Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Verstaan die Bybel

Torā – ’n moderne wet, of die Here se liefdevolle onderwysing?

Die Hebreeuse woord torā word byna sonder uitsondering in Afri­kaanse Bybels as “wet” vertaal. Alhoewel dit inderdaad een van die vertalingsmoontlikhede van torā is, is dit ’n vertaling wat lesers eerder verder van die teks af neem, as wat dit die betekenis van die Hebreeus duidelik maak. In post(laat)-moderne Westerlinge soos ons se gedagtes het […]

Torā – ’n moderne wet, of die Here se liefdevolle onderwysing? Lees verder

Verstaan die Bybel

God se insluitende liefde vat die bediening van Jesus saam

Dit is nie altyd maklik om gestalte aan die kerk te gee te midde van ’n diverse wêreld nie. Dit vra van gelowiges om verskillende teologiese aksente en uiteenlopende sosiale identiteite met mekaar te versoen. So moes die insluiting van heidene (Hand 10:34-35) met die na­streef van heiligheid (1 Pet 1:14-16) deur die vroeë kerk

God se insluitende liefde vat die bediening van Jesus saam Lees verder

Verstaan die Bybel

Batseba, patriargie en mag (1 Kon 2:13-25)

In die ou Nabye Ooste het troonwisseling in ’n koninkryk dikwels met ’n stryd onder potensiële opvolgers gepaard gegaan. In Israel was dit met die afsterwe van koning Dawid en die troonbestyging van een van sy jonger seuns, Salomo, nie anders gesteld nie. 1 Konings 1 – 3 vertel iets van Salomo se troonbestyging. Die

Batseba, patriargie en mag (1 Kon 2:13-25) Lees verder

Verstaan die Bybel

By watter diskoers vind jy aanklank?

In 1845 kom Austen Henry Layard, ’n Engelsman, in Mosul, die tweede grootste stad in vandag se Irak aan en begin in 1849 met opgrawings daar. Sy ontdekking van die Lagis-muurpane­le en die bekend Taylor-prisma in die paleis van koning Sanherib het groot opgewondenheid tot gevolg gehad. Koning Hiskia van Juda word in die Taylor-prisma,

By watter diskoers vind jy aanklank? Lees verder

Koronavirus Verstaan die Bybel

“Het U ons heeltemal vergeet, Here?”

Niks is meer dieselfde nie. Die ondenkbare het gebeur. Ons eko­nomies-dominante en eko­no­mies-gedrewe globale dorpie het byna tot stilstand gekom. Byna al die rotte van die rotte-resies is in hulle gate gedwing. In vrye, demokratiese Suid-Afrika geld beperkende wetgewing er­ger as gedurende Apartheid. Die popu­lêre, familiêre aanraak-kultuur van baie het ’n taboe geword. En die

“Het U ons heeltemal vergeet, Here?” Lees verder

Verstaan die Bybel

Gesoek: Toegewyde gelowiges (Mal 1)

Maleagi speel teen die sosio-ekonomiese en politiese kon­flikte van die na-ballingskapse Judese gemeenskap in Jerusalem af (Persiese tyd – 539-333 vC). Dié date­ring word onder meer uit Maleagi 1:8 afgelei, waar daar sprake van ’n goewerneur is, terwyl gedeeltes soos 1:7, 10 en 3:1, 10 die indruk skep dat die tempel, wat in 515 vC

Gesoek: Toegewyde gelowiges (Mal 1) Lees verder

Verstaan die Bybel

Oor voortdurende herinterpretasie

In sy boek Having words with God: The Bible as conversation wys die Amerikaanse Nuwe-Testamentikus, Karl Kuhn, daarop dat die Bybel as ’n heilige dialoog tussen God en gelowi­ges, maar ook tussen gelowiges onderling, verstaan moet word. Die gespreksmatige aard van die Bybel is op verskillende wyses sigbaar. So bevat die Bybel tweegesprekke tussen God

Oor voortdurende herinterpretasie Lees verder

Verstaan die Bybel

“Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.”

Habakuk 2:4 is een van vele tekste in die Ou Testament waarvan die korrekte vertaling onseker is. Slaan gerus verskeie vertalings na en die opmerking is sonder meer duidelik. Letterlik vertaal, lui dit “Kyk na die opgeblase een, sy wese is nie reguit in hom nie, maar die regverdige, deur sy betroubaarheid sal hy lewe”. 

“Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.” Lees verder

Verstaan die Bybel

Om op God, nie ridders te vertrou

In haar studie Toward a postcolonial reading of the Epistle of James wys Ingeborg Mongstad-Kvammen op die radikale implikasies van die evangelie vir gelowiges in die wêreld waarin dit ontstaan het. In Jakobus 2 word vertel hoedat twee persone by die samekoms van die gelowiges aansluit. Die een het ’n goue ring en wit klere

Om op God, nie ridders te vertrou Lees verder

Verstaan die Bybel

Sonde, sondaars en ons onderlinge verbintenisse

My indruk is dat daar oor die millennia heen talle spreuke of gesegdes in ons geloof ingesluip het, waarvan óf die oorsprong ten beste nié in die Bybel lê nie, of ten slegste gelowiges eerder op ’n dwaalspoor lei as op die weg van die Here hou. ’n Voorbeeld hiervan vind ons in die oproep

Sonde, sondaars en ons onderlinge verbintenisse Lees verder

Verstaan die Bybel

Is geloof bedoel om te beloon?

Die Bybelse mense het geleef in ’n wê­reld waar daar nie banke was waar jy geld kon leen, of beleggings was wat dividende opgele­wer het nie. Om te oor­leef of uit skuld te kom was almal gevolglik afhanklik van weldoeners. Wel­doeners was men­se met baie status, eer, mag en lewensmiddele. Beguns­tig­des was men­se wat net

Is geloof bedoel om te beloon? Lees verder

Verstaan die Bybel
Scroll to Top