Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Aktueel

Koronavirus: In die voorste linies

Terwyl ’n groot gros Suid-Afrikaners daagliks die binnekant van hulle huis nog beter leer ken, is daar talle mense wat blootgestel voortgaan met hulle werk en hulle deel in die koronastryd doen. ’n Tehuis­bestuurder, ’n supermarkwerknemer en ’n dokter het vir CONETTE LE ROUX ’n kykie gegee in dit waarmee hulle sedert grendeltyd besig is. […]

Koronavirus: In die voorste linies Lees verder

Aktueel Koronavirus
“Wát ’n uitsig! Die Outeniquaberge in Oudtshoorn se rigting, Heroldsbaai en Glentana se see in Mosselbaai se rigting,” sê Francois oor die uitsig wat hom begroet toe hy uiteindelik bo by die kerktoring kom. Foto's: Francois Mulder

Dominee Quasimodo se kerkklok-avonture

My grendelstaat-avonture in Blancogemeente, George se kerkgronde en kerktoring. Deur FRANCOIS MULDER. En daar word goeie gereformeerde dominees oornag YouTube- en TV-predikers met getroue “followers” en “subscribers” wat geleer het van klik, stream, like en Joetjoep. Jou 20-jarige seun, in plaas van by Universiteit Stellenbosch se Huis Visser, is vasgekeer by sy pa, ma en

Dominee Quasimodo se kerkklok-avonture Lees verder

Aktueel Koronavirus
"Ek kan aanhou om sulke Sondae tot in die fynste besonderhede te probeer beskryf, maar dit is vergeefs, als ’n bietjie vergeefs. Pa en Ma is lankal oorlede, en ek kan nie onthou wanneer laas het ek ’n kerkklok hoor lui nie," skryf Dana Snyman in dié aflewering van sy rubriek.

Om ook stilte te kan kies

19 April. Vroegoggend. Hoe lank duur hierdie tyd van gedwonge afsondering nou al? Ek is nie seker nie. Ek het opgehou om die dae te tel. Dit is ’n Sondag vandag, dit weet ek wel. Selfs in hierdie seisoen van stilte klink ’n Sondag steeds anders as die ander dae, ook op hierdie stil dorpie

Om ook stilte te kan kies Lees verder

Aktueel Rubrieke
Attie Blomerus, voorsitter van die Britstown-landbouvereniging, verduidelik die droogte op sy manier. “Die getalle wys dat die drakrag van die grond in die omgewing van 16 108 na 11 285 skaap verminder het. Altesaam het die boere in die Britstown-omgewing 28 900 skape tot op hede verloor.

Karoo-dorp se mense oor reën, seën en kommer

Blydskap oor ’n reënbui, maar ook kommer oor die swaarkry wat nog nie verby is nie, was op die modderpaaie te vind toe Kerkbode op Britstown in die Karoo gaan kuier het. Jacobie M Helena en die videograaf Robert Cable doen verslag. “Ek het die afgelope paar jaar vir myself gesê dié droogte gaan my

Karoo-dorp se mense oor reën, seën en kommer Lees verder

Aktueel Artikels

Hattingh lewer diens in barmhartigheid, kerkreg en finansies

17 Oktober 1926 –  3 April 2020 Dr Dirk Hattingh (94) het op 3 April 2020 gesterf in Huis Silwerkruin te Wellington. Hy was tot die einde toe betreklik gesond en kon gelukkig saam met sy kinders en kleinkinders die laaste jare geniet. Hierdie geliefde oud-leraar van Stellenbosch het diep spore in die Eikestad en

Hattingh lewer diens in barmhartigheid, kerkreg en finansies Lees verder

Aktueel In Memoriam

Geweld: Skok en kommer oor 87 000 klagtes

Persverklaring GESINSGEWELD TYDENS COVID-19 INPERKING Die Interimkomitee (Moderamen) van die NG Kerk Vrystaat het met afgryse kennis geneem van die Minister van Polisie se aankondiging vanoggend dat daar 87 000 klagtes van geslagsgeweld teen vrouens en kinders by die SAPD ingedien is in die eerste week van die inperking as gevolg van die Covid-19 virus.

Geweld: Skok en kommer oor 87 000 klagtes Lees verder

Aktueel Koronavirus Verklarings

Koronavirus: Geloofsleiers het gróót rol te speel – Ramaphosa

Hou geloofsbyeenkomste klein en hou register (met kontakbesonderhede) van almal wat dit bywoon. Die rede? As ‘n deelnemer positief toets vir die koronavirus binne 14 dae ná die geleentheid, moet die departement van gesondheid in staat wees om kontak te maak met almal wat die samekoms bygewoon het. Só klink van die aanbevelings wat geloofsleiers

Koronavirus: Geloofsleiers het gróót rol te speel – Ramaphosa Lees verder

Aktueel Koronavirus Verklarings

Leë winkelrakke en veelsydige elmboë

’n Inkopietog vir die nodigste items op ’n Bolandse dorp lyk drasties anders as gewoonlik nadat die president die Korona-pandemie tot nasionale ramp verklaar het.  Maar, dalk omdat daar nog geen Koronavirus-gevalle op die dorp was nie, is die paniekmeter nog taamlik laag. Op 19 Maart het die getal infeksies in Suid-Afrika op 116 gestaan,

Leë winkelrakke en veelsydige elmboë Lees verder

Aktueel Koronavirus Rubrieke

Koronavirus: Persverklaring deur NG Kerk se ASM

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk het kennis geneem van president Cyril Ramaphosa se aankondiging op Sondagaand 15 Maart 2020 rakende die verspreiding van die Koronavirus in Suid-Afrika. Die NG Kerk verbind haarself tot die president se noodmaatreëls wat getref is om op die mees effektiewe wyse maksimaal saam te werk deur haar gemeentes en lidmate op

Koronavirus: Persverklaring deur NG Kerk se ASM Lees verder

Aktueel Koronavirus Verklarings

Pastorale brief aan sinodes/gemeentes/leraars

Geliefdes in die Here Jesus Christus Paulus moedig die gemeente in Kolosse aan tot volhardende gebed, waaksaamheid, dankbaarheid en oop deure vir die evangelie terwyl hy in gedwonge isolasie in die tronk is (Kol 4:2-6). Hy moedig die gemeente tot wyse optrede teenoor vreemdelinge aan én dat hulle, net soos hy, die beste gebruik van

Pastorale brief aan sinodes/gemeentes/leraars Lees verder

Aktueel Koronavirus Verklarings

Koronavirus: Eredienste, nagmaal, begrafnisse, troues

Verklaring uitgereik deur die interimkomitee: NG Kerk Vrystaat 16 Maart 2020 Liewe Vriende Die Interimkomitee het vanmiddag vergader. Ons wil graag vir u verseker dat ons ernstig oor die aankondiging van die Staatspresident gepraat het. Ons doen ‘n beroep op gemeentes en lidmate om nie paniekerig te raak in hierdie tyd nie, maar om met

Koronavirus: Eredienste, nagmaal, begrafnisse, troues Lees verder

Aktueel Koronavirus Verklarings
"Ons doen ’n beroep op gemeentes om nie voort te gaan met hul gebruiklike eredienste nie, maar binne hulle konteks maatreëls te tref dat die evangelie steeds aan mense verkondig kan word, sonder die samekoms van groot groepe mense," lui 'n uittreksel uit die pastorale brief wat die moderatuur van die Sinode van Wes-Kaapland op 16 Maart aan gemeentes gestuur het en wat Kerkbode hieronder volledig publiseer. Foto ter illustrasie

Koronavirus: Riglyne vir samekomste

PASTORALE BRIEF VAN DIE MODERATUUR VAN DIE SINODE VAN WES-KAAPLAND  Koronavirus is ’n kairos-oomblik vir gelowiges Leef asof jy en ander die koronavirus het   Geliefdes in die Here Jesus Christus, Paulus moedig die gemeente in Kolosse aan tot volhardende gebed, waaksaamheid, dankbaarheid en oop deure vir die evangelie terwyl hy in gedwonge isolasie in

Koronavirus: Riglyne vir samekomste Lees verder

Aktueel Koronavirus Verklarings

‘n Verlore leraar

Ek kan nie meer nie. Ek is moeg tot in my siel toe. Geen nuwe môres. Die einde het vir my aangebreek. Die agteraf, die foutvindery, die onvergewinsgesindheid, liefdeloosheid het my gedryf na waar ek nou sit. Ek het die einde van die pad bereik. Die kerk het my gebreek, emosioneel en geestelik. Daar is

‘n Verlore leraar Lees verder

Aktueel Briewe

Verskille in uitleg van Bybeltekste

Piet Kaapland skryf: Diegene wat teen selfdegeslag-huwelike is, gebruik ‘n hele aantal Bybeltekste om hulle siening te staaf. Diegene wat pro selfdegeslag-huwelike is, sê dat die betrokke tekste anders verstaan moet word teen die agtergrond van daardie tyd. Dit sal tot groot hulp wees as diegene wat selfdegeslagsverhoudings goedkeur, in Kerkbode ‘n kort verklaring kan

Verskille in uitleg van Bybeltekste Lees verder

Aktueel Briewe

Droogte: Só kan jy ook gééstelik bemoedig

Te midde van al die ruim skenkings deur vele Suid-Afrikaners, wil Bybel-Media in Februarie en Maart 2020 ook dié bystaan wat in gééstelike nood in droogtegeteisterde gebiede mag verkeer.   Ons projek behels om 1700 kopieë van die boek ʼn Bietjie reën – Om met wysheid voor God te leef te gaan aflewer by 17

Droogte: Só kan jy ook gééstelik bemoedig Lees verder

Aktueel Video

Gemeente besluit om struktureel een te word met VGK

Ds Johann Theron van Kraaifontein skryf: Die NG Gemeente Kraaifontein Noord het op 25 November 2019 so besluit: In getrouheid aan die Woord – Christus en ons belydenis besluit die kerkraad om struktureel een te word met die Verenigende Gereformeerde Kerk. Hiermee word gepoog om ’n bykans 160-jarige sonde wat die hart van die NG

Gemeente besluit om struktureel een te word met VGK Lees verder

Aktueel Briewe
Scroll to Top