Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Rubrieke

Nadia Marais | Gelukkige Vrouedag?

Dit is opvallend hoeveel TV-reekse en flieks die laaste tyd verskyn het, waarin gendergebaseerde geweld sentraal staan tot die storielyn. Heelwat van hierdie reekse en flieks is gebaseer op ware verhale, ook in Suid-Afrika. Dink aan Maid, The staircase, Last blue ride, Strangers you know, om enkeles te noem. Dit het my laat wonder: Wat […]

Nadia Marais | Gelukkige Vrouedag? Lees verder

Aktueel Nadia Marais

‘Wyk Zero’

Die eerste inwoners van sy grootste waagkans het van “Wyk Zero” gekom. Vier mense bly nou in die vervalle ou huis op Volksrust wat Charl van Schalkwyk met sy erfgeld gekoop het. ’n Mal aankoop, so kort voor aftrede, het oorblufde vriende hom gewaarsku, vertel die 63-jarige dominee van Mpumalanga. Selfs sy gesin het kapsie

‘Wyk Zero’ Lees verder

Redakteursbrief
Op ’n Royal-bakboeierblik is ’n afbeelding van dieselfde bakpoeierblik as die een wat jy in jou hand hou, skryf Dana Snyman. "Ek onthou hoe ek daar in die kombuis sit en die blik stadig nader aan my gesig bring, kinderlik verwonderd oor wat ek sien: Die afbeelding van die blik op die blik in my hand, en op dáárdie blik ’n kleiner blikkie en ’n nóg kleiner een op die kleiner een en … Blik op blik op blik op blik."

Die groot Misterie, in en om ons …

In ’n winkel wat antieke meubels, blikke en ander ou goed verkoop, vang my oog onlangs iets waarvan ek byna al vergeet het. ’n Bakpoeierblik. Royal-bakpoeier. Deesdae koop jy bakpoeier in ’n plastiekhouer. Ek tel die blik van die rak af op, en opeens is ek weer ses of sewe jaar oud en sit by

Die groot Misterie, in en om ons … Lees verder

Dana Snyman
’n Mens hoef nie alles van die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer te weet om te besef ’n Hitler kan weer gebeur nie. Elkeen van ons kan ’n Hitler help moontlik maak, skryf Dana Snyman na sy onlangse besoek aan ‘n Berlynse museum ingerig rondom die tema: Hoe het Hitler gebeur? en daarna die gedenksteen opgerig vir Bonhoeffer in die Dorotheenstadt-begraafplaas. Foto: Dana Snyman

Oor Hitler, Bonhoeffer en die wekroep tot verset

Die Uber-taxi, ’n swart Mercedes nogal, hou tussen ’n paar moderne geboue naby die middestad van Berlyn stil. “Here you are,” sê die bestuurder, ’n kêrel uit Sirië. Eers wil ek dit nie glo nie. “We’re looking for Hitler’s bunker.” “Go and read there.” Hy wys na ’n kennisgewingbord op die sypaadjie. ’n Mens weet

Oor Hitler, Bonhoeffer en die wekroep tot verset Lees verder

Aktueel Dana Snyman

Ondersteun só betroubare kerkjoernalistiek en oop gesprek

Geagte Kerkbode-leser Die behoefte aan betroubare en gebalanseerde kerkjoernalistiek groei by die dag. Jou ondersteuning stel Kerkbode in staat om voort te bou op ’n geskiedenis wat terugstrek tot Januarie 1849 toe die eerste Kerkbode verskyn het met die oorspronklike doel om “godsdienskennis te versprei”. Ons wil nie ’n betaalmuur rondom www.kerkbode.co.za se stories, amptelike

Ondersteun só betroubare kerkjoernalistiek en oop gesprek Lees verder

Redakteursbrief
Sy het besluit om uit te tree as predikant na maande se sukkel met chroniese moegheid en moedeloosheid sedert sy verlede jaar ‘n tweede keer Covid-19 opgedoen het, maar haar skrywe is nie om oor depressie of haarself te skryf nie; “hierdie is ’n brief van dankbaarheid en ’n getuienis van besondere liefde en ondersteuning aan ’n predikant in haar donkerste tyd,” skryf Jana de Lange.

Mag die sorg wat sy ontvang het, tog die norm wees, vra dominee wat demissie aanvaar

Jana de Lange beskryf haar dankbaarheid vir ondersteuning wat sy ontvang het as ’n predikant in haar donkerste tyd. Daar is soms moeilike en seer verhale wat in die kerk afspeel. As predikant het ek ongelukkig al ’n klomp verhale gehoor van ander predikante wat ervaar dat hulle alleen is en dat, alhoewel hulle almal

Mag die sorg wat sy ontvang het, tog die norm wees, vra dominee wat demissie aanvaar Lees verder

Aktueel Nuwe stemme

Genoeg lig om die skrif aan die muur te lees?

Ons leef in die donker. Ons het tot vandag 49 uit die 92 wintersdae van 2022 beurtkrag gehad. Op vele maniere is dit simbolies van die toestand van ons land. Hoe donker is dit immers nie in ’n land waarin die laaste polisiehoof wat sy of haar termyn eerbaar voltooi het, genl George Fivaz was

Genoeg lig om die skrif aan die muur te lees? Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Kindersorg: Só kan gemeentes verwonde onderwysstelsel help genees

Onderwys in Suid-Afrika is in ’n reuse-krisis. Veel groter as wat die Covid-19-pandemie ooit was. Duisende kinders het na die pandemie nog nie teruggekeer skool toe nie. Hierdie stand van sake is onlangs deur die Minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga bevestig toe sy aan lede van die parlement gesê het dat die negatiewe gevolge

Kindersorg: Só kan gemeentes verwonde onderwysstelsel help genees Lees verder

Johan van der Merwe
Hoe beskryf ’n mens daardie gevoel wat jy soms in sulke stil oomblikke kry dat alles en almal op aarde aan mekaar verbind is en dat jy intiem deel daarvan is? Dat die lewe ’n Misterie is en sin het al voel dit dikwels nie so nie, skryf Dana Snyman oor 'n onlangse besoek aan 'n afgeleefde Roomse kerk op 'n Franse dorpie. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman | Daardie gevoel dat alles en almal op aarde verbind is

Op Verdun-sur-le-Doubs, ’n dorpie oos van Parys, kom roep Charles my waar ek in ’n Franse kafee ’n Belgiese bier sit en drink. Buite is dit ongemaklik warm. “Het jy tyd?” vra hy. “Ek wil jou iets gaan wys.” Natuurlik het ek tyd. Ons het mekaar twee dae gelede ontmoet, ek en Charles. Ons vaar

Dana Snyman | Daardie gevoel dat alles en almal op aarde verbind is Lees verder

Dana Snyman
In die Suid-Afrika van 2022 is die NG Kerk se roeping groter as net Afrikaners en kan die roeping nooit weer eksklusief wees nie, skryf Johan van der Merwe in sy jongste Dinkstof-rubriek. Foto ter illustrasie.

Armoede: Is die NGK gereed vir die nuwe pandemie?

Die jongste navorsing oor armoede onder Afrikaners – en dit is mos die grootste gros van die NG Kerk se lidmate – dui aan dat ’n groter pandemie as Covid-19 die kerk gaan tref. Navorsing wat deur Solidariteit Helpende Hand aan die einde van 2021 gedoen is bevestig bogenoemde stelling. In die navorsing waaraan 15

Armoede: Is die NGK gereed vir die nuwe pandemie? Lees verder

Johan van der Merwe
“Ja, dit is wat die kopdoom nou vir my vertel het. Hy sê mense wat onder hoë druk werk kan met ’n rek vergelyk word. As jy die ding rek en rek, breek hy. Dieselfde geld vir mense wat lang ure onder hoë stres werk soos dokters en dominees."

‘In die week onsigbaar en Sondae onverstaanbaar …’ | ’n Vertelverhaal oor uitbranding by dominees

Oom Jan, ’n afgetrede boer van Caledon en sy buurman, oom Koos, sit Maandagoggend op die plaashuis se stoep en koffie drink. Nadat hulle Saterdag se wedstryd, wat WP op Nuweland verloor het, onder ’n vergrootglas bekyk het, het hulle ’n klaaglied oor die swak koringprys begin sing. Toe draai die gesprek. “Het jy van

‘In die week onsigbaar en Sondae onverstaanbaar …’ | ’n Vertelverhaal oor uitbranding by dominees Lees verder

Rubrieke

‘In die kern staan nie ’n geloofsoortuiging nie maar ’n persoon, Jesus Christus’

Die gedagte dat die NG Kerk ’n ruim huis is, het vir my sin gemaak, maar tog ook met ’n ongemaklikheid gelaat wat ek nooit kon verstaan nie. Die Amerikaanse missioloog, Paul Hiebert, help my met sy “set theory” deur twee wyses te beskryf waarop geloofsgroepe hulleself kan verstaan. Die eerste is ’n “bounded-set”, waar

‘In die kern staan nie ’n geloofsoortuiging nie maar ’n persoon, Jesus Christus’ Lees verder

Rubrieke
Onlangs het die NG Kerk se Oos-Kaapse streeksinode ’n simposium gehou met die tema: “Diensplig: die bagasie van ’n generasie.” Party oud-dienspligtiges het dapper en ietwat bitter verklaar: Dis te laat... (Maar) om aan geestelike wonde te werk, is nooit te laat nie. Hoop daar kom nog sulke aksies. Foto: Dana Snyman

DANA SNYMAN: Om aan geestelike wonde te werk, is nooit te laat nie

Hennie is toe weg. Die vrou wat sy huis skoonmaak, het Saterdagoggend op hom afgekom waar hy in die gang lê. Hy het ’n paar dae daar gelê. Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer. Ek het Dinsdagoggend vir die laaste keer met hom gesels – oor WhatsApp. In die laaste ruk het

DANA SNYMAN: Om aan geestelike wonde te werk, is nooit te laat nie Lees verder

Dana Snyman
“Die dilemma vir die kerk is wanneer lidmate lewensvoos voel, gemeentes so lyk: sonder energie en sonder vreugde terwyl die kerk geroep is om juis in tye soos hierdie bakens van hoop te wees. Daarom is die vraag: Waarheen nou? Die antwoord uit die geskiedenis van die NG Kerk is duidelik: Pinkster!,” skryf prof. Johan van der Merwe. Foto: Argief

Medisyne vir die kerk na Covid-19: Pinkster!

Dit wil lyk asof die ergste van die Covid-19-pandemie agter die rug is. Die gevolge daarvan gaan egter nog lank bly spook – ook in die kerk. Die bekende joernalis Jana Marx skryf onlangs dat baie mense – ook lidmate – ’n jaar gelede kwarantynvoos was maar nou lewensvoos is. Dit is nie depressie nie:

Medisyne vir die kerk na Covid-19: Pinkster! Lees verder

Johan van der Merwe

Moenie net kampe maak vir ‘reg’ en ‘verkeerd’

Met dankbaarheid kan ons as sinode terugkyk op ’n vergadering wat uit ’n aanvanklike gevoel van onsekerheid en beklemming by afgevaardigdes oor wat die uitkoms van die vergadering kon wees, gegroei het tot ’n belewenis van deernis, verdraagsaamheid en gewilligheid om met mekaar op weg te bly en ook saam te soek na wat God

Moenie net kampe maak vir ‘reg’ en ‘verkeerd’ Lees verder

Op die kerkstoep
The tools of the trade for podcasters like specialised microphones and audio editing software have become more affordable and easier to use, writes Jocelyne Muhutu-Remy (pictured) in this guest column on audio’s online revolution in Africa. Photo: Supplied

Guest author: Audio’s online revolution in Africa

For decades people have been able to carry their music around – first with the boombox, then the walkman, the discman, MP3 players and now their phones, but the same hasn’t really been true for talk-format audio content in Africa. Audio dramas, panel discussions and interviews have, with a few exceptions, been a job for

Guest author: Audio’s online revolution in Africa Lees verder

Rubrieke
Daar is ook na die stemme van voormalige haweloses geluister tydens ’n onlangse konferensie oor haweloosheid wat in die Groote Kerk in Kaapstad aangebied is, luidens 'n verslag deur dr Braam Hanekom. Foto via Publiekegetuienis.org

Haweloosheid: Goeie data, sterk koalisies … en vuil hande

Samel betroubare data in. En benader die probleem holisties deur middel van koalisies. Dit is drie praktiese aspekte wat blyk uit ’n onlangse verslag oor ’n gesprek wat begin soek het na toepaslike reaksies vanuit die geloofsgemeenskap tot die uitdagings van toenemende haweloosheid. Die fokus was die Kaapse Metro, maar die temas was – ongelukkig

Haweloosheid: Goeie data, sterk koalisies … en vuil hande Lees verder

Redakteursbrief
Die impak van die Zondo-verslag, waarna die skrywer hieronder verwys, het tydens ’n onlangse ontmoeting van die Algmene Sinode Moderamen (ASM) in Benoni ter sprake gekom toe ’n gasspreker by die samekoms, die politieke ontleder prof Dirk Kotzé, verwys het na die rol wat dit gespeel het in ’n politieke paradigma-skuif wat in Suid-Afrika plaasgevind het.

Uit Nelis se pen: ‘Ons het ’n nasionale bekering nodig’

Toe die vierde deel van die Zondo-verslag op Vrydag 29 April bekend word, was dit amptelik: Daar is onbetwisbare bewyse gelewer dat die regering en die ANC hulle skuldig gemaak het aan uitgebreide korrupsie. Tot op hierdie Vrydag was dit nog beweringe, of straat- of koerantstories. Maar hier het ’n regter dit nou bevind na

Uit Nelis se pen: ‘Ons het ’n nasionale bekering nodig’ Lees verder

Nelis Janse van Rensburg
Tydens die onlangse Murray 200 Jubileumfees op Wellington het die fokus opnuut geval op die nalatenskap en bydrae van Andrew Murray jr se nalatenskap. Wat minder bekend is, is dat 45 Springbokrugbyspelers deel is van die nalatenskap, skryf Johan van der Merwe. Foto: DJ Muller

Nalatenskap van Andrew Murray jr is boonop 45 Springbokrugbyspelers

Die Murray 200 Jubileumfees het van 6-8 Mei op Wellington plaasgevind. Die fees het afgeskop met ’n konferensie waartydens die fokus opnuut op die nalatenskap en bydrae van hierdie merkwaardige leraar van die NG Kerk geval het. Minder bekend, is die feit dat deel van Andrew Murray jr se nalatenskap 45 Springbokrugbyspelers is! Hierdie tong-in-die-kies

Nalatenskap van Andrew Murray jr is boonop 45 Springbokrugbyspelers Lees verder

Johan van der Merwe
Dit het te maklik geword om liefdeloos te wees, sê ek byna elke dag vir myself. - Dana Snyman

Sosiale media: Word vrees en bedreigings aangeblaas?

Word in die oggend wakker. Tel selfoon van die bedkassie af op en kyk of iemand nie in die nag gebel of ’n WhatsApp-boodskap gestuur het nie. Loer gou op Netwerk24 wat is die hoofnuus op die oomblik. Kyk dan wat op Facebook aangaan. Baie van my dae begin só, en eindig wanneer ek weer

Sosiale media: Word vrees en bedreigings aangeblaas? Lees verder

Dana Snyman Rubrieke
Scroll to Top