Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Artikels

In Suid-Afrika is daar nou verskeie camino-opsies en pelgrimstogte. Hoekom díe gewildheid? Karlien Becker het ondersoek ingestel.
Met die Tuinroete-toevoeging tot die Pelgrimstog van Hoop, het 89 pelgrims in 2021 gestap en reeds 92 stappers in 2022 met nog tientalle besprekings glo in die pyplyn, berig Karlien Becker. Foto: Le Roux Schoeman / Kerkbode-argief

Camino: Wat kan ons uit die toenemende gewildheid van pelgrimstogte in Suid-Afrika leer?

As jy die woorde “Camino in Suid-Afrika” intik op Google, kom vele opsies na vore waar jy kan gaan stap. Die idee het oorgespoel na Suid-Afrika nadat Suid-Afrikaners die bekende pelgrimstog in Spanje, die Camino de Santiago aangedurf het. Is die woord “camino” ’n bietjie van ’n gonswoord wat aan verskeie staproetes gekoppel word? Karlien […]

Camino: Wat kan ons uit die toenemende gewildheid van pelgrimstogte in Suid-Afrika leer? Lees verder

Artikels
Daar is tans 2 781 gelegitimeerde predikante in die NG Kerk waarvan 1 519 emeritusstatus het en 1 262 in die bediening staan in gemeentes en ander kerklike poste. In die volgende vyf jaar gaan daar 329 predikante wat aftree-ouderdom bereik die bediening verlaat, berig Andrew Kok hieronder.

Kennisbehoud: Stuur die NG Kerk af op ‘geheueverlies’?

Wat doen die NG Kerk om leraars wat aftree se kennis te bewaar? Andrew Kok doen verslag. In die tydperk 1980 tot 1983 lewer die Kweekskool aan die Universiteit Stellenbosch ’n groot groep gelegitimeerdes op – ’n  hele 345 teologiese studente word in hierdie jare tot die bediening toegelaat. Die klas van 1981 was met

Kennisbehoud: Stuur die NG Kerk af op ‘geheueverlies’? Lees verder

Artikels
Hy het nog nooit die Bybel ervaar as ’n boek wat sê jy moet ophou dink nie sê dr Andries Cilliers wat hoop sy nuwe boek 'Onder die blaredak: Verwonderd oor die gawe om te kan glo' sal mense uitnooi om in gesprek te bly oor geloof. Foto's: Heléne Meissenheimer

Nuwe boek: ‘God se genade is groter as my gemors’

Hy ken ook vrae oor geloof in God en die Bybel, sê dr Andries Cilliers onlangs by die bekendstelling van sy boek Onder die blaredak: Verwonderd oor die gawe om te kan glo. Maar hy kry dit nie reg om op te hou glo nie. In die boek bekyk Cilliers, as gewilde skrywer en leraar

Nuwe boek: ‘God se genade is groter as my gemors’ Lees verder

Artikels Boeke
Dit kos baie geld om selfs net ’n gedeelte van die Bybel vir ’n taalgroep te vertaal, sê Emesé Ferreira, ’n ervare Bybelvertaler wat hier saam met die vertalingspan werk van die Toka-Leya, een van 558 taalgroepe in Afrika wat nog nie die Bybel in hul eie taal het nie. Foto’s: Verskaf

16 miljoen in Afrika sonder Bybel in eie taal

In Afrika alleen is daar 558 taalgroepe wat 16 miljoen mense verteenwoordig wat nie ’n volledige Bybel in hulle eie taal het nie, volgens die nuutste statistieke tot beskikking van Wycliffe Global Alliance, ’n internasionale “gemeenskap van meer as 100 diverse organisasies en netwerke wat saamwerk in Bybelvertalingprojekte wêreldwyd” volgens hulle webblad. Een van hierdie

16 miljoen in Afrika sonder Bybel in eie taal Lees verder

Artikels
Jasper Louw onthou: "Tydens my bediening in die destydse Sinode van Wes-Transvaal (tans Goudland) het ek die voorreg gehad om vir baie jare skriba van die Sinodale Regskommissie te wees, later aktuarius en ook moderator van Wes-Transvaal. In hierdie tyd het ek te doen gehad met formidabele leiers in die kerk. Oom Japie du Plessis met sy besonderse aanslag op leiding van vergaderings, Hennie Grobler wat as lopende ensiklopedie alle sinodes se besluite op die punte van sy vingers geken het, Jurie Wessels met sy helder insig in die kerkreg, Nic Bezuidenhout met sy deernisvolle leierskap, Nico van Rensburg (“Blink Nico”) met sy unieke organisasievermoëns, Jackie van Rensburg en Henk Gous wat vanaf studentedae ’n groot impak op my gehad het, en vele ander." Hierbo sit die skrywer en sy vrou Adre. Foto: Verskaf

Jasper Louw onthou: Predikante uit my verlede

Wanneer ek terugdink aan die afgelope 68 jaar van my lewe op aarde, waarvan ek vir 42 jaar bevoorreg was om as gelegitimeerde leraar van die NG Kerk, aktiewe diens in die kerk en koninkryk te kon verrig, kan ek nie anders as om vele predikante in herinnering te roep wat ’n geweldige impak op

Jasper Louw onthou: Predikante uit my verlede Lees verder

Artikels
‘Die lewe gebeur, en dit is dan julle waardes, nie daardie vyfjaarplan nie, wat gaan help met julle verhouding se ideale toekomsprentjie,’ hoor dr Doret Niemandt by dr Pieter Visser tydens hul gesprek oor waarom dit vir paartjies belangrik is om te gesels oor hulle toekoms. Foto: Rawpixel

Drie dinge wat jy moet weet voor jy trou (of herontdek na 30 jaar)

Verlief en verlore word die ja-woord gevra, die familie word gebel en vertel, jou Facebook word ge-update met ’n foto van die ring … en dan begin die groot beplanning vir daardie groot dag. Dit is vir my altyd interessant dat daar so baie tyd, energie en geld in hierdie enkele dag ingaan en soms

Drie dinge wat jy moet weet voor jy trou (of herontdek na 30 jaar) Lees verder

Artikels
‘Waarom die nuwe boek?’ vra Jaco Strydom vir Pierre du Plessis wie se nuutste boek, ‘Het ek my geloof verloor?’, pas verskyn het en hoor hierdie boek het ’n heel ander inslag. Foto: Verskaf

LUISTER: Die worsteling en verwondering van Pierre du Plessis

Pierre du Plessis het destyds mode-ontwerp geswot, later vir ’n tyd lank in die advertensiebedryf gewerk en onder andere ’n alternatiewe geloofsgemeenskap genaamd 3rdPlace gehelp vestig in Pretoria. Hy was ook al meer as een keer ’n spreker by TEDx en hy is ’n skrywer … om net ’n paar goed te noem. Sy jongste

LUISTER: Die worsteling en verwondering van Pierre du Plessis Lees verder

Artikels

PROMOSIE: Digitale hulpbron bied betroubare inligting oor Bybel, begrippe en sleutelfigure

Die elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE) is bedoel vir teoloë, teologiese studente, meelewende Christene én nie-Christene, San en Jan Allemens, wat in Afrikaans betroubare elektroniese inligting oor talle mense en sake soek, skryf Frits Gaum. Wat is ’n “aktuarius”? Wat is die “uitverkiesing”? Wat beteken “doleer”? Wat is Jacob Zuma se godsdiensoortuigings? Wie was Donatus (311-355)?

PROMOSIE: Digitale hulpbron bied betroubare inligting oor Bybel, begrippe en sleutelfigure Lees verder

Artikels
Pelgrimstog van Hoop: Meer as 150 pelgrims het die nuwe roete van Uniondale tot Mosselbaai (hetsy ten volle of ten dele) gestap in sy eerste kalenderjaar, vertel ds Gert Nothnagel. En navrae na die eerste uitsendings van 'n nuwe kykNET-reeks, Elders: Tuinroete, is oorweldigend, het Nothnagel aan Kerkbode gesê. Die reeks van 13 episodes het op Maandag 4 Julie begin. Episodes draai Maandae om 20:00 op DStv-kanaal 144. Foto: Le Roux Schoeman vir Kerkbode / 2021

‘Elders’ se rustelose totruskoms op Tuinroete

Pelgrims bring wedersydse verryking by gemeentes ’n Dominee vertel onlangs van ’n seuntjie wat sy pa vir twee goed vra: ’n mikroskoop én ’n teleskoop. Slegs ’n blik op die oneindig kleine asook die eindeloos grote naghemel sal hierdie soekertjie bevredig, hoor ’n mens in daardie treffende wenslys. ’n Soortgelyke kreatiewe spanning lê in Erns

‘Elders’ se rustelose totruskoms op Tuinroete Lees verder

Artikels
"My raad aan my jonger self sal wees: Klim uit die kollig en draai die spreilig om, om op die Vader-Seun-Gees te skyn," skryf ds Francois Mulder. "Moenie weekliks preek vir die gemeente nie, nee, preek allereers vir jouself. Dit is wat my dominee-oupa Frikkie Kelber (1910-1990) elke Saterdagaand op sy knieë in sy studeerkamer gedoen het." Foto ter illustrasie: Francois Mulder

Oor geloof en ‘dekonstruksie’: ‘Klim uit die kollig en draai die spreilig om’

Dertien jaar gelede het Rian van Heerden se koerantartikel “D.O.M.I.N.E.E.” my aan die skryf gekry om my beroep en roeping te verdedig met ’n repliek getiteld: “Hoekom ek ’n dominee bly!” Vandag is dit Tim du Plessis se onlangse Rapport-artikel: ‘Hoor hier: Ek glo nie meer!’ waarin hy uitwei oor ’n aantal leraars wat die

Oor geloof en ‘dekonstruksie’: ‘Klim uit die kollig en draai die spreilig om’ Lees verder

Artikels
Herold NG-gemeente het besluit om vanjaar iets anders met Pinkster te doen deur elke dag 'n gedeelte op die Pelgrimstog van Hoop te stap en elke aand Pinksterdienste in 'n volgende kerkie op die roete te hou. Foto's: Verskaf

‘Ware Camino-ervaring’ op ’n Pinksterstap

Die NG Gemeente Herold naby George in die Suid-Kaap het vanjaar iets nuuts tydens Pinkstertyd gedoen. Hulle het ’n Pelgrims-Pinksterstap van ses dae in die Langkloof gehou en Hugenote Kollege se ‘pelgrimsprof” Nico de Klerk saamgenooi. Hy deel sy belewenis. Ek het die mense van Herhold-gemeente ontmoet toe ek daar was tydens ’n onlangse TV-opname

‘Ware Camino-ervaring’ op ’n Pinksterstap Lees verder

Artikels
As deel van die Kansel Mediagroep het Kaapse Kansel sedertdien vinnig haar eie kleurvolle skoene kom vol staan! Kaapse Kansel se bestaan getuig van duisende klein wonderwerke. Daar is in 2022 nog groot feesvieringe aan die kom, skryf Kosie Burger (middel voor in die spanfoto hierbo).

PROMOSIE: Radio Kaapse Kansel 729AM – van ’n Radio Kansel dogterstasie tot ’n gerekende stasie in die Wes-Kaap

Sedert die oproep op 18 Julie 2012 na Kosie Burger, die operasionele hoof van Kaapse Kansel, waarin ICASA aangekondig het dat die lisensie goedgekeur is, kan die stasie van oorwinning en God se ingryping vir die Wes-Kaap getuig. Na ’n stryd van ses jaar was hierdie voorwaar ’n groot mypaal vir die koninkryk. Vir al

PROMOSIE: Radio Kaapse Kansel 729AM – van ’n Radio Kansel dogterstasie tot ’n gerekende stasie in die Wes-Kaap Lees verder

Artikels
Na raming neem dit 450 jaar vir ’n gesigmasker om te ontbind, vertel ds Fay van Eeden in die podsending hieronder.

PODSENDING: Wenke teen gesigmaskers se omgewingsgevaar

Maskers was vir so lank deel van ons lewe dat dit amper vreemd voel om sonder hulle te wees. Die opheffing van die maatreël rondom die dra van gesigmaskers is nie net goeie nuus vir ons nie, maar ook vir die aarde, vertel Fay van Eeden. LUISTER HIERONDER NA DIE PODSENDING:   OF LEES HIER:

PODSENDING: Wenke teen gesigmaskers se omgewingsgevaar Lees verder

Artikels Video
“Prof Klaus Nürnberger het vir ons baie nagelaat om oor na te dink: oor hoe ons gekom het tot waar ons is en ook oor sy bydrae wat hy gemaak het om ons weer op koers te probeer kry. Hy het sy eie bydrae van 89 jaar en 119 dae voltooi,” skryf David Botha. Foto ter illustrasie: Le Roux Schoeman

Klaus Nürnberger: Ekoteoloog se werk gooi wye skadu

Sy lewe en sy teologie sal verseker dat ons hom nooit vergeet nie, skryf David Botha oor die nalatenskap van prof Klaus Nürnberger, wat op 27 Junie in die ouderdom van 89 oorlede is. Ekologie het nie op die kerk se tafel beland omdat dit mode geword het nie. Drie ander dinge het dit vir

Klaus Nürnberger: Ekoteoloog se werk gooi wye skadu Lees verder

Aktueel Artikels
“Bybel-Media is ’n inspirasievennoot vir gelowiges in Indië in samewerking met Echo of His Call Biblecor Ministries. Bybel-Media is al meer as 42 jaar betrokke by die werk in Indië en is baie dankbaar dat Bybelkor se materiaal so gebruik kan word tot uitbreiding van Jesus se koninkryk. Ons is dus ’n reisgenoot vir Biblecor India op die Jesusweg,” sê Hannelie Matthee, hoof van fondswerwing by Bybel-Media, in 'n fokus op die bediening in Indië. Foto’s: Verskaf

Bybel-Media in Indië: Van ’n boekie tot ’n omvattende bediening

Stephan Gill was ’n jong seun toe hy op aanbeveling van sy pastoor-oom in 2007 oor ’n Bybelse korrespondensiekursus navraag gedoen het. Dit is hoe sy pad die eerste keer gekruis het met dié van pastoor Sam Selva Raj van Echo of His Call Biblecor Ministries en indirek ook met hul evangelisasievennoot, Bybel-Media (BM). Biblecor

Bybel-Media in Indië: Van ’n boekie tot ’n omvattende bediening Lees verder

Aktueel Artikels Bybel-Media
God is veel groter as ons idees en gedagtes, en juis daarom mag ons soms maar meer radikaal oor God dink, vertel dr Nico Smit vir Marileen Steyn tydens hul onlangse gesprek oor die taal wat ons gebruik om oor God te dink en praat, selfs dig. Foto: Verskaf

Ons mag soms maar meer radikaal oor God dink

Marileen Steyn gesels met dr Nico Smit oor Teopoëtika en die manier waarop ons taal oor God nie so beperk hoef te wees soos wat ons soms vrees nie. Eerste woorde is ’n besonderse ding. Vir maande gebruik mense taal rondom ’n klein bondeltjie en eendag, wonder bo wonder, begin die bondeltjie daardie woorde eggo.

Ons mag soms maar meer radikaal oor God dink Lees verder

Aktueel Artikels

Drie idees oor sonde en wonde

Dr Christo de Klerk is ’n narratiewe pastorale berader en spirituele begeleier by NaEden Retreat-sentrum in Munster, KwaZulu-Natal. Hy spesialiseer in Bybelse spiritualiteit, begelei mense deur trauma en help mense met geestelike groei. Doret Niemandt vind meer uit. In my Kinderbybel was daar nie prentjies van God nie. Daar was wel ’n prentjie van ’n

Drie idees oor sonde en wonde Lees verder

Aktueel Artikels
Ds Charlotte Sibanyoni vertel ds Jaco Strydom haar droom is dat die NG Kerk ’n beurs daar sal stel om dit moontlik te maak vir mense van ander kulture om teologie te studeer. “My droom is dat die kerk oor 10 jaar baie meer divers en vry van politieke agendas sal wees,” sê sy. Foto: Verskaf

Jaco Strydom gesels met Charlotte Sibanyoni: ‘Bring verandering vanuit vrede, nie woede’

Charlotte Sibanyoni is ’n NG dominee, ’n dosent in Hebreeus by die Universiteit van Pretoria, besig met haar PhD, en ’n “fiksheidsentoesias” in haar eie woorde. Wel, onder andere, sy is ’n besige, dapper vrou met ’n groot storie, vertel Jaco Strydom. Ek vra haar oor haar grootwordjare en sy wys my ’n foto van

Jaco Strydom gesels met Charlotte Sibanyoni: ‘Bring verandering vanuit vrede, nie woede’ Lees verder

Artikels
Hoekom is dit dan dat ons kinders vandag steeds praat asof hulle in die dae van Apartheid lewe? Dit wil Doret Niemandt weet by dr Sebastiaan van Dyk na aanleiding van sy 2018-tesis aan die Universiteit van Pretoria, getitled “Racism amongst white Afrikaner adolescents: The challenge of I-Thou (Buber)”.

Maak jy jou kind as ’n rassis groot?

Kwotas, korrupsie en kolonialisme. Dit is die vloekwoorde van ons tyd. En ouers is nie meer bang om voor hulle kinders te vloek nie. “Nou is ons kinders vasgevang in hulle ouers se interpretasies van politiek en hulle ontmoet selde die regte Suid-Afrika,” sê dr Sebastiaan van Dyk in ’n gesprek oor sy 2018-tesis aan

Maak jy jou kind as ’n rassis groot? Lees verder

Aktueel Artikels
Ivor Swartz (heel links) werk met jeug regoor ons land, om toe te sien dat die volgende generasie hulle roeping as landsburgers verstaan en ernstig opneem. Hy en Rudi Swanepoel (heel regs) het saam geskryf aan ’n gespreksreeks op Via “Ons Vir Jou” – wat streef om versoening te bewerkstellig. Hy is tans leraar by NG Oosterlig in Pretoria, waar hy met die jeug werk. Hier staan die aanbieders by een van hulle gaste, die radio-aanbieder Charlene Lackay. Foto: Verskaf

Is daar nog ’n plek vir jou en vir my?

Ds Ivor Swartz gesels met Marileen Steyn oor die plek van die wit Afrikaner in die nuwe Suid-Afrika en die invloed wat hierdie gesprekke op die jeug het. “Dis ’n land van kleure en klank. Dis ’n land van oorvloed en dank. Dis ’n land waar almal na strewe. Dis ’n land sonder horison en

Is daar nog ’n plek vir jou en vir my? Lees verder

Aktueel Artikels
Nadia en DJ het destyds tydens hulle eerstejaar by die teologiefakulteit op Tuks ontmoet. "Nie jou tipiese pastoriepaartjie nie – as daar vandag nog so iets bestaan," vertel Jaco Strydom hieronder. Foto verskaf

Jaco Strydom gesels met Nadia en DJ Muller: Dominees in die gemeente en die gemeenskap

Nadia en DJ Muller is getroud. Albei is dominees, Nadia in ’n gemeente en DJ in die gemeenskap. Tot redelik onlangs was DJ voltydse predikant op Prieska en Nadia deeltyds, maar die rolle het nou omgeruil. Nadia is vandag voltydse dominee by Simondium Familiekerk, ’n klein NG gemeente tussen die Paarl en Franschhoek. Hulle woon

Jaco Strydom gesels met Nadia en DJ Muller: Dominees in die gemeente en die gemeenskap Lees verder

Artikels
Tydens Pinkster 2022 het Proteahoogte-gemeente in Brackenfell hulle 6de kindergefokusde Pinksterreeks aangebied. Die boek Jona is op ’n kreatiewe manier deur ’n dramaspan op vier aande oorvertel, met ’n bondige boodskap na elke aand se oorvertelling. Foto: Hanja Beckmann

Kinderteater vertel van God wat tweede kanse gee

Hoe kry jy kinders opgewonde oor die Bybel? Hoe vertel jy ’n antieke storie op ’n nuwe manier, sodat dit mense se lewe in vandag se tyd verander en inspireer? Jy ontmoet kinders op hulle speelgrond, natuurlik. Met Storie, Speel en Skaterlag. Maar dit verg geloof en vertroue: Geloof dat God se Woord self sal

Kinderteater vertel van God wat tweede kanse gee Lees verder

Artikels
Scroll to Top