Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Artikels

Jaco Strydom gesels met Vader Ashe Steenbok wat ingenieur was en toe NG teologie geswot het

In Graad elf het sy hele wêreld in duie gestort. “Die skool het weer begin na die vakansie. Ek het die eerste dag heel voor links gesit. Jy weet, ek het geslaag net met één punt – en ’n mens sou dit sekerlik kon verstaan met alles wat gebeur het. Toe almal weg is kom […]

Jaco Strydom gesels met Vader Ashe Steenbok wat ingenieur was en toe NG teologie geswot het Lees verder

Artikels Gewild
#imagine
Senzo Madida is een van die terugkerende “#imagineers” wat ’n spreker was by een van vanjaar se drie #imagine-kampe, gehou van 4-6 April. Al drie saam is bygewoon deur 2 429 jongmense uit 341 gemeentes op 116 dorpe. Foto's: Verskaf

‘Ek gee terug want #imagine het my lewe verander’ – vertel een van vele jongmense wat verbeeldingryke ‘beweging aan die gang hou’

DIE #IMAGINE-BEWEGING, WAT LAASJAAR DIE TIEN JAAR MERK VERBY GESTEEK HET, SIEN NIE NET ’N GROEI IN GEWILDHEID ONDER TIENERS NIE, MAAR OOK DAT AL HOE MEER VRYWILLIGERS OF SPREKERS JONGMENSE IS WAT OP EEN OF MEER VAN HIERDIE INTERKERKLIKE NETWERK SE EERSTE KAMPE WAS. “Dis wonderlik om te sien hoe een generasie #imagineers ’n

‘Ek gee terug want #imagine het my lewe verander’ – vertel een van vele jongmense wat verbeeldingryke ‘beweging aan die gang hou’ Lees verder

Artikels Gewild
Heidi Versveld is die huisma van Precious Blessings. Dit is haar roeping om ’n tussentydse ma vir die mees weerloses te wees. Foto's: Verskaf

Só help gemeente in Pretoria huisma van organisasie wat vondelingbabas help

ELKE BABA SE STORIE IS ’N WONDERWERK, MAAR SOMMIGES SE STORIE EINDIG BYNA NOG VOOR DIT BEGIN HET. DIE HERE VOORSIEN GENADIGLIK MENSE WAT GENOEG OMGEE OM HIERDIE ‘VONDELINGBABAS’ SE TOEKOMSRIGTING TE VERANDER. DIT IS SKUILKRANS NG GEMEENTE SE VOORREG OM MET PRECIOUS BLESSINGS, EEN VAN DIÉ VERSORGERS, HANDE TE KAN VAT. Die storie van

Só help gemeente in Pretoria huisma van organisasie wat vondelingbabas help Lees verder

Artikels
Dié kerkgebou op Matatiele is een van twee wat die tweelinggemeente van Cedarville-Matatiele in KwaZulu-Natal besluit het om te verkoop. Sonder pastorie, kategese of eie gemeenteleraar sien hierdie klein gemeente ’n toekoms in kleingroepe. Foto’s: Verskaf

Kerk wat werk-artikelreeks | Tweelinggemeente sonder leraars, kategese of pastorieë sien toekoms in huiskerke

Kleingroepe gaan hulle bediening word met ’n emeritusleraar wat een keer per maand kom preek. Só sê ’n tweelinggemeente in die streeksinode van KwaZulu-Natal. Die NG Gemeente Cedarville-Matatiele kan al geruime tyd nie meer ’n eie vaste gemeenteleraar onderhou nie. Hulle het ook nie meer ’n pastorie, kategese of jeugprogram nie, maar hulle leef kerkwees

Kerk wat werk-artikelreeks | Tweelinggemeente sonder leraars, kategese of pastorieë sien toekoms in huiskerke Lees verder

Artikels
“’n Belangrike ontwikkeling in die taalkunde, te wete kognitiewe taalkunde, het beklemtoon dat taal ingebed is in kultuur. Daar is nie ’n taalmasjientjie in jou kop nie … dit word aangeleer. En ’n taalgemeenskap bepaal hoe lyk die kodes van daai taalgemeenskap. Daar is algemene kognitiewe vaardighede, maar andersins is taal ingebed as ’n stel kodes wat kultuurspesifiek deur konvensies bepaal word. En elke woord word ingevul deur die leefwêreld,” verduidelik prof Christo van der Merwe.

PROFIEL | Christo van der Merwe: Die groot insig wat klein woordjies vir sleutelfiguur in Afrikaanse Bybelvertaling gebring het

Christo van der Merwe pols ChatGPT oor die menslike hart. Dit is nie ’n groot verrassing dat dié kognitiewe taalkundige nou nie die rekenaar gaan vra om ’n Facebook-post of twee uit te spoeg om hom ’n bietjie tyd te spaar nie. ’n Mens verwag meer van een van die sleutelfigure in Afrikaanse Bybelvertaling …

PROFIEL | Christo van der Merwe: Die groot insig wat klein woordjies vir sleutelfiguur in Afrikaanse Bybelvertaling gebring het Lees verder

Artikels
Die uittredende rektor van Hugenote Kollege, prof Nelus Niemandt en sy vrou, Marthinet. "Sy het my gedra," het hy vertel tydens ’n onlangse afskeid vir hom. Foto's: Heléne Meissenheimer

Rektor van Hugenote Kollege bedank vir dapper leierskap deur lang loopbaan

In ’n lang omvangryke loopbaan, wat begin het as polisiekapelaan, toe gemeenteleraar en later ook kerkleier sowel as gesiene teoloog en akademikus, is dit vir hom tot voorbeeld dat prof Nelus Niemandt kinderlik gelowig is en bly terwyl hy oor komplekse sake dink. “Jy gee ons ’n voorbeeld wat ek hoop baie jong teoloë sal navolg,”

Rektor van Hugenote Kollege bedank vir dapper leierskap deur lang loopbaan Lees verder

Artikels
Gerald Kamfer saam met Erick van Breda en Tom Smith op die ekerk-studietoer in Turkye. Foto: Verskaf

Jaco Strydom gesels met Gerald Kamfer, ’n brugbouer uit die stofpad

“My wêreld het in duie gestort. Ek het net by myself gedink, ek gaan my vrou verloor, ek gaan hierdie rots waarop ek tans staan verloor. En toe, vir so vir ’n wyle, vergeet ek van Jesus, die eintlike rots in albei van ons se lewe. Vir ’n wyle het ek gesê, Here wat is

Jaco Strydom gesels met Gerald Kamfer, ’n brugbouer uit die stofpad Lees verder

Artikels Gewild
Anelda Blomerus is orrelis van die NG Kerk op Sutherland. Sy en broer, Rudi Conradie, is besig om op ’n innoverende manier kerkmusiekliefhebbers te bedien. Foto: Le Roux Schoeman

Kyk: ‘Musiek maak gesond’ – Broer en suster nooi orreliste om via WhatsApp note van hoop vir orrel en kerklied te speel

Met ’n groeiende gehoor van oor die 300 lede op hulle WhatsAppgroep genaamd Gewyde Kerkmusiek is orreliste Rudi Conradie en sy suster, Anelda Blomerus, besig om op ’n innoverende manier kerkmusiekliefhebbers te bedien. Rudi was jare lank ’n orrelis by verskeie kerke en bly tans in Durbanville. Sy jonger suster Anelda is orrelis van die

Kyk: ‘Musiek maak gesond’ – Broer en suster nooi orreliste om via WhatsApp note van hoop vir orrel en kerklied te speel Lees verder

Artikels
Pastoor Percy (tweede van links) het in 2019 by die Brood en Bybels-uitreik in Pretoria betrokke geraak deur sy pastoorsvriend, omdat hy daarvan hou om mense met die Woord van God te bereik, vertel Annabelle Lombard. Lees meer oor dié projek van Skuilkrans NG Gemeente asook meer oor Percy se lewenspad. Foto's: Verskaf.

Skuilkrans NG Gemeente vertel van ‘sendingveld op ons sypaadjie’

Ek kuier by die stigterslid van Skuilkrans NG Gemeente se Brood en Bybels-uitreikgroep. Sy is ’n uitmuntende storieverteller, maar sy weier volstrek dat ek die gesprek opneem of name noem, want die onderhoud mag op geen manier aandag vestig op haar of die spanlede nie. “Dis nie vir ons eie eer nie.”    Sy was

Skuilkrans NG Gemeente vertel van ‘sendingveld op ons sypaadjie’ Lees verder

Artikels
“My benadering is om breed te konsulteer in ons leierskap, taakspanne te nader, ander kundiges te raadpleeg, amptelike standpunte en verslae na te gaan, in die beantwoording van vrae,” aldus Venter," sê dr Nioma Venter.

Só klink uiteenlopende navrae, vertel Nioma Venter ná jaar in die pos as algemene sekretaris van die NG Kerk

’n Jaar gelede het sy tasse gepak vir Pretoria en die Kaap verlaat. “In terugskoue is ek diep dankbaar vir hoe die Vader se roeping ons (my) altyddeur lei,” het dr Nioma Venter, die algemene sekretaris van die NG Kerk, in haar verslag aan die Algemene Sinode Moderamen (ASM) in Februarie gesê.   Venter het

Só klink uiteenlopende navrae, vertel Nioma Venter ná jaar in die pos as algemene sekretaris van die NG Kerk Lees verder

Artikels

Fokus op Bybel-Media: Jaarboek nou digitaal, goedkoper en jy kan self help om data vars en akkuraat te hou

Met die digitalisering van die Jaarboek het die uitgewer Bybel-Media vanjaar ’n reuse-digitale sprong vorentoe probeer maak deur lesers die opsie te gee om nie net die produk aanlyn te kan koop en lees nie, maar ook die vermoë te gee om nodige veranderinge van data direk aan te meld vir intydse opdatering. Die Jaarboek

Fokus op Bybel-Media: Jaarboek nou digitaal, goedkoper en jy kan self help om data vars en akkuraat te hou Lees verder

Artikels
Jou hande doen drie verskillende goed, jou oë moet voor en agter kan kyk en jou voete doen twee goed. “My twee sussies speel ook, maar nie so goed soos ek nie,” grap Dolly Pienaar. Foto's: Hendrien van Vliet

’n Leeftyd agter die klawers: 72 jaar van orrelklanke vir tannie Dolly

“Nee, nee, ek is nie ’n ‘celebrity’ nie, ek is vir seker nie daai woord nie,” sê tannie Dolly Pienaar skaam toe ek ’n grappie maak oor haar 55 jaar as orrelis by Voetspore-gemeente. Want sien, hierdie onderhoud is nie soos enige ander onderhoud nie. Daar is kameras en Huisgenoot en fotograwe en ’n verhoog

’n Leeftyd agter die klawers: 72 jaar van orrelklanke vir tannie Dolly Lees verder

Artikels
Jacques de Villiers, beter bekend as Joshua na die Reën. Foto: Verskaf

Jaco Strydom gesels met Jacques de Villiers oor Joshua na die Reën en die ‘vuur wat die slegte wegbrand’

“In graad drie het my ma my eerste kitaarles geboek en toe later vir my ’n keyboard gekoop. In die hoërskool het ek ’n band begin. Dit was uit en uit ’n Worship-band met die naam Sovereign, en ons het gesuck!” lag Jacques de Villiers, beter bekend as Joshua na die Reën, toe hy vertel

Jaco Strydom gesels met Jacques de Villiers oor Joshua na die Reën en die ‘vuur wat die slegte wegbrand’ Lees verder

Artikels
Kerkbode nooi jou na ’n naweek van stap, stilte en nuwe vriendskappe. Jy kamp op die plaas waar ’n stapel van meer as 11 000 klippe oor die Karoovlakte uittroon. “Elke klip verteenwoordig ’n gebed,” vertel die boervrou Elsje Basson. Foto's: Le Roux Schoeman vir Kerkbode

Kerkbode-Beleefnaweek: 14-16 Maart 2025 | Kom ervaar die Karoo en luister na boervrou Elsje Basson se klipstapel-storie

Kerkbode bied op 14-16 Maart 2025 ’n unieke “Beleefnaweek” naby Sutherland aan. Jy kamp op die plaas waar ’n stapel van meer as 11 000 klippe oor die Karoovlakte uittroon. “Elke klip verteenwoordig ’n gebed,” vertel die boervrou Elsje Basson. Kom luister na haar merkwaardige geloofsverhaal, wat oor jare op dié plaas ontvou het.  

Kerkbode-Beleefnaweek: 14-16 Maart 2025 | Kom ervaar die Karoo en luister na boervrou Elsje Basson se klipstapel-storie Lees verder

Artikels Gewild

Laat jou kerk uitstaan: Tien riglyne vir ’n mooi en funksionele logo.

’n Kerk is meer as net ’n gebou – dit is ’n gemeenskap van geloof, hoop en liefde. Maar hoe wys julle dit vinnig en duidelik aan mense wat verbyloop, aanlyn blaai, of op soek is na ’n gemeente om aan te behoort? Julle logo is die eerste visuele boodskap wat sê: “Hier is ons.

Laat jou kerk uitstaan: Tien riglyne vir ’n mooi en funksionele logo. Lees verder

Artikels
Die musikant Danie du Toit (van Spoegwolf-faam) was een van die sprekers by vanjaar se Teologiese Dag aan die Universiteit Stellenbosch. Die tema van die dag was “Just Flourishing? - Theology, Community and Sustainable Wellbeing in the age of Anxiety”. Foto's: Le Roux Schoeman.

Stellenbosch: Theological Day 2025 in pictures & video

Staff and students at the Theological Faculty at Stellenbosch University were treated to a spirited performance by Spoegwolf frontman Danie du Toit at the annual Theological Day that took place on Monday. Scroll down for the story.    Spoegwolf frontman rocks up at Theological Day as academic year gets on its way at Stellenbosch University 

Stellenbosch: Theological Day 2025 in pictures & video Lees verder

Artikels
“Ek gaan speel solank die Here my die krag en genade gee.” So vertel Bettie Louw wat al vir 62 jaar aaneen voltyds orrelis is van die NG gemeente Nuwerus op die klein dorpie met dieselfde naam.
Geslagte Nuwerus-inwoners ken vir Bettie Louw. Of sy het vir hulle pa of ma of broer of suster skool gegee of het orrel (wat hierdie klavierjuffrou haarself geleer doen het) op iemand se troue of begrafnis gespeel. Foto: Anna-Maré Mostert

Stories van kerkmense | Sy wil na ses dekades aanhou orrel speel ‘solank die Here haar die krag gee,’ sê Bettie Louw (85) van Nuwerus

Sy het vir haar dogter gesê as hulle haar nou in die ouetehuis sit, kan hulle maar begrafnis hou. Sy wat Bettie Louw is kan nie in die kerkbanke gaan sit terwyl sy weet sy kan nog orrel speel nie. Ondersteun Kerkbode. Klik HIER  “Ek gaan speel solank die Here my die krag en genade

Stories van kerkmense | Sy wil na ses dekades aanhou orrel speel ‘solank die Here haar die krag gee,’ sê Bettie Louw (85) van Nuwerus Lees verder

Artikels
Met die draai van die millennium is daar baie gedink en gepraat oor vergifnis en versoening. Die gesprek het ook oor die laaste twee dekades verdiep en deesdae word versoening en vergifnis selde los gedink van geregtigheid.

Cas Wepener: Die gif in vergifnis en wrede vrede

Vrede en vergifnis. Twee mooi woorde. Maar wanneer is daar gif in vergifnis en is die vrede wat ons soek eintlik ’n wrede soort vrede?   Vrede. Baie mense smag na vrede. Vrede in die Midde-Ooste. Vrede in ons land. Vrede by die huis. Vrede by die werk. Vrede in die kerk. Maar waaraan dink

Cas Wepener: Die gif in vergifnis en wrede vrede Lees verder

Artikels
Die NG Gemeente Blinkpan is self in ’n oorlewingstryd, maar Meisie van den Berg (voor) en Rene Taljaard, saam met nog ’n paar vroue, kook weekliks etes vir gesinne wat swaarkry in hulle gemeenskap op die steenkoolvelde in Mpumalanga. Foto’s: Verskaf

Kerk wat werk-artikelreeks: Die ‘klein maar aktiewe’ Blinkp(l)an-gemeente van Mpumalanga se steenkoolvelde

Elke Woensdagoggend kry 12 behoeftige gesinne van ’n verarmde myngemeenskap in Mpumalanga ’n gekookte ete. Vir baie van hulle is dit die enigste groente en vleis wat hulle kry. Die vier vroue wat hierdie projek aan die gang hou is van die NG Gemeente Blinkpan – ’n gemeente van net 88 lidmate wat sedert 2021

Kerk wat werk-artikelreeks: Die ‘klein maar aktiewe’ Blinkp(l)an-gemeente van Mpumalanga se steenkoolvelde Lees verder

Artikels
Al gaan hulle tans deur diep waters, weet sy dat Hy alles vir hulle ten goede sal laat meewerk vertel die sendeling en skrywer, Michele Potgieter, hier saam met haar dogter Mari-Alena in die hospitaal waar sy chemoterapie ontvang. Foto's: Verskaf

Sendeling oor dogter se maagkanker: ‘God sal deur haar getuienis verheerlik word’

“Ek het net gehuil en gehuil,” vertel die sendeling en skrywer Michele Potgieter oor die bitter nuus wat hulle in Desember 2024 gekry het: Haar pragtige 23-jarige dogter Mari-Alena se maagwand was so oortrek met kankerselle dat die dokters gesê het sy het nie meer lank om te leef nie. Michele lei ’n gemeente in

Sendeling oor dogter se maagkanker: ‘God sal deur haar getuienis verheerlik word’ Lees verder

Artikels

Jaco Strydom gesels met Lerisa Meyer oor die see, die kerk en die dieper dors

“Ek kan eintlik nie alles vertel van hoe lekker dit hier is nie, want dan sal ’n klomp mense ook hier wil kom bly! Maar kan jy jou iets beter voorstel as om vroeg op ’n Maandagoggend jou hondjies, koffie, Bybel en boekie te vat en dan te gaan preek skryf op die strand? Dit

Jaco Strydom gesels met Lerisa Meyer oor die see, die kerk en die dieper dors Lees verder

Artikels
Scroll to Top