Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Briewe

Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuiging van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Net een waarheid

Marcel Vosloo van die Strand skryf: André Bartlett en mede-ondertekenaars sê in hul skrywe in reaksie op Dirkie van der Spuy se brief, dat hy impliseer dat die “minderheidstem” tydens die afgelope sinodesitting “in stryd is met God en met sy Woord”. Wat is die waarheid van die Woord rondom selfdegeslagverhoudinge? Is dit so dat […]

Net een waarheid Lees verder

Briewe Die gay-debat

‘Is die NG Kerk trots op hierdie besluit?’

Berta Clase skryf ‘n ope brief aan die Algemene Sinode: Dit was met groot skok en hartseer dat ek verneem het van die herroeping van u vroeëre besluit aangaande gays. Beide ek en my man is in die NG Kerk gedoop, gekatkiseer, aangeneem en voorgestel, getroud en het ons kinders laat doop, laat katkiseer en

‘Is die NG Kerk trots op hierdie besluit?’ Lees verder

Briewe Die gay-debat

Nee vir ’n koppie tee …

Dr Adriaan van der Wart skryf: Daar is hardnekkige gerugte in die kerklike omgewing dat talle lidmate die afgelope paar jaar uit gemeentes wegsyfer soos wat water in die sand wegsak oor ’n verskeidenheid van redes.  Dis ‘n saak van kommer vir diegene wat enigsins nog kerklik-gebonde voel of dink. Nie al hierdie lidmate gaan weg

Nee vir ’n koppie tee … Lees verder

Briewe

Dit was my belangrikste legitimasie

Ds Eduard Enslin van Lambton-Germiston skryf: Op 11 November 2010 is ek gelegitimeer as ‘n proponent van die NG Kerk. Die rubberstempel is afgedruk op my vermoë om bedienaar van die Woord te wees. Dit was ‘n groot oomblik vir my. Amper heilig. Die verantwoordelikhede en voorregte van ‘n baie besonderse amp is op my

Dit was my belangrikste legitimasie Lees verder

Briewe Die gay-debat

Die Bybel ken dit nie

Pieter Dorey van Kampersrus skryf: In die pastorale brief na die pas afgelope BAS (Buitengewone Algemene Sinode) word geskryf dat die Algemene Sinode na ‘n lang gesprek besluit het dat “die Bybelse boodskap ken net die huwelik as uitdrukking van menslike seksualiteit”. Wat onverstaanbaar is, is dat ons na baie gesprekke nie kan besef dat

Die Bybel ken dit nie Lees verder

Briewe

Los die oordeel vir God

Dawie Gouws van Paternoster skryf: Die berig oor Jan-Jan Joubert (Kerkbode, 21 Oktober 2016) se optrede by die Noordelike Sinode het my oog gevang. Die almagtige God gebruik die Bybel om homself te openbaar. Ek meen dat hierdie openbarings vol­doen­de is dat ons die enigste ware God reg kan aanbid, dien en eer. Ek is

Los die oordeel vir God Lees verder

Briewe

Gebruik ons geboue

Jean van Biljon skryf: Die beweging teen studiegelde is besig om jongmense se toekoms te verwoes. Finalejaarstudente se beroeps­loopbane kan beëindig word voor dit begin het. Sommige het reeds werksaanbiedinge ontvang en aanvaar waar hulle op 1 Januarie 2017 moet begin, nadat hulle hul finale punte ingedien het. As die universi­teitsrade die res van die

Gebruik ons geboue Lees verder

Briewe

Die wysheid van Salomo

Johannes Richter skryf: Ons lees in 1 Konings 3 hoe Salomo oor ‘n onmoontlike situasie moes besluit. Twee prostitute staan voor sy regstoel. Een se kind is in die nag dood, en sy ruil toe haar dooie baba om met die lewende kind. Hoe gaan Salomo bepaal wie die oorlewende kind moet kry? Nou, met

Die wysheid van Salomo Lees verder

Briewe

So sê die Here – sê wie?

Isak du Plessis skryf: By oorpeinsing van al die gepubliseerde standpunte wat gebruik word in die homo-debat in die NG-kerk, onthou ek die woorde van ’n ou Basotho: “Meneer, remember – people can be clever but possibly not wise”. Al die redenasies en motiverings vir elk van die diverse en botsende standpunte klink heel slim.

So sê die Here – sê wie? Lees verder

Briewe Die gay-debat

’n Pleidooi vir gesprek en eenheid

Prof Fanie Snyman van Bloemfontein skryf: In briewekolomme en braaivleis-geselsies word moontlike skeuring in die NG Kerk genoem na aanleiding van verskille oor selfdegeslagverhoudings en die naderende buitengewone Algemene Sinode. Ek rig pleidooie: Die eerste is vir gesprek waar enersdenkendes mekaar nie net meer oortuig van bestaande standpunte nie. ’n Gesprek moet plaasvind nie oor

’n Pleidooi vir gesprek en eenheid Lees verder

Briewe Die gay-debat

Plaas gay getuienisse sentraal

’n Student van Stellenbosch skryf: Al die studente aktivisme van die laaste twee jaar wat op kampusse opgevlam het, het ’n nuwe bewussyn aangewakker rondom identiteitskwessies en -politiek, iets wat tot dusver amper ongehoord was vir Jan Publiek. Die manier wat daar oor ras gepraat is binne dié aktivis spasies, kan ook baie insiggewend wees

Plaas gay getuienisse sentraal Lees verder

Briewe Die gay-debat

Uit ’n narkoseslaap

Dr Chris Saayman van Tafelberg-gemeente skryf: Ek voel soos iemand wat uit ’n narkoseslaap wakker geword het. 6 Februarie was vir my die dag van waterskeiding tussen ’n periode van geestelike en teologiese verdwaaldheid en persoonlike herlewing. Uit die blou­te het die Here my daardie dag kom aanraak. Dit was soos wedergeboorte. Sedertdien het die

Uit ’n narkoseslaap Lees verder

Briewe Die gay-debat

Die enigste waarheid

Cathy Schmidt van Durbanville skryf: Nog altyd het ek groot respek gehad vir die akademie­se, slim “Skrifgeleerdes, Sadduseërs, priesters en fa­mi­liehoofde”. Maar ons lees van herhaaldelike pogings van sommige van dié leiers om Jesus uit te lok tot aan­klag teen Hom totdat hulle Hom selfs wou doodmaak! Diepgaande verskille was en is nog altyd normaal

Die enigste waarheid Lees verder

Briewe

Hervorming dringend nodig

Tienie Prinsloo van Heidelberg skryf: Die hoofstroomkerke is besig om dood te bloei weens die verwaarlosing van die evangelie. Die rede waarom ek dit sê is te wyte aan die ondervinding wat ek opgedoen het oor 39 jaar as predikant in sewe gemeentes. Ek het by huisbesoek met elke lidmaat oor hul geloofs­lewe gesels om

Hervorming dringend nodig Lees verder

Briewe

Ons het hard gewerk

Pieter Hugo van Keurboomstrand skryf: Ek dink nou al baie lank oor die voortdurende gesprek oor armoede en ongelykhede en voel dit is nou my ge­leentheid om my gedagtes te deel. Eerstens oor die sogenaamde “ongelykhede”. Dit word gedurig aan ons, en dan word spesifiek verwys na blanke Afrikaners, voorgehou dat ons bevoordeel is in

Ons het hard gewerk Lees verder

Briewe

So word die wese verander

Dr Gawie Pistorius van Bloemfontein skryf: Afrikaanse Bybelvertalings is al baie jare met ons. Die eerste Afrikaanse weergawe was die ‘Ou Vertaling’ wat in 1933 verskyn het, en weer in 1953 aangepas is. Die ‘Nuwe Vertaling’ het in 1983 verskyn. Die eerste proewe van ‘n nuwe ‘Direkte Vertaling’ het ook alreeds verskyn. Twee ander ‘nie-amptelike’

So word die wese verander Lees verder

Briewe
Scroll to Top