Gelowig en Groen
Prof Johan Heyns het by geleentheid die evangelie met ’n geslypte diamant vergelyk, waarvan elke vlak die Son se lig weerkaats – en dit bestempel as die kerk se roeping. ’n Kragtige en omvattende dimensie van die evangelie is eko-geregtigheid wat weerkaats word in menswaardigheid en omgewingsintegriteit daar waar diere gemartel, ingehok, ekosisteme vernietig word, […]








