Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Rubrieke

Versoening begin by ’n klein bietjie omgee

Op 17 November, 25 jaar gelede, het ds Freek Swanepoel die NG Kerk tydens ’n getuienisgeleentheid vir kerke in Oos-Londen voor die Waarheids-en Versoeningskommissie (WVK) verteenwoordig. Om tot daar te kom was nie maklik nie omdat ’n groot groep binne die NG Kerk van mening was dat die kerk nie daar moes wees nie. Hoewel […]

Versoening begin by ’n klein bietjie omgee Lees verder

Johan van der Merwe

Nadia Marais skryf: Die taal van vasgelooptheid

’n Goeie vriend merk nou die dag op dat hy siek en sat is vir die kerklike taal van vasgelooptheid. “Die kerk is dalk vasgeloop, maar ek is nie vasgeloop nie.” In ons gesprek verwys hy spesifiek na die debat oor selfdegeslagverhoudings, en hoe hy dit beleef as ’n gay lidmaat en predikant van die

Nadia Marais skryf: Die taal van vasgelooptheid Lees verder

Nadia Marais

Ja! Die NGK kan met geloofwaardigheid oor onreg praat!

Op een van die streeksinodes van die NG Kerk wat onlangs vergader het vra een van die afgevaardigdes hoe die NG Kerk nou met geloofwaardigheid oor onreg kan praat terwyl die kerk stil was tydens apartheid? Een van die belangrike redes waarom die NG Kerk nou oor onreg kan praat is die gebeure wat in

Ja! Die NGK kan met geloofwaardigheid oor onreg praat! Lees verder

Johan van der Merwe

TEKEN IN: Bestel nou die gedrukte Kerkbode vir Maart 2023 tot Februarie 2024 

Geagte leser, Ons is dankbaar vir die ondersteuning van elke Kerkbode-leser. En hoewel ons baie trots is op die groeiende aantal digitale lesers by www.kerkbode.co.za, is die intekenfooi op die gedrukte weergawe van Kerkbode steeds van groot belang vir ons finansiële volhoubaarheid. Elke subskripsie op die gedrukte Kerkbode vir 2023 … Stel ons redaksie in staat om stories van mense op ’n geloofspad te vertel.

TEKEN IN: Bestel nou die gedrukte Kerkbode vir Maart 2023 tot Februarie 2024  Lees verder

Redakteursbrief
By sy nuwe woonplek is nie juis plek vir ’n tuin nie, maar hy het nou sonneblomme in ’n groot pot geplant. “Daardie plantjie met die sterk stingel gaan een van die dae ’n knop uitstoot wat ’n blom gaan word. Dit hoop ek. Dit glo ek. Dit weet ek,” skryf Dana Snyman.

Dana Snyman: ‘Ons moet anders na die natuur begin kyk en besef alles is verbind aan mekaar’

Die sonneblomme groei mooi. Vyf van die saadjies het stingeltjies bokant die grond uitgestoot, en toe kom die blaartjies. Een stingel is besig om ’n stam te word en staan al lekker hoog, met blare so groot soos ’n piering. Die pakkie saad het ek vroeër vanjaar in Amsterdam in Nederland gekoop. Dit is ’n

Dana Snyman: ‘Ons moet anders na die natuur begin kyk en besef alles is verbind aan mekaar’ Lees verder

Aktueel Dana Snyman

KYK: Só teken jy in op gedrukte Kerkbode wat in 2023 as maandblad sal verskyn

Bestel nou die gedrukte Kerkbode vir 1 Maart 2023 tot 28 Februarie 2024 deur hierdie skakel te volg: https://kerkbode.christians.co.za/BESTEL/ Dis vinnig, maklik en veilig. As jy vasdraai, kontak Viona Ross, Kerkbode se intekenaarbestuurder: E-pos: viona@tydskrifte.co.za WhatsApp: 064 874 0636 Tel: 021 864 8278

KYK: Só teken jy in op gedrukte Kerkbode wat in 2023 as maandblad sal verskyn Lees verder

Redakteursbrief Video

TEKEN IN: Bestel nou die gedrukte Kerkbode vir Maart 2023 tot Februarie 2024 

Geagte leser, Ons is dankbaar vir die ondersteuning van elke Kerkbode-leser. En hoewel ons baie trots is op die groeiende aantal digitale lesers by www.kerkbode.co.za, is die intekenfooi op die gedrukte weergawe van Kerkbode steeds van groot belang vir ons finansiële volhoubaarheid. Elke subskripsie op die gedrukte Kerkbode vir 2023 … Stel ons redaksie in

TEKEN IN: Bestel nou die gedrukte Kerkbode vir Maart 2023 tot Februarie 2024  Lees verder

Redakteursbrief
Ek het grootgeword en skoolgegaan in die ou Suid-Afrika, ’n era toe daar vele onbevraagtekende sekerhede was om jou lewe mee te rig. Die NG Kerk en jou NG ouers het jou geestelik gelei. Die eerste minister en die Nasionale Party het die land volgens die wil van God regeer. Of dít het ons geglo.

Dana Snyman | Die toekoms is nou elke volgende oomblik

Nog altyd het ek my verjaardag stillerig gevier, maar toe ek onlangs sestig word, nooi ek ’n klompie mense en ons braai en gesels tot laat in die nag. Ek is nou amptelik bejaard. Ek kan afslag by die Spar kry, teen halfprys gaan fliek en in party winkels in ’n aparte, korter ry staan.

Dana Snyman | Die toekoms is nou elke volgende oomblik Lees verder

Dana Snyman

Is die Algemene Sinode se rakleeftyd verby?

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het in Oktober 1962, sestig jaar gelede, vir die eerste keer vergader. Dit was presies ’n eeu nadat die kerkverband in 1862 deur die Loedolff-saak versplinter is. Die aanloop na die eerste sitting van die Algemene Sinode en kerkhereniging het reeds in 1907 plaasgevind toe die Raad van

Is die Algemene Sinode se rakleeftyd verby? Lees verder

Johan van der Merwe

Nadia Marais | Die geskenk van versoening

By die pasafgelope sitting van die Wêreldraad van Kerke in Duitsland (31 Augustus tot 8 September), sou daar telkens klem geplaas word op die kerk oor die wêreld heen se verantwoordelikheid om te werk vir eenheid, vrede en versoening. Die tema – Christus se liefde dring die wêreld tot versoening en eenheid – sou ter

Nadia Marais | Die geskenk van versoening Lees verder

Nadia Marais
Die medeskepping van nuus- en aktuele inhoud, gepaard met die aanleer van nuwe digitale vaardighede (die klem was vanjaar op data-joernalistiek), is ook vir Kerkbode ’n belangrike strategiese stap.

Slypskool vir Skrywers: Deelnemers vind stories in data (en bied blik op die toekoms)

Vandeesweek publiseer ons die laaste “oes” stories uit die Slypskool vir Skrywers wat Kerkbode in Augustus tesame met die Taakspan Navorsing op Wellington aangebied het.  Deelnemers van regoor Suid-Afrika en selfs uit Namibië het vir ’n dag of wat om ’n tafel kom sit en na dieselfde datastelle (taakspan se mees onlangse navorsing) gekyk en

Slypskool vir Skrywers: Deelnemers vind stories in data (en bied blik op die toekoms) Lees verder

Redakteursbrief
En, kyk maar, as jy agter ’n bakkie vol mense ry, wie dit ookal is. Kyk maar, as jy liggies op jou toeter druk en vir hulle waai – of jy waai sommer net – sal party glimlag en vir jou terugwaai. Soms sal een iets vroliks in jou rigting skree, iets wat jy nie kan hoor nie, maar hulle sal lag, en jy sal glimlag. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman | Die blik wat ’n bakkie bied

Jy ry op die snelweg, en dan, opeens, is daar ’n bakkie voor jou, met twee of drie manne agterop. Oor een se kop is ’n Rasta-mus getrek. Die ander twee se blou oorpakke is vol verfspatsels. Dikwels is daar ’n leer of ’n kruiwa saam met hulle op die bak. Dit lyk nie of

Dana Snyman | Die blik wat ’n bakkie bied Lees verder

Dana Snyman

Laaste woorde

Ons het al in hierdie ruimte verwys na die geval van die Bolandse kerkgebou waarvan die letters teen die muur losgekom het en toe deur swaartekrag van die “Christen Familiekerk” na die “Chris en Familiekerk” herdoop is … Daardie soort kleiner-maak en intrek na die bekende kring eerder as oopmaak en uitreik na die vreemde

Laaste woorde Lees verder

Redakteursbrief

Nelis: ‘Versoening is ’n beweging na God en na mekaar’

Ons moet nou, ná Karlsruhe, vra of die liefde van Christus ons kan beweeg tot eenheid en versoening? skryf Nelis Janse van Rensburg uit Duitsland.  Die liefde van Christus dring ons. So begin die boodskap van die Wêreldraad van Kerke (WRK) aan die einde van sy algemene vergadering in Karlsruhe in 2022 aan die wêreld.

Nelis: ‘Versoening is ’n beweging na God en na mekaar’ Lees verder

Nelis Janse van Rensburg
’n Ou kerk soos dié een van sandsteen op Rosendal is meer as ’n plek van aanbidding. ‘Dit is die draer van ’n gemeenskap se stories,’ skryf Dana Snyman vanuit die Vrystaat. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman: Hierdie kerk is vele kerke

Op Rosendal is dit dieselfde storie: Die NG gemeente sukkel. Die lidmaatgetalle het bly daal tot ’n voltydse predikant later nie langer bekostig kon word nie. Nes op soveel ander plekke in die land. Ek kuier op die dorp en laatmiddag stap ek na die kerk toe, ’n beleë Vrystaatse sandsteengebou, aan die bopunt van

Dana Snyman: Hierdie kerk is vele kerke Lees verder

Dana Snyman Rubrieke

Die WRK se stem was duidelik in SA toe dit nodig was

Die 11de vergadering van die Wêreldraad van Kerke (WRK) het van 31 Augustus tot 8 September in Karlsruhe in Duitsland plaasgevind. Hierdie liggaam wat uit 352 lidkerke uit 120 lande bestaan en wat ongeveer 580 miljoen Christene wêreldwyd verteenwoordig, het ’n belangrike rol in die geskiedenis van die NG Kerk gespeel. Hoewel die NG Kerk

Die WRK se stem was duidelik in SA toe dit nodig was Lees verder

Johan van der Merwe

Inklusiewe taal: ’n Praktiese manier om geregtigheid te help bevorder

Inklusiewe taalgebruik gaan oor veel meer as net die insluiting van jou geslag, verduidelik Juanita Greyvenstein. Om oor taalgebruik te skryf, voel soos om die pretpolisie te wees. Hierdie is nie ’n rol wat ’n mens baie graag vir jouself toeëien nie, want die bekende woorde: “Hier gaan ons al weer!” weergalm waarskynlik reeds in

Inklusiewe taal: ’n Praktiese manier om geregtigheid te help bevorder Lees verder

Rubrieke

Kerkplanting: Oplossing of ’n fopspeen?

Ons het opgewonde kennis geneem van die Oostelike Sinode se besluit om “’n nuwe kerk te plant” wat “onafhanklik van die Algemene Sinode funksioneer” maar steeds “in assosiasie met die NG Kerk self” sal wees. Die opgewondenheid is verstaanbaar, want baie NG lidmate en gemeentes smag lankal na ’n manier om los te kom van

Kerkplanting: Oplossing of ’n fopspeen? Lees verder

Rubrieke

Hoor die weeklag van miljoene vroue

Augustus is Vrouemaand. Soos elke jaar in die verlede word daar in dié maand op die vroue van Suid-Afrika gefokus. Programme word aangebied en ’n winkelgroep reël selfs wedlope spesiaal vir vroue. Daar is selfs mos ’n openbare vakansiedag wat aan die vroue van Suid-Afrika opgedra is. Vrouwees word gevier! Deur dit alles moet ons

Hoor die weeklag van miljoene vroue Lees verder

Johan van der Merwe
Dr Gustav Claassen in Genève saam met die medewerkers wat die gesprek oor rassisme gaan lei tydens die 11de Algemene Vergadering van die WRK in Karlsruhe, Duitsland. Heel links dr Martin Frank van Duitsland, prof Jerry Pillay nuut aangestelde algemene sekretaris en Claassen. Voor links Jocabed Noun van Panama, middel dr Angelique Walker-Smith van die VSA en heel regs dr Agnes Aboum, huidige moderator van die WRK van Kenia. Foto: Verskaf

SA goed verteenwoordig wanneer WRK in Europa saamtrek

’n Afvaardiging van die NG Kerk sal vanjaar vir die eerste keer sedert die 1960’s amptelik die Wêreldraad van Kerke (WRK) se Algemene Vergadering bywoon wat van 31 Augustus tot 8 September in Karlsruhe in Duitsland gehou word. Dit sal die eerste keer wees dat hierdie invloedryke byeenkoms deur ’n Suid-Afrikaner, prof Jerry Pillay, gelei

SA goed verteenwoordig wanneer WRK in Europa saamtrek Lees verder

Op die kerkstoep
Scroll to Top