Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dinkstof

Verstaan die Bybel | Terug na die toekoms | In pas met die (lewende) God

Lourens Bosman skryf: Groen lote in ’n barre landskap

Ek luister onlangs na die joernalis, Tim du Plessis. Hy praat oor die sosio-politieke situasie in die land. Op baie terreine gaan dit regtig maar beroerd. Hy noem egter ook ’n handvol positiewe sake, groen lote wat al sterker groei in ’n barre landskap. Twee daarvan is veral belangrik vir die kerk. Die eerste is […]

Lourens Bosman skryf: Groen lote in ’n barre landskap Lees verder

Gestuur

NUWE TESTAMENT: Om deur ons naaste versorg te word

In sy studie van die Nuwe Testament se siening van vriendskap, Virtuous friendship, gee Douglas Hume ’n interessante uitleg van die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Luk 10:25-37). Hume lees die gelykenis teen die hedendaagse afname in betekenisvolle vriendskappe om te ontdek wat dit ons oor die aard van vriendskap kan leer. Sy fokus op

NUWE TESTAMENT: Om deur ons naaste versorg te word Lees verder

Verstaan die Bybel

In pas met die (lewende) God: Die koningin en die Koning wat sy gedien het

Na al die berigte en uitsendings wat gevolg het op die dood van koningin Elizabeth II is die meeste van ons nou móég begrafnis gekyk. Maar miskien is dit tog goed dat ons nog ’n bietjie praat oor wat haar geloof vir ons beteken. Amptelik is die Britse monarg die hoof van die Anglikaanse kerk

In pas met die (lewende) God: Die koningin en die Koning wat sy gedien het Lees verder

Gestuur

DINKSTOF: Die gevaar van kleingeloof

In ’n hoofstuk oor die geestelike dimensie van geloof in die Matteusevangelie maak Nijay Gupta verskeie insiggewende opmerkings oor geloof in Jesus. Hy begin deur op te merk dat Jesus se beklemtoning van die noodsaaklikheid om te glo in Matteus ietwat onverwags is in die lig van die Ou Testament. Die Ou Testament verwys naamlik

DINKSTOF: Die gevaar van kleingeloof Lees verder

Verstaan die Bybel

In pas met die (lewende) God: Hoe kwaad is jy? En vir wie?

Die mense is kwaad. Taxibestuurders is openbare vyand nommer 1. Dan kom die munisipaliteit oor die slaggate en Eskom oor beurtkrag. Daarna die korruptes. Hier is darem ’n bietjie verligting omdat ons begin sien dat party in die hof verskyn. Verder is mense sommer net kwaad oor alles wat verkeerd is in die land. ’n

In pas met die (lewende) God: Hoe kwaad is jy? En vir wie? Lees verder

Gestuur

Om tot geldige vertolkings van die Skrif in ons tyd te kom

Daar word van tyd tot tyd ontstellende aantygings van binne die Nederduitse Gereformeerde Kerk teen dié kerk gemaak en dikwels met name teen die Algemene Sinode. Daar word onder meer bedenkinge oor die handhawing van getrouheid aan die Skrif uitgespreek, terwyl daar ook verwys word na die “liberale teologie” van die Algemene Sinode. Wanneer ons

Om tot geldige vertolkings van die Skrif in ons tyd te kom Lees verder

Verstaan die Bybel

Nuwe tydvak wink vir die herwaardering van Johannes se verstaan van Jesus

In die navorsing oor die vier Evangelies is daar reeds in die negentiende eeu daarop gewys dat daar groot verskille tussen die Johannesevangelie en die ander drie Evangelies is. So vermeld Johannes geen van Jesus se gelykenisse, die instelling van die nagmaal of sy verheerliking nie. Op sy beurt vermeld net Johannes dat Jesus die

Nuwe tydvak wink vir die herwaardering van Johannes se verstaan van Jesus Lees verder

Verstaan die Bybel

“Heilige Gees” in die Ou-Testamentiese getuienis

Verwysings na die “Heilige Gees” kom dikwels in die Nuwe Testament, maar slegs drie maal in die Ou Testament voor. Laasgenoemde drie plekke is Jesaja 63:10, 11 en Psalm 51:13.   Al drie is tekste wat post-eksilies, met ander woorde laat gedateer word. Die woord “gees” en verwysings na die “Gees van God”, of “Gees

“Heilige Gees” in die Ou-Testamentiese getuienis Lees verder

Verstaan die Bybel
Die NG Kerk se Taakspan Navorsing het ná verlede jaar se plundering in KZN ’n klein navorsingsprojek geloods om uit te vind hoe hulp vanaf die kerk in krisissituasies soos daardie kan lyk. Een van die uitkomste was dat die kerk kos moet versprei. Die eerste behoeftes in ’n ramp is kos, skoon water en skuiling, skryf Lourens Bosman. Foto: Argief

In pas met die (lewende) God : Daaglikse brood

Die twee rampe wat KwaZulu-Natal die afgelope nege maande getref het, dwing ons om indringend na te dink oor die kerk se reaksie op rampe. Klimatoloë waarsku gereeld dat natuurrampe ons al meer gaan tref. Hier in Suider-Afrika sien ons dit gebeur. Dink net aan die droogtes in die Oos- en Noord-Kaap en in Namibië,

In pas met die (lewende) God : Daaglikse brood Lees verder

Gestuur

Bybelse vloed gee moed

Genesis 9:8-17 word allerweë beskou as die slot van die Bybelse vloedverhaal. Eintlik moet ons sê “vloedverhale”. Van die vroegste tye in die navorsingsgeskiedenis het noulettende lesers besef dat Genesis 6:5 – 9:17 die integrasie van twee vloedverhale uit ou-Israel se tradisie verteenwoordig. Die een is in priesterkinge en die ander in nie-priesterkringe oorgelewer. Genesis

Bybelse vloed gee moed Lees verder

Verstaan die Bybel

As die opgestanes in hulle grafte rus

Matteus 27:51-53 is een van die moeilikste tekste in die Nuwe Testament om te verklaar. Die berig, wat net by Matteus voorkom, vermeld dat met Jesus se dood sekere grafte in Jerusalem geopen is en dat baie ontslape heiliges opgewek is. Hulle het vervolgens ná Jesus se opstanding uit hulle grafte gekom en Jerusalem binnegegaan.

As die opgestanes in hulle grafte rus Lees verder

Verstaan die Bybel
Die Stellenbosse teoloog, prof Johan Cilliers, het die hoogste gradering ontvang wat die Nasionale Navorsingstigting (NNS) toeken, naamlik ’n A1-gradering. Prof Cas Wepener het met hom oor hierdie erkenning gesels, asook sy siening van teologie as ʼn wetenskap. Foto: Verskaf

Teologie as wetenskap: in gesprek met ’n A1-gegradeerde teoloog

Die Nasionale Navorsingstigting het aan die teoloog Johan Cilliers ʼn A1-gradering toegeken. Cas Wepener het met hom oor hierdie erkenning gesels, asook sy siening van teologie as ʼn wetenskap. Cas Wepener: Johan, jy het pas gehoor dat jy die hoogste gradering wat die Nasionale Navorsingstigting (NNS) toeken, ontvang het, naamlik ’n A1-gradering. Ek is geensins

Teologie as wetenskap: in gesprek met ’n A1-gegradeerde teoloog Lees verder

Aktueel Dinkstof Nuus
As hy snags onder die sterre staan met net die natuurgeluide om hom, beleef hy ’n raakvlak tussen die menslike en natuurlike werklikhede. “Om in pas met die lewende God te leef, het ons sulke raakvlakke met God nodig,” skryf Lourens Bosman. Foto: Pixabay

Waar die hemel aan die aarde raak

Tamboti-tentkamp in die Krugerwildtuin is seker ons gunstelingplek op aarde. Die afgelope skoolvakansie was ons, na ’n lang Covid-afwesigheid, weer daar. Die kamp is op die wal van die Timbavati-rivier en die natuurlike veld is nie uitgehaal nie – die tente staan in die bos. In die kamp is nie ’n winkel, restaurant of lugversorgers

Waar die hemel aan die aarde raak Lees verder

Gestuur

Riglyne vir geestelike onderskeiding

In die Nuwe Testament is geestelike onderskeiding, net soos vir gelowiges vandag, ‘n belangrike aangeleentheid.  In verband skryf André Munzinger in sy Discerning the spirits: Theological and ethical hermeneutics in Paul dat Paulus op ‘n veelvoud van wyses oor onderskeiding skryf.  In 1 Korintiërs 12–14 verskaf Paulus byvoorbeeld ‘n drieledige kriteria vir die gemeente in

Riglyne vir geestelike onderskeiding Lees verder

Verstaan die Bybel

“My God, my God, waarom het U my verlaat?” 

Terwyl hierdie bydrae geskryf word, woed die oorlog tussen Rusland en Oekraïne steeds, terwyl ons Suid-Afrikaanse gemeenskap bly steier onder stygende lewenskoste, toename in armoede, ontbloting van meer korrupsie, protesaksies, misdaad, geweld, rassespanning en so meer. Die ontstellende is dat dit binne die NG Kerk oënskynlik nie veel anders daaraan toe gaan nie. Daar woed

“My God, my God, waarom het U my verlaat?”  Lees verder

Verstaan die Bybel

Ou Testament se verbintenistaal hoort tot kern van ons geloof

Baie van ons het grootgeword met Matteus 22:34-40 of Lukas 10:25-28 wat dikwels in ’n erediens in plaas van Eksodus 20 of Deuteronomium 5 as samevatting van die Wet gelees is. Soms het ’n dominee, wanneer hy die Lukas-weergawe van die samevatting van die Wet lees, verder gegaan en Lukas 10:29-37 ook gelees. In laasgenoemde

Ou Testament se verbintenistaal hoort tot kern van ons geloof Lees verder

Verstaan die Bybel

Die erediens is nie vir toeskouers nie, dit is vir deelnemers

Uiteindelik lyk dit of dinge nou begin om na normaliteit terug te keer. Die skole is weer oop, jy hoef nie te isoleer as jy asimptomaties is nie, ons begin weer sosiaal verkeer. Van die begin van die pandemie af het epidemioloë gesê die tyd sal kom dat die gevaarlikheid van die virus sal afneem,

Die erediens is nie vir toeskouers nie, dit is vir deelnemers Lees verder

Gestuur
Scroll to Top