Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Artikels

Mense vertel mooi stories wanneer hulle uitwei oor wat ’n Bybeldagboek vir hulle beteken, ook skrywer Susan Coetzer gesels saam. Foto: Theana Breugem

Watter Bybeldagboek kies ek vir die nuwe jaar?

Vir baie mense is ’n Bybeldagboek ’n intieme deel van hul geloofslewe. Met die wye verskeidenheid dagboeke op die winkelrak beskikbaar, hoe kies ek een wat nommerpas is vir my en my behoeftes? Die eerste Afrikaanse Bybeldagboek Dit is net mooi 100 jaar sedert ’n Kaapse NG dominee, Attie van Wijk, die idee gekry het om […]

Watter Bybeldagboek kies ek vir die nuwe jaar? Lees verder

Artikels
Lambertsbaai se TikTok-dominee Farren Cloete vertel hoekom haar boek die titel dra 'Geroep vir ’n tyd soos hierdie'. Foto: Verskaf

Lambertsbaai se TikTok-dominee | ‘God het my geroep – hoëhakskoene en al’

Sy glo met haar hele hart die Here roep elke mens om verandering te bring daar waar jy is. “Ook in jou andersheid,” sê Lambertsbaai se TikTok-dominee Farren Cloete. Dis hoekom haar boek die titel dra Geroep vir ’n tyd soos hierdie.  Bestel die boek HIER. Dié gebore Namakwalander was maar 29 jaar oud toe sy reeds

Lambertsbaai se TikTok-dominee | ‘God het my geroep – hoëhakskoene en al’ Lees verder

Artikels
Oom Piet en Deona Bernard, die kerkkantoorbeampte, by die bekende blou bakkie.

Diep spore van diensbaarheid: Oom Piet Pieterse reflekteer oor 70 jaar in die amp van diaken

“Nee wat, die pay is te min,” lag oom Piet as hy vertel hoe die kerkraad hom al baie gevra het of hy nie maar wil opgradeer na ouderling toe nie. Hy het hierdie jaar sy 70ste jaar diens gedoen as diaken, vertel Hendrien van Vliet.    Op 17 het Piet Pieterse belydenis van geloof

Diep spore van diensbaarheid: Oom Piet Pieterse reflekteer oor 70 jaar in die amp van diaken Lees verder

Artikels
Alliansies tussen mens en Kunsmatige Intelligensie (KI) is ons digitale hede en ons globale voorland: KI-masjiene wat eenvoudig met hulle meerdere maagsure vinniger kan verteer aan als wat ons deesdae Inhoud doop, is reeds ons broodnodige bondgenote. Vir almal van joernalis tot teoloog. Trouens, elkeen wat ’n sin begin skryf in hierdie era van auto-completion staan oënskynlik voor die kruispad: Raak betrokke of raak agter, skryf Le Roux Schoeman.

Jaaroorsig 2024 | Kunsmatige Intelligensie: Word ons bemagtig én van ons sinne beroof?

Dalk is ’n waardevolle metgesel vir Kunsmatige Intelligensie (KI) gewoon outentieke waarneming. Maar is dit genoeg? Die referaat is 1 772 woorde lank. Die titel: “Die belangrikheid van die Sinode van Emden”. Ons sit in ’n kerkgebou in ’n gegoede deel van Pretoria. Dr Antionette Janse van Rensburg van die Nederduitsch Hervormde Kerk (NHK) Montana

Jaaroorsig 2024 | Kunsmatige Intelligensie: Word ons bemagtig én van ons sinne beroof? Lees verder

Artikels
Prof Cobus van Wyngaard het by die vergadering van die Algemene Sinode Moderamen in Oktober ’n gesprek rondom demografiese skuiwe in die bediening help aanbied. Foto: Le Roux Schoeman

Proponentebylaag: Die tendense wat agter die gesigte skuil

Watter tendense moet ’n mens sien in die nuwe korps leraars van die NG Kerk? Terwyl die aantal gesigte in Kerkbode se Proponentebylaag oor die jare fluktueer, groei die persentasie vroue deurlopend.   Só verduidelik prof Cobus van Wyngaard, die voorsitter van die Taakspan Navorsing. Sedert 2005 is ongeveer ’n derde van gelegitimeerdes vroue, volgens

Proponentebylaag: Die tendense wat agter die gesigte skuil Lees verder

Artikels
Hy dink ’n belangrike uitdaging vir die NG Kerk en haar studente is om deel van die diverse en ekumeniese gesprek in die klasse aan die fakulteit te bly, sê prof Kobus Schoeman. Foto: Kerkbode-argief

‘Gemeentes kan nie kulturele eilande wees nie,’ sê stats-prof van Bloem oor demografiese skuiwe onder proponente

In 2009 was al die studente by Universiteit Vrystaat se fakulteit teologie van die NG Kerk en die meeste was mans. Dié prentjie lyk vandag baie anders. Nie net is daar meer vroue nie, maar NG studente is by verre in die minderheid. Hy dink ’n belangrike uitdaging vir die NG Kerk en haar studente

‘Gemeentes kan nie kulturele eilande wees nie,’ sê stats-prof van Bloem oor demografiese skuiwe onder proponente Lees verder

Artikels
Diensleraar Erick van Breda het vir Jaco Strydom vertel een van die grootste draaipunte in sy lewe was toe hy sy vrou, Suretha, ontmoet het. Foto: Verskaf

Jaco Strydom gesels met Erick van Breda oor ou ysters en kerkmense

Sy besighede befonds sy tentmakerpos “Ek het altyd vir my ouers gesê, ek wil eendag net vir myself werk. Na skool het ek letterlik alle tipe besighede probeer terwyl ek swot. Van ’n karwas, tot dromdienste, van besproeiing installeer tot groente verkoop – noem dit en ek het dit probeer! Vandag is ek mede-eienaar van

Jaco Strydom gesels met Erick van Breda oor ou ysters en kerkmense Lees verder

Artikels
Nuwe doop- en belydende lidmate van die VGK Stockenström in 2019. Die skrywer het in November 2019 in dié gemeente, waar die eerste aparte nagmaal destyds bedien is, gepreek. “Ek wou my kop in skaamte laat sak vir die seer wat my erfenis hierdie mense en gemeenskap aangedoen het.” Foto’s: Hendrien van Vliet

Die NG Kerk en haar identiteit: Twee eeue se saam reis op moeilike, ongeteerde paaie

Het jy al ooit op ’n roadtrip gegaan en op die ingewing van die oomblik, besluit om iewers op ’n grondpad af te draai sodat jy kan sien hoe die dorp lyk waar jy grootgeword het? En daar sien jy ’n klomp goed raak wat jy só goed kan onthou, maar jy sien ook ’n

Die NG Kerk en haar identiteit: Twee eeue se saam reis op moeilike, ongeteerde paaie Lees verder

Artikels
Aan die hand van ’n paar selfopgelegde riglyne het ek begin September (lente is mos die tyd vir skoonmaak) my huis stormgeloop. En ’n paar maande later is my huis en lewe 500 goed ligter, vertel ds Fay van Eeden. Foto: Verskaf

Fay van Eeden skryf: Lente is tyd vir ligter

Ek is nie ’n opgaarder nie, maar ek is ’n kind van my tyd. En dit is duidelik sigbaar in my huis, asook my verhouding met “goed”. Aan die een kant is my ouers se “hou dit vir ingeval”-mentaliteit deel van hoe ek oor “goed” dink. En aan die kant is ek ’n kind van

Fay van Eeden skryf: Lente is tyd vir ligter Lees verder

Artikels

Spiritualiteitsoefeninge: ‘Ek het alles wat ek reeds geleer het net vir die eerste keer beleef’

Dr Marié Britz van NG Kerk Stellenbosch-Moedergemeente, het haar PhD gedoen by Universiteit Stellenbosch. Doret Niemandt het met haar gesels oor ’n ‘skeplepel’ vir die NG Kerk.   Daar word hierdie verhaal vertel van ’n klomp vriende wat saam geëet het. Almal het iets gebring en dit op die tafel neergesit. Terwyl almal geëet en

Spiritualiteitsoefeninge: ‘Ek het alles wat ek reeds geleer het net vir die eerste keer beleef’ Lees verder

Artikels
Die NG en VGK gemeentes in Maitland het op Hervormingsondag, 27 Oktober 2024, amptelik eengeword. Hulle leraar, ds Andrew Esterhuizen sê hy hoop regtig hulle storie sal nog gemeentes inspireer om een te word.
Die NG en VGK gemeentes in Maitland het op Hervormingsondag, 27 Oktober 2024, amptelik eengeword. Foto: Verskaf

Kerk wat werk-reeks : ‘Ons kan saam meer bereik’ | Maitland Gemeenskapskerk (NG en VG Kerk)

Die eenwording van die NG en VG gemeentes in Maitland, was al ’n paar jaar op die tafel. Maar toe die een gemeente se kerkgebou afbrand en die ander gemeente sonder ’n leraar sit, het die idee nuwe dringendheid gekry, berig Heléne Meissenheimer. Maitland: ’n Bedrywige kosmopolitaanse voorstad Maitland, een van die oudste Kaapse voorstede,

Kerk wat werk-reeks : ‘Ons kan saam meer bereik’ | Maitland Gemeenskapskerk (NG en VG Kerk) Lees verder

Artikels
Henning Mostert
“Ghanzi is net mooi in die middel van alles,” lag ds Henning Mostert. “Ons is 1 000 km van Swakopmund af en 1 000 km van die Victoriameer af, 1 200 km van die Vrystaat, 1 000 van Johannesburg en 1 500 km van die Kaap af.” Foto: Verskaf

Jaco Strydom gesels met Henning Mostert, die dominee van Ghanzi in Botswana

Henning Mostert is dominee op Ghanzi, ’n klein dorp in Botswana, maar ook ’n meganiese ingenieur met ’n Meestersgraad in Veeartsenykunde en hy kan orrel en klavier speel en hy hou van seil – and that’s just scratching the surface! Hy is een van daai mense wat jou beter laat voel oor die wêreld, die

Jaco Strydom gesels met Henning Mostert, die dominee van Ghanzi in Botswana Lees verder

Artikels

‘Ek is te hartseer om Afrikaans te praat’ – Christo Benadé oor moedertaal, geloof en emosie

As ervarings in ons moedertaal ’n sterker emosionele lading het, maak dit sin dat godsdienstige ervarings in ons moedertaal ook ’n groter impak gaan hê as ervarings in ’n tweede taal, skryf Christo Benadé. Te hartseer om in Afrikaans te praat Nika was ’n besonderse hond. Sy het lang swart krulhare gehad en 40 kilogram

‘Ek is te hartseer om Afrikaans te praat’ – Christo Benadé oor moedertaal, geloof en emosie Lees verder

Artikels

Jaco Strydom gesels met Ben en Elise Klut, op berge en in stede …

Hulle het mekaar in die hart van Hillbrow ontmoet. Vandag kerk die twee tussen die berge. Die gemeente waarvan hulle deel is, is in Winterton in mooie Noord-Natal, aan die voet van die Drakensberg. “Ons het begin dink dis dalk tyd vir ’n skuif. Toe op ’n dag besluit ons, ons gaan net een CV

Jaco Strydom gesels met Ben en Elise Klut, op berge en in stede … Lees verder

Artikels

Teologiese navorsing | Missionale rentmeesterskap: Dit begin by ’n droom wat groter as die begroting is – die verband tussen finansies en geloof

Die meeste van ons dink finansies en rentmeesterskap gaan net oor boekhou, begrotings en die bestuur van geld, maar wat as dit eintlik veel dieper gaan? Dawie Theron skryf hieroor in sy MTh-tesis met die titel: “Missional stewardship”. Dit is ’n studie van hoe missionale rentmeesterskap ’n nuwe lens kan wees waardeur ons die kerk

Teologiese navorsing | Missionale rentmeesterskap: Dit begin by ’n droom wat groter as die begroting is – die verband tussen finansies en geloof Lees verder

Artikels

Cas Wepener | By ’n proefpreek in die Hantam: Die krag van ‘ten spyte van …’

Ons is in die Hantam vir ’n proeferediens van ’n finalejaarstudent. Voor die diens begin is ons saam met die kerkraad in die konsistorie. Van agter die ou houtdeure dreun dit in die kerk. Die praise-and-worship-span en gemeente sing “koortjies”. Koortjies is kort liedere, gewoonlik net enkele versreëls lank, wat op ’n herhalende en meestal

Cas Wepener | By ’n proefpreek in die Hantam: Die krag van ‘ten spyte van …’ Lees verder

Artikels
Thea Wait is een van drie lidmate uit die klein Oos-Kaapse NG Gemeente Tarkastad wat Hugenote Kollege se bedienaarskursus in 2022 suksesvol voltooi het. Foto: Heléne Meissenheimer

‘Ek was ’n agterbanker in die kerk …’ Oud-polisievrou wat nou op die kansel staan vertel haar storie

“Toe ons by die gemeente gekom het, het ek heel agter gesit in die kerk en ek het gesê jy sal my nooit voor kry nie. Nou is ek op die preekstoel en ek lei die voorsang.” Só vertel Thea Wait en glimlag dan skaam van onder haar kort blonde no frills kapsel. Niks aansit

‘Ek was ’n agterbanker in die kerk …’ Oud-polisievrou wat nou op die kansel staan vertel haar storie Lees verder

Artikels

Bielie van ’n gemeenteboek word ‘geheuemuseum’ danksy jare se navorsing deur begaafde skrywer

Die NG Gemeente Riebeek-Kasteel: 150 Jaar van Genade – Deur Diko van Zyl (2024) Die boek kan bestel word by die kerkkantoor, Riebeek-Kasteel: 022 448 1388 (Ma-Vr 8:00-13:00) en kos R350.   Ek het nog altyd groot waardering en bewondering vir historici gehad, veral omdat hulle die geskiedenis met sy ryke vertakkinge, vir nageslagte o(o)pskryf,

Bielie van ’n gemeenteboek word ‘geheuemuseum’ danksy jare se navorsing deur begaafde skrywer Lees verder

Artikels Boeke

’n Konferensieganger deel haar belewenis: die veerkragtigheid van Lentekonferensie 2024

Hoekom kom ek jaar na jaar terug na die Lentekonferensie toe? Ek het dit deur die loop van die afgelope drie dae oor en oor vir myself gevra. Die antwoorde wat by my opgekom het, was dalk voor die handliggend, maar ek wou ook weet hoekom kom ander mense terug? En hoekom het mense besluit

’n Konferensieganger deel haar belewenis: die veerkragtigheid van Lentekonferensie 2024 Lees verder

Artikels
Die 19de Lentekonferensie het meer as 120 mense by NG Universiteitsoord op die kampus van die Universiteit van Pretoria byeengebring. Foto's: Le Roux Schoeman.

Honger vir inligting, nuuskierig oor jou blindekolle … uitgebrand op godsdiens? Groot groep dominees in Pretoria verwelkom

Met lente in die lug was daar ’n gonswoord te hoor in ’n mikro-distrik van Pretoria wat ’n mens die Excelsus-driehoek sou kon doop: Van kerkgebou met reuse-paletkruis teen die muur, tot eetsaal met vingerhappies, tot ’n Tuks-lesinglokaal sonder vensters. Die woord was leerbaarheid. Wat was die leerplan? Le Roux Schoeman doen verslag.   Het

Honger vir inligting, nuuskierig oor jou blindekolle … uitgebrand op godsdiens? Groot groep dominees in Pretoria verwelkom Lees verder

Artikels
Ná konsertoefening word klein Gabriella Myburgh (hierbo) deur haar oupa, ds Deon Strydom, gegroet. Strydom is leraar van die Stutterheim Verenigde Gemeente en hou ook sy lyf koster by dié Oos-Kaapse gemeente, wat saamgevoeg is uit ’n Afrikaanse NG gemeente en ’n Engelse Presbiteriaanse een. Die artikel vorm deel van ’n artikelreeks, Kerk wat werk. Die fokus is op lidmate in gemeentes en hoe hulle op allerlei uitdagings in hul omgewing reageer. Wat dui op sukses asook die beperkings. Ons vra ook of daar bepaalde lesse of wenke vir ander lesers is. Indien jy 'n storie het wat jy met ons wil deel, stuur 'n e-pos na kerkbode@tydskrifte.co.za. Foto's: Heléne Meissenheimer

Kerk wat werk-reeks : ‘Dít leer vereniging oor die taalgrens ons’ | Só vertel leraar en lidmate van gemeente op Oos-Kaapse platteland

Beweeg stadig en wees deeglik. Hou almal ingelig en wees eerlik, ook oor dit wat jy as leraar en die kerkleierskap nie weet nie. Leef ’n kultuur in van ‘ons’ in plaas van ‘ons s’n’ en ‘julle s’n’. Dit is van die lesse wat hy en sy lidmate geleer het in die sowat vyf jaar

Kerk wat werk-reeks : ‘Dít leer vereniging oor die taalgrens ons’ | Só vertel leraar en lidmate van gemeente op Oos-Kaapse platteland Lees verder

Artikels
Scroll to Top