Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Rubrieke

Nadia Marais skryf: Die geskenk van die donker

In Lydenstyd dink die kerk oor die wêreld heen na oor Christus se lyding en kruisdood; daardie swaarder, donkerder aksente aan die goeie nuus van die evangelie. Paulus self preek die gekruisigde Christus (1 Kor 1:23), maar erken ook dat hierdie Christus – wat deur die donker en dood oorweldig word aan die kruis – […]

Nadia Marais skryf: Die geskenk van die donker Lees verder

Nadia Marais

Johan van der Merwe: Liefde wen … is dit nog so?

Liefde wen het in die afgelope aantal jare die slagspreuk geword waarmee die NG Kerk uitgedaag is om besluite van kerkvergaderings aan die Bybel maar veral ook menswaardigheid te toets. Met hierdie slagspreuk op T-hemde het die ondersteuners van selfdegeslagverhoudings byvoorbeeld in sinodesale gesit om dit duidelik te maak dat alles in die eerste plek

Johan van der Merwe: Liefde wen … is dit nog so? Lees verder

Johan van der Merwe

Lees (en ondersteun) Kerkbode só

Die jongste uitgawe van Kerkbode, wat dié week onderweg is intekenaargemeentes, bied ons lesers: Ondersoek: Watter rol speel streeksinodes (soos NG Kerk Noordkaapland en vennote-organisasies) met droogtehulpprojekte soos Red ‘n Plaas en ander? Dubbelboekeblad: Resensies deur prof Stephan Joubert en ds Rethie van Niekerk Rubrieke: Ds Nelis Janse van Rensburg oor teologiese opleiding en prof

Lees (en ondersteun) Kerkbode só Lees verder

Redakteursbrief
Nuusvermyding was een van die gesprekspunte by vanjaar se Teologiese Dag by Universiteit Stellenbosch (13 Februarie). Ook vir kerknuus blyk hierdie verlangsaming of selfs versadiging te dreig. 'n Temavermoeidheid en soms selfs ’n weersin in nóg sinne oor meningsverskil binne die kerk. Hierbo is dr Lee-Shae Salma Scharnick-Udemans van UWK aan die woord.

Nuusvermyding het ook ’n verlammende effek in kerknuusomgewing

Alle ander tekorte eers ter syde: Daar’s volop slimfone in Suid-Afrika. Daar is meer simkaarte in Suid-Afrika as inwoners. En digitale toegang tot nuus is – ondanks ’n betaalmuur hier en daar – veel meer as volop. Dit is danksy sosiale media trouens moeilik om van te ontsnap. G’n wonder veral strawwe sosialemediagebruikers probeer naderhand

Nuusvermyding het ook ’n verlammende effek in kerknuusomgewing Lees verder

Redakteursbrief
Annatjie Streicher, wat onlangs 69 geword het, dra ’n hele era se herinneringe met haar saam. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman skryf vanuit Machadodorp: ’n Skriba se stories en die manier waarop ons land anders word

Stadig skommel ek in Machadodorp se hoofstraat af, verby die poskantoor waarvan die teken gebreek is. “P  st Offi   ,” sê dit nou. Die ou kontantwinkel behoort nou aan ’n kêrel van Pakistan of Bangladesh. Voor die meubelwinkel borrel musiek vol vreemde ritmes uit ’n luidspreker. Slaggate. Papiere op die sypaadjies. Vroue wat vrugte

Dana Snyman skryf vanuit Machadodorp: ’n Skriba se stories en die manier waarop ons land anders word Lees verder

Dana Snyman
Dr Frederick Marais (regs agter) wens Eliza van der Westhuizen, Carel van der Merwe en Annette Steenkamp geluk as die eerste studente wat onlangs Hugenote Kollege se nuwe BTh-graad voltooi het. Hul gradeplegtigheid was vir hom ’n heuglike dag skryf Nelis Janse van Rensburg, want ontwikkelinge soos hierdie kursus maak “studie in teologie baie meer toeganklik … verby is die dae waarin teologiese studies net toeganklik was vir diegene wat ses of sewe jaar residensieel aan ’n universiteit kon gaan studeer”. Foto: Heléne Meissenheimer

Nelis Janse van Rensburg | Opleiding vir almal in kerk

Vir die NG Kerk om te slaag in sy roeping, is dit van kritieke belang dat lidmate die Bybel op ’n gesaghebbende manier kan uitlê en gebruik. Die debatte oor etiese kwessies oor die afgelope jare het getoon dat daar baie onkunde en onsekerheid bestaan oor die uitleg van die Skrif. Die nadeligste uitkoms van

Nelis Janse van Rensburg | Opleiding vir almal in kerk Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Die kerk moet nou help om gemoedere te kalmeer

20 Maart as die dag van die groot “National Shutdown” het rassespanning opnuut in Suid-Afrika tot op die spreekwoordelike mespunt gedryf. Sosiale media-boodskappe wat heen en weer vlieg, dreigemente wat oor en weer gemaak word, opruiende uitsprake van politieke leiers wat hulleself selfs met Jesus vergelyk en militêre voertuie met soldate in die strate dra

Die kerk moet nou help om gemoedere te kalmeer Lees verder

Johan van der Merwe

Uit Gustav se pen | #Nationalshutdown: Heroorweeg tog hierdie veldtog

Die kerk is diep verontrus deur die moontlike uitwerking wat die ontwrigting van die EFF se beplande #Nationalshutdown op 20 Maart, skryf Gustav Claassen. Die media is die afgelope tyd oorheers deur die sogenaamde #Nationalshutdown wat deur die Economic Freedom Fighters (EFF) beplan word vir 20 Maart. Dié landwye staking is deel van onder andere

Uit Gustav se pen | #Nationalshutdown: Heroorweeg tog hierdie veldtog Lees verder

Rubrieke

Christo Lombaard skryf: ’n Denkelose geloof is nóg Bybels nóg Christelik

Predikante moet die mense aan wie hulle hulle dienswerk lewer se gedagtewêrelde (Filosofie), binnewêrelde (Sielkunde) en saamleefwêrelde (Sosiologie, Politiek, Etiek, Ekonomie) op geldige maniere hanteer, ten einde relevant te wees. Die alternatief is ’n bediening wat lewensvreemd by mense verbygaan, skryf Christo Lombaard. In die Kerkbode-uitgawe van 3 Maart 2023 (“Dominees! Hoekom so baie grade agter

Christo Lombaard skryf: ’n Denkelose geloof is nóg Bybels nóg Christelik Lees verder

Rubrieke

Anton Knoetze skryf: 2023 | Advies vir ’n goeie vooruitsig

Vanjaar skep unieke uitdagings vir gelowiges in ’n tyd waar alles rondom ons letterlik en figuurlik pikdonker lyk, skryf Anton Knoetze. Watter positiewe vooruitsig is daar as die groeiende armoede en werkloosheid vir duisende mense rondom ons geen vooruitsig bied nie? Watter positiewe vooruitsig is daar as die beskuldigings oor misdaad selfs in ons hoogste

Anton Knoetze skryf: 2023 | Advies vir ’n goeie vooruitsig Lees verder

Rubrieke
"Die eerste keer wat ek oorsee is, was in so ’n kerksaal. Op ’n kultuuraand wat Ma-hulle gereël het. Die tema was Japan. Omtrent almal het in hulle japonne daar aangekom en ons het kwaai gesukkel om die klein stukkies vleis en die rys te eet met die stokkies wat Ma in Kimberley gekoop het. Met japonne vol vetkolle is ons later huis toe." Foto: Dana Snyman

Dana Snyman | My ‘reis’ oorsee … via ’n kerksaal

Onlangs kom ek toe weer in só ’n saal, ’n kerksaal met ’n blink teëlvloer, ’n hoë dak en ’n verhoog afgesper met swaar fluweelgordyne. Ek dink nie dit is regtig nodig om te sê waar en in watter gemeente se saal ek was nie. Dit is asof elke kerksaal dieselfde een is: die dubbele

Dana Snyman | My ‘reis’ oorsee … via ’n kerksaal Lees verder

Dana Snyman
Dood in die kamer / Death in the Room is die titel van ’n treffende kunswerk deur Ntobeko Mjijwa wat deel vorm van ’n nuwe uitstalling wat tot 22 April by die Oude Leeskamer op Stellenbosch te sien is. Mjijwa het ’n graad in Skone Kunste en ’n sertifikaat in Teologie en doseer plaaslik en internasionaal in beide dissiplines.

Kunstenaars (be)wys behoefte aan versoening en hoop van Paasfees met nuwe uitstalling op Stellenbosch

Versoening vorm die bindende tema van ’n nuwe kunsuitstalling op Stellenbosch vanweë die belang daarvan in die verhaal van Suid-Afrika en hoe dit in die toekoms weergalm. “’n Stem wat deurlopend in die Suid-Afrikaanse dialoog rondom geregtigheid en versoening weerklink, is dié van die kerk,” luidens ’n verklaring deur Maryke van Velden, verantwoordelik vir kreatiewe

Kunstenaars (be)wys behoefte aan versoening en hoop van Paasfees met nuwe uitstalling op Stellenbosch Lees verder

André Bartlertt

‘Elders gelees’: Kerkbode se ‘vinnige baan’ vir inligting op die web

By Kerkbode soek ons voortdurend na maniere om ons nuusdiens uit te brei en te verbeter. Een so eksperiment kyk na die ontginning van die vele stories wat ons nuuskantoor via nuusbriewe, persverklarings asook sosiale media bereik en spesifiek oor die spoed van publikasie van sulke inhoud. ’n Mens kan sê dis ’n “teksperiment”, want

‘Elders gelees’: Kerkbode se ‘vinnige baan’ vir inligting op die web Lees verder

Redakteursbrief

Dis tyd om die perd op te saal, dominee!

Die geskiedenis van die NG Kerk is deurspek met verhale van predikante wat ’n merkwaardige bydrae op verskillende terreine van die samelewing gemaak het. Een van die verhale wat vertel word, is die van ds JD Kestell, ook bekend as Vader Kestell. Met die uitbreek van die 2e Anglo-Boere-Oorlog wat van 1899 tot 1902 plaasgevind

Dis tyd om die perd op te saal, dominee! Lees verder

Johan van der Merwe
Sakkie Esterhuyse van Vredenburg trots by sy blinkgevryfde klein koets. Alle foto's: Dana Snyman

Dana Snyman | Nissan 1400 is soos ’n Bybelse donkie

Sien ek ’n Nissan 1400-bakkie iewers staan, hou ek dikwels daarby stil. Oral in die land sien jy nog van dié bakkietjies, al het Nissan in 2008 al opgehou om hulle te vervaardig. Is die bakkie se baas nie by nie, probeer ek hom – dit is omtrent altyd ’n hom – in die hande

Dana Snyman | Nissan 1400 is soos ’n Bybelse donkie Lees verder

Dana Snyman Rubrieke

Johan van der Merwe: ’n Uitdaging aan die NG Kerk vir 2023

Suid-Afrika is aan flarde, stukkend, gebreek! Byna op elke dorp en in elke stad sien jy dit en ruik jy dit: paaie vol slaggate, mense wat op straathoeke sit en wag vir werk, arm byna kaal kinders wat toeriste omsingel op soek na iets om te eet en rioolvuil wat in strate afloop. Beurtkrag is

Johan van der Merwe: ’n Uitdaging aan die NG Kerk vir 2023 Lees verder

Johan van der Merwe

PODSENDING | Oor uitbranding en hoe om jou gedagtes te ‘bevriend’

Soms is die dat en wat van ’n storie byna ewe belangrik of beduidend: Dat iemand aan die begín van sy / haar loopbaan reeds oor uitbranding dink, is byna net so beduidend as presies wat hy / sy daaroor navors, nie waar nie? Ek sal my hier op Carl Jung beroep wat iets soortgelyk

PODSENDING | Oor uitbranding en hoe om jou gedagtes te ‘bevriend’ Lees verder

Redakteursbrief Video

Nelis Janse van Rensburg: Seën vir die nuwe jaar

Ons begin gewoonlik die jaar deur vir mekaar voorspoed en seën toe te wens. Die Genesisverhaal begin ook met God se seën vir die mens: “God het hulle geseën. God het vir hulle gesê wees vrugbaar, vermeerder, vul die aarde en onderwerp dit” (1:28). Ook die verhaal van Abraham begin met God se seën. “Ek

Nelis Janse van Rensburg: Seën vir die nuwe jaar Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Kerkbode: Die reis na volhoubaarheid

Vanaf Maart 2023 herposisioneer ons die gedrukte Kerkbode as ’n maandblad. Hierdie is meer as “housekeeping”. Dit is ons poging om ondanks die jaarlikse afname in inkomste (intekenaars) en verhoging in uitgawes (papier, koerierdiens) steeds ’n gehaltediens in gedrukte formaat te kan lewer, as toevoeging tot ons digitale aanbod. Kliek HIER om in te teken

Kerkbode: Die reis na volhoubaarheid Lees verder

Redakteursbrief

Nelis Janse van Rensburg | Partypolitiek en die Kieswet

Die Grondwethof het aan die regering opdrag gegee om die land se Kieswet te wysig sodat onafhanklike kandidate aan die verkiesing van lede van die Nasionale Vergadering kan deelneem. Die voorstelle wat tans by die president lê vir ondertekening laat egter veel te wense oor, skryf Nelis Janse van Rensburg. Die burgerlike samelewing aanvaar toenemend

Nelis Janse van Rensburg | Partypolitiek en die Kieswet Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Dana Snyman skryf: Halleluja’s, ’n bus en ’n blokkie pienk-en-wit klapperys

Ma kyk op haar horlosie en skud haar kop. “Wanneer kom oom Bartjie nou?” sê sy. “Hy’s al vier minute laat.” Ons is al van vroeg af by die kerksaal, saam met tannie Hester en tannie Baba en die ander tannies van die ACVV. Oral staan koekblikke en Tupperware-bakke rond, en kartondose vol ou klere

Dana Snyman skryf: Halleluja’s, ’n bus en ’n blokkie pienk-en-wit klapperys Lees verder

Dana Snyman
Scroll to Top