaar op verskillende maniere ter wille is. Ek het nie

Moet ons uit Genesis 4 aflei dat God die aanhitser van geweld is? Lees verder

Verstaan die Bybel

Kyk hierna as jy Paulus se briewe lees

In hierdie reeks rubrieke kyk die skrywer na die gebeure wat die wêreld gevorm het waarin die Nuwe Testament geskryf is. Hierdie is die sesde aflewering. Die sesde gebeurtenis wat Warren Carter uitlig in sy Seven events that shaped the New Testament world is in werklikheid ’n reeks van gebeure. Sonder dat dit sentraal gekoördineer

Kyk hierna as jy Paulus se briewe lees Lees verder

Verstaan die Bybel

Hoe sê ons ‘God is goed én almagtig’ te midde van lyding?

“God is goed. God is almag­tig. Lyding bestaan. Kies twee.” So klink ’n bekende meem wanneer mense praat oor onreg, rampe, epidemies, siekte en dood. Oor die bestaan van die lyding en negatiewe magte redeneer niemand. As jy hoegenaamd oplet, sal jy dit sien. Die vraag is dus eintlik: Hoe kan ons gelyktydig sê dat

Hoe sê ons ‘God is goed én almagtig’ te midde van lyding? Lees verder

Gestuur

In pas met die Gees

Partykeer kry ek die indruk dat ons nie mooi weet wat om met die Heilige Gees te maak nie. Die vreemdhede rondom die Gees in sommige kerke maak baie van ons só lugtig dat ons lewe sonder dat die Heilige Gees regtig ’n faktor in ons lewe is. Nie doel­bewus nie, maar net omdat die

In pas met die Gees Lees verder

Gestuur

Jesus ontken nie klag dat Hy wêreld­orde wou uitdaag

In hierdie reeks rubrieke kyk die skrywer na die gebeure wat die wêreld gevorm het waarin die Nuwe Testament geskryf is. Hierdie is die vyfde aflewering.  Die kruisiging van Jesus is die vyf­de gebeurtenis wat Carter uitlig wat krities noodsaaklik is vir die verstaan van die Nuwe Testament. Volgens die Nuwe Testament en ander buite-Bybelse

Jesus ontken nie klag dat Hy wêreld­orde wou uitdaag Lees verder

Verstaan die Bybel

In breekbare houers bewaar …

As Suid-Afrikaners bevind ons onsself in ’n land wat steier onder geweld, korrupsie, sosiale verval en ekonomiese agteruitgang. Mense ver­loor hulle werk, sien hoe hulle pen­sioene krimp, hulle kinders emigreer en hulle stede en dorpe verval. Almal reageer nie dieselfde hierop nie. Sommige van ons dra by tot of doen mee aan byvoorbeeld korrupsie, geweld

In breekbare houers bewaar … Lees verder

Verstaan die Bybel
Scroll to Top